You are on page 1of 5

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12


KWARTAAL 1 WEEK 2
ONDERWERP Morfologie en akronieme
DOEL VAN LES Hersiening van morfologie en akronieme
BRONNE Papierbron Digitale bron
Raadpleeg die boekie Gr 10 - 12 Jy kan volledige aantekeninge oor
Afrikaans Huistaal Hersiening 2017: al die taalstrukture kry deur op die
Taalstrukture vir meer inligting en onderstaande skakel te klik:
oefeninge oor Morfologie en ander https://wcedeportal.co.za/eresour
taalstrukture. ce/112951
INLEIDING • Jy het in Graad 10 en 11 alreeds ’n goeie kennis oor die belangrikheid
van Morfologie verwerf.
• Daar is aantekeninge en hersiening in jou werkboeke wat jy die
afgelope paar jaar opgebou het.
• Onthou dat jy die Morfologiese strukture moet kan uitken en gebruik.
KONSEPTE EN In hierdie les gaan jy:
VAARDIGHEDE − die stam/basisvorm van ’n woord bepaal.
− voor- en agtervoegsels gebruik om ander woorde te vorm.
− meer leer van afleidings, samestellings, samestellende afleidings en
vokaalverandering/klinkerwisseling.
− die kern en bepaler in ’n woord onderskei.
− jou kennis van akronieme uitbrei.
− hersiening doen.

Net om weer jou geheue te verfris in sake WOORDVORMING


(MORFOLOGIE). (Die volgende moet jy nou al in jou slaap ken!):

✓ Stam: kleinste woorddeel waarvan die betekenis in ’n woordeboek


opgeteken is.
✓ Afleiding: stam + pre en/ of post {bv. be (pre)+ man (stam)}
✓ Samestelling: 2 of meer stamme (bv. handdoek; lewenskets (lewe +
skets).
• Wees versigtig vir spelling!
✓ Baie belangrik inligting: ns is ‘n verbindingsklank en nie ’n morfeem nie
✓ Samestellende afleiding: 2 of meer stamme + pre en/ of post (bv.
behuisingsraad = be+huis+ing+s+raad (s = verbindingsklank);
tweetalig = twee + ta(a)l + ig.
✓ Kern = laaste deel van samestelling (bv. handboek)
✓ Bepaler = eerste deel van samestelling (bv. dagboek; reisboek)
✓ Betekenis van morfeme (Onthou: dit is leerwerk)
LW: Skryf slegs die betekenis van die morfeem neer.

on- / a- = nie (onwaar; asosiaal)


ont- = beroof van / wegneem (onthoof)
ont- = begin (ontkiem)
bio- = lewe (biosfeer)
be- = voorsien van (beman)
her- = weer (hersien)
anti- = teen/ gekant teen (anti-rugby)
ant- = teen (antwoord)
-aar = dui persoon aan (martelaar)
aarts- = opperste/ eerste/ oudste (aartsvader)
aarts- = baie erg (aartslui)
-aard = dui soort persoon aan (gierigaard)
ver- = verander van (vervel)
e- = elektroniese (e-pos)
tele- = ver / oor ‘n afstand (televisie. teleskoop, telefoon)
mis- = verkeerd (misverstand, mistasting)
oer- = oud/ oudste / eerste (oermens sub- = onder (substandaard)
ko- = saam (koëdskool = ‘n skool waar seuns en dogters saam skoolgaan)
bi- = twee (bi-polêr = twee pole)
aëro- = lug (aërodinamies)
-loos = sonder (rigtingloos)
wan- = verkeerd(e) (wanopvatting)
hiper- = bo / bokant / oor (hiperaktief)
oudio- = hoor (oudiovisueel)
outo- = self (outobiografie)
tele- = ver/ oor ’n afstand (televisie)
sub- = onder (subredakteur)
-skap = toestand (beterskap)
-skap = gebied (landskap)
-agtig = soos (skaapagtig)
pro- = ten gunste van (pro-lewe)
-dom = versameling (rykdom)
-ery = voortdurende handeling (geselsery)

✓Akronieme/Letterwoorde: (Onthou: dit is leerwerk)


Dit is afkortings wat soos woorde optree; word uitgespreek as ’n woord,
gevorm deur die eerste letters van ander woorde, bv. Soweto vir South
Western Townships of VIGS / vigs vir verworwe immuniteitsgebreksindroom
AKRONIEM BETEKENIS AKRONIEM BETEKENIS
HTTP hiperteksoordragprotokol UNISA Universiteit van
Suid-Afrika
ISBN Internasionale UV Universiteit van
Standaardboeknommer die Vrystaat
VOO verdere onderwys en KGB Russiese
opleiding Geheimediens
(“Komitet
Gosoedarstwenn
oi Bezopasnosti”)
MP militêre polisie LUR Lid van die
Uitvoerende
Raad
WGO Wêreldgesondheidsorgan VVV vreemde
isasie vlieënde
voorwerp
NMU Nelson Mandela WVF Werkloosheidsver
Universiteit sekeringsfonds
NSFAS of Nasionale Skema vir www wêreldwye web
NSFBS Finansiële Bystand vir
Studente
PanSAT Pan‑Suid‑Afrikaanse FEDSAS of Federasie van
Taalraad Fedsas Beheerliggame
van Suid-
Afrikaanse
Skole
INTERPOL Internasionale NAVO Noord-Atlantiese
of Interpol Misdaad- Verdragsorgani
polisieorganisasie sasie
ROF Rapport Onderwysfonds POF Padongelukfonds

AKTIWITEITE/ 1 Skryf die akroniem in die onderstaande sin in WOORDE uit.


ASSESSERING
Dis die koepel van een van die grootste SALT-teleskope, my broers.
ANTW: Southern African Large Telescope
(Suider-Afrikaanse Groot Teleskoop)

2 Blaai deur die koerant en skryf soveel AKRONIEME neer as wat jy in een
dag se koerant raaklees. Skryf ook elke akroniem voluit in WOORDE.
3. Bestudeer nou die advertensie hier onder en beantwoord die vrae wat
volg.

VRAE:
3.1 Dui die stam in die volgende woorde aan:
3.1.1 verhoog (1)
3.1.2 beveiliging (1)
3.1.3 koningin (1)
3.2 Vorm ‘n samestellende afleiding van gesin en veilig in reël 2. (1)
3.3 Vorm ‘n abstrakte selfstandige naamwoord van beskerm (reël 4).
(1)
3.4 Skryf ’n woord uit reël 4 neer waarvan die premorfeem
(voorvoegsel) “verander van” beteken. (1)
3.5 Die woord “poeierbedekking” pas nie binne die konteks van die
sin in reëls 6 nie. Vervang die woord met die korrekte
samestellende afleiding binne die konteks van die sin. (1)
3.6 Vorm nou deur middel van klinkerwisseling ’n selfstandige
naamwoord van die onderstreepte woord in die onderstaande sin:
Gebruik die (sluit) om die deur toe te maak. (1)
3.7 Vorm deur middel van ’n afleiding ’n persoonsnaam van die
woord produk (reël 10). (1)
3.8 Verklaar die funksie van die morfeem in die onderstreepte
woord in reël 11. (1)
3.9
3.9.1 Dui aan met watter woordvormende middele die volgende
woorde gevorm is:
Woord Samestelling Afleiding Samestellende
afleiding
a) ratstelsel
b) sekuriteitskenmerke
c) verbeterde
(3)
3.9.2 Skryf die kern van die samestelling in bogenoemde lys woorde
(by 3.9.1) neer. (1)
3.9.3 Gebruik die bepaler van die samestelling in bogenoemde lys
(by 3.9.1) as kern in ’n ander samestelling. (1)
[15]
MEMORAN- 3.1.1 Stam = hoog (1)
DUM 3.1.2 Stam = veilig (1)
3.1.3 Stam = koning (1)
3.2 Samestellende afleiding = gesinsveiligheid (1)
3.3 Beskerming (1)
3.4 verhoog (1)
3.5 poeierbedekte (1)
3.6 slot / sleutel (1)
3.7 produsent (1)
3.8 Dui die geslagsvorm/vroulike geslag aan. (1)
3.9
3.9.1
a) ratstelsel = samestelling (1)
b) sekuriteitskenmerke = samestellende afleiding (1)
c) verbeterde = afleiding (1)
3.9.2 stelsel (1)
3.9.3 bv. trurat/ tandrat/ snelrat / kamrat/ dryfrat/ (1)
[15]
KONSOLIDASIE Ek hoop jy besef nou dat vrae oor morfologie nie so moeilik is nie, maar
dan moet jy die leerwerk deeglik onder die knie kry.
WAARDES Toewyding en noukeurige werk

You might also like