You are on page 1of 6

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 12


KWARTAAL 1 Week 7
ONDERWERP Dramatiese Struktuur/Fases van Krismis van Map Jacobs deur Adam Small
DOEL VAN LES Bespreking en vaslegging van dramatiese struktuur
BRONNE Papierbron Digitale bron
Skooluitgawe: Krismis van geRAT in samewerking met Solidariteit
Map Jacobs BL. 70-71; https://drive.google.com/file/d/1nWKshHFvfKA
91-92 1rwurro4Im5ldXYn-uY06/view?usp=sharing
INLEIDING In hierdie les gaan ons die verskillende fases van die drama kortliks
bespreek. Dit is belangrik dat jy die struktuur of verloop van die drama
moet ken ten einde die storie te volg. Hierby wil ons dan weer die
belangrikheid by jou aanwakker om die drama/teks/boek te lees.

Maak ook seker dat jy aan klasbesprekings, gonsgroepe en maat-tot-


maat geselsies deelneem. Dit verbreed jou kennis en versterk die inligting
en verstaan oor die drama.. Ook jou te herinner dat die besprekings, vrae
en inligting in die skooluitgawe/leesteks belangrik is vir voorbereiding op
formele assessering en eksamen.

Wenk: gebruik vorige vraestelle vir voorbereiding, kyk na vraagstelling en


let op die riglyne by beantwoording van vrae, veral oor dramatiese
struktuur vir verskerping en vaslegging van hierdie les.
KONSEPTE EN In hierdie les gaan jy: KAN JY?
VAARDIGHEDE - die belangrikheid van - die dramatiese struktuur
die lees van die drama opnoem/neerskryf?
bevestig
- die tonele aanwys waar die fases
- die gebeure in die
tonele begin?
opsom - die werkblad hier onder op jou eie
- die dramatiese struktuur voltooi?
verken en vaslê/leer - Die vrae oor fases van die drama in
-aktiwiteit/-e of vrae oor vraestelle beantwoord?
die fases voltooi of
beantwoord
ONTHOU:
‘n Drama is ‘n storie wat op die verhoog in
teaters of sale of enige bymekaarkomplek
deur verskillende karakters opgevoer of
uitgebeeld word.
AKTIWITEITE/ Kom ons verfris net weer jou gedagtes deur die storie vlugtig te hersien.
ASSESSERING
Agtergrond van die drama, Krismis van Map Jacobs (bl. Ix – x in
skooluitgawe):
Die drama speel af in die Aparheidsera waar volgens die
Groepgebiedewet van 1950 bepaal dat seker gebiede slegs aan sekere
rasse toegeken is (slegs blankes of slegs kleurlinge daar mag woon). So is
Distrik Ses in Kaapstad as blankegebied verklaar en het gedwonge
verskuiwing van sowat 65 000 Kleurlinge na die Kaapse Vlaktes plaasgevind.

Dié drama beeld uit die lewensomstandighede van die karakters wat uit
hulle huise, buurte, sosiale strukture en identiteit “gebulldoze” is en nou maar
net poog om hul menswaardigheid te behou en bloot te oorleef.

Nou moet jy daarop let dat hierdie drama uit twaalf (12) tonele bestaan.
Hier is nou ‘n lekker maklike manier of aktiwiteit om die tonele en gebeure te
onthou:

1. Trek die volgende tabel in jou werkboek of ‘n blad en voltooi. Jy kan met
jou maatjie saamwerk. (gebruik die teks/boek as bron). Toneel een is as
voorbeeld voltooi:
TONEEL WIE WAAR
1 CAVERNELIUS, MAUDE WOONSTEL
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
Let Wel: Die riglyne word verskaf, maar jy moet dit eers self voltooi.

As jy hierdie tabel kan voltooi, verstaan jy die chronologie waarin die


gebeure afspeel.
Vervolgens gaan ons elke toneel se inhoud kortliks opsom. Hier is een van
die maniere waarop jy dit kan onthou:
Kom ons gebruik die LETTER van die TONEEL as AANKNOPING:
Toneel EEN (bl.1 – 4):
• Emosies loop hoog somme van begin af: Maud is gefrustreerd omdat
Cavernelis so min tuis is weens twee werke wat hy doen en Cavernelis
wil uit die buurt trek oor die gespot en geterg van die leeglêers.

Toneel Twee (bl. 5 – 8) :


• Terugkeer van Map uit die tronk word aangekondig en skep
spanning. Die kersorkes, Star of Redemption, oefen. Blanchie verskyn
en is mooi aangetrek waarna die kerimspelers aanmerkings maak.

Toneel Drie (bl. 8 – 13):


• Dissipel van Jesus : Map se bekering...vertel Antie Grootmeisie en
praat ook oor Blanchie... mense hier genoem: Apostel George, Miss
Africa, Blanchie, Cavernelis en kersorkes.

Toneel Vier (bl. 13 – 15):


• Verlede en Verhoudings : Map en Blanchie se verliefdheid as tieners.

Toneel Vyf (bl. 15 -25) :


• Vele gesprekke : Cyril, Richie, Maude ... bespiegel oor wat daardie
aand gebeur het / impak op antie grootmeisie... woordewisseling
tussen leeglêers en Maud, ook moveer hulle vir Blanchie... Cavernelis
is geskok oor Map uitkom en beskermend teenoor Blanchie.... sy
besoek vir Map in die tronk.

Toneel Ses (bl. 25 – 35):


• Seer van daardie aand se gebeure : Map vertel wat gebeur het /
Map se berou / impak almal / vra vergifnis vir Antie Grootmeisie en
God.

Toneel Sewe (bl. 35 – 37) :


• Saxafoon : orkes oefen kliphard vir die kompetisie / opgewondenheid
/ Miriam kom neem mates vir uitrustings...spanning toe sy Map noem.

Toneel Agt (bl. 38 – 44):


• Agterbaks / agteraf : Tommy vertel Map van alles en almal / ook
Blanchie se agteruitgang.

Toneel Nege (bl. 44 – 47) :


• Negatiewe omgewing en samelewing : Map sukkel om werk te kry...
oor sy tatoos en omstandighede...hy voel steeds vasgevang, maar
hoopvol.
Toneel Tien (bl.47 -52):
• Township / Tronk : Willie Laguma in gesprek met Map oor fitness en
praat met Cavernelis oor die vasgevangendheid in dié woonbuurt .

Toneel Elf (bl.53 – 55):


• Erge emosies :Blanchie se teleurstelling dat sy nie die kontrak gekry
het nie / Maud is keelvol en verwyt Blanchie en Cavernelis /
Cavernelius is gebreek ... hy staan en staar net... die twee vrouens
omhels mekaar.

Toneel Twaalf (bl. 56 – 62):


• Toekoms : straat waar alles begin / alles eindig / almal : Richie & Cyril
speel kerrim / Laguma & Tommy / Blanchie en Map / Willie Laguma
bring vir Maud die nuus oor Cavernelis se selfdood / Antie
Grootmeisie praat vir die eerste keer in jare... “Johnny“

Dankie dat jy die opsomming deeglik deurgelees het, Nou besef jy seker
hoe belangrik dit is om die kerngebeure te onthou. Nou kan ons die
dramatiese struktuur in hierdie drama uitwys.

Hier is ‘n skematiese voorstelling van die fases / dramatiese struktuur:

2. Die onderstaande tabel handel oor die dramatiese struktuur. Voltooi die
tabel deur na die betrokke tonele te verwys. Soos altyd, probeer eers om op
jou eie die aktiwiteit te voltooi en vergelyk dan jou interpretasie met die
riglyne.
Gebruik bl. 92 van die leesteks as hulpbron.
FASES BESKRYWING TONEL
E
Eksposisie
Motoriese moment
Ontwikkeling
Krisis
Klimaks /
Afloop /
hoogtepunt
ontknoping
MEMORANDUM 1. Die tabel vir tonele:

Nota : onthou hierdie oefenblad is n manier om jou te help om die


chronologie of orde van gebeure van die drama te onhou.

Jy het dalk jou eie metode/-s en indien dit vir jou werk, gebruik dit gerus. Die
belangrikste is dat jy gereeld hersiening of oefening moet doen om groot
sukses te behaal.

TONEEL WIE WAAR


1 CAVERNELIUS, MAUDE WOONSTEL
2 CYRIL, RICHIE, TOMMY , BLANCHIE (KERSORKES) STRAAT
3 MAP, ANTIE GROOTMEISIE, BLANCHIE, TRONK
MISS AFRICA, APOSTEL GEORGE
4 MAP, BLANCHIE PARKIE
5 MAUD, CYRIL, RICHIE, CAVERNELIUS STRAAT
6 MAP, ANTIE GROOTMEISIE, APOSTEL GEORGE TRONK
7 KERSORKES, MIRIAM, STRAAT
8 MAP, TOMMY STRAAT
9 MAP STRAAT
10 MAP, WILLIE LAGUMA STRAAT
11 BLANCHIE, MAUD, CAVERNELIUS WOONSTEL
12 ALMAL STRAAT
2. Die riglyne van die Dramatiese Struktuur:

FASES BESKRYWING TONEL


E
Eksposisie Die bekendstelling van karakters, plek,
agtergrond, probleme en tyd met behulp 1&2
van dialoog, handeling, dekor, kostuums,
ens.
Motoriese moment Die gebeurtenis wat die dramatiese
handeling aan die gang sit.
Bl. 9 “ek kom yt op die sewende wat nou 3
kom, annermaand …”
Ontwikkeling Toenemende spanning bou op met die 4, 5, 6,
dialoog en interaksie tussen karakters en hul 7, 8, 9
onderskeie verhoudings. & 10
Krisis Dit is die toppunt van die spanning waar 11
Maud, Blanchie en Cavernelis
woordewisseling het oor Blanchie se
mislukte modelkontrak
Klimaks / Die spanning of konflik kom tot ‘n
hoogtepunt uitbarsting waar Cavernelis selfdood pleeg 12
toe hy voor ‘n trein inry ten aanskoue van
Laguma
Afloop / Hier vind die ontrafeling of gevolge van die
ontknoping klimaks plaas: wat gebeur aan die einde
met die karakters en hul omstandighede?
Almal, ook Maud, bly steeds vasgevang in 12
hul uitsiglose bestaan, Blanchie en Map
vind mekaar en Antie Grootmeisie sê:
“Johnnie…”
KONSOLIDASIE Herhaal die aktiwiteite totdat jy vertroud is met die inhoud en seker is jy besit
die nodige kennis en vaardigheid om vrae oor die Dramatiese Struktuur in
die eksamen te kan beantwoord.
Lees ook die glossarium van literêre en dramabegrippe bl.90 -95
Hersien ook vorige NSS-vraestelle:
Voorbeeldvraag: NSS November 2019
15.10 Waar pas TEKS J in die struktuur van die drama in? Motiveer jou
antwoord

WAARDES Leergierigheid en bekwaamheid

You might also like