You are on page 1of 28

FIELA SE KIND

- die drama
Dalene Matthee
DIE DRAMA
WAT IS ʼn DRAMA?

Wat is 'n drama?


• 'n Drama is 'n storie wat geskryf is om deur
akteurs opgevoer te word.
• Dit word in dialoogvorm geskryf.
• Karakterisering en konflik is belangrike
tegnieke.
• Alhoewel 'n drama opgevoer behoort te word,
kan 'n mens ook die teks of geskrewe
weergawe lees en jou die handeling verbeel.
DIE DRAMA
HOE MOET EK ONDERRIG?

• Aktiveer voorkennis
PRE-LEES
• let op hoe woordkeuse, taalgebruik, beelde, ens., die
betekenis van die teksbeïnvloed
LEES • Gebruik leesbegripstrategieë

• beskou en beoordeel teks in geheel


POST-LEES
WAT MOET EK ONDERRIG?
KABV, bl. 32 • Motoriese moment
• Verwikkeling
Dialoog • Klimaks
Tyd Beeldspraak • Ontknoping
• Slot
Verhoog- en Struktuur-
toneelaanwysi
ngs elemente

Handeling Literêre Tema/


kenmerke boodskap

Dramatiese Intrige
en sub-
ironie
intrige

Ruimte Karakterisering

Konflik
Hoe lyk ʼn drama?
- struktuurelemente (bou)
Hoe lyk ʼn drama?
• Eksposisie: voorstelling van karakters, plekke, tydperk,
atmosfeer , ens.
▪ Elias van Rooyen is die ANTAGONIS

• Motoriese moment: Die besoek van die sensusmanne


op die Komoeti’s se plaas nie

• Ontwikkelingsfase: Lukas word in die bos “gevange”


gehou deur die Van Rooyens (SPANNING)

• Krisisfase: WENDING vind plaas. Lukas aanvaar hy is


nie ʼn Komoetie nie, maar ook nie ʼn Van Rooyen nie.
• Klimaks: word TWEE keer aangepak
▪ Lukas probeer Barta kry om te erken dat hy nie haar
kind is nie
▪ Barta erken dat sy hom nie herken het nie

• Ontknoping: Lukas besluit wie en wat hy is – hy


aanvaar hy is Benjamin Komoetie.
Karakterisering:
• Dit wat mense sê vertel ons van hulle karakters
byvoorbeeld die Komoetie-gesin wat antwoorde uit die Bybel kry
– hulle is godsdienstig.

• Ons noem dit karakter-openbarende dialoog


▪ “Seil soos ʼn slang, Fiela! As jy voor ʼn wit mens verleë staan,
moet jy laag buk”

• Hoe hanteer die karakters konflik?


byvoorbeeld konflik tussen Fiela en een van die sensusopnemers
▪ Fiela is nie bang nie; vat selfs die sensusmanne aan.

• Name wat karakters het, sê soms iets van hulle persoonlikheid


▪ Benjamin – beteken naam wat verander is. (Jakob en Ragel se
seun Benjamin: Ragel noem hom Ben-Oni wat pyn en smart
beteken. Jakob verander dit later na Benjamin wat Seun van
Voorspoed en Geluk beteken)
Intrige en karakterisering:
 Intrige:
▪ Lukas verdwyn as 3-jarige – uitgebreide soektog begin
▪ Fiela neem hom in – wit hanskind word ʼn Komoetie
▪ Nege jaar later kom sensusopemers by die Komoeties
aan
▪ Uitkenningsparade voor die Knysna magistraat
▪ Benjamin word aan bosmense,Van Rooyens, gegee
▪ Fiela poog om hom terug te kry
▪ Band ontwikkel tussen Benjamin en sy “suster” Nina
▪ Lukas bly 7 jaar in die bos
▪ Lukas konfronteer Barta
▪ Hy verander sy naam weer terug na Lukas Komoetie
DIE KOMS VAN DIE SENSUSMANNE NA
WOLWEKRAAL (Motoriese moment)
Karakters …
• Hoofkarakter – protagonis – Benjamin Komoetie
• Newe-karakters – Fiela is die belangrikste
• Ander newe-karakters – Elias, Bartha, Selling en Nina
• Hoof-antagonis – Elias
• Ander karakters – Die Lange en die Dikke, die
magistraat, tannies in die bos, Kaliel en John Benn
KARAKTERS
DIE KOMOETIE-GESIN

Fiela en Selling Komoetie Benjamin Komoetie

Dawid, Tollie, Kittie en Emma en Benjamin


DIE VAN ROOYEN-GESIN – nuwe familie

Elias Barta Nina

Willem Kristoffel Lukas (Benjamin)


Ruimte:
• Lange Kloof – simboliseer liefde, deernis, omgee,
veiligheid.
• Knysnabos – die bos is ruig en ondeurdringbaar.
Bosbewoners is uiters armoedig. Simboliseer gevaar en
mishandeling van kinders.
• Die see-ruimte – hoofrolspelers is John Benn en Kaliel
September. Dit simboliseer oopte. Lukas kan die sterre
sien en besef dat hy Nina liefhet, maar hoor ook die
tyding van sy broer se dood.
Kwessies rakende Fiela se kind – die drama:

• Identiteitsverwarring: Benjamin word Lukas


▪ Kinders wat uit hulle bekende omgewing geruk word:
Benjamin word weggeruk van Fiela
▪ Kindermishandeling en –verwaarlosing: Elias
▪ Die effek van donkerte op die psige: Oop, ligte
Karoo-ruimte teenoor die donker, klam, bosruimte.
Kindermishandeling en –verwaarlosing
• Ruimte:
▪ Oudtshoorn en volstruisboerdery teenoor die
Knysnabos (Die Knysnakoppe)
Konflik – interne en eksterne botsing
• Intern:
▪ Fiela se wroeging (Bespreek)
▪ Lukas se konflik (Bespreek)

• Ekstern:
▪ Benjamin en die sensusmanne
▪ Benjamin en die magistraat
▪ Fiela en die magistraat
▪ Lukas en Bartha / Elias
DIE TWEEDE KOMS VAN DIE SENSUSMANNE.

Uiterlike konflik tussen die sensusmanne en Fiela.


Benjamin word van die plaas weggeneem.
In die hof
Die aankoms van Benjamin by die Van Rooyens (sy nuwe familie)
Lukas loop weg; word gevang en geslaan
Tema en boodskap
Tema of hoofgedagte:
• Die mens is aan die genade van ...
▪ besluite van iemand anders en/of
▪ ʼn maatskaplike en politieke stelsel
...uitgelewer
MAAR
Ook die bevryding en oorwinning daaroor.
Tema of hoofgedagte in Fiela se kind – die drama:
• Die bruin mense is aan die genade van wit
mense se besluite uitgelewer.
• Fiela beveg vooroordeel – ʼn wit kind mag nie by
bruin mense woon nie.
• ʼn wit man moet “baas” genoem word.
• Nina is uitgelewer aan haar pa se geweld en
vernedering vir sy gemak en geldsug.
• Lukas was uitgelewer – een man het hom
uitgelewer aan swaarkry en mishandeling met die
woorde “Die een met die blou hempie”.
• Benjamin en Nina neem hulle lot in hulle eie
hande en oorwin hulle lot.
Boodskap: Wat is die lewenswaarheid of insigte
waartoe jy kom, nadat jy vir Fiela se kind – die
drama gelees of gekyk het?

• Moenie mense op grond van klas of ras stereotipeer


nie.
• Die mens se besluit of woorde kan noodlottige
gevolge op een die ander hê.
• Die mens kán sy moeilike omstandighede oorwin.
• ...
Aktiwiteit:

Bespreek die volgende kwessies.

• Is die drama nog relevant?


• Verskaf redes.
Baie dankie!

You might also like