You are on page 1of 19

1911-A-AHT-NE04-11.

NOVEMBEREKSAMEN 2019

AFRIKAANS HUISTAAL 2/3

GRAAD 11

TAAK 11.2

Neem kennis:
• Die antwoordstel MOET elektronies ingehandig word.
• Die leerder beantwoord die vraestel soos in die vraestelinstruksies vereis
(foliopapier en/of die antwoordblad / bylae / invulvraestel).
• Die goedgekeurde toesighouer laai die unieke strepieskodevoorblad
van my.impaq af, onderteken dit en laai dit saam met slegs die
antwoordstel op my.impaq.
• Die leerder moet die foliopapier duidelik nommer.
• Die goedgekeurde toesighouser maak seker dat die bladye van die
antwoordstel in die korrekte volgorde is en skandeer dit in die korrekte
volgorde.

E-pos assessment@impaq.co.za
Tel. 087 405 2233

Hierdie vraestel bestaan uit 19 bladsye © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFRIKAANS HUISTAAL
VRAESTEL 2/3: LETTERKUNDE
GRAAD 11
NOVEMBEREKSAMEN

EKSAMINATOR: C. van Staden TYD: 2½ uur


MODERATOR: M. Brink TOTAAL: 80

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en NEGE vrae:


1.1 Afdeling A: Poësie
1.2 Afdeling B: Roman
1.3 Afdeling C: Drama
2. Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit afdeling A, EEN uit afdeling B en EEN uit
afdeling C. Oefen jou keuses as volg uit:
2.1 Afdeling A: Poësie
Gesiene gedigte: Beantwoord TWEE vrae.
Ongesiene gedig: EEN VERPLIGTE vraag
2.2 Afdeling B: Roman
Beantwoord EEN vraag.
2.3 Afdeling C: Drama
Beantwoord EEN vraag.
3. Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.
4. Trek ’n lyn ná elke vraag.
5. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
gebruik is.
6. Laat ’n reël oop tussen jou antwoorde.
7. Voorgestelde tydsindeling:
• Afdeling A: 40 minute
• Afdeling B: 55 minute
• Afdeling C: 55 minute
8. Skryf netjies en leesbaar in blou ink.

Bladsy 2 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.

Onthou: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN stel KONTEKSTUELE VRAE


onderskeidelik uit AFDELING B en AFDELING C. As jy die opstelvraag in afdeling B
beantwoord, MOET jy die kontekstuele vrae in afdeling C beantwoord en andersom.
Indien jy TWEE stelle kontekstuele vrae of TWEE opstelvrae beantwoord, sal jy nul vir
die tweede vraag kry.
AFDELING A: POËSIE
VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord enige TWEE vrae.
VRAAGNOMMER VRAAG BLADSY
1. “Vroegherfs” – N.P. van Wyk Louw Opstelvraag 4
2. “die straatkind” – L. Roos Kontekstuele vrae 5–6
3. “Talle tonge” – M. Phosa Kontekstuele vrae 7–8
4. “Stad in die mis” – D.J. Opperman Kontekstuele vrae 9
EN
5. Ongesiene gedig: VERPLIGTEND
Kontekstuele vrae 10 – 11
“Woonstelbewoner” – S. Cussons
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
6. Fiela se kind Opstelvraag 12
7. Fiela se kind Kontekstuele vrae 12 – 14
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
8. Die Keiser Opstelvraag 15
9. Die Keiser Kontekstuele vrae 15 – 17

KONTROLELYS
AFDELING VRAAG- GETAL VRAE MERK
NOMMER BEANTWOORD
A: Poësie 1–4
Ongesiene gedig 5 1 ✓
B: Roman 6–7
C: Drama 8–9

LET WEL
Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN stel KONTEKSTUELE VRAE onderskeidelik
uit AFDELING B en AFDELING C. As jy die opstelvraag in afdeling B beantwoord,
MOET jy die kontekstuele vrae in afdeling C beantwoord en andersom.

Bladsy 3 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING A: POËSIE

Beantwoord enige TWEE vrae (vraag 1 tot 4) en die VERPLIGTE ongesiene gedig
(vraag 5).

VRAAG 1: “Vroegherfs” (N.P. van Wyk Louw) – opstelvraag

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die volgende langvraag.

Vroegherfs N.P. van Wyk Louw

1. Die jaar word ryp in goue akkerblare,


2. in wingerd wat verbruin, en witter lug
3. wat daglank van die nuwe wind en klare
4. son deurspoel word; elke blom word vrug,
5. tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
6. so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
7. dat die takke van die lang populiere al
8. teen elke ligte môre witter staan.
9. O Heer, laat hierdie dae heilig word:
10. laat alles val wat pronk en sieraad was
11. of enkel jeug, en vér was van die pyn;
12. laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
13. my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
14. en nakend uit my teerder jeug verskyn.

[Uit: Die halwe kring, 1937]

Weens die uiterlike bou word dié gedig as ‘n tipe sonnet geklassifiseer. Bespreek dié
stelling in ‘n opstel van 150 – 200 woorde deur te verwys na die verskil tussen die twee
dele van die gedig. Skenk veral aandag aan elke deel se inhoud, beeld en klank.
Motiveer ten slotte hoekom jy sou sê dat daar seisoene in elke mens se lewe moet wees.
[10]

OF

Bladsy 4 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VRAAG 2: “die straatkind” (L. Roos) – kontekstuele vrae

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

die straatkind Linda Roos

1. ek wou verbymik met die selfbewuste ongeërgde blik


2. wat ons vir bedelaars en pendelaars en hoere reserveer –

3. verby die kind wat eenkant om die vullisdromme snuif


4. wat sy skraal skouers gereed dra soos spiese
5. of ‘n heining: maar agter dié heining
6. het sy vuil hemp skielik opgekrimp soos ‘n ou roof
7. en ‘n toegepleisterde wêreld
8. op die sypaadjie laat bloei
9. waar bome onder die skril bevel van sae steun
10. konyne spartel in steriele laboratoriums
11. en lammers teen die slagterslem

12. en daar was wysheid in die lug


13. (nes dié ander dag uit wolke)
14. maar soos van ou mans met klam monde op parkbankies
15. en kras soos kraaie

16. toe ek wegdraai was daar ‘n geruis in my ore


17. en onverklaarbaar teen my wang die bloedveeg
18. van ’n vlerk

[Uit: ‘n Hokvol dwase, 1986]

2.1 Haal TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit strofe 1 aan wat dieselfde
beteken as: “was van plan om mis te kyk”. (1)

2.2 Wat impliseer die straatkind se skouers wat soos spiese lyk (reël 4)? (1)

2.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte
letter neer, bv.: 2.3 – E.

Die begrip “toegepleisterde wêreld” (reël 7) dui op …


A die samelewing wat omgee vir hul medemens.
B mense wat kwesbaar en onskuldig is.
C rantfigure wat self verantwoordelik is vir hul isolasie.
D mense wat op skynheilige wyse hul onbetrokkenheid wegsteek. (1)

Bladsy 5 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

2.4 Benoem die beeldspraak in reël 9. (1)

2.5 Haal ‘n voorbeeld van ‘n parentese uit strofe 3 aan. (1)

2.6 Motiveer deur TWEE frases uit die gedig aan te haal waarom die volgende stelling
ONWAAR is: Die spreker se wysheid verander nie in strofe 3 na ‘n negatiewe
gedagte toe nie. (2)

2.7 Watter EEN ander woord in strofe 4 sluit aan by “vlerk” (reël 18)? (1)

2.8 Toe die spreker die straatkind teëkom, draai sy weg en ignoreer hom.
Hoe tree jy op as jy straatmense sien? Hoekom tree jy so op? (2)
[10]

OF

Bladsy 6 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VRAAG 3: “Talle tonge” (M. Phosa) – kontekstuele vrae

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Talle tonge Mathews Phosa

1. Talle tonge het ek


2. een tong op ‘n gegewe oomblik

3. ‘n heuningtong
4. ‘n bitter tong
5. ‘n tong stomp
6. genoeg om te swyg

7. my skerp tong klap


8. klap soos ‘n sweep
9. en keep diep en laat bloei
10. my suur tong brand
11. brand soos asyn
12. en laat krimp inmekaar en skend

13. Talle tonge het ek


14. een tong op ‘n gegewe oomblik
15. ‘n tong om te sny
16. ‘n tong om te salf
17. Ek het talle tonge
[Uit: Deur die oog van ‘n naald, 1996]

3.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter
neer, bv.: 3.1 – E.

Watter halfrym kom in die titel voor?


A Alliterasie
B Assonansie
C Assimilasie
D Nie een nie (1)

3.2 Skryf TWEE kontrasterende woorde uit strofe 1 neer. (1)

Bladsy 7 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

3.3 Benoem die stylfiguur wat in reël 12 voorkom. (1)

3.4 In die gedig kom figuurlike taalgebruik voor om die verskillende tonge te beskryf.
Verduidelik die figuurlike betekenisse van die volgende woorde:

3.4.1 Stomp (reël 5) (1)


3.4.2 Salf (reël 16) (1)

3.5 Reël 1 en reël 17 verskil effens van mekaar. Benoem die stylfiguur wat in reël 1
voorkom en verduidelik waarom dit in reël 17 ontbreek. (3)

3.6 Kan jy met die uitdrukking identifiseer dat die tong ‘n magtige wapen is?
Motiveer jou antwoord. (2)
[10]

OF

Bladsy 8 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VRAAG 4: “Stad in die mis” (D.J. Opperman) – kontekstuele vrae


Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

Stad in die mis D.J. Opperman

1. Met gespanne spier


2. loop ek deur die mis
3. want om my sluip ‘n dier
4. onder wit duisternis;
5. ek hoor hom knor en in oop mote
6. waggel sy pilare-pote
7. en sy kantelende rug metaal;
8. op hoeke van die strate blink
9. sy oë bloedbelope,
10. en met sy hap sluit staal op staal.
[Uit: Heilige beeste, 1945]

4.1 Voltooi die volgende sin deur die gepaste beeldspraak in te vul:
In reël 1 – 4 word die stad deur middel van 'n __________ as 'n dier voorgestel
wat onder die mis wegkruip. (1)

4.2 Waarom gebruik die spreker die woord “spier” in reël 1 in plaas van “spiere”? (1)

4.3 Wat impliseer die spreker met “om my sluip ‘n dier” (reël 3)? (1)

4.4 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter
neer, bv.: 4.4 – E.
Die sinkdakke van die stadsgeboue word deur die volgende uitgebeeld:
A “wit duisternis”
B “kantelende rug metaal”
C “op hoeke ... blink”
D “staal op staal” (1)

4.5 Is die gebruik van die woord, “bloedbelope” (reël 9) gepas in die konteks van dié
gedig? Motiveer jou antwoord. (1)

4.6 Wat dink jy gebeur in die slotreël van die gedig? (1)

4.7 Die dier word progressief gevaarliker in die gedig. Dui die progressie aan. (3)

4.8 Ervaar jy as stadsmens ook die stad soos die spreker dit ervaar? Motiveer jou
antwoord. (1)
[10]

Bladsy 9 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

EN

VERPLIGTE ONGESIENE GEDIG

VRAAG 5: “Woonstelbewoner” (S. Cussons) – kontekstuele vrae

Lees die gedig aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

Woonstelbewoner Sheila Cussons

1. Laat ek my seëninge tel.


2. Byvoorbeeld, wat hoor ek nou, wat kan
3. my trillende aandag my vertel?
4. Gesuis van verkeer op straat;
5. die hartbreekroep van ‘n inkblou voël
6. waarvan ek die naam nog moet leer;
7. die klein klikgeluidjie by tussenpose
8. van my stoof wat my herinner
9. dat iets daarop prut. En, dat die energieke dag
10. nou nag toe staan.
11. Saam net welkom in my oor
12. en wat ek knersend kalm probeer om skoon te hoor
13. dwarsdeur, bo-oor
14. die beleg van my sinne tot in my skedel
15. van daardie TV-ding langsaan.

[Uit: Die heilige modder, 1988]

5.1 Wat impliseer die woord “gesuis” (reël 4)? (1)

5.2 Is dit regverdig om te beweer dat die spreker iets van haarself in die “inkblou voël”
(reël 5) herken? Motiveer jou antwoord. (1)

5.3 Waaruit kan ons aflei dat die spreker nog nie lank hier woon nie? (1)

5.4 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter
neer, bv.: 5.4 – E.

“... by tussenpose ...” (reël 7) beteken …


A die heeltyd.
B af en toe.
C baie selde.
D skaars hoorbaar. (1)

Bladsy 10 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

5.5 Haal 'n voorbeeld van personifikasie uit die gedig aan. (1)

5.6 Watter ete is die spreker moontlik besig om voor te berei? Waaruit kan jy dit aflei?
Haal ‘n frase as bewys aan. (2)

5.7 Gee ‘n voorbeeld van onomatopee uit die gedig. (1)

5.8 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die korrekte letter
neer, bv.: 5.8 – E.

“... knersend kalm ...” (reël 12) is 'n voorbeeld van …


A skynbare ironie.
B 'n oksimoron.
C asindeton.
D assonansie. (1)

5.9 Hoe sou jý die spreker se dilemma hanteer? (1)


[10]

TOTAAL AFDELING A: 30

Bladsy 11 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING B: ROMAN

Fiela se kind (Dalene Matthee)

INSTRUKSIES
• Beantwoord EEN vraag.
• Beantwoord vraag 6 (opstelvraag) OF vraag 7 (kontekstuele vrae).
• Indien jy die kontekstuele vrae beantwoord, MOET jy uit afdeling C die
opstelvraag beantwoord, en andersom.
• Hierdie afdeling tel 25 punte.

VRAAG 6: Opstelvraag

Fiela Komoetie en Elias van Rooyen verskil met betrekking tot hul werkywer, ambisie en
karakter. Bespreek dié stelling in ‘n opstel van 300 – 350 woorde. Vergelyk ook hulle
verhouding met hulle kinders. Gee laastens jou eie indruk van dié twee karakters.
[25]

OF

VRAAG 7: Kontekstuele vrae


Lees die uittreksels noukeurig deur en beantwoord die vrae wat op elkeen volg.

TEKS A
1. “Ek is Fiela Komoetie se kind, weledele heer. Ek sweer, baas. Die bosvrou lieg as sy sê ek
2. is haar kind.”
3. Die magistraat het van die preekstoel afgeklim en reg voor hom kom staan. “Jy is nie Fiela
4. Komoetie se kind nie. Ek dink jy is groot genoeg om dit te besef en daarom wil ek nie hê dat
5. jy onnodig moeilik moet wees nie. Hiervandaan gaan jy saam met jou ouers huis toe en ek
6. sal gereeld laat verneem hoe dit met jou gaan. Eendag, wanneer jy groot is, sal jy my kom
7. opsoek om my te bedank vir hierdie dag. “
8. “Ek is Fiela Komoetie se kind, baas, ons is nie kaalgatte nie, baas, ek sweer. Ek het vyf
9. sjielings om dit te wys.” Hy het alles verkeerd gesê omdat hy so vinnig moes praat, want die
10. magistraat was op pad deur toe. “Baas, asseblief.”
11. “Ek wil nooit weer hoor dat jy daardie woord baas gebruik nie! Jy is ‘n wit kind en jy sal leer
12. om soos ‘n wit kind te praat.”

7.1 Hoe word Benjamin se woorde in reël 1 – 2 aan die einde van die roman
bewaarheid? (2)

7.2 Stem jy saam met Benjamin dat hy Fiela Komoetie se kind is (reël 1)?
Motiveer jou antwoord. (1)

Bladsy 12 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

7.3 Om watter rede was Elias van Rooyen bly dat Lukas as hul kind uitgeken is? (2)

7.4 Die magistraat het sy woord gehou en gereeld na Benjamin se welstand verneem
(reël 5 – 6). Het hy egter die waarheid gehoor? Hoekom sê jy so? (1)

7.5 Benjamin het later die magistraat opgesoek. Gee slegs EEN woord wat sy
gevoelens beskryf toe hy uiteindelik die waarheid uitvind. (1)

7.6 Wat impliseer Benjamin se woorde: “... ons is nie kaalgatte nie ...” (reël 8)? (1)

7.7 Lees weer Benjamin se woorde in reël 8 – 9: “Ek het vyf sjielings om dit te wys”.

7.7.1 Watter betekenis kry die vyf sjielings vir Benjamin? (1)
7.7.2 Aan die einde van die verhaal haal Benjamin dieselfde vyf sjielings uit sy
sak en wys dit aan Fiela. Watter simboliese waarde dink jy kan moontlik
hieraan geheg word? (1)

7.8 Gee slegs EEN woord wat Benjamin se innerlike stryd beskryf as hy sê: “Baas,
asseblief” (reël 10). (1)

7.9 Bespreek die gepastheid van Benjamin se taalgebruik (die gebruik van die woord
“Baas”) as hy met die magistraat praat. (2)
[13]

EN

TEKS B

1. Hy is laat die vorige middag op Wolwekraal weg. Êrens in die nag het hy die eienaardigste
2. gevoel gekry dat hy besig is om uit Benjamin Komoetie uit te loop en Lukas van Rooyen in
3. te haal. Hy wou omdraai en terugloop tot op die grens tussen die twee en daar bly staan tot
4. die stryd in hom gaan lê en daar vrede oor hom kom. Maar hy het nie omgedraai nie; hy was
5. haastig om op Barnard-se-eiland te kom, te vra wat hy wou vra, die wêreld uitmekaar te
6. breek vir die waarheid as dit nie anders kon nie en dan weer in die pad val: Knysna toe.
7. Coney Glen toe. Seinkop toe.
8. Die weggaan op Wolwekraal was nie maklik nie. Net Fiela het verstaan. Die enigste troos
9. wat hulle vir Selling had, was dat hy gereeld sou skryf; die poskar tussen Knysna en die
10. Kloof het nou elke week geloop. Die weggaan was nie lekker nie. Hy is op Avontuur aan om
11. Tollie te groet en ... hy het dit vir hom nog moeiliker gemaak.

7.10 Wat is “Wolwekraal” (reël 1)? (1)

7.11 Benjamin se innerlike konflik kom tot uiting in reël 1 – 3.


Verduidelik kortliks waaroor hierdie konflik gaan. (1)

Bladsy 13 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

7.12 Is die grens in reël 3 ‘n werklike of simboliese grens? Verduidelik jou antwoord. (1)

7.13 Is Barnard-se-eiland (reël 5) ‘n eiland in die see? Verduidelik hoekom jy so sê. (2)

7.14 Gee die funksie van die dubbelpunt in reël 6. (1)

7.15 Verduidelik waarom net Fiela verstaan waarom sy weggaan op Wolwekraal nie
maklik was nie (reël 8). (1)

7.16 Wie is Selling (reël 9)? (1)

7.17 Alhoewel Fiela baie lief is vir haar seuns, beleef sy ook baie hartseer deur hulle.
Watter gebeure veroorsaak onderskeidelik hartseer ten opsigte van:

7.17.1 Benjamin (1)


7.17.2 Dawid (1)
7.17.3 Tollie (1)

7.18 Dit is ironies dat Lukas as wit kind (TEKS A, reël 11 – 12) kan skryf
(TEKS B, reël 9). Verduidelik die ironie. (1)
[12]

TOTAAL AFDELING B: 25
AFDELING C: DRAMA

Die Keiser (Bartho Smit)

INSTRUKSIES
• Beantwoord EEN vraag.
• Beantwoord vraag 8 (opstelvraag) OF vraag 9 (kontekstuele vrae).
• Indien jy die kontekstuele vrae beantwoord, MOET jy die opstelvraag uit
afdeling B beantwoord, en andersom.
• Hierdie afdeling tel 25 punte.

VRAAG 8: Opstelvraag

Die Hofnar speel ‘n belangrike rol in dié drama. Bespreek hierdie stelling in ‘n opstel van
300 – 350 woorde. Gee onder andere ook aandag aan sy verhouding met die Keiser en
die wyse waarop hy spanning en konflik veroorsaak. Verduidelik ten slotte waarom die
Hofnar as waarheidspreker gesien kan word.
[25]

OF

Bladsy 14 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

VRAAG 9: Kontekstuele vrae


Lees die uittreksels noukeurig deur en beantwoord die vrae wat op elkeen volg.

TEKS A

1. KEISERIN: O, dis pragtig, Majesteit.


2. DIPLOMAAT: Manjefiek.
3. KEISERIN: Dis soos ‘n sprokiestad wat daar in die verte uit die oerwoud uit oprys. Dis
4. soos ‘n droom …
5. KEISER: En julle sê dis góúd wat daar so blink in die son?
6. KULTUUR: Suiwer goud, U Majesteit. ‘n Monument vir ons nageslagte.
7. KEISER: Waar krý julle soveel goud? Ek dag ons beskawingsprogram vir die volk het
8. ons skatkiste leeggemaak …
9. KULTUUR: Dít kom uit ons myne uit, U Majesteit.
10. KEISER: Het daar darem nog iets oorgebly vir die toekoms?
11. KULTUUR: Natuurlik, U Majesteit.
12. HOFNAR: Ons land is vrót van die goud, my Kroon.
13. KEISER: Ek sien. (Hy loop terug na sy troon; die Keiserin ook.) Beskawings-
14. program? Is almal al gevoed en gekleed soos óns?
15. KULTUUR: Hulle het meer as wat hulle nodig het, U Majesteit.
16. HOFNAR: Loop sommer broek oor die skouer en skoene in die hand, my Kroon. Kry
17. glo te warm.
18. KULTUUR: Hy oordryf, U Majesteit. Daar ís van hulle wat kla hulle kry te warm; en party
19. van hulle verruil die klere aan die mense oorkant ons grense; maar …
20. KEISER: En hoekom weet ek niks hiervan nie?
21. HOFNAR: My Kroon is glo ‘n idealis en ‘n dromer.

9.1 Watter karaktereienskap kom na vore in die uitlating van die Keiserin in reël 1? (1)

9.2 Wat is dit wat so manjefiek is in die sprokiestad waarna hulle in reël 1 – 2 kyk? (1)

9.3 In reël 5 word die woord “góúd” beklemtoon.

9.3.1 Noem EEN positiewe simboliese waarde wat aan goud geheg word. (1)
9.3.2 Noem EEN negatiewe simboliese waarde wat aan goud geheg word. (1)

9.4 Wat is die funksie van die akuutaksent op die woord “krý” in reël 7? (1)

9.5 Verduidelik die dubbele betekenis wat opgesluit lê in die woorde van die Hofnar
in reël 12. (2)

9.6 Hoe kan Kultuur se antwoorde op die Keiser se vrae oor die beskawingsprogram
beskryf word? (1)

9.7 Watter waarheid wil die Hofnar in reël 16 – 17 aan die Keiser oordra? (1)

Bladsy 15 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

9.8 Waarvoor verruil die mense hulle klere aan die mense oorkant die grens? (1)

9.9 Hoekom is die Keiser se vraag in reël 20 ironies? (1)

9.10 Lees weer reël 21. Wie het vroeër gesê die Keiser is ‘n idealis en dromer? (1)

9.11 Watter TWEE rolle vertolk die Hofnar in hierdie uittreksel? (2)
[14]

EN
TEKS B

1. MAARSKALK: En ék ook!
2. KULTUUR: Waarom sal ons u nóú skielik bedrieg?
3. KEISER: Ek sê nié julle bedrieg my nie. Maar as hierdie fees verby is, wil ek ‘n slag
4. self gaan kyk wat in die land aangaan. Ek het my te lank op ánder se oë
5. verlaat.
6. KULTUUR: Ons sal so ‘n ondersoek verwelkom, U Majesteit.
7. KEISER: Die sitting is verdaag.
8. DIPLOMAAT: U Majesteit …
9. KEISER: Wat?
10. DIPLOMAAT: Wat nou van die wonderwewers?
11. KEISERIN: Ja, Majesteit.
12. KEISER: Laat hulle inkom.
13. KULTUUR: Met u verlof, U Majesteit …
14. KEISER: Ons het gesê die wewers moet inkom!
15. KULTUUR: Soos u beveel, U Majesteit.
16. (Kultuur gee ‘n teken aan die Wag en dié verdwyn na buite. Dan kom die
17. twee Wewers binne: die Wewer, styf en formeel, met swaelstertpak en
18. pluiskeil; en dartelend langs hom, Tiengelieng met net ‘n sjoebroekie en ‘n
19. bostuk aan. Sy skok die Hof.)
20. KEISER: Oë weg!
21. (Almal ruk hul gesigte weg van die Wewers af. Die Nar hou sy hande voor
22. sy oë, maar loer deur sy vingers.)
23. KULTUUR: (sonder om sy gesig na die Wewers te draai) Bedek die vrou se
24. naaktheid!

9.12 Wat is so ironies aan Kultuur se vraag in reël 2? (1)

9.13 Lees weer die Keiser se woorde in reël 3 – 5 en beantwoord die volgende vrae:

9.13.1 Hoekom kan ons sê dat die Keiser ten spyte van sy goeie intensies, nog
steeds dwaas optree? (1)
9.13.2 Op wie se oë het die Keiser staatgemaak? (1)

9.14 Dink jy die verwysing na oë (reël 4) is funksioneel? Motiveer jou antwoord. (2)

Bladsy 16 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

9.15 Hoe verskil die ellipsteken in reël 13 met die een in reël 8? (2)

9.16 Lees weer reël 20 – 22.

9.16.1 Watter afleiding kan jy maak ten opsigte van Hofnar se karakter? (1)
9.16.2 Die res van die Hof weier om na die wewers te kyk. Watter simboliese
waarde verkry hulle weggekeerde gesigte ten opsigte van die volk? (1)

9.17 Is Tiengelieng se naaktheid (reël 24) funksioneel? Motiveer jou antwoord. (1)

9.18 Met die slot van die drama in gedagte, het jy enige simpatie met die Keiser? (1)
[11]

TOTAAL AFDELING C: 25

GROOTTOTAAL: 80

Bladsy 17 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10]

Kriteria Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende


INHOUD 6–7 5 4 3 0–2
→Diepgaande →Toon begrip van die →Redelike interpretasie →Onbevredigende →Geen begrip van die
Interpretasie van interpretasie van onderwerp en het die van die onderwerp. interpretasie van die onderwerp nie.
onderwerp onderwerp. onderwerp goed →Enkele goeie punte onderwerp. →Geen verwysing na
Diepte van argument, →Reeks treffende geïnterpreteer. ter ondersteuning →Byna geen punte wat die gedig nie.
verantwoordbaarheid argumente wat →Respons redelik van die onderwerp. die onderwerp →Leerder het nie die
en insig in teks behoorlik uit die gedetailleerd. →Enkele argument ondersteun nie. genre en gedig
gedig gerugsteun is. →Enkele deeglike word ondersteun, →Onvoldoende begrip onder die knie nie.
7 PUNTE →Uitstekende begrip argumente gegee, maar, bewyse nie van genre en gedig.
van die genre en maar nie almal ewe altyd oortuigend nie.
gedig. goed gemotiveer nie. →Basiese begrip van
→Begrip van genre en genre en gedig.
gedig duidelik.
STRUKTUUR EN 3 2 1 1 0
TAAL →Samehangende →Duidelike struktuur en →Enkele bewyse van →Struktuur toon tekens →Struktuur swak
struktuur logiese vloei van struktuur. van swak beplanning. →Ernstige taalfoute
Struktuur, logiese vloei →Argumente goed argument. →’n Goed →Argumente nie logies →Foutiewe styl
en aanbieding gestruktureer en daar →Vloei van argument gestruktureerde gerangskik nie.
Taalgebruik, toon en is ontwikkeling. kan gevolg word. logiese vloei en →Taalfoute beduidend.
styl gebruik in opstel →Taalgebruik, toon en →Taalgebruik, toon en samehang ontbreek →Toon en styl nie
styl is volwasse, dit styl is grootliks in die opstel. geskik nie.
3 PUNTE beïndruk en is korrek. korrek. →Geringe taalfoute;
→Grammatika, spelling toon en styl meestal
en punktuasie gepas.
foutvry.

VERSPREIDING VAN
9 – 10 7 5 4 0–2
PUNTE

Bladsy 18 van 19 © Impaq


Novembereksamen 2019
G11 ~ Afrikaans Huistaal V2/3

AFDELING B en C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: DRAMA en ROMAN [25]

Inhoud Uitstekend Goed Bogemiddeld Gemiddeld Ondergemiddeld Swak Beroerd


14 − 15 12 − 13 11 − 10 8−9 6−7 4−5 0−3
Interpretasie van Uitstekende Diepgaande Toon goeie Redelike Basiese begrip van Onbevre- Geen begrip van
onderwerp. begrip van begrip van begrip van begrip van inhoud en strekking digende begrip inhoud en strekking
Diepte van inhoud en inhoud en inhoud en inhoud en van genre. van inhoud en van genre nie.
argument, strekking van strekking van strekking van strekking van Weinig feite met strekking van ’n Vae aanpak van
verantwoord- genre. genre. genre. genre. motiverings word genre. genre, geen feite
baarheid en insig in Feite en Feite en Feite gegee, Enkele feite gegee. Slegs enkele met motiverings
teks. motiverings motiverings maar nie almal word feite word wat spesifieke
uitsonderlik. goed met gemotiveer. gegee sonder genre staaf nie.
ondersteun. motiverings motiverings.
nie.
Struktuur en taal Uitstekend Bogemiddeld/Goed Gemiddeld Ondergemiddeld Swak
9 − 10 7−8 5−6 3−4 0−2
Logiese vloei en Same- Duidelike struktuur. Goeie bewyse Basiese toon van struktuur. Geen toon van
aanbieding. hangende Inleiding, slot en paragrawe van struktuur Gebrekkige inleiding en slot is gegee. bewyse van
Toon- en struktuur. samehangend. met inleiding Taalfoute is beduidend en struktuur nie.
stylgebruik in Uitstekende Taalgebruik, toon en styl is maar geen paragrafering is foutief. Geen logiese vloei
opstel. inleiding en grootliks korrek. slot/geen van argumente nie,
slot gegee. inleiding nie, nie gepas by genre
Taalgebruik, slegs slot. nie.
toon en styl Enkele Taalfoute, toon en
pas by genre. taalfoute, toon stylfoute belemmer
en styl gepas. vloei van
argumente.

Bladsy 19 van 19 © Impaq

You might also like