You are on page 1of 6

AFRIKAANS HUISTAAL

GRAAD 4
HERSIENING: LEESBEGRIP, TAALSTRUKTURE,
VISUELE TEKS EN STELWERK
LES 1
Leesbegrip
Lees die volgende teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg:

Mabue van die rooi duine

1 Dit is vroeg in die oggend en doodstil in die Kalahari. Daar is ‘n beweging


by die grondeekhoring se lêplek. ‘n Klein neusie verskyn by die bek van die
tonnel. Dit is Sitha, die ma. Sy snuif die oggendlug in, krap haarself en raak
dan stil om te kyk en te luister. Haar kleintjies bly binne-in die lêplek tot sy
vir hulle laat weet dis veilig om uit te kom.

2 Nadat sy gesien het dat daar geen gevaar is nie, stoot Sitha vir Mabue en
sy twee sussies met haar neus om hulle wakker te maak. Daarna draai sy
om en lei hulle na buite. Die wêreld hier buite is baie groter as in hul
nessie!

3 ‘n Week later kom die eerste storm van die somer. Gedurende die dag bou
die wolke in die lug op. Groot, vet druppels val op die sand. Vir die eerste
keer in Mabue se kort lewetjie reën dit in die Kalahari!

4 Al die grondeekhorings skarrel terug na hul lêplekke. Stroompies water


kronkel oor die droë grond en loop by die tonnels in. Sitha grawe vinnig
deur die agterste muur van hul lêplek en vorm ‘n nuwe, hoër holte waar
hulle veilig sal wees.

5 Eendag hoor Mabue ‘n groep eekhorings. Hy nader die groep versigtig.


Dis ‘n groep mannetjies. Hy sluit by hulle aan en hulle laat hom dadelik
welkom voel. Dit is belangrik om deel van ‘n groep te wees, aangesien
almal in die groep mekaar beskerm. Vir die eerste keer voel hy weer
veilig!

6 Sy nuwe tuiste is in die rooi duine van die Kalahari.


1.1 Haal een woord uit die eerste paragraaf aan wat die teenoorgestelde
as ‘n groot geraas beteken. (1)

1.2 Oor watter dier handel hierdie teks? (1)

1.3. Dink jy dat Sitha ‘n goeie ma is? Verduidelik jou antwoord. (2)

1.4. Verduidelik waarom dit onwaar is om te sê dat Mabue sy ma se


enigste kleintjie is. (1)

1.5. Wat kom Mabue agter wanneer sy ma hom uit die nes uit stoot? (1)

1.6. In watter seisoen moet Mabue na buite gaan? (1)

1.7. Waarom dink jy dat hierdie seisoen ‘n goeie keuse is? (1)

1.8. Watter kenmerk van die seisoen word in par. 3 genoem? (1)

1.9. In watter bekende streek van Afrika speel die teks af? (1)

1.10. Watter woord uit paragraaf 4 sê vir die leser dat die diere onrustig is? (1)

1.11. Noem twee dinge wat gebeur as gevolg van die baie water. (2)

1.12. Stem jy saam daarmee dat dit belangrik is om deel van ‘n groep te
wees? Motiveer jou antwoord. (2)
[15]
Taalstrukture
Lees die teks aandagtig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Mabue van die rooi duine

7 Dit is (2.1 vroeg) in die oggend en (2.1 doodstil) in die (2.3 Kalahari). Daar
is ‘n beweging by die (2.4 grondeekhoring) se lêplek. ‘n (2.5 Klein) neusie
verskyn by die (2.6 bek) van die tonnel. Dit is Sitha, die (2.7 ma). Sy snuif
die oggendlug in, krap haarself en raak dan stil (2.8 om te kyk en te luister).
(2.9 Haar) kleintjies bly binne-in die lêplek tot sy vir hulle laat weet dis veilig
om uit te kom.

8 (2.10 Sitha sê: “Julle moet baie versigtig wees!”) Die wolke bou in die lug
op. Groot, vet ( 2.11 druppels) val op die sand. (2.12 Die eekhorings bou
nuwe huise.)

2.1 Skryf die vergrotende en oortreffende trappe van die woord. (2)

2.2 Die intensiewe vorm van stil is doodstil


Skryf die intensiewe vorm van helder. (1)

2.3 Verduidelik waarom die woord met ‘n hoofletter geskryf word. (1)

2.4 Skryf die verkleining van die woord neer. (1)

2.5 Benoem die woordsoort volledig. (1)

2.6 Skryf ‘n sin met die woord waarin die woord ‘n ander betekenis het. (1)

2.7 Skryf die meervoud van die woord. (1)

2.8 Identifiseer die infinitief. (1)

2.9 Benoem die woordsoort volledig. (1)

2.10 Skryf die sin in die indirekte rede. (2)

2.11 Identifiseer die woordsoort volledig. (1)

2.12 Skryf die sin in die lydende vorm. (2)

[15]
Visuele Teks
Bestudeer die teks en beantwoord die vrae:
3.1 Hoe hou die visuele teks en die leesbegrip met mekaar verband? (1)

3.2 Wat beteken die term woestyn? (1)

3.3 As 10 jaar ‘n dekade is, wat is ‘n sinoniem vir 100 jaar? (1)

3.4 Waar kan die warmste woestyn op aarde gevind word? (1)

3.5 In watter maat word temperatuur gemeet? Skryf dit in woorde neer. (1)

3.6 Watter teken word gebruik om te wys dat ‘n temperatuur onder


vriespunt is? Skryf net die teken neer. (1)

3.7 Is dit waar dat min of meer ‘n derde van die aarde se oppervlak
woestyn is? Motiveer jou antwoord. (2)

3.8 Waarom is dit verkeerd om te dink dat woestyne net baie warm
gebiede is? (1)

3.9 Skryf in jou eie woorde watter een van die feite in die infografika vir
jou die interessantste is. (1)

[10]

Stelwerk
Jy is ‘n wetenskaplike wat na die Antarktiese woestyn gevaar het om navorsing oor die
dierelewe te gaan doen. ‘n Joernalis voer ‘n onderhoud waarin hulle jou uitvra oor jou
ondervinding in hierdie afgeleë gebied waar baie min mense nog was.
Skryf ‘n dialoog van 80-90 woorde waarin jy vir die joernalis van jou ondervinding vertel.
Onthou om die skryfproses te volg. Jou stelwerk moet ‘n kopkaart, eerste poging en
finale skryfstuk insluit.

Kyk goed na die matriks om seker te maak dat jy die opdrag reg uitvoer.
[10]
RUBRIEK: TRANSAKSIONELE SKRYFSTUK (HT & EAT) vir IF&SF
10 punte

Uitsonderlik Knap Gemiddeld Elementêr Onvoldoende


Kriteria (Baie goed / (Goed) (Bevredigend) (Swak) (Baie swak)
Skitterend)
4 3 2 1 0
INHOUD Inhoud: baie Inhoud: goed. Inhoud Inhoud Bly nie altyd Inhoud meestal
goed/uitsonderlik of - Idees is relevant, bevredigend; soms by die onderwerp nie. irrelevant; nie van
treffend of bo interessant en onduidelik. - Idees is toepassing.
4 punte verwagting. oortuigend. - Idees redelik same- losstaande of - Idees is vaag of
- Idees is intelligent of - Goeie inleiding, hangend en onduidelik of deurmekaar
verbeeldingryk. Dit liggaam en oortuigend. verwarrend. - Talle herhalings.
laat die leser nadink. samevatting of slot. Beplanning - Dwaal af en/of is - Nie oor die
- Treffende inleiding, - Redelike onsamehangend. onderwerp nie.
liggaam en organisasie; inleiding, - Herhalings kom Beplanning van
samevatting of slot. samevatting of slot. voor. geen nut nie. / Geen
Beplanning is beplanning nie.
gedoen, maar is
onvolledig.
3 2 1 0
TAAL, - Taal en leestekens - Taal en - Steurende taal- en - Taalfoute
en is effektief benut, byna leestekens is gepas; spelfoute en/of byna veroorsaak dat die
foutloos. dra betekenis oor. geen leestekens nie. teks moeilik lees of
WOORDE- - Woordeskat pas - Woordeskat is - Woordeskat pas byna
SKAT baie goed/ uitstekend gepas vir die nie by opdrag of onverstaanbaar is.
by onderwerp. onderwerp. onderwerp nie. - Woordeskat pas

3 punte
- Woordkeuse: Baie - Woordkeuse: - Woordkeuse glad nie by
goeie / uitstekende aanvaarbare vlak. beperk of pas nie by opdrag/onderwerp
woordkeuse. onderwerp nie. nie.
- Woordkeuse is
baie beperk.

3 2 1 0
STRUKTUUR - Sinvolle afwisseling - Sinne en - Sinne en - Sinne en
en van sinne en paragrawe is goed paragrawe foutief paragrawe foutief.
FORMAAT paragrawe gekonstrueer. OF Oorloopsinne
Lengte: Of te lank verwar die leser.
Lengte is korrek. Lengte is byna
3 punte
óf te kort.
Formaat: Gepas; korrek. Formaat: Redelik Lengte: Veels te
Formaat: Enkele ernstige foute. lank of te kort.
akkuraat.
foute. Formaat:
Onvanpas.

You might also like