You are on page 1of 5

1 Geagte leser, dié geleentheid

2 bied hom slegs een keer in „n leeftyd:


3 geen waglys en geen woningnood
4 al is die aanvraag nog so groot.

5 U van en volle doopnaam pryk


6 op die versierde gewel – kyk,
7 met spreuk en kompliment kompleet:
8 die hele wêreld moet dit weet.

9 Hier is geen stoomfluit en geen haas;


10 onder die koelteboom lê klaas
11 soos waffer skofbaas uitgestrek,
12 kan selfs die afslaer asem skep.

13 In hierdie buurt is elke vrou


14 tevrede, elke man getrou,
15 het elke kind sy eie sandhoop,
16 vergeet die huwelikspaar van huurkoop.

17 Die staatsman liasseer sy sorge,


18 die bleek hervormer se verborge
19 wrok teen die mensdom is geberg,
20 die dweepsieke word ongeërg.

21 Die vrou aan wie die jare knaag


22 het haar weerkaatsing weggevaag,
23 die skaars ontloke skoonheid het
24 betyds ontglip uit tyd se net.

25 Die koopman, sat van raap en skraap,


26 kan salig elke dag verslaap,
27 die skraal student hoef nou nie meer
28 sy jongste proef te formuleer.

29 As kliere opdroog, weefsel rek,


30 die kroonslagare noustrop trek,
31 kan u gerus oorweging skenk
32 aan hierdie goedbedoelde wenk.
Afrikaanse Skoolprojekte
33 Die eensames voel nooit alleen
34 in die wit broederskap van been,
35 hier kan die digter skroom
36 hom blywend toespin in sy droom.

37 Geen jaarlikse belastingheffing


38 op hierdie langtermynbelegging:
39 geagte leser, dié geleentheid
40 bied homself slegs een keer in „n leeftyd.

Afrikaanse Skoolprojekte
Betekenisinhoud
Wespark is „n begraafplaas in Johannesburg. By die eerste lees van die titel van die gedig, verwag
die leser dat die gedig sal handel oor die dood en verganklikheid maar die gedig bevat die teendeel
(verrassingselement): die dood word as „n unieke geleentheid voorgehou en die trant van die gedig
maak ons bedag op die ironie. In die gedig word die leser direk aangespreek as “Geagte leser” en
die leser word dadelik betrek deur die direkte persoonlike aanspreekvorm in die enkelvoud. Jy as
leser is onmiddellik intiem betrokke. „n Afslaer is aan die woord met „n uitnodiging aan die leser
om in hierdie heerlike buurt te kom “intrek”. Hierdie uitnodiging is ironies, aangesien dié
uitnodiging geen uitnodiging is nie. Wanneer hy sê die geleentheid kom slegs een keer in „n leeftyd
voor, het hy volkome gelyk: die dood kom net een keer.

Die verteller bied die stof op dieselfde wyse aan as wat „n huisagent sou gebruik om sy klant se
belangstelling te wek. Die voor- en nadele van inwoning word aan enige “voornemende
inwoners” van Wespark uitgewys. Daar is geen waglys en geen probleme met die plek nie, al is
daar so baie mense wat moet gaan.

Strofe 2 vermeld dat jou volle naam en van en „n mooi spreuk soos – rus in vrede – op die
grafsteen geskryf word. Die hele wêreld kan dus weet wie daar begrawe is. Die “lewe” daar is
rustig (str.3), met niemand wat jou jaag nie. Die pratende afslaer kan ook „n keer asem skep, al
beteken dit dieperliggend dat hy vir altyd sal stilbly, terwyl elke egpaar tevrede en getrou kan bly in
die wete dat daar geen moontlikhede vir ontevredenheid of owerspel is nie. Die mens het geen
sorge of probleme nie (str. 5). Die vrou wat begin oud word het, se jare en plooie wys nie (str. 6),
die koopman kan laat slaap en studente het „n bykomende voordeel (str. 7). In strofe 8 word „n
waarskuwing tot die leser gerig: wanneer sy kliere opdroog en weefsel rek en kroonslagare
noustrop trek, moet indringend aandag gegee word aan “erf”-koop in Wespark. Mense moet met
ander woorde weet dat hul dood naby is en moet vir hulle plek in Wespark bespreek. As jy dus
benoud, moeg vir die lewe is of oud voel, kan jy gerus „n plek hiér oorweeg (str. 8). Die mens sal
nie alleen wees in die broederskap van been nie (str. 9), maar in werklikheid bestaan hier geen
kontak nie. Die digter kan vir altyd daar droom. Daar is selfs geen belasting om te betaal nie.
Beskou jou plek daar dus as „n eenmalige kans in jou lewe (str. 10).

Dat die dood hom nie beperk tot bepaalde segmente van die samelewing nie, sien mens in die feit
dat alle lae van die samelewing betrek word: die base, maar ook die klase, man, vrou en kind;
staatsmanne, hervormers, koopmans en studente, eensames en digters. Kenmerkend van al hierdie
uiteenlopende verteenwoordigers van die samelewing is dat almal een of ander vorm van geluk en
uiteindelik die dood deelagtig is. Opvallend is verder dat die eiendomsagent met sy reklame as‟t
ware elkeen se taal praat: vir die uitgestrekte klaas is daar “geen stoomfluit en geen haas” meer nie,
die staatsman “liasseer sy sorge”, die koopman, “sat van raap en skraap, /kan salig elke dag
verslaap”, ens.

Die agent in die gedig praat ook die regte taal: hy is geesdriftig, maar hoflik, formeel (“Geagte
leser”). Hy is ook nie opdringerig nie – hy gee maar net „n goedbedoelde wenk. Hy praat elke
koper se taal en hy sluit sy advertensie af met herhaling, hy vat alles saam. Op dié wyse word
hierdie spreker met sy welsprekendheid wat nooit by name genoem word of homself eksplisiet
voorstel nie, „n oortuigende figuur en dra hy soveel by tot die fiktiewe werklikheid van die gedig
wêreld.

Titel
Wanneer die titel bestudeer word, is dit ironies dat iemand „n gedig oor „n begraafplaas skryf. Die
digteres slaag uitmuntend daarin om die werklikheid te vermeng met die ironies-bedoelde dele in
die gedig en om suggestiewe teenstellings te skep. Die ooreenkoms tussen “lewe” in Wespark en
die alledaagse lewe in „n voorstedelike woonbuurt word op die humoristiese en satiriese wyse
uitgebeeld. Die uiteindelike effek is „n wrang humoristiese siening van „n oorbekende werklikheid.
Afrikaanse Skoolprojekte
Stylelemente
Die gedig bestaan uit tien strofes van vier reëls (kwatryne) elk. Die rympatroon is paarrym (aabb).
Die dubbelpunt wat in strofe 1 r. 2 gebruik word, is funksioneel. „n Stelling word gemaak dat „n
sekere geleentheid hom slegs een keer in „n leeftyd bied en die hele gedig is „n verduideliking van
dié stelling. In strofe 3 word van beeldspraak gebruik gemaak, naamlik „n vergelyking - “lê klaas
soos waffer skofbaas...”. Die laaste twee reëls van strofe 10 is die herhaling van die eerste twee
versreëls van strofe 1. Die gedig word tot „n eenheid afgerond en die uniekheid van dié geleentheid
om in Wespark te kan “woon”, word beklemtoon.

Vrae en Antwoorde
1. Wie word in die openingsreël aangespreek?
Die leser word regstreeks aangespreek (maar hy antwoord nie).

2. Kyk na die titel, lees strofe 1 en sê dan wat die waarskynlike spreker aanbied.
Wespark lyk na die naam van „n nuwe voorstad en in die lig van strofe 2 kan ons aflei dat
ons hier met „n eiendomsagent te doen kry wat eiendomme aanbied.

3. Bewys uit strofe 2 dat die aanbieder sy kliënte se geheime en ydel verlangings goed bepeil
het.
Hy begryp die menslike verlange om groot en belangrik voor te kom en met sy eiendom te
spog.

4. Spot hy enigsins goedig met homself in strofe 3?


Ja. Hy sê spottend dat selfs die afslaer kan hier asem skep – iets wat hy selde doen.

5. Watter eienskap van hom blyk uit strofe 4?


Hy is goed vertroud met die huwelik- en gesinslewe.

6. In strofes 5 tot 8 brei hy sy kring van kliënte uit tot die vrywarend verteenwoordigend is van
die hele gemeenskap. Dui dit aan.
Hy wil sy eiendom aan die staat verkoop (“die staatsman”), die “hervormer”, “die
dweepsieke”, die ouer vrou (wat seker graag „n eie tuiste wil hê), die jong “skoonheid”, die
sakeman, die “student”, die ou mens, die “digter”. Hulle vorm „n verteenwoordigende snit
van die hele mensdom.

7. In strofe 5 blyk sy fyn psigologiese insig in die siel van die mens. Toon dit aan.
“die bleek hervormer” se verskuilde “wrok teen die mensdom” wat hy verander om hom te
pas.

8. Strofe 8 berei ons voor op die dramatiese ontknoping in strofe 9. Dui dit aan. Watter
metafoor in strofe 9 vertel aan die leser wat die werklike toedrag van sake is?
In strofe 8 is daar die eerste keer verwysing na siektes, die voorlopers van die dood.
Die onthutsende metafoor “die wit broederskap van been” laat ons begryp dat dit eintlik om
„n begraafplaas gaan, d.w.s. Wespark in Johannesburg. Reëls 3 en 4 van strofe 6, waarin
verwys word na die ontsnapping uit die “tyd se net”, kom nou in perspektief.

9. In die slotstrofe is daar „n woord uit die sakewêreld wat hier effektief i.v.m. die ewigheid
gebruik word. Dui dit aan.
„hierdie langtermynbelegging”. Hierin is vervat die begrip van weglê in die aarde, d.w.s.
begrawe word.

Afrikaanse Skoolprojekte
10. Van die slotstrofe reëls kom aan die begin ook voor. Waar? Wat bereik die digteres
hiermee?
Deur herhaling word die feit dat elke mens slegs één keer sterf beklemtoon. Die lewe sluit
die dood in, dit is dus „n kringloop.

voor: “elke kind” het “sy eie sandhoop”, maar nie om op te speel nie; mens is “getrou”,
maar hy het nie meer geleentheid om die teendeel te bewys nie; die moeë sakeman kan nou
slaap, maar hy sal nooit hoef te ontwaak nie; die digter kan nou droom; maar dit is „n
droomlose slaap; almal besit “broederskap”, maar dit is die “broederskap” wat geen
lewende kontak insluit nie, ens.

11. Ironie kan skamper en bitter wees, maar dit kan ook milder en met die humor getemper
word.
Watter soort ironie, sou jy sê, is oorwegend in hierdie gedig?
Die ironie se wrangheid word hier getemper met die lag in die traan. Dit is mild en sag, ook
vanweë die digteres se lewenswysheid.

12. As „n mens aan die begin vooruit weet dat jy met „n begraafplaas te doen het, hoe sal die
gedig „n mens affekteer?
As jy nie weet nie, verwag jy „n utopie en kry jy „n begraafplaas. As jy vooruit weet, kry jy
i.p.v. die verwagte ernstige en elegiese toon, „n onverwagte lewende panorama van mense
met hul ideale en dwaashede wat jou laat glimlag, al is die glimlag wrang.

Afrikaanse Skoolprojekte

You might also like