You are on page 1of 9

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL 2/2

GRAAD 12

TAAK 8.2

JUNIE-EKSAMEN 2023

TOESIGHOUERINSTRUKSIES

• Die nasiener moet seker maak dat die leerder die nodige unieke strepieskodevoorblad voor
die aanvang van die eksamensessie beskikbaar het; dit moet onmiddellik ná afloop van die
eksamen by die antwoordblad geheg word. (Leerders moet hul eie strepieskodevoorblad
verskaf.)

Bladsy 1 van 9 © Impaq


Junie-eksamen 2023
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal V2/2

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL


JUNIE-EKSAMEN 2023
VRAESTEL 2/2: LETTERKUNDE
GRAAD 12

EKSAMINATOR: E. Coetzee TYD: 2½ uur


MODERATOR: C. Lamprecht TOTAAL: 70

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings en DRIE vrae:


1.1 Afdeling A: Roman
1.2 Afdeling B: Poësie
2. Beantwoord AL die vrae.
3. Lees die instruksies noukeurig deur.
4. Begin elke afdeling op ’n NUWE bladsy.
5. Trek ’n lyn ná elke vraag.
6. Nommer jou antwoorde soos aangedui.
7. Laat ’n reël oop ná elke antwoord.
8. Skryf netjies en leesbaar in blou ink.

Bladsy 2 van 9 © Impaq


Junie-eksamen 2023
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal V2/2

AFDELING A: ROMAN – onderwêreld (Fanie Viljoen)

VRAAG 1

Lees die uittreksels en beantwoord die vrae wat volg. Onthou: Die uittreksels bevat nie
al die antwoorde nie, jy moet die storie ken! Dit is nie ’n leesbegripaktiwiteit nie!

TEKS A

Daar is nou maar een ding wat jy moet weet as jy jou vuil skoolskoene polish vir jou eerste dag
in graad agt by Lawson Kollege: vanaand gaan jy bid dat jy die Tonnel oorleef ...

En toe, tussen al die glimlaggende gesigte, val my oë op Eckardt. Ek stap na hom toe. Met ’n
stem wat bo die ander ouens se opgewonde pratery uitstyg, sê ek: “Maar hier is mos nog ’n
Trapper!”
Skielik word dit stil. Almal kyk nou na Eckardt ...
Eckardt probeer ’n laaste keer loskom. Hy struikel. In die val skuif die blinddoek van sy gesig af.
Een van die ouens se flitslig val oor Eckardt se oë ...
En skielik voel ek asof al die bloed uit my lyf verdamp en my koud laat.
Daardie manier van sy gesig draai, die uitdrukking in sy oë ...
Net soos John.
“Stop!” skree ek. “Los hom!”
***
Dit is hoe die soektog na Eckardt begin. Waar die gerugte begin het, weet ek nie. Maar teen
die tyd dat ons op die plein staan, in groepe opgedeel, praat almal van ’n brief wat gekry is ...

“Greg, laat ons mekaar goed verstaan,” sê Dok, nou so kalm dat dit mens eintlik bang maak. “Ek
gaan nie dat jy my dreig nie ... Lawson Kollege is ’n gerespekteerde instelling met ’n goeie
reputasie. ’n Droster soos Eckardt Wilken gaan dit nie verongeluk nie.”

(Bron: onderwêreld, Fanie Viljoen, 2008, NB-uitgewers)

1.1 Watter tipe spreker is in die bostaande teks aan die woord? (1)

1.2 Pas die beskrywing in KOLOM A by die naam in KOLOM B. Skryf slegs die
vraagnommer en die letter van die antwoord neer, bv. 1.2.5 F.

KOLOM A KOLOM B
1.2.1 Engelse privaatskool A Greg Owen
1.2.2 Hoof van die skool B Eckardt Wilken
1.2.3 Hoofseun van die skool C Lawson Kollege
1.2.4 Nuwe matriekleerder D Kwanele Twala
E Doktor Alec Pienaar
(4)

Bladsy 3 van 9 © Impaq


Junie-eksamen 2023
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal V2/2

1.3 Verduidelik die volgende:

1.3.1 Wie of wat is die Trappers? (1)

1.3.2 Wat doen die VLR met die Trappers voordat hulle in die ondergrondse
tonnel afgestuur word?
Noem TWEE dinge. (2)

1.3.3 Wat is die beloning vir ’n Trapper as hy by die ander mangat kan uitkom /
sy pad na die skool kan terugvind? (1)

1.4 1.4.1 Wie was John? (1)

1.4.2 Waarom, dink jy, het dit vir Greg so ontstel toe Eckardt na hom kyk
soos wat John altyd gedoen het? (1)

1.4.3 Noem TWEE persoonlikheidseienskappe of feite van John. (2)

1.5 Kies die korrekte woord en skryf slegs die vraagnommer en die letter van die
antwoord neer, bv. 1.5 E.

Die gerug is versprei dat daar ’n brief na Eckardt se verdwyning gevind is.
Van watter soort brief word daar gepraat?

A Liefdesbrief
B Vriendskaplike brief
C Formele brief
D Selfmoordbrief (1)

1.6 Dok Pienaar duld nie dat Greg hom teenstaan nie.
Watter afleiding oor Dok Pienaar se persoonlikheid kan daaruit gemaak word? (1)

1.7 1.7.1 Waarmee het Greg vir Dok Pienaar gedreig? (1)

1.7.2 Om watter rede het hy hom gedreig? (1)

1.8 Dink jy dat Greg reg opgetree het deur vir Dok Pienaar te dreig?
Motiveer jou antwoord. (1)
[18]

Bladsy 4 van 9 © Impaq


Junie-eksamen 2023
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal V2/2

TEKS B

Vir die soveelste keer gaan ek terug na Ekk-o se onderwêreld. ...


’n Hacker se toolbox. Dis wat dit is. ...
My aandag skuif na die res van die web page. Dit lyk na Eckardt se blog: ’n tipe dagboek wat
jy op die internet plaas. ...
Maar met die eerste oogopslag lyk dit nie vir my of hierdie blogs persoonlike goed bevat nie.
Dit vertel van Eckardt se hacks. Wat hy gedoen het, hoe hy dit gedoen het.
En die inskrywing heel bo, met die datum van die aand voor sy verdwyning: Hulle weet ek
was in hulle systems. Hulle weet wat ek gedoen het.
Hulle weet wie ek is.
Die woorde word soos vingers wat om my hart vou. ...
En die gedagtes tuimel oormekaar: Kan dit dalk waar wees dat Eckardt selfmoord gepleeg
het? Was dit omdat iemand uitgevind het wat hy doen? Of het hy weggehardloop, juis omdat hulle
van hom weet? Omdat hulle op sy spoor is?
Of die derde moontlikheid: Het die ouens in wie se systems hy was, vir Eckardt ontvoer?
En wie is “hulle”? ...
Ek maak ’n nuwe tab oop in Firefox, tik die adres in:
www.plusultramed.co.za
Die blad verskyn. Nie ’n hospitaal s’n nie, maar die home page van ’n farmaseutiese
maatskappy. ’n Plek wat medisyne en goed vervaardig. ...
En toe kom ek op ’n blad af met ’n organogram van die maatskappy se hoë koppe. My asem
slaan byna weg toe ek die foto sien. Die main peanut in die pakkie, kompleet met sy blink voorkop
en fake smile: Dok Pienaar.
(Bron: onderwêreld, Fanie Viljoen, 2008, NB-uitgewers)

1.9 1.9.1 Som in een sin op waaroor die roman onderwêreld handel. (1)

1.9.2 Waarvan is die “onderwêreld” in hierdie roman simbolies? (1)

1.10 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en die
antwoord neer.

Greg se kuberkraakskuilnaam is 1.10.1 (G-4ce / Ekk-o) en Eckardt s’n is


1.10.2 (G-4ce / Ekk-o). (2)

1.11 Verduidelik wat die volgende aanhaling beteken: “’n Hacker se toolbox.” (1)

1.12 Eckardt noem homself ’n hacker.


Wat is volgens hom die verskil tussen ’n hacker en ’n cracker? (2)

1.13 Dink jy dit is altyd verkeerd om ’n hacker te wees?


Motiveer jou antwoord. (1)

Bladsy 5 van 9 © Impaq


Junie-eksamen 2023
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal V2/2

1.14 “Hulle weet ek was in hulle systems. Hulle weet wat ek gedoen het. Hulle weet
wie ek is.”

Waarom kan ons die afleiding maak dat die bogenoemde inskrywing spesifiek
vir Greg se oë bedoel was? (1)

1.15 Watter gebeurtenis kan as die motoriese moment in die roman beskryf word? (1)

1.16 Wat beteken dit wanneer Dok Pienaar as die “main peanut in die pakkie” beskryf
word? (1)

1.17 Waartoe gee die webadres www.plusultramed.co.za vir Greg toegang? (1)

1.18 Die onderstaande sin is ONWAAR. Verander slegs EEN woord om die sin WAAR
te maak. Skryf beide die verkeerde en die korrekte woord neer.

Greg besef aan die einde van die roman dat die wêreld van dwelms die eintlike
onderwêreld is. (1)

1.19 Gebruik die woordbank om die onderstaande paragraaf te voltooi deur die ontbrekende
woorde in te vul. Skryf slegs die vraagnommer en die woord neer.

PlusUltraMed | voëlgriep | griepinspuiting | virus | Pharmamed | vaksine

Mense sal met ’n dodelike 1.19.1 _____ besmet word wanneer hulle vir griep
ingespuit word. ’n 1.19.2 _____ wat deur 1.19.3 _____ vervaardig word, sal
beskikbaar gestel word. (3)

1.20 Sou jy vir dok Alec Pienaar as gewetenloos en gevoelloos beskryf?


Motiveer jou antwoord. (1)
[17]

TOTAAL AFDELING A: 35

Bladsy 6 van 9 © Impaq


Junie-eksamen 2023
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal V2/2

AFDELING B: POËSIE

VRAAG 2: “Ek het ’n huisie by die see” – H. A. Fagan

Lees die gedig en beantwoord die vrae wat volg.

Ek het ’n huisie by die see H.A. Fagan

1. Ek het ’n huisie by die see. Dis nag.


2. Ek hoor aaneen, aaneen die golwe slaan
3. teenaan die rots waarop my huisie staan
4. met al die oseaan se woeste krag
5. Ek hoor die winde huil – ’n kreun, ’n klag,
6. soos van verlore siele in hul nood
7. al dwalend, klagend, wat in graf en dood
8. geen rus kon vind nie, maar nog soek en smag.
9. My vuurtjie brand, my kersie gee sy lig.
10. Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite,
11. ek hoor hoe ruk die winde aan my ruite;
12. hierbinne is dit veilig, warm en dig.

13. Kom nag, kom weer en wind, kom oseaan –


14. Dit is die rots waarop my huisie staan.

2.1 Kies die korrekte antwoorde tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en die
antwoord neer.

2.1.1 Die gedig is ’n (Engelse / Italiaanse) sonnet. (1)

2.1.2 Die eerste strofe bestaan uit 12 versreëls en kan as 3 (tersines / kwatryne)
beskou word. (1)

2.2 Intertekstualiteit verwys na die verhouding tussen literêre tekste, bv. ’n gedig wat
na tekste wat reeds bestaan, verwys.

Watter boek kan as ’n interteks vir hierdie gedig beskou word? (1)

2.3 Waarom dink jy word die verkleinwoord “huisie” in die titel gebruik? (1)

2.4 In die eerste 12 versreëls word die storm beskryf.


Hoe verskil die beskrywing van die storm in reëls 1 tot 8 teenoor die beskrywing
in reëls 9 tot 12? (2)

2.5 Benoem die rymskema wat in die eerste twaalf versreëls voorkom. (1)

2.6 Watter EEN woord dui daarop dat dit donker is? (1)

Bladsy 7 van 9 © Impaq


Junie-eksamen 2023
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal V2/2

2.7 Waarom, dink jy, word die woord “aaneen” in reël 2 herhaal? (1)

2.8 Haal ’n versreël aan om die onderstaande stelling as ONWAAR te bewys.

Die golwe slaan sag teen die rotse. (1)

2.9 Pas die aanhaling in KOLOM B by die term in KOLOM A. Skryf slegs die
vraagnommer (2.9.1–2.9.4) en die letter (A–E) van die antwoord neer, bv. 2.9.5 F.

KOLOM A KOLOM B
2.9.1 assonansie A “Ek het ’n huisie by die see
2.9.2 alliterasie B “Ek hoor dan maar hoe loei die storm daarbuite,”
2.9.3 personifikasie C “... kom nag, kom weer en wind...”
2.9.4 klanknabootsing D “Ek hoor aaneen, aaneen die gowe slaan”
E “Ek hoor die winde huil”
(4)

2.10 Waarna verwys “verlore siele” in strofe 2? (1)

2.11 Noem EEN simbool van hoop wat in die spreker se huisie is. (1)

2.12 Hoe beklemtoon die spreker sy vreesloosheid in die eindkoeplet? (1)

2.13 Som die tema van hierdie gedig in EEN woord op. (1)
[18]

VRAAG 3: “Klara Majola” – D.J. Opperman

Lees die gedig en beantwoord die vrae wat volg.

Klara Majola D.J. Opperman

1. Klara Majola wou haar vader


2. toe die skemer sak, gaan haal
3. waar hy, die blinde, hout vergader;
4. maar Klara Majola het verdwaal.

5. Klein Klara Majola lê verkluim


6. in die Bokkeveld se bros kapok,
7. haar arms en bene bruin
8. en kromgetrek soos wingerdstok.

9. Klara Majola, die koue geweld


10. sif stadiger oor my uit die ruim,
11. maar nooit sal ek in die Bokkeveld
12. so warm, Klara Majola, soos jy verkluim.

Bladsy 8 van 9 © Impaq


Junie-eksamen 2023
G12 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal V2/2

3.1 Noem TWEE dinge wat ons in strofe 1 van Klara se pa raaklees. (2)

3.2 Soek EEN woord in die gedig vir die volgende beskrywings:

3.2.1 Om dood te gaan van die koue (1)

3.2.2 Laatmiddag/vroegaand (1)

3.2.3 Sneeu in die vorm van vlokkies (1)

3.3 Waarom, dink jy, het Klara verdwaal op ’n plaas wat sy tog goed geken het?
Gee TWEE moontlike redes. (2)

3.4 Skryf versreël 1 van strofe 2 neer en dui die allitererende klanke aan. (1)

3.5 Waarmee vergelyk die spreker Klara se dooie liggaampie? (1)

3.6 “koue geweld” is ’n treffende woordkeuse in die omstandighede waarteen die


gedig afspeel.
Motiveer die stelling. (1)

3.7 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter van die
antwoord neer.

Wat bedoel die spreker wanneer hy sê dat Klara warm verkluim het?

A Klara was baie warm aangetrek toe sy na haar pa gaan soek het.
B Dit was ’n warm nag toe Klara dood is.
C Dit was die warm liefde vir haar pa wat haar na hom laat soek het.
D Klara het skuiling gesoek wat haar teen die koue beskerm het. (1)

3.8 Noem TWEE ooreenkomste tussen die drie strofes. (2)

3.9 Waarom, dink jy, word Klara se naam vyf keer in die gedig herhaal? (1)

3.10 Wat gaan ook met die spreker gebeur wat reeds met Klara gebeur het? (1)

3.11 Watter positiewe eienskap van Klara het die spreker nie?
Wenk: Kyk na laaste twee versreëls van strofe 3. (1)

3.12 Dink jy Klara Majola verdien dit om as ’n heldin in die geskiedenis onthou te word?
Motiveer jou antwoord. (1)
[17]

TOTAAL AFDELING B: 35

GROOTTOTAAL: 70

Bladsy 9 van 9 © Impaq

You might also like