You are on page 1of 23

Busrit in die aand

ELISABETH EYBERS
Titel

Soos wat die titel aandui, het ons hier met ‘n rit in’n bus te
make en hierdie rit vind in die aand plaas. Nêrens in die
gedig word daar na die bus verwys nie, wel na ”kaperskuit”
en “vaartuig”. Die titel verklaar dus die inhoud van die
gedig. ‘n Mens kan verwag dat die gedig sal handel oor
mense wat na ‘n lang werksdag terugkeer huis toe, maar dat
dit ook op ‘n aangename uitstappie dui.
Reël 1 – Elk langs sy yl
weerkaatsing in die ruit
 Die woordjie “elk” wat deur middel van voorplasing
uitgehef word, beklemtoon die eensaamheid en
afgesonderheid van die persone.
 “yl” verwys hier na die dowwe weerkaatsing in die ruit van
die bus – dit beklemtoon natuurlik ook die alleenheid van
die werkers en sluit aan by “elk”. Die enigste geselskap wat
hulle het, is hulle eie weerkaatsing in die ruit.
 Eers in die derde reël word die “hulle” d.m.v.uitsteltegniek
geklassifiseer as “die werkers van die stad.”
Reël 2 – sit hul suf, met monde
moeg gesluit,
 Hierdie persone is uitgeput en te moeg om te praat.
 Hulle huislike omstandighede is by implikasie ook nie baie goed
nie.
 “gesluit” suggereer indirek dat hulle van hulle vryheid ontneem is.
 Alliterasie van die “s”: beklemtoon die gedaan wees van die
passasiers.
 Alliterasie van die “m”: beklemtoon die moegheid van die werkers.
Reël 3 – die werkers van die stad
wat huis toe gaan.
 Hier sien ons eers wie die persone is: stadswerkers wat op
pad huis toe is.
 Die uitsteltegniek word effektief gebruik deurdat dit
spanning by die leser skep en die werkers sentraal in die
gedig plaas.
Reël 4 – Skaduwee-skimme gly
verby… Dis laat
 Die tweede tersine gee ‘n landelike beskrywing van
die beweging van die bus in die aand om by die idee van
verstedeliking aan te sluit.
 Die allitererende “skaduwee-skimme” is ’n pragtige beeld
wat wys dat die voorwerpe wat verby die passasiers flits
nie herkenbaar is nie, maar dowwe voorwerpe in die
aand.
 Die woorde “Dis laat” sluit by die titel aan.
 Funksie van die ellips: dui op voortbeweging van die bus.
Reël 5 – en lang ligvaandels
wapper oor die straat
 Die woord “ligvaandels” kan metafories hier op die
straatligte dui en die woord “wapper” dui beweging aan.
Soos wat die bus beweeg, lyk dit asof die straatligte ook
saam beweeg.
 Metafoor : straatligte word vergelyk met vaandels (vlae of
baniere)
 Sinestesie : die wapperende geluid word visueel uitgebeeld.
Reël 6 – soos oor ‘n dam die
blinkpad na die maan.
 Die voorafgaande beeld (ligvaandels) word nou met ‘n
blinkpad na die maan vergelyk. Dit is ‘n baie romantiese
beeld, hoewel ons weet dat dit in direkte kontras met die
stadslewe staan. Hierin is ook kontras tussen die
plattelandse en stedelike omgewing.
 Vergelyking: ”soos oor ‘n dam..” – straatligte oor die pad
word met die maan se weerkaatsing oor ‘n dam vergelyk.
Reël 7 – Ons ploeg deur stormsee
met ons kaperskuit:
 Die vertellerperspektief verander hier na die
eerstepersoonspreker. Die spreker is nou deel van die
passasiers (werkers) en die bus word nou metafories
vergelyk met ‘n “kaperskuit”. Dit word dus vergelyk met ‘n
seerowerskip wat ander skepe oorrompel net soos die stad
die werkers oorrompel het.
 “stormsee”: onvriendelike omstandighede of
werksomgewing, maar sluit ook aan by die moeisame tog
wat die bus ondervind.
 Funksie van dubbelpunt : verdere verduideliking van wat
die “kaperskuit” behels.
Reël 8 – die stuurman aan die wiel,
die passasiers die buit
 Die busbestuurder word nou die “stuurman”; die werkers
word nou slawe wat hulle gevange geneem het.
 “buit” : dit wat gesteel of verower is.
Reël 9 – wat ons as slawe huis
toe bring vanaand…
 Hulle is vasgevang in ‘n geroetineerde bestaan, hulle moet
elke dag nes slawe gaan werk.
 Ellips: laat die gedagte by die leser insink dat die passasiers
verbeelde slawe is.
Reël 10 – Die vaartuig waggel
afdraand, om die draai,
 Die voertuig word nou metafories die “vaartuig” – ‘n skip
wat op die see vaar.
 “waggel” dui op die heen en weer geskud en beklemtoon
die moeisame tog van die bus.
Reël 11 – met skril gekners en
skommelende swaai
 Die bus se moeilike tog word verder beklemtoon deur “skril
gekners” (van die remme), “skommelende swaai “
(swaaiende beweging as bus om die draai gaan).
Reël 12 – en hyg en skok en snork
en swoeg opdraand
 Die moeisame, vermenslikte tog word verder uitgebeeld
deur die geluide van die bus.
 Personifikasie: “waggel” (r.10), “hyg”, “snork”, “swoeg”.
 Onomatopee: “hyg”, “snork”, “kners” (r. 11).
 Alliterasie van die “s”: beklemtoon die geluide van die bus
 Polisindeton: die herhaling van “en” versterk die beweging
van die bus.
Reël 13 – terwyl ons, soos twee
kinders opgetoë,
 Die strofe word ingelei deur “terwyl ons” wat in kontras
met die vorige strofe staan. Die “ons” wys op die verliefdes
wat net oë vir mekaar het.
 Vergelyking: Hulle is so opgewonde soos twee kinders,
want hierdie busrit is vir hulle ‘n avontuur.
Reël 14 – mekaar toelag met
glinsterende oë
 “glinsterende oë” wys op hulle lewensblyheid in teenstelling
met die moegheid van die werkers.
Reël 15 – Asof hul jammerlik hul lot
kon raai…
 In kontras met die verliefdes word daar nou weer op die
werkers gefokus.
 Hulle word as “jammerlik” beskryf, want hulle lot is
natuurlik dat hulle vasgevang is in die roetine van die stad
en dat hulle nie daaruit kan ontsnap nie.
 Funksie van ellips: dui op ‘n wending – hier heers die
vrolike atmosfeer tussen die twee verliefdes.
 Ironie : werkers is nie gevangenes op ’n seerowerskip nie,
maar gevangenes van ’n dodelike en uitsiglose roetine wat
hulle afsluit van die lewe.
Reël 16 - 18

Die laaste strofe word nou ‘n gewysigde herhaling van die


eerste strofe met die verskil dat die reël nou begin met “sit
hulle suf”. Dit beklemtoon die feit dat hulle nou nóg moeër
as vroeër is. Dit beklemtoon ook die uitsigloosheid van die
werkers – daar is geen ander vooruitsig as die roetine van
elke dag nie !
Ironie

Die hele situasie wat geskets word, is ironies, omdat die


werkers op pad huis toe is, maar hulle is ongelukkig en
morbied omdat hulle nie van hul omstandighede kan ontsnap
nie!
Tipografie
 Die gedig bestaan uit 6 tersines (driereëlige strofes). Die
gedig illustreer twee vlakke: die werklikheid en die
verbeelding. Die stad simboliseer die harde werklikheid
van ‘n uitsiglose bestaan en die verbeelding word deur die
stormsee gesimboliseer.
 Elke tersine se eerste twee reëls rym (paarrym) terwyl elke
derde reël in die tersine met die volgende tersine se derde
reël rym (kettingrym), behalwe strofe 5.
 Die paarrym ondersteun die verliefdes op die bus.
Tipografie (vervolg)

 Die eerste twee reëls van elke strofe rym en is baie


funksioneel : “ruit” en “sluit” beklemtoon die
vasgevangenheid van die werkers ; “laat “en “straat”
beklemtoon die titel ; “skuit” en “buit” beklemtoon weer
die vasgevangenheid van die werkers en “swaai” en “draai”
beklemtoon die beweging en maak dit amper sigbaar.Die
herhaling van die eerste en slotstrofe dra by tot die binding
van die gedig.
Tema

Die mens is in sy omstandighede vasgevang kan nie van sy


lot ontsnap nie.
Bronne
1. Riens Vosloo: Verskuns vir Huistaal, Graad
10

2. Bestbooks Studiewerkgids: Verskuns vir


Graad 10 Huistaal

You might also like