You are on page 1of 11

KEN JY DIE SEE…

UYS KRIGE

MrsAlbertsClassroom
🍎MrsAlbertsClassroom

MONOLOOG/ALLEENSPRAAK –
Eensydige gesprek.
‘n Visserman is die spreker. Vissermanne
is afhanklik van visvang vir hul inkomste.
🍎MrsAlbertsClassroom
TITEL = Ellips. Dui gedagte aan dat die spreker
KEN JY DIE SEE… die “jy” se aandag op iets wil vestig.

HERHALING
1. Ken jy die see, Meneer, ken jy die see? & RETORIESE
VRAAG
2. Hy lyk nou soos jou voorstoep blinkgeskuur
3. en kalm soos min dinge hier benee, Benede = onder
(Beneath)
4. maar hy's gevaarliker as vlam of vuur. Rymdwang
PERSONIFIKASIE ELISIE = hy is ALLITERASIE
Die see - vir ritme. beklemtoon gevaar.

Reël 1: RETORIESE VRAAG. Herhaal die titel en die eerste reël. Dit
suggereer dat die gewone mens nie 'n benul het van die ontberinge
(hardships) op see nie. Dit word regdeur die gedig herhaal om die
verstomming sowel as die bedrieglikheid van die see te beklemtoon.
Kommas hef woord uit.
Reël 1: PERSOONLIKE VOORNAAMWOORD – leser direk aangespreek.
Voornemende viskoper.
Reël 2: VERGELYKING. Die see word met ’n gladde voorstoep vergelyk.
Dus is die see hier KALM. ENJAMBEMENT tussen r2 en r3.
Reël 3&4: VERGELYKING. Op daardie stadium kalmer as enigiets onder
die see. Verander dan skielik in gevaarlik soos vuur.
Reël 4: TEENSTELLENDE VOEGWOORD.
ALLEENPLASING en
🍎MrsAlbertsClassroom

5. Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. HERHALING


regdeur gedig =
REFREIN.

6. Dié vrede, kalmer as 'n stil, soet kind, ALLITERASIE –


Beklemtoon kalmte
7. lyk of dit dae, dae lank sal duur. (Klanknabootsing =
geruis van die see)
8. Maar word dié bries 'n bulderende wind, ALLITERASIE -
Beklemtoon kontras
9. dan veg jy vir jou lewe, uur na uur. sowel as die geweldige
branders
Reël 6&8: AKSENT = BEKLEMTONING (aanwysende voornaamwoord)
Reël 6: VERGELYKING. Die kalm see word met ‘n stil, soet kind
vergelyk. “vrede” sluit aan by eerste strofe.
Reël 7: HERHALING EN ALLITERASIE beklemtoon dat dit lank so kalm
kan bly.
Reël 8: TEENSTELLENDE VOEGWOORD. Kalmte teenoor bedrieglikheid.
Reël 8: KONTRAS. Die kalm wind (bries=breeze) word bulderend
(roaring) PERSONIFIKASIE.
Reël 9= WENDING. Die kalm see verander onverwags en word
lewensgevaarlik. Begin langdurige geveg tussen visserman en see.
PROGRESSIE : Van reël 6 tot 9 kom progressie voor. Van KALM SEE “kalm”,
“bries” na STORM SEE “bulderende wind”. Ook “dae, dae”
word “uur na uur” dus vinniger/meer gereeld.
ALLITERASIE
🍎MrsAlbertsClassroom

10. En jy sê nog, Meneer, die vis is duur. Beklemtoon die


suidooster – dui op
Kursief = beklemtoon die person met wie die
onheilspellendheid.
spreker in gesprek is.

11. Ja, sleep die swart, swart wind die swart nag mee,
12. waar kry ons hulp dan, waar's ons naaste buur?
13. Die Dood staan voor die deur. Gee hy nog net één tree
14. dan kelder hy ons almal in sy koue skuur.
UITDRUKKING – TO ELISIE = Waar is - AKSENTTEKEN = Beklemtoon
SINK A SHIP ritme hoe naby die dood is

Reël 11: HERHALING beklemtoon die negatiewe omstandighede.


METAFOOR. Die wind word met swart vergelyk = negatief/
donker/onheil.
Reël 12: HERHALING. RETORIESE VRAAG = Hulpeloosheid (helplessness). Ps
121 – net God kan help.
Reël 12: Verkorting van buurman (neighbour) – helpende hand.
Reël 13&14: PERSONIFIKASIE. Hoofletter. Die dood word as persoon hier
voorgestel. Die gevaar van die Dood is naby om almal om die lewe
te bring. ALLITERSIE dui op hoe naby die dood is.
Reël 14: METAFOOR. Die see word met ‘n koue skuur (shed) vergelyk =
eensaam en afgesonder.
🍎MrsAlbertsClassroom

15. En jy sê nog, Meneer, die vis is duur. ASSONANSIE


Beklemtoon dat
hulle kan nie kos
of vuur maak nie.
16. Wat van die storms wat nooit ophou raas?
ALLITERASIE
17. Jy sit pal in jou kliphuis, klam en guur, Beklemtoon die
ongemak van die
18. en hoor die wind al woester, wreder blaas. huisie.

19. En daar's geen sprokkel hout meer vir jou vuur.


Reël 16: RETORIESE VRAAG. Wanneer storms vir lang tydperke aanhou,
beïnvloed dit die vissermanne se inkomste.
Reël 17: GEDURIG – kan nie geld verdien tydens storms nie, sit dan in die
huis vas. “Jy” = visserman.
Reël 17: Die vissermanne se huisies langs die see is klam en KOUD.
Reël 18: ALLITERASIE. Beklemtoon hoe wild /sterk die wind waai.
Reël 18: PERSONIFIKASIE. Menslike emosie. Wreed (cruel). PROGRESSIE
van “storms” tot “wreder” storm.
Reël 19: ELISIE = Daar is – vir ritme
Reël 19: DROë STUKKIES HOUT. Hout is nat a.g.v. die storm. Hulle spense
raak leeg, geen geld om te oorleef wanneer hulle nie kan uitgaan
see toe nie.
DIE VISSERMANNE IS MAGTELOOS HIER TEEN DIE WIL VAN DIE SEE.
🍎MrsAlbertsClassroom

20. Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur.


ASSONANSIE & ALLITERASIE
Beklemtoon die woorde “vee”
21. Was jy al van jou bootjie soos 'n veer gevee
ENJAMBEMENT
22. deur 'n grys golf hoog soos 'n tronk se muur.
23. Wat help dit om te spartel en te skree: “Nee! Nee!”
24. sluk jy eers daardie waters sout en suur?
PROGRESSIE – van
storm tot moontlike
verdink

Reël 21: VERGELYKING. Die visserman so lig soos ‘n veer en magteloos in


vergelyking met die krag van die see.
Reël 22: VERGELYKING. Die golf is hoog en kan nie ontvlug (escape) word
nie. ALLITERASIE versterk die beeld. ENJAMBEMENT stel die
beweging voor.
Reël 23: RETORIESE VRAAG.Dit help nie om teen die see se mag te baklei
nie.
Reël 24: Wanneer jy begin water sluk is die kanse vir verdrink groot.
Reël 24: Die smaak van die see word hier beskryf en met ALLITERASIE
versterk.
🍎MrsAlbertsClassroom
ALLITERASIE
25. Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. Beklemtoon die
PERSONIFIKASIE – Die rukwind is sterk en retoriese vraag.
kan jou rondgooi, jou van balans gooi.

26. Ken jy die doodsangs as die rukwind klap? UITROEPTEKEN


Beklemtoon die
27. Dié waansin ken geen redmiddel of kuur. hewige storm

28. Hy vreet mos aan jou ingewande nes 'n krap.


29. Hy's koud soos ys, heet soos hellevuur!
PARADOKS – KOUD/YS vs HEET/HELLEVUUR. Vrees laat jou bewe en sweet.

Reël 26: RETORIESE VRAAG. Beklemtoon dat die leser nie die see se
bedrieglikheid begryp nie. INTENSIEWE VORM - Sien dood tydens
storm. Verwek angs.
Reël 27: METAFOOR. Die vrees is soos waansin (insanity) met geen kuur
(cure). Die vrees is oorheersend. Die AKSENT dui op spesifieke
waansin. Daar is niks wat jy kan doen om die vrees te keer nie.
Reël 28&29: PERSONIFIKASIE. Vrees word hier ‘n persoon.
Reël 28: Die vrees neem van binne oor/verteer jou menswees.
Reël 28: VERGELYKING – Krappe is aasdiere. Dit vreet alles op die bodem
van die see.
Reël 29: VERGELYKING. Die vrees laat jou bewe/koud voel asook sweet van
senuweeagtigheid.
🍎MrsAlbertsClassroom

30. Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. ALLITERASIE


Beklemtoon die
personifikasie

31. Ken jy die see, Meneer, ken jy die see?


32. Hy wat met groen jaloerse oë na ons gluur,
33. ons wat net één ou misstappie moet gee
ENJAMBEMENT
34. en hy kom tromp-op op ons afgestuur!
UITROEPTEKEN
ASSONANSIE Beklemtoon die personifikasie. Beklemtoon die
krag van die see
Reël 31: RETORIESE VRAAG. Sluit aan by die titel.
Reël 32: PERSONIFIKASIE. Die see word ‘n persoon wat emosies (jealousy)
en fisiese kenmerke het (eyes) GROEN van jaloesie =
KONNOTATIEF. Die kleur van die water = DENOTATIEF.
Reël 33: AKSENT Beklemtoon dat ‘n eenvoudige fout dood kan veroorsaak.
Reël 33: Die verkleining van misstap wys dat ‘n klein foutjie jou dood kan
veroorsaak.
Reël 34: onverwags/skielik (suddenly). ENJAMBEMENT versnel tempo om
die spoed waarteen die golf op hulle afstuur, te beklemtoon.
Reël 34: Die see storm op die vissermanne af. Golwe wat met spoed kom.
🍎MrsAlbertsClassroom

35. Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur. ASSONANSIE versterk


hoe gereeld sy na die
see staar.

36. Sien jy die krom ou vroutjie daar, mevrou Mathee,


37. wat telkens ver, vér oor die golwe tuur?
38. Sy dink dié briesie bring haar seuns betyds vir tee.
39. Hul slaap aldrie agter die kerkhofmuur.
ALLITERASIE
beklemtoon die
personifikasie

Reël 36: Betrek die leser en wek simpatie met “krom ou vroutjie”.
PROGRESSIE. Van moontlike verdink tot dood. ASSONANSIE
beklemtoon die “ou vroutjie”
Reël 37: telkens = kort-kort (often). HERHALING en AKSENT. Beklemtoon
die woorde. Hoe ver sy na hulle soek.
Reël 38: Met verlange soek/staar. Bly wag vir hul terugkeer.
Reël 38: PERSONIFIKASIE. Sy is vol hoop dat die briesie hulle terugbring.
Reël 39: EUFEMISME. Hulle is dood.
KLIMAKS van vertelling. Dui
Reël 39: AL DRIE = al haar seuns, tragies! op die risiko wat vissermanne
Reël 39: Kerkhof = begraafplaas (cemetery). neem. Finaliteit.
🍎MrsAlbertsClassroom

40. Dan sê jy nog, Meneer, die vis is duur ...

Reël 5,10,15,20,25,30,35,40:
HERHALING. Dit versterk die boodskap van die gedig. In elke
kwatryn word daar verduidelik waarom die vis se pryse se hoog
is, gevolg met die stelling “Dan sê jy nog, meneer, die vis is duur.”
om die onkunde van mense te BEKLEMTOON wat nie weet
watter duur prys vissermanne betaal vir daardie vis nie (soms met
hul lewens).
Reël 40: ELLIPS. Laat die leser dink aan die prys wat die vissermanne
moet betaal. Waarom kla ons oor pryse as mense hul lewens waag
om vis te vang. Vestig aandag op moeilike / lewensgevaarlike
omstandighede.

PROGRESSIE: Vanaf die kalm see, tot die stormsee en winde, tot die aggressie
van die see en dan raak dit weer kalm wanneer die hartseer
oorbly, want die ma wag tevergeefs op haar seuns se terugkeer.

https://youtube.com/@MrsAlbertsClassroom

https://Instagram.com/@afrikaansclassroom

You might also like