You are on page 1of 7

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK en GRAAD GESKIEDENIS GRAAD 10


KWARTAAL 3: Week 6 sal op HERSIENING van Shaka fokus. Hersiening vir hierdie
eenheid is verdeel in 4 afdelings, soos hieronder uiteengesit. Jy moet
ten minste ‘n minimum van een uur aan elke eenheid spandeer.
ONDERWERP 4 Die Opkoms van die Zoeloe-staat en die Nalatenskap van Shaka
FOKUS VAN LES
Week 6: Hoe is Shaka se militêre mag in die bou van die Zoeloe nasie uitgebeeld?
Afdeling 1: Bron 1A
Afdeling 2: Bron 1B
Afdeling 3: Bron 1C (vergelyking tussen twee bronne)
Afdeling 4: Bron 1D (gebruik al die bronne om ‘n paragraaf te skryf)

BRONNE VIR HIERDIE WEEK Digitale hulpbronne


Gaan weer deur die relevante digitale bronne wat u in
Papiergebaseerde hulpbronne week 2 en 3 ondersoek het:
Leerders moet die Powerpoint- Kopieër en plaas die skakel in jou soekengin.
skyfies raadpleeg wat week 2 en
3 vergesel asook hulle handboek Africa: Zulu Empire - Shaka Zulu Becomes King -Extra
(Onderwerp 4) History#1:
https://www.youtube.com/watch?v=BZLGKFWlRzY

Africa: Zulu Empire - The Wrath of Shaka Zulu -Extra History-


#2:
https://www.youtube.com/watch?v=GUpaZ0hMso4&t=129

Shaka: Father of the Zulu nation:


https://www.dw.com/en/shaka-father-of-the-zulu-
nation/av-53197652
FOKUS VAN LES: Afdeling 1: Bron 1A
ORIËNTASIE:
Om Shaka en transformasie in Suider-Afrika te hersien, moet ons vra:
• Hoe word Shaka se militêre mag in die bou van die Zoeloe nasie uitgebeeld?
Hersieningsaktiwiteit 1: Defineer binne die konteks van transformasie in Suider-
SLEUTELKONSEPTE EN DEFINISIES Afrika die volgende konsepte in u eie woorde
Mfekane: (1x2)(2)
Perspektief: (1x2)(2)
Tiran: (1x2)(2)
Hersieningsaktiwiteit 2:
Hersien met die doel om voor te berei om te studeer.
Maak studienotas OF sketsnotas OF ‘n breinkaart oor die Opkoms van die Zoeloe-koninkryk
onder Shaka.
Besoek https://za.pinterest.com/pin/444941638179351359/ om ‘n voorbeeld van ‘n sketsnota te
sien.

Page 1 of 7
Hersieningsaktiwiteit 3:
Sleutelvraag: Hoe word Shaka se militêre mag in die bou van die Zoeloenasie uitgebeeld?

Lees Bron 1A en antwoord die volgende vrae in jou werkboek.

Bron 1 A
Hierdie bron beskryf hoe Shaka die mag van die Zoeloe-volk versterk het deur sy leër te
herorganiseer. Dit het daartoe gelei dat hy al die naby geleë stamme verslaan het en sy mag
versterk het.

Toe Shaka die Zoeloe-leierskap oorgeneem het, was sy eerste daad om die leër te
herorganiseer. Die Zoeloes was gewapen met beesvelskilde en spiese (lank en dun). Shaka
het eers sy manne met ‘n kort, breëblaar steekspies, genoem die iklwa, en ‘n groter skild van
beesvelle opgelei. Dit het hul gedwing om op ‘n kort afstand te veg. Hy het die klassieke
bulhoringformasie ontwikkel: die bors en die horings se taktiek was om die vyand te omring.
Hierdie taktiek het die handelsmerk van die Zoeloes geword het. Die beskikbare regimente,
die impi, was in vier groepe ingedeel. Die sterkste, wat as die borskas bekend gestaan het,
moes die vyand vaspen, terwyl die ‘horings’ gehardloop het om die vyand te omsingel en
aan te val. ‘n Reserwe, bekend as die lendene (heupe), het naby gewag. Hul het met hul
rûens na die geveg gesit sodat hulle nie onnodig opgewonde geraak het nie. Hul kon gestuur
word om enige deel van die ring te versterk indien die vyand dreig om uit te breek. Shaka
het voortgegaan om die Zoeloe-leër te rewolusioneer. Hy het nuwe wapens, nuwe
regimentstrukture en gevegsforums bekendgestel. Shaka het standaardtaktieke ontwikkel
wat die Zoeloes in elke geveg gebruik het. Hy het eers die klein stamme in sy omgewing
uitgedun en het met eLangeni begin. Binne twee jaar het Shaka sy grootste bedreigings
verslaan, naamlik die Ndwandwes en die Qwabes. Hy het in ‘n reeks veldtogte ‘n netwerk
van stamme in suide van die Zoeloegebied verslaan. Teen 1823 was die streek ‘n ontvolkte
ruïne van rookkrale en die oorlewendes het gevlug. Duisende onderdane is volgens gerugte
deur handelaars doodgemaak toe sy ma dood is. Dit is blykbaar gedoen sodat hul gesinne
saam met hom sou treur. Maar, Shaka was suksesvol as ‘n leier en was waarskynlik nie die
tiran soos wat ander hom gesien het nie. Hy het foute gemaak, soos alle leiers. Hy het byna
altyd om politieke of dissiplinêre redes doodgemaak. Die hedendaagse Zoeloebevolking
word steeds beïnvloed deur feite en mites oor Shaka.

[From https://www.thefamouspeople.com/profiles/shaka-8310.php. Accessed on 30 June


2020.]
1.1.1 Wat, volgens die bron, was die eerste ding wat Shaka gedoen het toe hy leier van die
Zoeloes geword het? (1x1) (1)
1.1.2 Identifiseer die naam wat aan ‘n regiment Zoeloe-krygers gegee word. (1x1) (1)
1.1.3 Gebruik die inligting in die bron en u eie kennis om te verduidelik waarom die streek ‘n
“ontvolkte ruïne van brandende krale” geword het. (1x2) (2)
1.1.4 Lewer kommentaar oor waarom Shaka daarin geslaag het om ander familiegroepe en
stamme te verslaan. (2x2) (2)
1.1.5 Definieer die konsep tiran in jou eie woorde. (1x2) (2)

Page 2 of 7
FOKUS VAN LES: Afdeling 2: Bron 1B
ORIENTASIE:
Om Shaka en transformasie in Suider-Afrika te hersien, moet ons vra:
• Hoe word Shaka se militêre mag in die bou van die Zoeloenasie uitgebeeld?
Hersieningsaktiwiteit 1: Defineer binne die konteks van transformasie in Suider-Afrika die
volgende konsep in u eie woorde.
SLEUTELKONSEPTE EN
DEFINISIES Sluipmoord: (1x2) (2)
Hersieningsaktiwiteit 2:
Hersien met die doel om voor te berei om te studeer.

Maak studienotas OF skep sketsnotas OF ‘n breinkaart oor die nalatenskap van


Shaka.

Hersieningsaktiwiteit 3:

Sleutelvraag: Hoe word Shaka se militêre mag in die bou van die Zoeloenasie uitgebeeld?
Verwys na Bron 1B

Bron 1B

Hierdie bron beeld albei die positiewe en negatiewe leiereienskappe van Shaka uit.

Sy siening was soos dié van sy tyd. Wanneer dit in ag geneem word en as alles gesê is om sy
geloofwaardigheid aan te tas, kom hierdie koning van legendariese liggaamlike voorkoms
na vore as ‘n briljante generaal en ‘n heerser met groot durf, intelligensie en bekwaamheid.

Nietemin het Shaka sommige van die gebruike van sy mense oortree en dit was sy
ondergang. In besondere het hy die leër te veel gebruik, sodat hy min tyd gehad het vir die
normale strewe na vrede. Soos die jare verloop het, het sy ambisies te groot geraak. Die feit
dat hy soos ‘n diktator opgetree het, het waarskynlik nie saak gemaak nie omdat sy mense
van hul koning verwag het om mag met vriendelikheid te balanseer. Shaka se beheer het al
hoe erger geword. Uiteindelik het Shaka die weg van die meeste tiranne gevolg. Selfs die
leër het blykbaar gehelp om die sluipmoord, wat deur sy halfbroer Dingaan uitgevoer is, te
beplan. Shaka se dood is nie betreur deur die volk wat hy grootgemaak het nie.

[Van: Let my People Go by Chief A. Luthuli]

1.2.1 Noem DRIE positiewe woorde in die bron wat Shaka as ‘n leier beskryf. (3x1) (3)
1.2.2 Verduidelik hoe nuttig hierdie bron vir ‘n historikus sal wees wat die bewind van Shaka
ondersoek. (2x2) (4)
1.2.3 Wat, volgens die bron, was die redes vir die val van Shaka? (3x1) (3)

Page 3 of 7
FOKUS VAN DIE LES: Afdeling 3: Bron 1C (Vergelyking tussen twee bronne)
ORIENTASIE:
Om Shaka en transformasie in Suider-Afrika te hersien, moet ons vra:
• Hoe word Shaka se militêre mag in die bou van die Zoeloe nasie uitgebeeld?
SLEUTELKONSEPTE EN DEFINISIES
Daar is geen NUWE konsepte of definisies in hierdie afdeling nie.

Verwys na vorige afdelings van hierdie les vir bystand.

Verwys na die Tutor se wenke o Kan vra vir ooreenkomste of verskille.


op vergelykingsvrae indien jy
o Lees Bronne 1B en 1C en kyk vir ooreenkomste.
help nodig het.
o Versamel inligting uit albei bronne wat met mekaar
ooreenstem (of verskil).
o Byvoorbeeld: jy sal sê “Bron 1B sê…” en “Bron 1C
bevestig deur te sê…”.

o Die puntetoekenning is as volg:

o Bron 1B sê…•
o Bron 1C bevestig deur te sê… • √√
o Onthou: vind ‘n skakel in beide bronne om te
vergelyk.
o As die puntetoekenning (2x2) (4) is moet jy die bronne
TWEE keer vergelyk.
o As ‘ooreenkomste’ gevra word kan kandidate sê
BEIDE bronne.

Hersieningsaktiwiteit 1:

Sleutelvraag: Hoe was Shaka se militêre mag in die bou van die Zoeloenasie uitgebeeld?

Verwys na Bron 1C en antwoord die volgende vrae.

Page 4 of 7
Bron 1C
Hierdie bron beskryf Shaka as ‘n bloeddorstige en wrede man tydens sy bewind met die bou van
die Zoeloenasie.

Sy reputasie vir brutaliteit is opgemaak deur bevooroordeelde blankes (geskiedkundiges) uit die
koloniale era en onbetroubare Zoeloe storievertellers. Hulle het die man in ‘n mite verander.

Dr Wylie beskryf sy boek, Myth of Iron: Shaka in History, as anti-biografies omdat die materiaal vir
‘n betroubare biografie nie bestaan nie. “Daar is baie wat ons nie ken nie, en sal nooit weet
nie”, sê hy.

Erger nog, die akademikus het bevind dat blanke skrywers in die koloniale era verdraaide en
oordrewe geringe historiese feite geskryf het om Shaka in ‘n bloeddorstige monster te omskep.

Nathaniel Isaacs, wat oor Shaka in Travels and Adventures in Oos-Afrika geskryf het, wat in 1836
gepubliseer is, het aan ‘n medeskrywer Henry Francis Fynn geskryf waarin hy hom aanraai om
‘n smeerveldtog teen Shaka en sy opvolger, Dingaan, te loods. Isaacs het geskryf: “Laat hom so
bloeddorstig lyk as wat jy kan en probeer om ‘n skatting te gee van die aantal mense wat hulle
gedurende hul bewind vermoor het”. Dit sou help om Fynn se boek te verkoop en Britse
anneksasie van Zoeloe-land aan te moedig en sou ‘n fortuin vir skrywers beteken het.

Nie almal aanvaar hierdie siening nie. Sibani, ‘n historikus en toergids van Zoeloe slagvelde, het
gesê dat dit ongetwyfeld is dat Shaka “‘n wrede en genadelose man was, maar dat dit wrede
en genadelose tye was”’.

[Van: https://www.theguardian.com/world/2006/may/22/rorycarroll.mainsection. toegang


verkry op 28 Julie 2020]

1.3.1 Wie, volgens die bron, was die TWEE skrywers wat negatiewe dinge oor Shaka geskryf het?
(2x1) (2)
1.3.2 Gebruik die inligting in die bron en u eie kennis om te verduidelik waarom hulle negatiewe
dinge in hul boeke oor Shaka geskryf het. (2x2) (4)
1.3.3 Haal TWEE negatiewe woorde aan wat in hul boeke gebruik is om Shaka te beskryf. (2x1) (2)

1.4 Vergelyk Bron 1B met Bron 1C. Verduidelik hoe die inligting in Bron 1B die bewyse in Bron 1C
oor die negatiewe sieninge van Shaka as ‘n leier van die Zoeloenasie ondersteun.
(2x2) (4)

Page 5 of 7
FOKUS VAN LESSE: Afdeling 4: Bron 1D (gebruik al die bronne om ‘n paragraaf te skryf)
ORIENTASIE:
Om Shaka en transformasie in Suider-Afrika te hersien, moet ons vra:
o Hoe is Shaka se militêre mag in die bou van die Zoeloenasie uitgebeeld?
SLEUTELKONSEPTE EN DEFINISIES
Daar is geen NUWE konsepte of definisies in hierdie afdeling nie.

Verwys na vorige afdelings van hierdie les vir bystand.

Verwys na Die Tutor se Wenke op die skryf van ‘n paragraaf indien u bystand
benodig.

Die skryf van ‘n brongebaseerde paragraaf:

o Die skryf van‘n paragraaf vereis van jou om die bronne, asook jou eie kennis, te gebruik
o Dit beteken dat jy die bronne lees en sien watter inligting dit vir jou gee met betrekking tot
die vraag wat beantwoord moet word.
o Jou ‘eie kennis’ moet gebruik word om u te help om die inligting wat die bron gee, uit te
brei.
o Onthou om net EEN paragraaf te skryf.

Hoe word die paragraafvraag gemerk?

As geheel beoordeel (holisties): beide die inhoud en struktuur van die paragraaf moet in
aanmerking geneem word
o Die volgende stappe moet gevolg word wanneer ‘n antwoord beoordeel word op
paragraaf vraag:
o Die merker plaas ‘n kolletjie (•) op elke punt waar die kandidaat toepaslike bewyse
gebruik het.
o Die nasiener evalueer die mate waarin die kandidaat toepaslike bewyse kon gebruik om
‘n paragraaf te skryf.

Aan die einde van die paragraaf dui die merker aan:
o Die regmerkies (√) wat aan die kandidaat toegeken is (aan hierdie kandidaat is 3
regmerkies vir relevante bewyse toegeken en 1 regmerkie vir struktuur)
o Die vlak soos aangedui in die holistiese rubriek en ‘n kort opmerking, bv.

__________________________________________________________•____________________________
__________________________________________________________________________________•____
_______________________________________________________________________________________
________________________________ •

Bewyse is meestal relevant en hou grootliks verband met die onderwerp. Vlak 2
√√√√

Page 6 of 7
Hersieningsaktiwiteit 1:

Sleutelvraag: Hoe word Shaka se militêre mag in die bou van die Zoeloenasie uitgebeeld?

Verwys na Bron 1D.

konsepkuns vir Shaka, koning van die Zoeloes. Konsepkuns verwys na ‘n illustrasie wat gebruik
word om ‘n idee oor te dra vir gebruik in films, animasie of ander media voordat dat dit in die
finale produk gebruik word.

Geneem van: https://www.ancient-origins.net/history-famous-people/shaka-zulu-story-


ruthless-ruler-004191 Datum verkry: 28 Julie 2020]

1.5.1 Identifiseer TWEE tradisionele wapens in die foto. (2x1) (2)


1.5.2 Watter boodskap beeld die kunswerk uit oor Shaka? (2x2) (4)

1.6 Gebruik die inligting in die bronne en u eie kennis om ‘n paragraaf van omtrent AGT
reëls (ongeveer 80 woorde) te skryf waarin jy verduidelik hoe Shaka se militêre mag in die
bou van die Zoeloenasie uitbeeld is. (8)

Page 7 of 7

You might also like