You are on page 1of 7

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 10

KWARTAAL 1 WEEK 6

ONDERWERP Inleiding tot die roman: karakters, handeling en ruimte

DOEL VAN LES Inleiding tot die roman met die fokus op karakters, handeling en ruimte.
Aandag word ook gegee aan die beantwoording van kontekstuele vrae
oor die roman.

BRONNE Papierbron
Die Driehoekige sirkel: Corrie Vorster

INLEIDING Sukkel jy dalk met die beantwoording van die kontekstuele vrae oor die
roman? Die onderstaande is dalk van die redes waarom jy sukkel:

- Jy het nie die roman gelees nie.


- Jy ken nie die detail van die teks/inhoud nie
- Jy verstaan nie die literêre aspekte t.o.v. die roman verband nie

KONSEPTE EN Kontekstuele vrae toets gewoonlik die volgende aspekte: KAN JY?
VAARDIGHEDE
• Die identifisering van direkte inligting • verduidelik
• Verbandlegging wat ‘n newe-
• Die maak van afleidings karakter is?
• Eie opinie
• Literêre begrippe • verduidelik
wat die newe-
Om goeie punte te behaal, is dit noodsaaklik dat jy die karakters se
roman meer as een keer baie goed lees. belangrikste
funksie is?
Jy kan ook kantaantekeninge maak en opsomming van
die karakters maak soos jy die roman lees.

Fokus op al die bladsye of teksgedeeltes wat oor ‘n


sekere karakter handel. Sodoende sal jy die karakter se
doen en late verstaan asook ‘n goeie idee van sy/haar
KARAKTEREIENSKAPPE kry. Jy raak ook dan beter bekend
met die intieme verhoudings tussen die verskeie karakters.
Voordat jy die roman begin lees, maak seker dat jy die voorblad bestudeer.
Sodoende kan jy alreeds begin om afleidings te maak. Vele “leidrade” is
op die voorblad.

Kan jy enige leidrade op die onderstaande voorblad raaksien? Watter


afleidings kan jy dan maak?

LEIDRAAD MOONTLIKE AFLEIDING


Vrou op die voorgrond Die hoofkarakter is ‘n vrou.
‘n Krieketbal/ krieketspeler Krieketspan se afrigter- die vrou
met -kolf dalk?
Poniestert Kan dalk na haar skooljare
verwys?
Eenkant huisie Kan na haar ouerhuis verwys
Vrou draf Sy wil nie oorgewig wees nie.
Son wat opkom Sy draf vroeg in die oggend
Die talle sirkels Hou dit dalk verband met die
titel?
’n Eenvoudige huisie in Wie se huis is dit? Wat het die
die agtergrond huisie met die vrou te doen?
Die vrou kyk reguit Sy lyk gefokus/ vasberade. Dryf
vorentoe iets haar?
Dit is noodsaaklik dat jy die onderstaande literêre aspekte
wat op die roman betrekking het, ken en dit op Die
driehoekige sirkel kan toepas:

- Intrige en subintrige / spanningslyn


- Karakter en karakterontwikkeling
- Karakterisering
- Handeling
- Innerlike en uiterlike konflik
- Rol van die verteller
- Temas en boodskappe
- Agtergrond en milieu (ruimte) en invloed daarvan op
karakter en tema
- Stemming, ironiese wending / afloop
- Tydsverloop (chronologies, terugflitse, tydspronge)

In hierdie les gaan jy meer oor drie aspekte leer, naamlik


karakters, handeling en ruimte. Omdat karakters en
handeling hand aan hand gaan, word dit saam bespreek:

KARAKTERS EN HANDELING:
In die roman onderskei ons tussen hoofkarakters en
newekarakters.

Maak ‘n lys van die verskille tussen die hoofkarakter en die


newekarakters.

DIE HOOFKARAKTER NEWEKARAKTERS


Die hoofkarakter is Newekarakters word
gewoonlik ‘n volronde, eensydig uitgebeeld.
veelsydige karakter.
Die hoofkarakter word ook Newekarakters word ook
‘n ronde karakter genoem. plat karakters genoem.

Meer verteltyd word aan Minder verteltyd word aan


die hoofkarakter bestee. die newekarakters bestee.
Die hoofkarakter openbaar Newekarakters openbaar
goeie en slegte gewoonlik net goeie of net
karaktereienskappe. slegte eienskappe.
Die hoofkarakter Newekarakters ondergaan
ondergaan gewoonlik gewoonlik min of geen
karakterontwikkeling. karakterontwikkeling nie.
Die belangrikste funksie van die newekarakters is om die
hoofkarakter se eienskappe beter te belig.

Die antagonis (ook ‘n newekarakter) opponeer gewoonlik Weet jy wat


die hoofkarakter (protagonis). “opponeer”
beteken?
Vraag: Wie is die hoofkarakter in die roman en wie is die
newekarakters wat tot die hoofkarakter se ontwikkeling
bydra?
Antwoord: Die hoofkarakter is Caro en die newekarakters
wat hoofsaaklik tot haar ontwikkeling bydra, is Steyn, Ou Dok
en Betsie. Dit is hulle wat Caro met haar innerlike konflik oor
haar verlede ondersteun en selfs in haar uiterlike konflik met
Salome en George.

Die onderstaande sirkel dui die verskillende fases van die


hoofkarakter se lewe (en ook haar karakterontwikkeling)
aan:

Kan jy aan elke


fase in Caro se
lewe ‘n
newekarakter,
gebeurtenis,
houdings en ‘n
ruimte koppel?

Vraag: Wie is die antagonis/-te wat die protagonis/


hoofkarakter opponeer?

Antwoord: Salome en George. Salome vorm deel van die


liefdesdriehoek en George Thompson opponeer Caro
tydens haar krieketafrigting. Caro weier om die
anderskleurige krieketspelers uit haar span weg te laat. Sy
bly by haar standpunt om hulle in die span te hou en dit
veroorsaak konflik - totdat George uiteindelik toegee.
Die tabel hier onder sal jou help om die twee groepe
newekarakters beter te onthou:

Newekarakters: Newekarakters Onthou jy nog


wat die wat die wat ‘n antagonis
hoofkarakter antagoniste is is?
ondersteun CARO
Steyn Brink (Hoofkarakter) Salome van Biljon
Betsie en Dirk George
Thompson
Lauren Palmer Steve en Marcia
White
Ou Dok Paul Thompson

Karakterbeelding en karakterisering geskied dikwels deur


onder andere dialoog en handeling. Die gebeure in die
roman dui op alle handelinge, emosies en denke van die
karakters wat uitgebeeld word. Dit is nodig dat alle gebeure
(handelinge) in die roman funksioneel moet wees: Dit
gebeur met ‘n doel en moet bydra tot karakteropenbaring.

Voorbeelde hoe karakterisering in die roman geskied:


- Ou Dok word byvoorbeeld deur naamgewing
gekarakteriseer. Hy is ‘n dokter.
- Steyn word deur beskrywing gekarakteriseer as
iemand met vonkelende bruin oë en ‘n goedige
geaardheid.

RUIMTE:
Dit verwys na die tyd, plek en omstandighede waarteen die
verhaal afspeel.
Die milieu/ ruimte sluit die totale omgewing in waarbinne die
fiktiewe gebeure van ‘n literêre teks afspeel. Die milieu
verwys ook na die fisiese en sosiale ruimte waarin die
verhaal afspeel. Die sosiale ruimte van hierdie rooman is die
tydperk na 1994 in Suid-Afrika.

Die ruimtes waarteen hierdie roman afspeel, is: Vind uit wat
- Caro se alma mater (waar sy ‘n leerder was en nou alma mater
‘n opvoeder is) beteken.
- Die skoolkoshuis
- Blikkiesdorp (waar arm mense aan die rand van die
- dorp woon)
- die Steyns se plaas
- die sportvelde van die skool – belangrik!
- die stadsruimte van Tswane.

Die ruimte dra direk by tot Caro, die hoofkarakter, se


karakterontwikkeling asook die uitbeelding van die sentrale
tema, naamlik dat verkeerde lewenskeuses ‘n invloed op ‘n
mens se lewenspad het.

Voorbeelde van vrae wat oor ruimte gevra kan word:

Vraag: Deur wie word die ruimte/ milieu uitgebeeld?


Antwoord: Dit word deur die verteller of die karakters se
beskrywings uitgebeeld.

Vraag: Wat, dink jy, is die funksies van die ruimte/ milieu?
Antwoord: Die funksies van die ruimte/ milieu is die
volgende:
- Dit maak die verhaal meer geloofwaardig.
- Ons raak bekend met die verskillende leefwyses en
lewenstyle van die karakters.
- Ruimte/ milieu skep ‘n toepaslike atmosfeer.
- Die milieu het ‘n direkte invloed op die uitbouiing van
die tema van die verhaal.
AKTIWITEITE/ Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek. Probeer dit eers self
ASSESSERING beantwoord voordat jy na die memorandum loer.

Lees die onderstaande uittreksel uit die roman en beantwoord die vrae wat
volg:

“Sy klim die trappies een vir een, stadig, tog doelgerig. Op die stoepgedeelte
voor die klaskamers staan sy sekondes met geslote oë. Links, weet sy, was dit
Biologie, Aardrykskunde en Wetenskap. Regs was Ekonomie, Rekeningkunde
en Tik: nou seker ‘n Rekenaarsentrum. Tale was altyd in die middelste groot
klasse.

Haar oë gly oor die netjiese sportvelde – omsoom met rosige rantjies anderkant
die pawiljoen. Dit is stil, maar wanneer sy haar oë sluit, hoor sy vrolike gelag en
kinderstemme deur die jare na haar kom … Wat het my besiel om terug te
kom? Iemand moet tog betaal vir my seer; sal dit ‘n afsluiting wees? Sal dit
afsluiting wees? Sal ek vry wees?”
Vrae:

1. Watter aanduidings is daar in die uittreksel dat Juffrou Eksteen (Caro)


die hoofkarakter in die roman is? (2)

2. Ruimte speel ‘n belangrike rol in hierdie roman. Noem enige twee


ruimtes, uit die uittreksel, wat belangrik is in die verloop van die
gebeure in die roman. (2)

3. Wat is die eintlike rede hoekom Caro na haar tuisdorp


teruggekeer het? (1)

4. Noem die belangrikste innerlike karaktereienskap wat reeds vroeg


in die roman oor Betsie Delport as newekarakter bekend raak en
verduidelik die implikasie daarvan. (2)

5. Op watter wyse en uit watter perspektiewe word newekarakters soos


Lauren, Steyn, Salome, Betsie en Dirk gekarakteriseer? (2)

MEMORANDUM 1. Die gebeure word uit Caro se perspektief gestel; die roman handel
meestal oor haar. Caro se gedagtes en haar innerlike konflik word reeds
vroeg weergegee.
2. Die skoolterrein en die pawiljoen.
3. Caro het teruggekom vir vergelding: Om wraak te neem teen Steve
White vir die pyn en vernedering wat hy en sy pa haar familie
aangedoen het.
4. Betsie het ‘n vrolike, spontane en praterige geaardheid. Betsie se
belangrike rol as newekarakter is om ‘n bron van inligting en nuus vir
Caro te wees. Dirk keer haar dikwels as sy te veel inligting bekend wil
maak.
5. Karakterisering geskied deur Caro se subjektiewe waarnemings, deur die
newekarakters se dialoog en handeling asook deur selfkarakterisering.

KONSOLIDASIE • Maak seker jy verstaan waaroor die iinhoud van die roman handel. Ook
dat die newekarakters ‘n invloed op die hoofkarakter het en andersom.
• Probeer ook om karakters alfabeties te organiseer.Byvoorbeeld: Betsie,
Caro, Dirk, George, Marcia, Steyn … Voltooi gerus die lys!
• Jy moet ook die literêre aspekte ken wat met die roman verband hou.

WAARDES Toewyding; Selfgerigte leer; Liefde vir lees

You might also like