You are on page 1of 8

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 11


KWARTAAL 1 Week 3
ONDERWERP Morfologie
DOEL VAN LES Om woordeskat uit te brei deur die vorming van nuwe woorde deur
gebruik te maak van morfologiese prosesse.
BRONNE Papierbron Digitale bronne
Gebruik jou Vind hier onder die skakels na Telematiese
taalhandboek materiaal oor taalstrukture wat in 2019 vir
Graad 10 en 12 Afrikaans Huistaal ontwikkel is:

https://wcedeportal.co.za/eresource/112951
https://wcedeportal.co.za/eresource/113481
INLEIDING In hierdie les gaan ons kyk na die struktuur van woordvorming. Net soos jy
in Geografie leer van die bou van die Afrika en jy die aparte lande kan
onderskei, net so word woorde gevorm en kan jy woorddele onderskei.

KONSEPTE EN  Onderskei tussen ‘n simpleks en KAN JY ...?


VAARDIGHEDE kompleks.
 Bepaal die stam/basisvorm van • die verskillende komponente
‘n woord van ‘n woord identifiseer?
 Verstaan die gebruik van voor- • nuwe woorde bou deur
en agtervoegsels gebruik te maak van ‘n
 Identifiseer die betekenis en basiswoord en
funksie van voor- en afleidingsmorfeme?
agtervoegsels • ’n samestelling vorm deur soms
 Verstaan vokaalverandering van ‘n verbindingsklank
(klinkerwisseling/metamorfeme) gebruik te maak?
en pas dit toe
 Vorm afleidings en samestellings
 Verstaan die funksie van die
verbindingsklank.
Die struktuur van woordvorming/morfologie:

• Die stam/basisvorm:
Is die kleinste deel/ van ‘n woord wat selfstandige betekenis dra
binne die konteks van die woord. Bv. skool, rekenaar en besluit.

• Simplekse en komplekse

’n Simpleks – is ‘n ongelede woord wat slegs bestaan uit ‘n


stam/basis en kan nie verder ontleed word nie. Formule = S
Bv. vinnig, honger, spieël.

’n Kompleks – is ‘n gelede woord wat in woorddele (stam +


agtervoegsels/voorvoegsels) ontleed kan word.

Formule = S + pre-/postmorfeem
Bv. gesluit, tamaties en huilerig

Voorvoegsels/premorfeme:
kom vooraan ‘n stam
het ‘n betekenisfunksie bv. onaktief beteken nie aktief nie, dit wil sê:
on = nie (gee slegs een woord om die betekenis aan te dui)
bv. ontgroei beteken die ont = wegneem van
het ‘n woordsoortelike funksie bv beplan verander woordsoort van
‘n s.nw na ‘n werkwoord.

Leer ken die volgende voorvoegsels se betekenis en so kan jy maklik die


betekenis van ‘n woord aflei:
Voorvoegsel Betekenis Woord
aarts- baie aartslui
aarts- opperste/uiterste grootste aartsvyand
anti- teen antirook
be- voorsien van bemagtig
bio- lewe biodiversiteit
e- elektroniese e-pos
eko- omgewing ekosisteem
foto- lig fotosintese
her- weer hersien
hiper- baie groot hipermark
homo- dieselfde/eenders homseksueel
mis- verkeerd misverstand
oer- baie oeroud
on- nee, nie, geen onnatuurlik
ont- wegneem van ontneem
pre- voor prestadium
post- na postmortem
pro- vir promoedertaal
tele- ver telematiese
ver- begin, oor vermors
wan- slegte/verkeerde wanfunksie

Agtervoegsels/Postmorfeme:
kom agteraan ‘n stam
het ‘n betekenisfunksie bv. kinderloos beteken sonder kinders ; dit
wil sê:
loos = sonder (gee slegs een woord om die betekenis aan te dui)
het ‘n woordsoortelike funksie bv kinderagtigverander woordsoort
van ‘n s.nw na ‘n byvoeglike naamwoord.

Leer ken die volgende agtervoegsels se betekenis en funksie, want


sodoende kan jy maklik die betekenis van ‘n woord aflei:
Agtervoegsel Betekenis/funksie Woord
-er vorm ‘n persoonsnaam voorspeller
-agtig lyk soos sprokiesagtig
-baar kan dit doen eetbaar
-lik soos kinderlik
-aar vorm ‘n persoonsnaam boemelaar
-dom vorm ‘n abstrakte s.nw heiligdom
-skap vorm ‘n abstrakte s.nw vriendskap
-ing vorm ‘n abstrakte s.nw inligting
-heid vorm ‘n abstrakte s.nw reinheid
-teit vorm ‘n abstrakte s.nw integriteit
-asie vorm ‘n s.nw nominasie
-eer vorm altyd ‘n werkwoord waardeer

Afleidingsmorfeme:
Afleidings ontstaan wanneer een of meer voor- en/of agtervoegsels aan
stamme gevoeg word om ‘n ander woord te vorm. Uit bogenoemde kan
ons aflei ‘n woord is ‘n afleiding as die woordsoort of woordbetekenis
verander het.
Bv. misdaad, wantrou, bevoordeel, leuenaar, onthoof, halveer.

Fleksiemorfeme:
Dit is ook voor- en agtervoegsels, maar hulle verander selgs die woord se
vorm en nie die woordsoort nie.

Funksies van fleksiemorfeme:


vorm meervoude
vorm verkleinwoorde
vorm verlede tyd
dui trappe van vergelyking aan
dui verbuiging van die byvoeglike naamwoord (nuut- nuwe)

Metamorfeme of klinkerwisseling:
Verander die struktuur van die word deur die klinker te verander.As die
vokaal verander, kan die woordsoort ook verander.

Bv. geniet: genot


ruik: reuk
wreek: wraak, wrok
skiet: skoot, skut
bind: band, bond, bondel, bundel
drink: drank, dronk
sluit: sleutel, slot

Samestelling: Formule = Stam + Stam =SS

Samestelling word gevorm wanneer twee of meer stamme saamgevoeg


word om ‘n nuwe woord te vorm.
‘n Samestelling
word altyd VAS geskryf aangesien dit een begrip is
wanneer een stam eindig op ‘n klinker en die tweede stam begin
met ‘n klinker word ‘n koppelteken gebruik bv. wa-as
wanneer een stam eindig met ‘n medeklinker en die volgende
stam begin met dieselfde medeklinker kry ons ‘n dubbele
medeklinker.
bv. musiek + kinders = musiekkinders

Soms is daar ‘n verbindingsklank nodig om die twee stamme aan mekaar


te voeg. Sien dit as een tuinslang wat te kort is en dan word ‘n
verbindingsmeganisme gebruik om dit aan’n tweede aparte tuinslang te
Verbindingsmeg koppel.
anisme (klank)
‘n Verbindingsklank
is nie ‘n morfeem nie.
die enigste funksie is om stamme aan mekaar te bind.
Voorbeelde:
kind + huis = kinderhuis
lewe+stryd = lewenstryd
boek + kamer = boekekamer
Hoe kan vrae oor Morfologie in ’n toets of eksamen gestel word?

➢ Is slaaiblaar ’n voorbeeld van ’n afleiding of ‘n samestelling?


Verduidelik jou keuse.
➢ Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies:
Die elektrisiën (kwotasie) om die herstelwerk te doen.
➢ Is kolwyntjies ‘n voorbeeld van ‘n afleiding of samestelling?
Verduidelik jou keuse.
➢ Lei die korrekte vorm van die woord tussen hakies af en skryf dit
neer:
Dit beteken nie hy is (leer) nie.
➢ Vorm ‘n persoonsnaam van die woord slim deur gebruik te maak
van afleidingsmorfeem
➢ Skryf die BETEKENIS van die voorvoegsel be- soos in beleggings neer.
➢ Sy is die hondevanger van die dorp
Skryf die verbindingsklank in bostaande sin neer.
➢ Gee die korrekte vorm van die woorde tussen hakies
Ek gaan my horlosie laat (goud) by die (juwele)
➢ Skryf die premorfeem in onderstaande sin neer en gee die
betekenis daarvan: Hy is ‘n superster as dit by musiek kom.
➢ Waarom word spreekkamer met ‘n dubbele medeklinker geskryf?
➢ Dit was sy groot droom om op ‘n lewensreis te gaan.
Skryf die verbindingsklank in bostaande sin neer.
➢ Gee die funksie van die agtervoegsel/postmorfeem in die woord
minder
➢ Vorm ‘n samestelling van: Afrikaans + praat.

Nasienriglyn – hoe benader ek elke vraag met die teorie as basis?

➢ ‘n Afleiding het slegs een stam en pre- of postmorfeme. ‘n


Samestelling het twee of meer stamme.
Antw: ‘n Samestelling, want daar is twee stamme nl. slaai + blaar

➢ Maak gebruik van afleidingsmorfeme sodat die woord in die sin kan
pas. Dit is duidelik dat kwotasie ‘n s.nw is en in hierdie sin moet dit
verander na ‘n werkwoord. Baie werkwoorde eindig op ‘n -eer
uitgang.
Antw: kwoteer
➢ Kolwyntjies bestaan slegs uit een stam/basisvorm. Die “s” dui slegs
meervoud aan.
Antw: afleiding, want slegs EEN stam

➢ Maak gebruik van pre- en postmorfeme sodat “leer” wat ‘n


werkwoord is, moet inpas in die sin as ‘n s.nw.
Antw: geleerd

➢ Daar moet ‘n afleidingsmorfeem by die stam gevoeg word sodat


dit ‘n persoonsnaam vorm.
Antw: slim (stam) + erd (afleidingsmorfeem)= slimmerd ( Tweede
“m” spellingsdoeleindes)

➢ Die betekenis van “be”- as premorfeem het altyd die betekenis van
voorsien van.
Antw: beleggings – voorsien van (geld) om te belê.

➢ Verbindingsklank verbind twee stamme met mekaar. Dit is sy


enigste funksie.
Antw: hond + vang(er). Die -e is die verbindingsklank.

➢ Die korrekte vorm van die woord is om gebruik te maak van


afleidingsmorfeme met ander woorde die woordsoortelike funksie
verander van ‘n s.nw na ‘n werkwoord.
Antw: goud (s.nw) word verguld (ww)
juwele (s.nw) word juwelier (persoonsnaam)

➢ Die betekenis van die premorfeem “super” –


Antw: beteken “baie groot”

➢ Dit is ‘n samestelling is en ‘n samestelling word altyd VAS geskryf. Die


een stam eindig op ‘n “k” en die volgende stam begin met ‘n “k”.
Daarom ‘n dubbele medeklinker.

➢ ‘n Verbindingsklank se funksie is om twee stamme met mekaar te


verbind.
Antw: “ns” is die verbindingsklank wat lewe + reis aan mekaar
verbind.

➢ Antw: Die agtervoegsel is -er (d is slegs vir spelling). Die -er dui
trappe van vergelyking aan.
➢ ‘n Samestelling is een woord en die twee stamme moet vas geskryf
word.
Antw: Afrikaanssprekend

ASSESSERING Die volgende oefening moet in jou werkboek gedoen word. Dit is ‘n
oefening om vas te stel of jy morfologie verstaan.

1.1. Is die woord “dieremaniere” ‘n voorbeeld van ‘n afleiding of ‘n


samestelling? Verduidelik jou antwoord.
1.2. Vorm deur middel van ‘n afleidingsmorfeem ‘n persoonsnaam van
iemand wat diere tem.
1.3. Wat is die funksie van die postmorfeem “-e” in maniere?
1.4. Voltooi: Die agtervoegsel in “versorging” verander die woordsoort
van ‘n
werkwoord na ‘n ……………
1.5. Watter morfeem het ‘n rol gespeel in die vorming van die woord
“lede” in “familielede”?
1.6. Die woord “versorging” se stam/basisvorm is…………
1.7. Is “menstaal “is ‘n voorbeeld van ‘n samestelling of afleiding?
Verduidelik jou antwoord.
1.8. Vorm ‘n persoonsnaam van “luister” deur ‘n agtervoegsel te gebruik.
1.9. Vorm ‘n samestelling van die woorde tussen hakies (hond + hok)
1.10. Die woord ”kenners” bestaan uit ‘n stam en postmorfeme.
Gee die postmorfeme in die woord “kenners”.
MEMORANDUM 1.1. ‘n samestelling. Bestaan uit twee stamme nl. dier en manier.
1.2. dieretemmer
1.3. Dui die meervoud aan (fleksiemorfeem)
1.4. (abstrakte) s.nw.
1.5. lede kom van lid af en daarom is dit ‘n metamorfeem/klinkerwisseling
1.6. sorg
1.7. Samestelling. Daar is twee stamme nl. mens + taal
1.8. luisteraar
1.9. hondehok (-e is ‘n verbindingsklank)
1.10. -“er” en “ s” (-er vorm ‘n persoonsnaam en “s” dui meervoud aan)
KONSOLIDASIE Deur die aktiwiteite en assesseringstake te doen, kan jou kennis van
woordvorming versterk word. Jy sal ook besef hoe ‘n moeilike woord in sy
morfologiese dele opgebreek kan word wat weer daartoe bydrae dat jy
die betekenis van die woord verstaan en dit korrek kan spel.
WAARDES Dit is belangrik om deurentyd jou woordeskat uit te brei. ‘n Persoon met ‘n
wye woordeskat het ‘n groot voorsprong bo ander, want hy/sy kan
hom/haar verbaal beter uitdruk.

You might also like