You are on page 1of 7

MEMORANDUM

KEN JY DIE SEE


1. Waarom is die woord “see” in die titel gepas? 1
Want die gedig handel oor die vissermanne wat by
die see werk en die see ken, maar die mense wat
die vis koop, verstaan nie waardeur die
vissermanne op die see moet gaan om vis te kry
om te verkoop nie.
2. Wie is die spreker in die gedig? 1
‘n Visserman
3. Met wie praat die spreker? 1
Iemand wat sê die vis is te duur/ ‘n koper/ ‘n klant.
4. Hoe spreek die visserman die luisteraar aan? 1
“meneer”
5. Wat sê hierdie aanspreekvorm van die verhouding 1
tussen die visserman en die luisteraar?
Dit wys dat die luisteraar van hoër sosiale status is
en waarskynlik ryker is as die spreker.
Dit wys dat die visserman sarkasties is en kwaad is
dat die klant dink die vis is te duur.
6. Wat is die funksie van die herhaling van “ken jy die 1
see?” in reël 1?
 Dit beklemtoon die vraag wat gevra word.
 Dit beeld die emosie van die spreker uit.
7. Haal die alliterasie aan uit strofe 1 en sê ook wat 2
die funksie van die alliterasie is.
V-alliterasie. Dit verstrek die idee van gevaar/vuur.
8. Watter woord in strofe 1 ondersteun die gedagte 1
dat die see kalm voorkom?
“blinkgeskuur”
9. Waarna verwys “hier benee” reël 3? 1
Hier op aarde/see.
10. Reël 5 word deur die gedig herhaal. Wat word so ‘n 1
herhaling in ‘n gedig genoem?
Refrein
11. Watter woord dui die wending in strofe 2 aan? 1
“Maar”
12. Verduidelik die gebruik van die akuut teken in strofe
2.
“dié vrede ... dié bries”.
Dit beklemtoon die woorde vrede en bries.
Beklemtoon die klamte van die see.
13. Watter tegniek gebruik die spreker in reël 6 om die 2
kalmte en vrede wat daar op die see heers, te
beklemtoon?
S-alliterasie of ‘n vergelyking.
14. Waaruit kan ons aflei dat die see vir lank kalm kan 1
wees?
Die herhaling van “dae”.
15. Watter progressie kom voor ten opsigte van die
wind?
Eers is dit net ‘n bries, maar dan raak dit ‘n wind en
dan ‘n bulderende wind.
16. Waaruit kan ons aflei dat die winderige toestande 1
ook lank kan aanhou?
“uur na uur”
17. Bespreek die verskillende betekenisse van “swart 2
wind”.
Dit waai in die pikswart nag. Dit verwoes alles wat
voorkom. Dit bring die dood.
18. Haal ‘n sin uit strofe 5 aan wat ons aan ‘n bekende 1
Bybelse gedeelte herinner.
“waar kry ons hulp dan”
19. Sê in jou eie woorde wat die laaste reël van strofe 5 2
beteken.
Hier vernietig die dood almal wat met hom in
aanraking kom.
Die vissermanne verdrink in die koue see en sak na
die bodem (skuur)
20. Sê in jou eie woorde hoe die kliphuis in strofe 7 2
beskryf word.
koue en ongemak van die huisies waarin hulle moet
bly omdat hulle nie geld het nie.
21. Die volgende stelling is ONWAAR. 2
Volgens strofe 7 het vissers net probleme as hulle
op see uit is en die wind verskriklik waai.
Motiveer waarom.
Hulle het ander probleme ook, soos die golwe en
die see wat wag vir hulle om ‘n fout te maak.
22. Is die vergelyking in strofe 9 geslaagd? Motiveer 2
jou antwoord.
Ja. Teen die krag van die storm was die visserman
so lig soos ‘n veer. Die grys golf water is soos ‘n
tronkmuur wat jou inperk sodat jy nie kan ontsnap
nie.
23. Verduidelik wat die spreker in reël 23 en 24 sê deur 2
dit oor te skryf in jou EIE WOORDE. Jy mag
woorde uit die gedig gebruik.
As jy eers daardie waters sout en suur sluk, help dit
nie om te spartel en te skree: “Nee! Nee!” nie.
24. Na watter woord in strofe 11 verwys die woorde 1
“dié waansin”?
“doodsangs”
25. Hoe kan die doodsangs tegelykertyd koud en warm 2
wees?
As gevolg van die intense angs ervaar jy intense
temperature: Jy kan sweet van die angs of yskoud
word.
26. Watter emosie assosieer ons gewoonlik met groen?
Jaloesie
27. Waarom sal die see dan daardie emosie ervaar? 1
Die see mag jaloers waak oor sy visse / sy gebied.
28. Waarom is die woorde “Krom ou vroutjie” so 1
effektief in die beskrywing van mev. Mathee?
Dit wek simpatie vir haar / laat die leser haar
jammer kry.
29. Watter verskil is daar tussen die volgende woorde: 3
“ver, vér” in reël 37?
Die verskil lê in die afstand. Met die aksentteken
(vér) suggereer dit dat sy verder as net ver kyk.
30. In die gedig word die see as bedrieglik gevaarlik
voorgestel.
30.1. Is dit hoe alle mense die see beleef? Motiveer jou 1
antwoord.
Nee. Mense wat al probleme in die see ondervind
het, mag dit so voorstel, maar normaalweg sien
mens die mooi en nie die gevaarlike deel van die
see raak nie. Sommige mense sien net die mooi /
romantiese / kalmerende kant van die see.
30.2. Is dit verkeerd van die spreker om die see, wat vir 2
hom sy brood en botter bied, so negatief uit te
beeld? Motiveer jou antwoord.
Nee, hy is besig om vir die viskoper te verduidelik
waarom die prys van die vis geregverdig is. Hy
noem ook dat die see kalm en rustig kan wees.
31. Waarom is die vergelyking van die see met die 2
“voorstoep” so funksioneel?
‘n Voorstoep is deel van jou huis waar jy tuis en
veilig voel. Die spreker wil dis aandui dat die see
jou soms ook tuis en veilig / geborge laat voel. Hou
ook ingedagte dat “voorstoep” saam met
blinkgeskuur gebruik word. Dit was gewoonlik
daardie deel van jou huis wat die gaste eerste
betree het en daarom was dit die gebruik om die
voorstoep te politoer en blink te vryf.
32. Waarom word die woord “buur” in plaas van “bure” 2
in reël 12 gebruik?
Die digter maak gebruik van agterafkapping sodat
die heersende rympatroon gevolg kan word, nl.
Buur vs skuur.
33. Die uu-klank word reg deur die gedig gebruik. Wat 2
is die funksie daarvan?
Dit bind die gedig tot ‘n hegte eenheid. Dit bind die
refrein aan die res van die gedig.
34. Wie, dink jy, moet die skuld vir die hoë pryse kry 2
wat ons vir vis/seekos betaal?
Dit is gewoonlik die middelman / restaurante wat
die vis goedkoper in groot hoeveelhede aankoop en
dit dan ten duurste verkoop.

You might also like