You are on page 1of 6

Vroue van Vermeer - T.T.

Cloete
Beeldspraak, Stylfigure, Woordkeuse en ander

Reël Tipe Bewys uit teks Verklaring/Betekenis/Tema/Funksie


titel Intertekstualiteit “Vroue van Vermeer” Johannes Vermeer is ‘n Nederlandse skilder uit die 17 de eeu.

Meervoud “Vroue” “vroue” verwys na die verskillende vrouefigure in Johannes


Vermeer se skilderye. Hy staan bekend as die skilder van
vroue.

Op grond van die titel sowel as die inhoud, kan “Vroue van
Vermeer” geklassifiseer word as ’n beeldgedig. Die
konsep beeldgedig verwys na ’n gedig wat geïnspireer is deur
’n werk in die beeldende kuns. ’n Gedig wat betrekking het op
die hele oeuvre van ’n kunstenaar word ’n kumulatiewe
beeldgedig genoem. “Vroue van Vermeer” kan dus bestempel
word as ’n kumulatiewe beeldgedig omdat dit oor ’n totale
oeuvre handel.
titel Lidwoord ontbreek Sonder die bepaalde lidwoord, die, word die titel universeel.
Dit dui dus nie net op die vrouefigure in die skilderye nie, maar
op die lot van vroue in die sewentiende eeu: Die man het
gaan werk en die vrou was slegs ‘n sieraad vir haar huis en vir
haar man.
titel Metonimia Die titel van die gedig is ʼn voorbeeld van metonimia. Die
vroue waarna verwys word, is die talle skilderye met vroue as
onderwerp wat Vermeer in sy leeftyd geskilder het.
1 Vooropplasing van die Dit is meestal ʼn mooi jong vrou. “Dit”, in plaas van “hulle” bevestig die gedagte dat die vroue in
onpersoonlike v.nw. die titel nie mense is nie, maar skilderye. Die vroue in die
skilderye, is gewoonlik jonk en mooi – jonk, vlekkeloos en
onderdanig. Die woord “Dit” verwys na die vroue in Vermeer
se skilderye.
2 Herhaling en Meestal is sy alleen binnenshuis, “meestal” (versreël 1) en “Meestal” (versreël 2) – die
vooropplasing herhaling en die vooropplasing in versreël 2, wys dat dit in
die gedig nie net oor een van Vermeer se vroueskilderye gaan
nie, maar oor al sy skilderye.

“alleen” en “binnenshuis” suggereer die rol en die plek van die


vrou: ingeperk, afgesonder en op haar eie.
Stereotipering “binnenshuis” Die stereotipe dat die vrou se plek in die huis is, kom hier voor.

Sinekdogee “sy” Die woord “sy” verwys eintlik na al die vroue wat Vermeer
geskilder het. Die enkelvoudsvorm word gebruik om na die
geheel (al die vroue in sy skilderye) te verwys.
3 Universele dalk met ʼn wit veraf brief wat sy vashou, “veraf brief” – iets van buite –die universele en onmeetlike
waarvan sprake is in versreël 23 met die woord “universum”.

Kontras “Meisie wat ’n brief lees” Dit staan in kontras met “binnenshuis” van versreël 1. Haar
eggenoot is buite die vertrek waarin sy haar bevind. Hy is
waarskynlik iewers op een van die plekke op die groter kaart
wat teen die muurvlak hang (versreël 8).
4 Metafoor naby, in ʼn gloeiende klein hand Metafoor: “gloeiend” kan hier geïnterpreteer word dat die
vrouefiguur se hande (figuurlik gesproke) ʼn warmte uitstraal,
warm en saggies, gloeiend van warmte en vrouwees.

“gloeiende” – hier verwys dit na die lig wat van buite kom en
die hand van die vroulike figuur belig sodat dit “gloei” – helder
sigbaar is.

Die beskrywing van die vrou as ʼn “mooi jong vrou” in versreël


1 word ondersteun deur die verwysing na ʼn “gloeiende klein
hand” – ‘n mooi hand.

Diksie ʼn wit veraf brief ... Die woorde “wit” en “gloeiende” verwys na die lig wat deur die
gloeiende oop venster van buite na binnekom. Die woord “veraf” betrek
ook die wêreldkaart wat na ver plekke verwys.

Vooropplasing Vooropplasing en die komma na ‘naby’ beklemtoon die woord


Komma en dit staan in kontras met “veraf” (reël 3)
Kontras
5&6 Assonasie van -oo voor ʼn kleiner of groter oop Die lig wat die vroulike figuur verlig, kom uit ʼn klein of oop
Alliterasie van -v venster. venster. Die alliterasie en assonansie versterk die boodskap
van die vrou wat geposisioneer is voor “ʼn kleiner of groter oop
venster”, wat smag na bevryding van ‘n ingeperkte bestaan.
Die brief (reël 3) en die venster is ‘n kanaal na/ brug met die
buitewêreld.

Eindrym Ter wille van die rym word “oop” en “venster” oor twee
versreëls geskryf.
6 Klanknabootsing Daar kom ʼn ligte geruis “ligte geruis” – klanknabootsing wat die geluid van die see en
die wind betrek (seevaarders).

Sinestesie Die sinestesie (hoor en sien) val dadelik op. Hierdie geruis
verwys na die wind en seestrome
7-11 Teenstelling van ʼn wêreld aan uit ʼn land - Hierdie gedeelte betrek Nederland se seevaarders wat in die
of groter wêreldkaart sewentiende eeu die wêreld deurkruis het met die moontlike
wat teen die muurvlak oorkant doel van ekonomiese welvaart a.g.v. nuwe
hang, daar waar seestrome en wind loop handelsmoontlikhede. Die gedeelte staan in teenstelling met
met haar land se ganse skeepvaart. die geslote, beknopte binnewêreld waarin die vroulike figuur
vasgevang is.
Metafoor Metafoor – “wêreldkaart” is die metafoor vir die seevaart van
die land. Metafories verwys die kaart ook na die begeerte om
die wêreld te verken.
12-15 Interteks Sy staan, sy sit, sy buk oor kant, Verseëls 12 en 13 en versreël 18 verwys na verskeie van
sy droom of sluimer Vermeer se skilderye wat normale posisies van die vroue
in lig wat in vlokkies of korrels brand uitbeeld.
of dof kaats in die ruimer
Metafoor “lig wat in vlokkies of korrels brand/ of dof kaats” – verwys na
die skilder van lig wat lyk soos vlokkies of korrels wat brand in
die skilderwerk van Vermeer, kenmerkend van sy skilderwerk.
Dit belig sekere dele van die donker binneruimte.
“Die kantmaker” Hy gebruik “vlokkies” en “korrels” as metafoor vir die ligte
spatseltjies verf wat hy in sy skilderye aangebring het. Dit is
om die illusie te skep dat die voorwerpe in sy skilderye
glinster, kaats en glim.

“kaats” skyn
16 Polisindeton ruimte van ʼn skildery of spieël of in ʼn wynhouer Herhaling van die voegwoord, of: reël 15, 16,17 en 18.
Versreël 16, en17 verwys weer na spesifieke uitbeeldings in
“Die wynglas” die skilderye – ʼn spieël, ʼn houer vir wyn gemaak van ivoor.
17 Komma ivoor maak, of sy speel klavesimbaal Die komma skei die handelinge (aksies) van die vroue.
Metafoor Hierdie “ivoor maak” is ʼn metafoor om te sê dat die lig wat die
“Die melkmeisie” ruimte binnestroom die roomwit of beige wynhouer van
keramiek ivoorkleurig laat voorkom.

“Meisie met klavesimbaal”


18-20 Kontras of sy loer oor haar skouer Versreëls 18 tot 20 – verwys na ʼn spesifieke skildery waar die
en dra ʼn sonnende pêrel teen haar nek fokus op die verligte pêreloorbel van die vrou wat helder verlig
se skadu. is, val. Kontras tussen “sonnende” en “skadu”

Metafoor Die pêrel-oorbel word direk aan die skitterende son


gelykgestel. (die pêrel-oorbel skitter soos die son)
“Meisie met die pêrel”
Polisindeton polisindeton (“of” is die sesde een in hierdie sin). Hierdie rits
handelinge wat deur “of” geskei word, wil juis die talle
moontlikhede en handelinge uithef.

Sinekdogee Sinekdogee - “ʼn sonnende pêrel”. Verwys nie net na ʼn enkele


blink pêrel nie, maar verwys ook na ʼn stel oorbelle en ʼn string
krale.
20-24 Akuut En altyd is daar lig wat áfstraal Die kenmerkende skildertegniek van Vermeer: die lig vanaf
ín in die liefs klein afgemete vertrek, buite wat van bo na onder die vertrek binneva: áfstraal, word
oorvloedig, uit die oop grote beklemtoon.
universum en wat die klein aardse geslote
Herhaling stilte in die onmeetlike laat asemhaal Die herhaling “in” – dit beklemtoon die binnedring van die
geslote ruimte deur die lig van buite.

Die akuut op die eerste “ín” dui die diep indringing van die lig
Akuut aan.

Simboliek: “universum”,die ”onmeetlike” en ”altyd is daar lig” –


Simbool dis die idee van die Nederlandse vroue wat wag vir tyding van
hulle afwesige eggenote/geliefdes, moontlik is hulle op ʼn
seevaart. Wanneer die vroue dan tyding kry – soos die vrou
met die brief voor die venster – kom iets van die heelal/die
buitenste “onmeetlike” ruimte hulle geslote ruimte binne en
kan hulle weer “asemhaal” – vir ʼn tydperk rustig en tevrede
wees. Lig word ʼn lewegewende element wat self die enkele
vrouefiguur in die skildery verbind met die groter heelal
waarvan sy deel is.
Die lig gee ook hoop aan die vroue wat vasgekluister is in hul
vervelige daaglikse roetine , want dit lok hulle na ʼn wêreld
buite hul vervelige bestaan.
Teenstellings • veraf vs. naby Die teenstellende ruimtes skep spanning
• kleiner vs. groter oop venster
• landkaart vs. groter wêreldkaart
• muurvlak vs. seestrome en wind wat loop
• vlokkies vs. korrels lig
• brand vs. dof kaats
• sonnende vs. skadu
• klein, afgemete vertrek vs. oop, grote
universum
• by implikasie ook binne vs. buite
• die klein, aardse ruimte vs. die onmeetlike.
• stilte vs asemhaal
Stemming Lang sinne en enjambemente, woorde soos Rustig en mymerend (nadenkend)
“meestal”, “dalk”, “of”
Toon Mymerende/bespiegelende/denkende toon.
Die vrouefigure is denkende in die gedig – lees ‘n brief/sluimer (droom)/staan voor die venter/ skryf of maak
objekte.
Bou van die gedig Reëls 1 tot 6 • Daar is baie meer vrouefigure as mans in sy skilderye.
• Hierdie vroue is nog oorwegend jonk.
• Die vroue is klein gebou.
• Hulle word dikwels alleen uitgebeeld.
• Van hulle is betrokke by briefwisseling.
• Hulle bevind hulle meestal binnenshuis.
• Iewers in die ruimte is ʼn oop venster wat lig by die
vertrek inlaat. Waar die venster nie in die skildery sigbaar is
nie, is daar iewers ʼn duidelike ligbron wat die lig brand of kaats
in die ruimte waarbinne die vrou haar bevind.

Reëls 6-20 • Teen die agtermuur is meermale ʼn groot wêreldkaart.


• By gebrek aan ʼn wêreldkaart is daar moontlik ʼn
skildery of spieël.
• Die vrouens neem ʼn verskeidenheid liggaamshoudings
aan: staan, sit, buk, loer oor haar skouer.
• Hulle doen ook ʼn verskeidenheid dinge terwyl hulle so
sit, staan, buk of oor hul skouer loer: lees brief, skryf brief,
speel klavier, slaap/sluimer in of is sommer net droomverlore
in ʼn stil oomblik vasgevang.
• Hulle dra pêrels in hul nek (hetsy in ʼn halssnoer om die nek
of as oorbel teen die nek) en daar is roomwit (ivoorkleurige)
sewentiende-eeuse wynhouers.
Reël 20-24 Daar is ‘n oormaat lig wat afstraal in die ruimte waarin hulle hul
bevind. Hierdie element, die lig, met of sonder die venster wat
die lig inlaat, is in kunskringe die kenmerkendste eienskap van
Vermeer se skilderye.

Deurlopende motiewe in Motief van beweging:


die gedig • veraf brief (wat van buite kom; r. 3)
• kom ’n ligte geruis (r.6 )

Motief van lig


• “oop venster” (r. 5): die lig na deru die venster inkom.
• die “gloeiende” hand: die hand wat deur die lig van buite verlig word. (r. 4)
• “in lig … brand”
• “kaats”
• “ivoor maak”
• “sonnende”
• “lig wat áfstraal”
Woorde of handelinge wat • die “brief wat sy vashou/naby, waar “brief” en “hand” duidelik skeppende taal is.
met skeppende • Sy “buk oor kant” (handwerk)
kreatiwiteit te doen het: • Sy speel klavesimbaal (musiekmaak)
• Sy staan en maak kos

You might also like