You are on page 1of 42

AFR FAL GRAAD 12 LES 11 LEES EN KYK

‘N GEDIG: KEN JY DIE SEE


Titel
Die titel is in die vorm van ‘n retoriese vraag.
• Dit impliseer dat die viskoper (mense wat vis koop) nie ‘n idee het van hoe gevaarlik dit vir die vissers is om op die see uit te
gaan en vis te vang nie.
• Ellips – Laat die leser daaroor nadink.
o Die leser voltooi self die gedagte.

Spreker
‘n Visserman/visverkoper is die spreker in die gedig.
@ ‘n Ek-spreker
# Maak dit persoonlik/geloofwaardig.
@ In elke strofe verduidelik die visserman aan watter
gevare ‘n visser blootgestel word wanneer hy op
die see uitgaan om vis te vang.
@ Die visserman praat met ‘n klant (viskoper) wat kla oor die prys van die vis.
o Die visserman spreek die klant aan as “Meneer”.
Die aanspreekvorm is waarskynlik sarkasties bedoel – en nie om respek te betoon nie.
Hy verwys ook na die klant as “jy”.
o Die klant is stilswyend – hy praat nie terug nie.
Die gedig lyk soos ‘n gesprek (dialoog), maar die visser herhaal elke keer die klant se woorde, dus is dit ‘n monoloog/alleenspraak
(een persoon wat praat).
• Die spreker voer ‘n gesprek met homself.
Tipografie
Uiterlike bou:
• 8 Strofes.
• Die gedig bestaan uit strofes van 4 reëls elk (kwatryn) met ‘n refrein wat telkens tussen die strofes voorkom.
• Vaste rympatroon: kruisrym in die kwatryne.
• Reël 2 en 4 van elke kwatryn is altyd UUR wat rym met die woord DUUR.
• Die feit dat die koper sê dat die vis te duur is, word beklemtoon.
Innerlike bou:
• Kwatryn 1 en 2 gee ‘n oorsig oor die vissers se dilemma.
• Kwatryn 3-8 spreek elk ‘n ander probleem aan wat die vissers ervaar.

Refrein
Die herhaling van “ken jy die see” is ‘n frase wat musikaliteit aan die gedig gee.
• Dit versterk die struktuur van die gedig.
• Dit beklemtoon die visserman se ontsteltenis omdat die koper sê die vis is duur.
• Die refrein bind die gedig tot ‘n eenheid.
• Dit dra die boodskap van die gedig oor.
• Die refrein word 8 keer herhaal, maar wissel die eerste woord “Dan” af met “En”.
Daar is progressie in die gedig.
• Die see is kalm.
• Dan is daar seestorms en winde.
• Vissersboot is op see in ongure omstandighede.
• Die see neem lewens (hoogtepunt).

Boodskap
Die see is onvoorspelbaar en
• ‘n mens moenie die natuur/see onderskat nie.
• Ons moenie vergeet waardeur vissers moet gaan om die vis te verskaf wat deur ons geniet word nie.

Rympatroon
Kruisrym : beklemtoon die liriese (sangerige) toon van die gedig.

Halfrym = alliterasie en assonansie


Beklemtoon die gevaar van die storm / vernietigende krag van die see en die vissers se vrees.

Toon
Hoe klink die spreker : beskuldigend/ontsteld/seergemaak.
Stemming/Atmosfeer
Morbied/treurig/laat ‘n mens skuldig voel

Leestekens
Verskeie leestekens word gebruik.
• Kommas, ellips, vraagtekens, uitroeptekens, aksenttekens en aanhalingstekens.
o Aksentteken/uitroepteken: om die woorde te beklemtoon.
o Ellips/vraagtekens: laat die leser dink.
Die gebruik van leestekens wek emosie by die spreker.

Retoriese vrae
Dit beklemtoon dat die persoon met wie gepraat word, nie dit waaroor die spreker praat, ken nie.
• Hy ken beslis nie die see nie.
‘n Retoriese vraag is ‘n vraag waarop ons nie ‘n antwoord verwag nie.
• Dit kry die leser se aandag.
• Dit laat die leser daaroor nadink.
Enjambement - laat die gedig vloei.
Tema
Die viskoper word deur die visserman verwyt omdat hy kla oor die duur vis.
• Die visserman voer ‘n moeilike bestaan en sy lewe op see is gevaarlik en nie maklik nie.
• Vissers waag hulle lewens op die see om ‘n inkomste te verdien.
• Die klem val op mense wat baie hard moet werk om hulle brood en botter te verdien.
NB: Dit gaan nie in hierdie gedig oor hoe gevaarlik die see is nie, maar oor hoe moeilik die omstandighede is waaronder hierdie
vissers moet werk.
STROFE 1 r.1 HERHALING van die
r.2&3 VERGELYKINGS: (soos)
retoriese vraag in die titel
die see lyk bedrieglik
en spreek die leser direk
(deceitful) kalm.
aan: “Meneer” en “jy”.
KWATRYN 1 Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? a
front porch polished to a shine
2 Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur b kruisrym
underneath
KONTRAS: a
3 en kalm soos min dinge hier benee,
r.3 - kalm flame
en r.4 - 4 maar hy’s gevaarliker as vlam of vuur. b
gevaarliker paarrym
ELISIE: hy’s = hy is
5 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. b

REFREIN Die visserman verwyt v-ALLITERASIE


(chorus) (blames) die “Meneer” beklemtoon hoe
(die viskoper), omdat hy gevaarlik (dangerous)
sê die vis is duur. die see is.
r.6 VERGELYKING: die
STROFE 2 HERHALING van KONTRAS:
see lyk kalmer as ‘n
“dae” – beklemtoon (r.8) bries en
soet kind. r.6 & 7 sluit
hoe lank dit sal duur. bulderende
aan by strofe 1. Die
see is nog kalm. wind
peace
KWATRYN 6 Dié vrede, kalmer as ‘n stil, soet kind, PERSONIFIKASIE:
last for days s-, b- en d-
7 lyk of dit dae, dae lank sal duur. bulderende wind
breeze roaring ALLITERASIE - seestorms en
WENDING:
8 Maar word dié bries ‘n bulderende wind, stormwinde
“Maar”(r.8)
9 dan veg jy vir jou lewe, uur na uur.
REFREIN
herhaal 10 En jy sê nog, Meneer, die vis is duur.
PROGRESSIE: die seetoestande KLANKNABOOTSING:
versleg bulderende
• “stil” (r.6) → “bulderende” (r.8)
• “bries” (r.8) → “wind”
• “dae, dae” (r.7) → “uur na uur”
r.12 RETORIESE
r.11 HERHALING van “swart”
STROFE 3 beklemtoon die negatiewe ELISIE: VRAE,
waar’s = HERHALING van
omstandighede (adverse “waar?” –
sleep … mee
conditions). waar is
= to take beklemtoon die
with black south easter hulpeloosheid
KWATRYN 11 Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee, (helplessness)
nearest neighbour
12 waar kry ons hulp dan, waar’s ons naaste buur? van bootjie op
PERSONIFI- die stormsee.
KASIE van 13 Die Dood staan voor die deur. Gee hy nog net één tree,
boat sinks
die dood 14 dan kelder hy ons almal in sy koue skuur. Daar is
niemand
METAFOOR: die om hulle
15 En jy sê nog, Meneer, die vis is duur. koue, diep see te help
word metafories nie.
REFREIN gelykgestel aan ‘n
herhaal koue skuur
(coldness/
loneliness of the
deep sea)
r. 16 en 18 PERSONIFIKASIE:
STROFE 4 die storms raas en die wind blaas. Beklemtoon hoe
r. 16 RETORIESE magteloos (powerless) mens voel as die see stormagtig
VRAAG is. Hulle kan nie uitgaan op see om vis te vang nie.
KWATRYN 16 Wat van die storms wat nooit ophou raas?
always damp, unpleasant
17 Jy sit pal in jou kliphuis, klam en guur, w-ALLITERASIE
wilder crueler
18 en hoor die wind al woester, wreder blaas.
dry stick ee-ASSONANSIE
19 En daar’s geen sprokkel hout meer vir jou vuur.

expensive
REFREIN 20 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.
herhaal
Die visserman verwyt (blames)
die viskoper (“Meneer”),
omdat hy sê die vis is duur
(expensive).
r. 21 RETORIESE VRAAG wat eintlik ee-ASSONANSIE:
STROFE 5 inligting gee: Die spreker vertel hoe boots die vee-
dit voel as die branders jou van die gedagte na (imitates)
KWATRYN boot af slaan: “soos ‘n veer gevee”. v- , g-, s-
swept from ALLITERASIE
21 Was jy al van jou bootjie soos ‘n veer gevee VERGELYKING:
wave jail
22 deur ‘n grys golf hoog soos ‘n tronk se muur. soos
struggle r.23 HERHALING
23 Wat help dit om te spartel en te skree: “Nee! Nee!” van “Nee”.
24 sluk jy eers daardie waters sout en suur?
REFREIN herhaal
25 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.
Die spreker betrek (involves) die leser deur die
dialoogvorm: aanhalingstekens en uitroeptekens.
Die atmosfeer raak al meer intens namate die
spreker die see se aggressie beskryf.
r. 26 en 27
STROFE 6 PERSONIFIKASIE:
“rukwind klap” en
“waansin ken” k-ALLITERASIE
fear of death
KWATRYN 26 Ken jy die doodsangs as die rukwind klap? r.28 en 29
madness remedy or cure 3 VERGELYKINGS:
27 Dié waansin ken geen redmiddel of kuur. nes = net soos. Die
eats intestines crab
28 Hy vreet mos aan jou ingewande nes ‘n krap. angs (fear) vreet aan
ELISIE: hot fires of hell jou net soos ‘n krap,
hy’s = hy 29 Hy’s koud soos ys, heet soos hellevuur! dis koud soos ys en
is vuurwarm soos die
REFREIN 30 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. hel.
herhaal Uitroepteken:
r. 29 KONTRAS: (r.29)
“koud”/“heet” beklemtoon die
(warm), heftige (violent)
“ys”/”hellevuur” storm.
r.31 HERHALING van die
STROFE 7 retoriese vraag in die
g- en p-
titel en r.1.
ALLITERASIE
KWATRYN 31 Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
jealous glare
PERSONIFIKASIE:
32 Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur, die see gluur met
false step, slip-up
sy oë.
33 ons wat net één ou misstappie moet gee
directly, point blank
34 en hy kom tromp-op op ons afgestuur! o-ASSONANSIE

REFREIN
herhaal 31
35 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.
Uitroepteken:
(r.29)
beklemtoon
die intensiteit
(intensity) van
die see.
Spreker betrek die leser Hy wek die leser se
STROFE 8 simpatie met: “krom
meer direk met : “Sien
jy … daar…?” ou vroutjie”.
KWATRYN
old, bend forward
Die woord 36 Sien jy die krom ou vroutjie daar, mevrou Mathee, Hy ontlok
repeatedly stare
“aldrie” (evoke) verder
(r.39)
37 wat telkens ver, vér oor die golwe tuur? emosie: sy kyk
breeze just in time
verhoog 38 Sy dink dié briesie bring haar seuns betyds vir tee. “telkens”
die (repeatedly)
tragedie,
39 Hul slaap aldrie agter die kerkhofmuur. a-ASSONANSIE en die
herhaling van
omdat al REFREIN herhaal
“ver, vér” met
haar seuns ‘n aksent op
verdrink 40 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur…
die tweede
het. e-ASSONANSIEen ELLIPS: laat die leser nadink. “vér”. Sy soek
b-ALLITERASIE IRONIE: die viskoper kla oor die nóg dieper die
beklemtoon hoe duur prys van die vis, maar vissers see in na haar
ver sy kyk betaal met hulle lewens (hulle seuns.
r. 38 PERSONIFIKASIE: waag hulle lewens) om die vis te
“…die briesie bring…” gaan vang.
Strofe 1
1 Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
Retoriese vraag.
• Herhaling = suggereer dat die viskoper (klant) nie die see ken nie.
o Dit is waarom die viskoper so kla oor die prys van die vis.
o Die see kan baie bedrieglik wees.
• Die viskoper word direk aangespreek deur die visserman.
o Die viskoper word aangespreek as Meneer.
o “Meneer” is tussen kommas om die woord te beklemtoon.
o Die visserman is amper half sarkasties wanneer hy die viskoper aanspreek as Meneer.
o Die visserman verwyt die viskoper omdat hy oor die prys van die vis kla.

2 Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur


3 en kalm soos min dinge hier benee
Vergelyking = die see lyk in versreël 2 en 3 plat en kalm/rustig.
• Die kalm see word vergelyk met ‘n blinkgeskuurde voorstoep.
• “benee” = benede (onder)
* Die woord “benede” is verkort na “benee” ter wille van die rym.
* “benee” – hier op aarde/hier langs die kus/see.
4 maar hy’s gevaarliker as vlam of vuur.
“maar” dui op ‘n wending/verandering.
Kontras: Die see is dalk nou kalm, maar is gevaarliker as ‘n vlam/vuur.
• Die see kan groter skade as ‘n brand aanrig.
• Alhoewel die see kalm lyk, is hy bedrieglik.
o Die see word hier vergelyk met ‘n vlam of vuur wat op gevaar dui (metafoor).
o Die mag van die bedrieglike see word in die reël beklemtoon.
Alliterasie – herhaling van die “v”-klank beklemtoon die gevaar.

Elisie = hy’s = hy is.


• Help met die ritme van die gedig.

Refrein:
5 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.
Die refrein word beklemtoon deur alleenplasing.
• Dit beklemtoon dat die viskoper nie besef hoe gevaarlik die visserman se werk is nie.
o Die vissers waag hulle lewens.
Strofe 2
6 Dié vrede, kalmer as ‘n stil, soet kind,
Metafoor = Die see is kalmer as ‘n stil soet kind, MAAR
• ons almal weet hoe vinnig dit kan verander.
o ‘n Soet kind kan net so vinnig ook stout wees.
• Die vreedsaamheid kan van korte duur wees.
Die aksentteken op “dié” beklemtoon die kalmte van die see MAAR dit staan in kontras met hoe vinnig die see kan verander.
Alliterasie van die “s”-klank.
• Dit boots die geruis van die see na.

7 lyk of dit dae, dae lank sal duur.


• Herhaling van “dae” om te beklemtoon dat die kalmte/vrede lank kan duur.
• Alliterasie van die d-klank.
8 Maar word dié bries ‘n bulderende wind,
9 dan veg jy vir jou lewe, uur na uur.

“Maar” dui die kontras aan tussen die kalmte en gevaar. (Wending)
Die ligte windjie (bries) kan baie vinnig in ‘n rasende, woeste wind verander en dit veroorsaak ‘n onstuimige see wat baie
gevaarlik / lewensgevaarlik kan wees.
• Hierdie onstuimigheid/storm kan ure duur net soos die kalmte dae lank kan aanhou.
• Wanneer die see so onstuimig is, is dit gevaarlik vir die vissers en veg hulle vir hulle lewens op see.
o Herhaling van “uur” asook die plasing van “uur na uur” aan die einde van die reël = beklemtoon dat die gevaar vir ure kan duur
en daarmee saam die spanning en vrees.
Inversie (omgekeerde woordorde)
• Personifikasie: bulderende wind – verwys na seestorms en stormwinde.
• Onomatopee/klanknabootsing = bulderende
Alliterasie van b-klank: beklemtoon die hewige winde wat gevaar bring.
Refrein:
10 En jy sê nog, Meneer, die vis is duur.
“jy” = is skuinsgedruk versreël 10 en 15.
• Die visser druk hier sy minagting/ontsteltenis/verontwaardiging uit teenoor die viskoper wat durf kla oor die vis wat te duur is.
• “jy” verwys na die viskoper.
• Die visser is aanvallend teenoor die “jy”/Meneer (die viskoper).
• Progressie:
- “stil” (r.6) “bulderende” (r.8)
- “bries” (r.8) “wind” (r.8)
- “dae, dae” (r.7) “uur na uur” (r.9)
Strofe 3
11 Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee,
“Ja” aan die begin van die versreël beklemtoon die gevaar van die wind.
Alliterasie van die “s”-klank – beklemtoon die gevaarlike wind.
Herhaling van “swart” beklemtoon die slegte omstandighede op die see.
• Konnotatief verwys “swart” na die dood.
• “swart wind” is die Kaapse Suidoostewind wat stormsterk waai.
• “swart nag” = donker en gevaarlik.
o Daar is op so ‘n stormagtige nag geen maan om ‘n bietjie lig te maak nie.
• “sleep” & “mee” (personifikasie) = saamneem = die gevaar trek jou in.
o Die wind waai die hele nag deur.
12 waar kry ons hulp dan, waar’s ons naaste buur?
“buur” = buurman
Die herhaling van “waar” beklemtoon dat wanneer die wind teen stormsterkte waai (bitter gevaarlik is) is daar geen hulp van
iemand af nie.
• Jy is op jou eie op daardie bootjie op see – heeltemal hulpeloos.
• Die retoriese vraag beklemtoon die vrees van die vissers (ons) hier – hulle vrees vir hulle lewens.
• Intertekstuele verwysing na Psalm 121:1 wat vra: “Waar kom ons hulp vandaan?”
• As gelowiges glo ons dat ons hulp van God af kom.
Assonansie = herhaling van “aa”-klank.
• Vertraag die tempo en beklemtoon dat daar niemand daar naby is om te help nie.
Waar’s = waar is (Elisie/klankweglating)
• Ter wille van die ritme en rym.
“buur” – buurman/iemand om te help (neighbour)
“buur” i.p.v. bure t.w.v. rym

13 Die Dood staan voor die deur. Gee hy nog net één tree,
Hoofletter van “Dood” = vermenslik die dood (personifikasie).
• Hoofletter van “Dood” = Eienaam.
• Die vissers op die bootjie staar die dood in die oë as die bootjie sou vergaan.
• “swart”, “nag” en “dood” staan in verhouding met mekaar.
• “één” = aksentteken beklemtoon hoe naby die dood is.
o “net” dra ook by tot die gevoel dat die dood bitter naby is.
• “hy” verwys hier na die dood.
• Die dood is die hoofkarakter in hierdie drama – die eindproduk van die verskriklike storm.
14 dan kelder hy ons almal in sy koue skuur.
“kelder” = vernietig
As hierdie storm net nog een tree gee, net nog ‘n bietjie langer aanhou dan vernietig hy alles en almal.
• Kelder – vernietig/verwoes
• “koue skuur” = koue van die diep see (metafoor)
o Almal sal in die koue/eensame diep see omkom/verdrink.
o “skuur” = bodem van die see.
• ‘n Boer berg gewoonlik sy voorrade (graan/mielies/koring wat hy geoes het) in ‘n skuur (positief), maar hier het dit ‘n
negatiewe konnotasie.
o Die bote/vissers wat in die storm omgekom het, word hier op die bodem van die koue see geberg.
Alliterasie van die “k”-klank beklemtoon die koue eensaamheid van die diep, donker see.
“hy” – die dood
“ons almal” - vissers
Progressie: “staan” “tree” “kelder”

Refrein:
15 En jy sê nog, Meneer, die vis is duur.
Herhaling van reël 10.
• Versterk die musikaliteit en struktuur van die gedig.
• Die spreker se ontsteltenis met die viskoper word beklemtoon.
Strofe 4
16 Wat van die die storms wat nooit ophou raas?
Retoriese vraag beklemtoon dat wanneer hierdie storms so erg is en nie ophou nie, kan hulle nie visvang nie.
• Hulle kan nie uitgaan op die see nie.
o Kan nie geld inbring nie.
• “nooit” is gepas want hulle sal regdeur hulle lewe as vissermanne deur storms geteister word.
o Hiperbool/oordrywing
Daar is dae wanneer die see/wind kalm is.
Personifikasie – die storms raas.
Die mens voel magteloos as die see stormagtig is.
17 Jy sit pal in jou kliphuis, klam en guur,
Hier verwys “jy” na die visserman.
• Tydens die storm sit hy vasgekeer in sy klam huis.
o Hy kan nie uitgaan en gaan visvang om vir sy gesin te sorg nie.
• “pal” = gedurig/gereeld
• “guur” = verwys na die storm en koue/onaangename weer.
o Dit is ook onplesierig/koud binne sy huis.
Alliterasie van die “k”-klank.
• Beklemtoon die koue en ongemak wat die visser in sy huis moet verduur.
Parentese/Inlassin: “klam en guur” – ekstra inligting (beskrywing van die atmosfeer in die huisie)
18 en hoor die wind al woester, wreder blaas.
Alliterasie van die “w”-klank.
• Beklemtoon die wrywing van die wind teen die strukture.
o Hy hoor die woeste wind daarbuite.
• Sintuig = gehoor.
• Seestorm word al hoe erger.
• Personifikasie: reël 16 en 18.
• Storm wat nie ophou raas nie en
• Wind wat al wreder blaas.

19 En daar’s geen sprokkel hout meer vir jou vuur.


“sprokkel” = stukke droë takke.
• Hy het nie meer hout om die vuur binne sy huisie aan die gang te hou nie.
o Hout is waarskynlik nat van al die reën OF
o As gevolg van die erge storm wat aaneen woed, kan hulle nie uitgaan om hout te gaan optel nie.
Herhaling van “en” = polisindeton
• Beklemtoon daardie gevoel van magteloosheid wat die visser ervaar omdat hy nie kan uitgaan om geld te gaan verdien nie.
“vuur”
• In strofe 1 is die vuur ‘n bedreiging/gevaarlik MAAR
• In strofe 4 is die vuur koesterend/vertroostend.
“daar’s” – elisie/klankweglating (daar is)
Assonansie van ee-klank.
Refrein:
20 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.
Strofe 5
21 Was jy al van jou bootjie soos ‘n veer gevee
22 deur ‘n grys golf hoog soos ‘n tronk se muur.
Vergelyking:
• Die golf (reël 22) is so hoog soos ‘n tronk se muur.
* Tronke se mure is baie hoog en ‘n mens kan nie daaroor klim nie/dit is ondeurdringbaar.
* Dit beklemtoon dat daar geen wegkomkans is nie/daar is geen ontsnaproete nie.
* grys golf – alliterasie van g-klank.
* beklemtoon die gevaarlike see/golwe.
• Die vissers op die bootjie word sommer maklik/vinnig deur die golf oorboord gegooi (soos ‘n veer (veerlig/baie lig).
o Die mag van die see word met hierdie vergelyking beklemtoon.
o Verkleining van boot na “bootjie” wys ons hoe nietig die boot in vergelyking met die hoë golwe is.
• Enjambement en alliterasie van die “v”-klank beklemtoon hoe maklik en vinnig die hoë branders die vissers van die boot
afvee/afslinger/afgooi.
o Enjambement versnel die tempo van die gedig.
Assonansie:
• “o”-klank = “grys golf hoog soos ‘n tronk se muur”
• “ee”-klank = soos ‘n veer gevee”
23 Wat help dit om te spartel en te skree: “Nee! Nee!”
Hierdie reël beklemtoon net weer eens die magteloosheid/hulpeloosheid van die vissers op die vissersboot tydens ‘n erge storm.
• Na die dubbelpunt volg die direkte woorde van die vissers.
• Dit help nie eens om te skree nie want niemand sal jou hoor nie.
• Dit sal ook nie help om te spartel (heftig te beweeg) nie.
o Daardie brander vee jou sommer maklik van die boot af.
• As jy skree, gaan jy net meer water sluk.

24 sluk jy eers daardie waters sout en suur?


Alliterasie van die “s”-klank.
• Beklemtoon hoe sleg die water is (sout en suur).
• Meervoud “waters” – hy sluk baie water.
o Beklemtoon ook die massa water wat hom omring.
• “eers” dui aan dat hoe meer jy skree, hoe meer water sluk jy.
Refrein:
25 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.
Strofe 6
26 Ken jy die doodsangs as die rukwind klap?
Retoriese vraag:
• Die spreker weet dat die viskoper nie ‘n idee het hoe dit voel nie.
o Die spreker verduidelik dan aan die viskoper hoe dit voel.
‘n Verduideliking volg na hierdie vraag.
• “doodsangs” = baie bang/’n mens is bang om dood te gaan.
o Die angs wat die vissers ervaar, is baie erg.
• Personifikasie = rukwind klap
o Die wind is baie erg.
Alliterasie van k-klank.

27 Dié waansin ken geen redmiddel of kuur.


“Dié” = verwys na die verskriklike stormwind.
“waansin” = dit maak jou mal.
• Daardie verskriklike wind maak jou mal van vrees en
• “kuur” - medisyne = daar is nie medisyne/teenmiddel wat jy kan neem nie.
• Daar is niks wat jou kan red nie.
o Magteloosheid en hulpeloosheid teen die storms op see/stormwinde word beklemtoon.
• Wanneer die vissers op see is en daardie stormwind begin hoor, maak dit hulle mal want hulle weet wat kan gebeur – van die
verskriklike doodsgevaar.
28 Hy vreet mos aan jou ingewande nes ‘n krap.
Vergelyking:
• Die vrees/angs wat jy ervaar, eet aan jou binnegoed net soos ‘n krap.
o Versterk/beklemtoon die mag van vrees.
o Die angs/vrees eet aan jou binnegoed.
o Die angs kan jou vernietig.
• “vreet” = personifikasie.
• “hy” = die dood.
• “ingewande” = binnegoed/organe (intestines)
• “krap” = seedier (crab)

29 Hy’s koud soos ys, heet soos die hellevuur!


Kontras/teenstelling tussen koud en warm.
• Hy’s = doodsangs
o Angs laat ‘n mens uitslaan in ‘n sweet van koue en hitte.
“heet” = warm/hitte.
“hellevuur” = negatiewe konnotasie – die vuur van die hel.
o Daardie vrees vir die stormwinde is soos om bang te wees vir die hel – dit is vreesaanjaend.
Die uitroepteken versterk hierdie gevoel van angs/vrees.
➢ Ons is almal maar bang vir die dood.
Elisie/klankweglating = Hy’s = hy is.
Vergelyking: “Hy’s koud soos ys” – die doodsangs is gevoelloos. “heet soos die hellevuur!” – so warm soos die vuur van die hel.
Paradoks: ‘n Stelling, voorstel of situasie wat onlogies, absurd of teenstrydig lyk, maar logies of waar kan wees.

Refrein:
30 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.

Strofe 7
31 Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?
Herhaling van die titel en versreël 1.
• Beklemtoon die onkunde van die viskoper dat hy nie weet waarvan hy praat nie.
• Dit beklemtoon ook die bedrieglikheid van die see en hoe gevaarlik hy kan wees.

32 Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur,


Personifikasie.
• Groen van jaloesie – kleur van jaloesie.
o “groen” is ook die donker kleur van ‘n onstuimige see.
• Die see waak amper soos ‘n jaloerse persoon oor sy inhoud (die visse).
o Hy wil nie sy visse met die mens deel nie.
• Die see is jaloers.
o Die see “gluur” (glare) – staar die mense aan (negatief)/met ‘n kwaai oog.
Staar is om stip te kyk (jy kyk nie weg nie).
Alliterasie van g-klank.
Assonansie van oe-klank.
33 ons wat net één ou misstappie moet gee
34 en hy kom tromp-op op ons afgestuur!
“n Mens kan GEEN fout/misstappie op die see maak nie.
• Die see staar die mens aan asof hy net wag dat jy ‘n fout moet begaan.
o Die verkleining wys dat selfs net ‘n klein foutjie gevaarlik kan wees.
o Die oomblik wat jy ‘n fout maak, dan storm hy/die see/die golwe op jou af.
“tromp-op” = direk/reguit
“afgestuur” = afgestorm

Enjambement dui op die beweging van die golwe wat aaneen kom sonder ophou.

Die uitroepteken beklemtoon die gevoel/emosie van hoe die vissers oor die see voel.

Alliterasie van die “s”-klank – beklemtoon die geluide/klank van die see.

Assonansie van o-klank.

Refrein:
35 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.
Strofe 8
In die strofe bereik die gedig ‘n hoogtepunt/’n klimaks.
36 Sien jy die krom ou vroutjie daar, mevrou Matthee,
Die spreker betrek die leser meer direk met die woorde “sien jy”.
• Verkleining van “vroutjie” en ook die byvoeglike naamwoorde “krom ou vroutjie” kry die leser se simpatie.
o ‘n Hartseer toneel word aan ons geskets.
• Hier word nou na ‘n spesifieke persoon verwys – dit is ‘n realiteit van wat die see kan doen.
o Dit is nie maar net ‘n storie nie.
• Die see neem lewens.
Assonansie van die “ou”-klank beklemtoon die ouderdom van die vrou en hoe lank sy al wag vir haar seuns om terug te kom.

37 wat telkens ver, vér oor die golwe tuur?


Die herhaling van “ver” dui op die afstand wat die vissers die see in moet vaar om vis te vang.
• Die aksentteken beklemtoon hoe ver sy die see in soek na haar kinders.
• “tuur” = Sy kyk stip/sy staar oor ‘n lang afstand oor die see.
• “telkens” = kort-kort/dikwels/gedurig.
o Sy kyk nie net vandag oor die see uit nie, maar sy staar gedurig/elke dag uit oor die see op soek na haar seuns.
• Assonansie van e-klank.
38 Sy dink dié briesie bring haar seuns betyds vir tee.
39 Hulle slaap aldrie agter die kerkhofmuur.
“briesie” = ligte windjie “kerkhofmuur” = die muur wat om die grafte gebou is.
“briesie bring” = Personifikasie
• Dit is ironies dat sy dink die ligte windjie gaan haar seuns huis toe bring, maar hulle is waarskynlik dood as gevolg van die wind
op die see.
• Sy wag vir hulle om terug te kom, maar hulle is al drie dood op die see.
o “aldrie” beklemtoon die wreedheid van die lewe/die tragedie.
• Al haar seuns is dood op die see.
• Eufemisme = “hulle slaap”
o Om die aakligheid van die dood te versag.
• Sy wil nie glo haar seuns is dood nie.
• Alliterasie van b-klank.
• Assonansie van a-klank.

Refrein:
40 Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur ...
“nog” = beklemtoon dat die viskoper nog steeds dink dat die vis te duur is, maak nie saak wat die spreker sê nie.
• Die refrein beklemtoon maar net weer eens die ontsteltenis van die visserman omdat die viskoper kla oor die prys van die vis.
o Volgens die visserman/spreker is die prys van die vis geregverdig.
Die visserman weet dat die see ook mooi en kalm kan wees, maar vir hom, wat sy brood en botter met die see verdien, kan die
see ook baie bedrieglik en gevaarlik wees.
➢ Dit is nie altyd maklik nie.
Ellips – die gedagte is onvoltooid.
• Dit laat die leser nadink oor die stryd van die vissers OF
• Dit beklemtoon dat daar nog baie gesê kan word oor die feit dat die viskoper oor die prys van die vis kla.
Watter tipe gedig is “Ken jy die see”?
Wat suggereer die titel van die gedig?
Wat is die funksie van die refrein in die gedig?
Hoe word die refrein in die gedig beklemtoon?
Wie is die spreker in die gedig?
Wie is die aangesprokene in die gedig?

Strofe 1
R1 “Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?” is ‘n voorbeeld van ‘n (hiperbool/retoriese vraag),
Wat is die funksie van bogenoemde stylfiguur?
Die gebruik van die woord “Hy” in r.2 is ‘n voorbeeld van (personifikasie/inversie)
Waarmee word die “Hy” in r.2 en 3 vergelyk?
Wat suggereer die woord “nou” (r.2) omtrent die see?
Waar is die “hier benee” in r.3?
Wat is die funksie van die woord “maar” in r.4?
Skryf EEN woord neer wat die wending in strofe 1 aandui
Waarna verwys die woorde “gevaarliker as vlam of vuur” (r.4)
Strofe 2
Waarna verwys “Dié vrede” in r.6?
Hoe beklemtoon die spreker die kalm see in strofe 2?
Waarmee word die kalm see in r.6 vergelyk?
Wat is die funksie van die herhaling van die woord “dae” in r.7?
Wat suggereer die woord “maar” in r.8?
Dui die progressie aan wat in strofe 3 plaasvind
Wat is die funksie van die halfrym in r.8?
Wat is die funksie van die inversie wat in r.9 voorkom?
Dui die kontras aan wat in r.7 en r.9 voorkom
Skryf VYF OPEENVOLGENDE woorde neer wat aandui dat die stormwind lewensgevaarlik kan wees.
Waarom word die woord “jy” in r.10 en 15 kursief/skuins geskryf?
Strofe 3
Waarom, dink jy, begin strofe 3 met die woord “Ja” ?
Wat is die konnotatiewe betekenis van r.11?
Wat is die funksie van die herhaling van die woord “swart” in r.11?

Gee die denotatiewe en konnotatiewe betekenis van die woord “swart” in r.11.

Waarna verwys die “swart wind”in r.11?

Wat is die funksie van die halfrym in r.11?


Watter afleiding kan jy omtrent die vissers maak uit r.12?

Waarom word “Dood” met ‘n hoofletter geskryf?


Wat is die funksie van die beklemtoning van die woord “één” in r.13?
Skryf EEN woord uit r.13 neer wat verder beklemtoon hoe naby die vissers aan die dood is.
Wie is die “hy” waar na daar in r.13 en r.14 verwys word?

“dan kelder hy ons …” (r.14) beteken dat die see die vissers se boot (vernietig/red).

Wat is ironies omtrent die gebruik van die woord “skuur”


Strofe 4
Skryf TWEE APARTE woorde neer om die kontras in r. 16 en 17 aan te dui.
Waarna verwys die “kliphuis” (r.17) moontlik?
R.17 “Jy sit pal in jou kliphuis, klam en guur,
Waarom dink jy is die woordkeuse “klam en guur” (r.17) gepas om die weer te beskryf?
Skryf EEN woord uit r.17 neer wat aandui dat die viskoper/visserman die heeltyd in sy huis gebly het tydens die reën.
Wat is die funksie van die halfrym in r.18?
Wat is die funksie van die vergrotende trap van “woester” en “wreder” in r.18?
Wat is die funksie van die halfrym wat in r.19 voorkom?
Waaruit kan jy aflei dat die vissermanne van daardie tyd nie elektrisiteit gehad het nie?
Strofe 5
Waarom dink jy is dit effektief om die verkleiningsvorm “bootjie”in r.21 te gebruik?
Wat is die funksie van die retoriese vraag in strofe 5?
Waarmee word die visserman in r.21 vergelyk?
Dink jy die vergelyking is effektief om die visserman met ‘n veer te vergelyk?
Wat is die funksie van die halfrym in r.21?
Waarmee word die golf in r.22 vergelyk?
Dink jy dit is effektief om die see(golf) met ‘n tronk se muur te vergelyk?
Wat is die funksie van die dubbelpunt in r.23?
Wat is die funksie van die uitroeptekens in r.23?
Waarom word die woord “waters” i.p.v water gebruik?
Wat is die konnotatiewe betekenis van die woord “suur” in r.24?
Wat is die funksie van die halfrym in r.24?
Strofe 6
Waarna verwys die “doodsangs” in r.26?
Wat is die funksie van die retoriese vraag in r.26?
Wat is die waansin waarna daar in r.27 verwys word?
Hoe word die vrees beklemtoon?
Wie is die “hy” waarna daar in r.28 word verwys?
Wat het die “doodsangs” tot gevolg vir die visserman?
Waarna verwys die woord “ingewande” in r.28?
Waarmee word die vrees wat die visserman waansinnig maak vergelyk?
Waarmee word die doodsangs/waansin in r.29 vergelyk?
Skryf die woorde uit r.29 neer wat in direkte kontras met mekaar staan.
Strofe 7
Wat is die funksie van die herhaling van die titel in r.31?
Wie is die “Hy” waarna daar in r.32 verwys word?
Wat is die funksie van die assonansie in r.32?
Hoekom dink jy sal die see groen oë hê?
Skryf DRIE OPEENVOLGENDE woorde neer wat bewys dat die vissermanne net een klein foutjie moet maak dan sterf hulle.
Wat is die funksie van die akkuutaksent teken op die woord “één”
Waarom , dink jy, gebruik die spreker die woord “ou”en die verkleiningsvorm “misstappie” in r.33?
Wat is die funksie van die halfrym in r.34?
Strofe 8
Waarom is dit effektief om die direkte woorde “Sien jy…” (r.36) te gebruik.
Hoe kry die spreker dit reg om simpatie by die leser vir mevrou Mathee te wek
Skryf die denotatiewe en konnotatiewe betekenis van die woord “krom”neer.
Wat is die funksie van die parentese “,mevrou Mathee” in r.36?
Wat is die funksie van die halfrym wat in r,37 voorkom?
Wat word gesuggereer met die woord “slaap” in r.39?
Op watter wyse is mevrou Mathee se seuns dood?
Waarom word die woord “slaap” in plaas van dood gebruik?
Hoekom voel die leser jammer vir mevrou Mathee? Gee TWEE redes.
Wat is die funksie van die woord “Dan”in r.40?
Dui die ironie aan wat in r. 38 en r.39 voorkom.
Algemene vrae:
Hierdie gedig is in die vorm van ‘n (monoloog/dialoog geskryf)
Benoem die tipe spreker in die gedig.
Wat is die tema van hierdie gedig?
Wat is die stemming/atmosfeer van die gedig?
Benoem die rymskema van die gedig.
Dui die progressie aan wat in die gedig plaasvind

You might also like