You are on page 1of 3

Afrikaans EAT 277, 377 en 477

Toring van Jasmyn is die veelbekroonde jeugroman geskryf deur Derick van der Walt en speel in
die kleurvolle strate van Istanboel af. Markus Combrink reis saam met sy pa, suster en "nuwe
boetie'' Neil (hy trek in by hulle na sy ouers se dood), na dié Turkse stad. Terwyl hulle pa werk,
verken die tieners die pragtige besienswaardighede en raak bevriend met twee plaaslike tieners,
Meryem en Sahib. Daar is politieke onrus, en bomaanvalle deur plaaslike terreurgroepe dreig om
die Combrinks se vakansie in ’n nagmerrie te omskep. Boonop worstel Markus met sy ouers se
onlangse egskeiding en moet Neil die verlies van sy ouers verwerk. Wanneer Markus se suster
egter ontvoer word, begin die poppe behoorlik dans. Die vakansie ontaard in ’n avontuur wat die
Combrinks nie sommer sal vergeet nie.

Lees gerus die volgende twee artikels voordat jy met jou finale opstel begin:
https://www.litnet.co.za/resensie-toring-van-jasmyn-deur-derick-van-der-walt/

https://www.litnet.co.za/skrywersonderhoud-derick-van-der-walt-oor-toring-van-jasmyn/
Skryf ’n opstel van 750-1000 woorde waarin jy die geskiktheid van Toring van Jasmyn as
jeugroman bespreek. Die volgende aspekte dien as riglyne:

1. Storie en karakter:
• Het die verhaal ’n vertelling wat sterk genoeg is om lesers se aandag te behou (is dit
interessant genoeg)?
• Sal die storielyn die beoogde gehoor/leser se aandag behou – kan jong lesers met die
storielyn identifiseer?
• Wat is die tema? Is dit goed gekommunikeer en die moeite werd om te kommunikeer?
• Kan die verhaal tot ’n bespreking tussen lesers lei? Motiveer jou antwoord.
• Is die karakters geloofwaardig en/of bewonderenswaardig? Motiveer.

• Vind daar karakterontwikkeling en groei plaas (verwys hier na die protagonis/antagonis


ronde/plat karakters en randfigure)?

• Sal die verhaal help om die leser se begrip en bewustheid uit te brei? Motiveer!

• Is die storielyn oorspronklik en aanloklik?

• Is die omgewing uniek en interessant?

• Versterk die verhaal (insluitend teks en/of illustrasies) stereotipes?

• Oorweeg die maniere waarop ras, geslag, seksualiteit, vermoë, klas en ouderdom
uitgebeeld word in die boek/storie. Watter rol speel dit in die verhaal (dink hier veral aan
die funksie van venster, spieël en deur)?

• Met betrekking tot mag en ideologie: Wie se storie word vertel? Vanuit wie se
perspektief/oogpunt?

• Watter karakters het mag in die storie? Hoe word dit deur die skrywer hanteer of
ondersoek?

• Is daar konflik in die storie? Hoe dra dit by tot die geslaagdheid van die roman?
2. Taal:
• Word taal gebruik om diepte en beeldspraak by die verhaal te voeg?

• Kommunikeer die taalgebruik die stemming van die verhaal? (stemming bv. hartseer,
vrolik, morbied ens.)

• Word taal gebruik om opwinding en spanning effektief op te bou?

• Word humor ingesluit om leerderbetrokkenheid te verhoog?

• Word humor ingesluit sonder om stereotipes aan te vuur of ander te verneder? Verskaf
’n voorbeeld.

• Is die leesvlak en kompleksiteit van taal geskik vir die leser?

• Sal dit jong lesers uitdaag sonder om vir hulle ontoeganklik te wees?

3. Illustrasie en teks:
• Gee die voorblad van die boek vir ons ’n aanduiding waaroor die boek handel?

• Sal die beoogde gehoor die boek aanloklik vind en lesers aanmoedig om dit op te tel?

• Is die teks duidelik en leesbaar?

• Word illustrasies gebruik om die verhaal te versterk en lewe te gee? Hoekom/hoekom


nie?

• Pas die illustrasies goed by die teks? Dink hier veral aan die voor- en agterblad!

• Gaan loer weer na die doel van die voor- en agterblad, sowel as tekskenmerke, soos
bespreek in die kortverhale notas.

You might also like