You are on page 1of 5

ESTA STEYN

‘n Bespreking en ontleding deur dr. Sonia du Plessis

KOPIEREG 2016

las@yebo.co.za
sel 0832543906

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek mag gereproduseer word in enige vorm of op enige
manier, elektronies of meganies, insluitende fotokopiëring, plaat- en bandopname of deur enige
inligtingbewaring- en ontsluitingstelsel, sonder die skriftelike verlof van die skryfster nie.

1
KONTEKSTUELE VRAE
Sny ‘n smal karton die lengte van die romanbladsy. Plaas die karton
teenoor die gedrukte lyntjies op p.5 en nommer die lyntjies op die
kartonnetjie. Gebruik nou dié karton om die reëlverwysings te kry
waarna in die vrae verwys word.
1. Die verhaal speel af op twee tydvakke, naamlik die hede en die verlede.
Verduidelik hierdie stelling deur r.1—12 en r.17 en verder (p.3) met mekaar te
vergelyk.
2. Benoem die beeldspraak in r.10 p.3.
3. Spreek u uit oor die taalgebruik en die funksie daarvan soos dit blyk uit die
dialoog van oom Kêppies op bladsy 3.
4. Die leser weet nie onmiddellik waarvoor Leendra tronk toe gestuur is nie. Wat
is die funksie hiervan?
5. Hoe word hierdie ontbrekende eksposisie verder in die roman aangebied?
6. Hoekom sal Leendra net letterlik vry wees en nie figuurlik nie (p.4 r.2-4)?
7. In r.2-4 p.4 word die hoofintrige van die roman geopenbaar. Bespreek.
8. Word die sin wat in r.18 gekursiveer word, op p.4 op letterlike of figuurlike wyse
gebruik?
9. Waarom word dit gekursiveer?
10. Watter wyse van karakterisering is ter sprake in r.1 en 9 p.5?
11. Watter karaktereienskappe blyk uit bogenoemde karakterisering?
12. Wat is die funksie van die ellips in r.10 p.5?
13. Wat is dit wat Leendra wil uitvind? (p.5 r.26).
14. Skryf die karaktereienskappe neer van ‘n “rissiepit” (p.6 r.5)
15. Tipeer pastoor Gerald soos dit blyk uit die paragraaf wat in r.8 op p.6 begin.
16. Skryf die verskil en ooreenkomste neer in die milieus van Soutmansdal en
Vlaktevlei (p.6 r.13-30).
17. Karakteriseer Jamaina soos dit blyk uit p.7 r.11-16.
18. Waaroor voel Gerald skuldig? (p.7 r.25)
19. Hoekom dink u het oom Phil nooit vir Leendra gebel of geskryf nie? (p.11 r.9-
10).
20. Hoe lank was Leendra in die tronk? (p.11 r.27)
21. Karakteriseer Mara Marais uit hoofde van r.9-14 op bladsy 12.
22. Hoe sluit die uiterlike en innerlike karakterisering by mekaar aan (p.12 r. 18-
19)?
23. Dink u dat Mara Marias se opmerking dat die Bonthuyse se besoek net “pure
nuuskierigheid” is, is korrek? (p.13 r.11)
24. Waar voel Leendra werklik tuis? (p.14 r.18)
25. Benoem die beeldspraak in r.2-3 p.15. Skryf die funksie daarvan neer.
26. Skryf die karaktereienskap van Mara neer soos dit blyk uit r. 16 p.15.
27. Karakteriseer Mara soos dit blyk uit r.25-27 p.15.
28. Leendra se woorde in r.28 p.15 is karakteropenbarend. Verduidelik.
29. Daar word telkens na Sielie verwys of na haar gesoek (p.16 r.4). Wat is die
funksie daarvan?

2
MOONTLIKE PARAGRAAFTIPE EN LANGVRAE
1. Bespreek die karakterontwikkeling in Leendra Hellberg se lewe deur te
verwys na haar geestelike groei en ontwikkeling in reaksie op die
verhaalgebeure en interpersoonlike verhoudings.
2. Leendra se soeke na die waarheid is ‘n deurlopende motief in Droomdelwers.
Bespreek.
3. Bespreek die interne en eksterne konflik wat Rebekka en Gretel in Gerald se
lewe teweegbring.
4. Stem u saam dat alhoewel Leendra vrygelaat is uit die tronk, sy ‘n
gevangene bly? Bespreek volledig.
5. In die roman speel die milieu ‘n bepalende rol. Bespreek met verwysing na
Vlaktevlei, Soutmansdal en die Soutmans Hotel. Toon ook aan hoe die
Kleinkloof die spanning tussen die onderskeidelike milieus ophef.
6. Die karakters in die literêre teks leef in die fiktiewe wêreld van die teks en
word as geronde of plat karakters uitgebeeld. Bespreek hierdie stelling deur
na voorbeelde van elk in Droomdelwers te verwys.
7. Toon aan hoe konflik bydra tot spanning in Droomdelwers.
8. Bespreek die bou van die roman deur na die motoriese moment, eksposisie,
klimaks en ontknoping in Droomdelwers te verwys.

DIE KARAKTERS
LEENDRA VAN HELLBERG
GEVANGENESKAP
- Leendra het by die hotel gewerk en is uit haar werk ontslaan. Sy is aangekla van
diefstal. Sy het die aand hotel toe gegaan om Gilbert te gaan konfronteer. Dit
het op ‘n skietery uitgeloop en sy het Ferdinand noodlottig gewond.
- Daarvoor het sy sewe jaar lank tronkstraf uitgedien
- Tydens haar gevangeneskap is daar selfs ‘n fisiese verandering in haar
voorkoms: die sagte ronding van haar wange het plek gemaak vir skerper lyne.
- Na haar ontslag uit die tronk het sy geen bagasie nie, maar net “‘n helse vrag uit
die verlede”.
- Sy word wakker die eerste dag van haar vrylating en weet dat sy nooit vry sal kan
wees voordat sy nie die waarheid weet nie. Die volle waarheid en niks anders as
die volle waarheid nie.
- Sy weet verder nie of sy regtig vry is nie… Daar is dinge wat sy nie kan aanvaar
nie.
- Sy het onder andere nie vrede met die vonnis wat sy moes uitdien nie.
- Leendra voel sy het tyd nodig. Sy gaan aanhou karring tot sy weet wat daardie
middag van haar pa en ma se dood gebeur het. En wat Gilbert Redelinghuys
daarmee te doen gehad het. Sy haat hom niks minder as daardie tyd nie. As sy
daardie dag weer kon oorkry, sou sy hom weer wou skiet.
- Sy sukkel om aan te pas: haar gedagtes word wilde swart diere wat uit
skaduwees loer en haar uit haar skuiling wil verdryf.

3
GEDWONGE VERSKUIWING
- Die mense van Vlaktevlei moet na Dwarsmansdal verskuif word – die
Redelinghuyse wil ‘n nuwe vakansieoord daar bou.
- Die grond is 99 jaar gelede op ‘n huurpagstelsel aan die munisipaliteit verhuur en
die Redelinghuyse wil nie die kontrak hernu nie.
- Die munisipaliteit is vroeër hiervan in kennis gestel, maar hulle het versuim om
enige reëlings te tref.
- Hierop volg vergaderings, betogings, televisiepublisiteit, vandalisme en
aanranding, Rebekka se moord, worsteling, onsekerheid en baie ongelukkigheid.
- Ten slotte volg ‘n gelukkige einde wanneer Vlaktevlei deur die ryk Italianer, Mario
Martinelli gekoop word en die inwoners van Vlaktevlei se omstandighede drasties
verbeter.
- Die Vlaktevleiers het nou hulle eie paradys gehad en was baie tevrede.

4
5

You might also like