You are on page 1of 5

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 10


KWARTAAL 1 Week 3
ONDERWERP Morfologie (Woordvorming) Deel 1
DOEL VAN LES Die onderrig en vaslegging van Morfologie
BRONNE Papierbron Digitale bron
Meer inligting oor Vind hieronder die skakel na die Graad 10
Morfologie is beskikbaar in Afrikaans Huistaal Telematiese materiaal
die boekie Telematiese 2019 oor Morfologie en ander taalstrukture:
Onderrigprojek 2019
Bronmateriaal Graad 10 https://wcedeportal.co.za/eresource/112951
Afrikaans Huistaal.
INLEIDING Morfologie word ook Woordvorming genoem. Ons kyk dus na die
woordvormende prosesse waarvolgens die Afrikaanse woordeskat
uitgebrei word.

In hierdie eerste deel van Morfologie moet jy die volgende begrippe


verstaan en kan toepas:
• Morfeme (premorfeem /postmorfeem)
• Stam/basisvorm
• Simpleks
• Kompleks
KONSEPTE EN 1. Kom ons kyk nou na die volgende begrippe:
VAARDIGHEDE
• ‘n Morfeem is dié deel van ’n woord wat nie selfstandige betekenis
het as dit alleen staan nie. Dit het slegs betekenis wanneer dit
saam met ‘n stam gebruik word, bv. verhuis, huislik, en behuising.
‘n Morfeem wat vooraan die stam gevoeg word, is ‘n
premorfeem/ voorvoegsel, bv,
o ken: verken, ontken, erken, beken
o slaan: verslaan, ontslaan, beslaan
As die morfeem agteraan die stam gevoeg word, is dit ‘n
postmorfeem / agtervoegsel, bv.
o eer: eerlik, eerbaar, eerloos
o naam: naamloos, naamlik
KONSEPTE EN • ‘n Stam is die kleinste deel van ‘n woord wat selfstandige betekenis
VAARDIGHEDE het, bv. huis, skilpad, verloor, pampoen. Dit is dus die kleinste
woorddeel waarvan die betekenis in die woordeboek opgeteken is.
In die woord pampoentjie is die woorddele pampoen + tjie.

‘n Mens sal egter net die betekenis van pampoen in die woordeboek
kan naslaan, die woorddeel -tjie sal jy nie in die wooordeboek kry nie,
daarom is pampoen die stam of basisvorm.

• Ons onderskei ook tussen ‘n simpleks en ‘n kompleks:

SIMPLEKS KOMPLEKS
Net ‘n stam (basisvorm)bv. Afleidings - waar die stam
• lekker, ervaar, pampoen met voor- of agtervoegsel of
o pampoen: pam en beide verbind, bv.
poen is nie • beman, mishandel,
betekenisvolle dele nie onmoontlik
– dit is lettergrepe • werkloos, gesondheid,
vriendskap
• behuising, verwarring,
verwelkoming
Samestellings – twee of meer
stamme wat met mekaar
verbind, bv.
• kamer + venster,
• hand + boek

2. Meer oor premorfeme/voorvoegsels:

Voorvoegsels het ‘n betekenisfunksie en ‘n woordsoortelike funksie.


• ‘n Premorfeem kan betekenis dra: on- in ongesond beteken nie.
[Wenk: As jy die betekenis van die voorvoegsel moet gee, gee jy slegs
die een woord. In hierdie geval is dit nie].
• As jy die funksie van die premorfeem gevra word, moet jy bepaal
watter woordsoort die nuwe woord is. In die sin Ons sien uit na ‘n
goeie jaar, is jaar ‘n selfstandige naamwoord. Die voorvoegsel ver-
vorm die werkwoord verjaar. (Hy verjaar vandag.)
KONSEPTE EN Bestudeer nou die volgende voorbeelde:
VAARDIGHEDE
PREMORFEEM BETEKENIS VOORBEELD
anti- teen antirook, anti-dwelms
be- voorsien van bewapen, beman
e- elekroniese e-pos; e-leer
her- weer hersien, herken,
heroorweeg
mis- sleg misdaad, mishandel,
misverstand
on- nie ongerieflik, ongereeld,
ongewoon
tele- ver televisie, telefoon, telepatie

Meer oor postmofeme/agtervoegsels

Postmorfeme kan die woordsoort van die stam verander (woordsoortelike


funksie) bv.

Vorm ‘n selfstandige ▪ werk werker


naamwoord ▪ gesond gesondheid
Vorm ‘n werkwoord ▪ land beland
Vorm ‘n byvoeglke ▪ berg bergagtig
naamwoord

Postmorfeme het ook betekenis en kan die woord se betekeniswaarde


verander, bv.
POSTMORFEEM BETEKENIS VOORBEELD
-aard soort persoon luiaard, grysaard
-agtig soos kinderagtig, bergagtig,
stormagtig
-baar wat gedoen eetbaar, leesbaar, meetbaar
kan word
-aar soort persoon huigelaar, kluisenaar ,
swendelaar
-loos sonder haweloos, liefdeloos, dakloos
-skap toestand vriendskap, leierskap,
buurmanskap
-ig plesierig, gelukkig, knorrig
toestand
-lik huislik, , gruwelik,
ASSESSERING 3. Hoe vrae oor Morfologie in die eksamen gestel kan word:

3.1 Skryf slegs die stam(me) van die onderstreepte woorde neer.

Die skoolseuns is versot op toebroodjies met grondboontjiebotter en


appelkooskonfyt .
Antwoord: grond + boon + botter
appelkoos + konfyt
[Wenk: let op dat die woord appelkoos ‘n simpleks is – ons kan dus nie sê
appel +koos nie.

3.2 Verdeel die onderstreepte woorde in die onderstaande sinne in


simplekse en komplekse:

Teen die tyd dat die eerste kind opdaag, het die kampleiers reeds
aangepas by die kamplewe. En eensklaps is dit ‘n miernes, maar Lulu bly so
koel soos ‘n komkommer.

[Wenk: onthou dat ‘n simpleks slegs uit die stam/basisvorm bestaan.]

Antwoord:
SIMPLEKS KOMPLEKS
3.3. tyd kampleiers
Skryf
kindelke keer die voorvoegsel in die onderstreepte woorde neer engee
kamplewe
die komkommer miernes
betekenis daarvan.

Daar is geen televisie in die hele kamp nie. Ons woon slypskole
by wat handel oor leierskap in multikulturele omgewings.
Antwoord: tele - betekenis: ver
multi – betekenis: (bestaande uit) baie

[Wenk: die skryfwyse van die voorvoegsel is belangrik. Onthou, dit is


net ‘n woorddeel. Die koppelteken dui aan dat daar nog ‘n woord
bygevoeg moet word.]

3.4 Skryf die agtervoegsel in die onderstreepte woorde neer en gee die
funksie daarvan.

Die stappers kyk in verwondering na die boomryke landskap.

[Wenk: Onthou, die agtervoegsel kan die woordsoort verander.]


Antwoord: -ers: vorm die selstandige naamwoord (van die
werkwoord stap).
-ryke: vorm die byvoeglike naamwoord (van die
selfstandige naamwoord boom).
ASSESSERINGS- Lees die onderstaande uittreksel uit die tydskrif Weg en beantwoord die vrae
AKTIWITEIT in jou werkboek. Probeer dit eers self beantwoord voordat jy die
memorandum raadpleeg. Jy kan ook ’n gesinslid vra om jou antwoorde te
toets.

By die meeste ander plekke sal tieners net op ‘n foon doenig


wees tydens ‘n aftydjie – nie hier nie. Die boomhuis wemel van
kampgangers wat ‘n nuwe kaartspeletjie leer. Moenie vergeet
van diegene wat vleg nie. Gevlegde vriendskaparmbande is ‘n
moet! Dit sou onwaar wees om te sê dat iemand sy foon gemis
het.
[Uit:Weg, Februarie 2020]

1. Skryf die agtervoegsel van die woord tieners neer en gee die funksie
daarvan.
2. Gee die betekenis van die agtervoegsel in die woord doenig.
3. Is die woord boomhuis ‘n simpleks of ‘n kompleks? Gee ‘n rede vir jou
antwoord.
4. Skryf elke keer die stam(me) in die volgende woorde neer.
4.1 kampgangers
4.2 kaartspeletjie
4.3 vriendskaparmbande
5. Skryf die voorvoegsel van die woord onwaar neer en gee die
betekenis daarvan.
6. Wat is die funksie van die voorvoegsel in die woord gemis?

Memorandum Antwoorde:
van 1. – er. Dit vorm die selfstandige naamwoord van die telwoord tien.
assesserings- 2. toestand
aktiwiteit 3. kompleks – bestaan uit meer as een stam
4.1 kamp + gaan
4.2 kaart + speel
4.3 vriend + arm + band
5. on- beteken nie
6. Dit dui die verlede tyd aan
KONSOLIDASIE • In Deel 1 van Morfologie het ons die volgende aspekte gedek:
morfeme (agtervoegsels en voorvoegsels), stamme/basisvorme,
simplekse en komplekse. Maak seker dat jy verstaan wat die
woordsoortelike funksie en betekenis van die voor- en agtervoegsels is.
• In die volgende les gaan ons voort met Deel 2 van Morfologie. Dit is dus
belangrik dat jy al die werk in Deel 1 goed verstaan voordat ons met
Deel 2 begin.
WAARDES Toegewydheid

You might also like