You are on page 1of 2

1

WERKKAART 1: KLANKLEER
Afrikaans Huistaal
Graad 11
Taalstrukture en –konvensies: Klankleer

OPDRAG: Lees die resensie hieronder deur en beantwoord die vrae wat volg:

Kort stories uit Namakwaland


Skrywer: Willem Agenbag

Die skrywer is ’n gebore Namakwalander wat oor die wel


en wee van sy geboortewêreld skryf met deernis oor die
swaarkry om daar ’n lewe uit te beitel. Maar hy bring ook
fyn humor na vore oor die lewe van daardie mense wat die
swaarkry met lekkerkry klaarkry.
Namakwaland se mense het harte van goud en sal hul
laaste Rand weggee om gasvryheid te betoon. Soos die
tannie wat vir ’n besoeker gesê het: “My kjind, ek kan jou
nie iets te ete aanbied nie, want ek het niks in die huis nie, maar ek wil dit graag
met jou deel.”
Die mense van Namakwaland se taalaksent is kostelik en gevolglik dra dit by om
pragtige stories te vertel. Daar gaan ’n storie rond wat lui dat wanneer jy in
Namakwaland beland, jy twee keer huil. Wanneer jy daar aankom en wanneer jy
weggaan. Namakwaland se mense het unieke stories om te vertel oor unieke
mense. Die skrywer bondel dit saam in ’n potpourri van leesgenot.

1. Verdeel die volgende woorde in lettergrepe en dui aan watter lettergreep word
tydens normale uitspraak beklemtoon:
1.1 Namakwalanders (2)
1.2 gasvryheid (2)

2. Streekstaal is veral ryk aan taal- en klankverskynsels. Benoem die


klankverskynsels
wat in elk van die onderstreepte woorde voorkom:
2.1 Kind uitgespreek as kjind (1)
2.2 Huis uitgespreek as hys (1)
2.3 Deel uitgespreek as deul (1)
2.4 Bondel uitgespreek as bonnel (1)
2.5 Wanneer uitgespreek as wanner (1)

3. Skryf enige twee opeenvolgende woorde uit reël 2 neer wat tydens
uitspraak geassimileer kan word. (1)
2

4. Wat merk jy op oor die klankwaarde van die i en die e tydens die uitspreek
van die woord PRAGTIGE? (2)

5. Deur verskillende woorde in ‘n sin te beklemtoon, kan jy die betekenis van die
sin verander. Verduidelik die betekenis van die sin indien die onderstreepte
woord in die volgende sinne spesiaal beklemtoon word.
5.1 Namakwaland se mense het unieke stories om te vertel oor unieke mense. (1)
5.2 Namakwaland se mense het unieke stories om te vertel oor unieke mense. (1)

6. Die Namakwalandse Afrikaans is ryk aan idiome en beskrywende taal.


Verduidelik wat bedoel die skrywer met:
6.1 “Namakwaland se mense het harte van goud.” (1)
6.2 “... daardie mense wat die swaarkry met lekkerkry klaarkry.” (1)

7. Bestudeer die verkorte uittreksel uit die HAT hieronder en beantwoord die vrae:

kos’te•lik b.nw en bw 1. Voortreflik, uitstekend, onoortreflik , wat baie genoeë


gee

7.1 Watter lettergreep sal jy beklemtoon wanneer jy hierdie woord uitspreek? (1)
7.2 Waardeur kan jy aflei watter lettergreep die hoofklem dra? (1)
7.3 Verduidelik hoe die woordeboekinskrywing jou help om die woord in
lettergrepe te verdeel. (1)
7.4 Beskryf hoe jy te werk sal gaan as jy die klankgrepe van die woord moet
identifiseer (1)
Klankgrepe word verdeel volgens die grepe wat ons tydens uitspraak hoor, en nie
volgens die letterspelling daarvan nie – in hierdie geval is die lettergreepverdeling
presies dieselfde as die klankgreepverdeling.
[20]

You might also like