You are on page 1of 12

58419020 AFK2602 ASS.2 – Semester 1-2019 L.

Mörsner

Lizelle Mörsner

Student no: 58419020

Unieke nommer: 764422

AFK2601

Genre en Tema

Werkopdrag: 2

1
58419020 AFK2602 ASS.2 – Semester 1-2019 L.Mörsner

Inhoudsopgawe

LEEREENHEID 3
Vraag 3.1-3.2.6 p – 3-4

LEEREENHEID 4
Vraag 4.1 – 4.2.6 p – 4-5

LEEREENHEID 5
Vraag 5.1 – 5.2 p – 5-6

LEEREENHEID 6
Vraag 6.1- 6.3 p – 6-8

Bronnelys: p–9

Plagiaat: p - 10

2
58419020 AFK2602 ASS.2 – Semester 1-2019 L.Mörsner
LEEREENHEID 3
“Die digter as rockstar”
3.1.1
Die digter Loftus Marais is die spreker in “Die digter as rockstar” Loftus Marais is ‘n nuwe jong
digter.

3.1.2
Die mense om Loftus Marais en N.P van Wyk Louw. Die ouer Afrikaanse digters en kritici’s.

3.1.3
L.Marais verset hom teen die ou maniere van gedigte skryf. Hy dig op sy nuwe manier van vandag
se generasie van hoe hulle praat. Gedigte hoef nie te rym nie. Marais wil die tradisies verbreuk, hy
voel die dig manier van vroeë jare het nie meer so toepassing op vandag se leefwyse en taalgebruik
nie. Gedigte is vir almal, so daar is Engels en Afrikaans gemeng in die nuwe gedigte. Die poësie
system wil hy verander.

3.1.4
Die digter L.Marais meng sy Engels en Afrikaans heeltemal net soos vandag se jongmense. Die
taalgebruik is kru, maar is ‘n deurbraak en voorbeeld van nuwe poësie, asook nuwe taalgebruik wat
dit verteenwoordig reël 1 -“fok jou”, reël 3 - “punctuation as piercings”, reël 4 -“trash hotelkamers,
fok jou.” Hy vloek baie.

3.1.5
Marais probeer sy punt baie duidelik stel, dat hy anders is en die ou maniere van dig, wil hy nie
aanvaar nie. Hy wil alles verander. NP van Wyk Louw se gedig “Die Beiteltjie” is niks in
vergelyking met sy lugdrukboor. ‘n Nuwe era in Poësie en Literatuur. Die nuwe era van dig is nou
hier en dit moet verander. Hy wil sommer letterlik met sy staal lugdrukboor die ou Afrikaanse
manier van dig verander. Marais is baie krities in sy gedigte teenoor die gevestigde Afrikaanse
poësie.

“Verkeerswaarneeming”
3.2.1
Gesofistikeerde ouer wit dame met baie geld wat in haar BMW ry “mevrou”.
Die taxi bestuurder nie sie wel af nie, ry ʼn taxi en is swart wat nie by die reëls van die pad hou nie,
wat jaag en soos ‘n padvark ry asof die pad aan hom behoort.

3.2.2
Hulle albei jag, gebruik nie hulle flikkerligte nie en gehoorsaam nie die pad reëls nie.
“Road rage” Padgeweld. Reël 3 - “ry in voor die taxi, maar soos dit verby die BMW steek spoeg
die bestuurder, terwyl hy sy vinniger spoed behou”. Reël 10- “en met ‘n tipe takt haar veërs aansit.”

3.2.3
Die gedig is meer ‘n storie wat vertel word as ‘n gedig reël 4 is daar hoofletters en hakkies wat
nooit regtig in gedigte voorkom nie. Daar is geen leestekens verder, reël 5 en 8 begin nie teen die
kant nie. Die gedig begin nie met ‘n hoofletter nie. Die gedig is in narratiewe vorm geskryf. Dit is
in vryevers (geen vaste manier van skryf) met geen rym patrone nie en gebruik alledaagse prat taal
“Road Racer” “ Enjoyment”.

3
58419020 AFK2602 ASS.2 – Semester 1-2019 L.Mörsner
3.2.4
Sy steur haar nie veel aan hom nie want sy “ons” is gewoond daaraan dat die Taxi bestuurders so is
met padgeweld en ongeskiktheid. Sy gee moed op want alles is deesdae so. Reël 12 “ons gaan dit
nie haal nie, ons land is gefok”. “Maar toe sy sonder skok en met ‘n tipe takt haar veërs aansit.”

3.2.5
Die spreker is verstom en het tot ‘n konklusie gekom dat die vrou en ander padgebruikers magteloos
is teen die taxi bestuurder(s) se aksie . Die spreker besef dat die situasie hom tot sy aksie gely het
en besef dat “ons land is gefok”.
“en met ‘n tipe takt haar veërs aansit, “dat ek besef (en hierso neem ek my afrit)” ons gaan dit nie
haal nie, ons land is gefok”

3.2.6
Die taal word weer eens gemeng (Engels en Afrikaans). Dit is soos vandag se taalgebruik waar ons
almal ons taal meng, dit is baie beskrywend.
Reël 1+2 “die mevrou met hande tien-voor-twee op die stuurwiel” wat presies se waar haar hande
is en reël 4 “Road Racer”, “ons land is gefok”.
Hy beskryf ook die “mevrou” in ‘n hoedanige klas met hoe woorde reel “met ‘n tipe takt” en dan
die vloekwoord reel “gefok” soos mense vandag sal praat. Die taalgebruik is ook ‘n voorbeeld van
nuwe literere gebruik in meer moderne poësie.

LEEREENHEID 4
“Kliek van sewe”
4.1.1
Die gedig “kliek van sewe” is sewe maats wat saam alles doen, deel en speel by die skool.

4.1.2
Katie is die verantwoordelike, slim maat in die groep wat altyd goed gedoen het , terwyl die res haar
huiswerk afgeskryf het en Katie het ‘n lang skoolrok gedra. Katie het altyd haar broodjies met almal
gedeel want hulle ouers het dalk nie broodjies ingesit nie.

4.1.3
Die taal word gemeng (Engels en Afrikaans) “huiswerk gecopy”, “bottel cheap wyn” oorbeeld van
taalgebruik vandag.
Dan is daar ook platter Afrikaans of Kaapse Afrikaans “Katie hettie geworry om te bunk nie”,
“Lang skirt” en “voorie”. Baie word meer deur Kaapenaars gepraat. Hulle gebruik nie suiwer
standaard Afrikaans nie.

4.1.4
* Kliek van sewe is ‘n narratiewe gedig wat nie presies in ‘n sekere hoeveelheid strofes voorkom
nie, daar is 4 strofes die eerste strofe bestaan uit elf reëls, die tweede bestaan uit agt reëls, dan is
daar een reël op sy eie en weer 4 reëls in die laaste strofe. Daar is ook geen rympatroon nie.
* Die gedig Kliek van sewe word in ‘ meer alledaagse praat patroon geskryf soos wat
mense/kinders vandag met mekaar praat en ʼn storie vertel. “my vriendin Katie was ‘n slim meisie
gewees.”
* Die vertelling word baie duidelik en goed beskryf deur die sprekeer wat praat. “een
Vrydagoggend was daar ‘n gangfight voor die skool.” “Pouses is vier snye brood vir die kliek van
sewe gedeel.” Alles in die gedig word duidelik beskryf.
Groepsdruk en tiener problem kom ook navore.
Die verteller vertel die storie van Katie en haar maats wat bekend staan as die kliek van sewe met
ander woorde die 7 vriende. “My vriendin Katie was ‘n slim meisie, die res van ons het net haar
huiswerk gecopy.”
4
58419020 AFK2602 ASS.2 – Semester 1-2019 L.Mörsner
Dit is gewoonlik “simbolies” die “kliek van sewe” is sewe vriende
Dit is soos ‘n storie wat vertel word deur ‘n Ek verteller

“Shaun”
4.2.1
Ek sal sê dat die spreker ‘n goeie vriend van Shaun was. Die persoonlike goed wat die spreker van
Shaun weet en vertel van goed wat gebeur het van sy kinderjare af tot nou toe.

4.2.2
Die spreker vertel die storie van “Shaun” soos wat die jong mense vandag praat en met duidelike
uitbeelding van wat alles met Shaun gebeur het in sy lewe.
“Shaun is fokken slim” en “mense sê die probleem is die drugs.”

4.2.3
Ja ek dink die gedig vertel ‘n storie. Die spreker vertel van sy vriend “Shaun”, wat hy as kind
deurgegaan het, toe word hy ‘n druggie en is tronk toe waar hy dan vermoor word voor hy vrygelaat
kon word.
Dit is ‘n narratiewe gedig wat nie in ‘n spesifieke manier geskryf is nie, p.97 “Shaun” die gedig is
oor sy lewensverhaal en soos ‘n biografie maaar net verkort.

4.2.4
Eerstens die moeilike kinderjare van Shaun waar daar fisiese geweld was(sy ma wat deur sy pa
geslaan was), hy het met tye onder brûe geslaap en nie kos gehad nie. Armoedige kinder jare. “Jou
pa het ingestap gekom iewers jou ma aan haar arm gegryp.” Hy kan niemand vertrou nie. Dwelm
misbruik is die tweede sosiale problem “Mense se druggies kan hulself help, as hulle wou.”

4.2.5
Shaun hou van gedigte, hy het ‘n sagte plek in sy lewe vir die fyner dinge in die lewe. Dit beskryf
Shaun as ‘n intelligente persoon, die feit dat dit ook so gesê word in die gedig. Shaun is ook ‘n kind
wat verwaarloos is en vorm deel van sy karakter. Hy het al swaar tye gehad, en geleer om aan te
pas (deursettingsvermoë).

4.2.6
Die mense wat sê dit was maar sy tyd gewees, hulle het nie nodig om eers ondersoek in te stel na
die dood van Shaun nie, hy was in elk geval besig met drugs so dit was sy lot. “sy verdiende loon
oor hy drugs gebruik het.” Shaun se vriend wat sê hulle kan nie so redeneer nie hy kon verander
het. Want in Shaun se laaste brief skryf hy: “hoe hy maybe nou gereed is om iets different te try.”
So Shaun se vriend wil ook nie meer glo wat mense se nie, hulle kan ook verkeerd wees.

LEEREENHEID 5
5.1.1
r 52 – 55 “maak hy oop en toe om allerlei kleinighede te sluk.” ‘n Handsak het nie ʼn mond nie
mense het.
Personifikasie is wanneer ‘n nie menslike ding/voorwerp of dier menslike eienskappe kry of gegee
word.
r 21 – 25 “beweeg hy dan trappel die stert en pote ‘n lig voetse onder waterse ballet”. ‘n Krokodil
kan nie ballet nie maar onder die water lyk dit of hy amper ballet doen soos ʼn ballerina.
r 38 – 44 “Sy lê eenkant haar eiers slu in die grond uitoorle selfs die sluwe maraboe met sy
snoeperige snawel.” Die eiers kan nie sleg wees nie dit is ‘n voorwerp, en die maraboe is ‘n dier,
hoe kan sy slu wees en sy snawel snoeperig die marabou en eiers kry menslike eienskappe.

5
58419020 AFK2602 ASS.2 – Semester 1-2019 L.Mörsner
5.1.2
In die eerst strofe praat hulle van die trotse krokodil wat gevrees word deur die ander diere. ‘n
Koning in die water metal sy prag. Hy is vry in die natuur soos ‘n wilde dier, hoort te wees. In die
laaste strofe kan ons ‘n dramatiese konstras sien, want ons kan sien dat die krokodil ‘n handsak is.
Dit is vir mense so maklik om eers die krokodil te vrees en weg van hom af te bly maar tog so
maklik maak “hulle” mense ook die krokodille dood om te “brag” oor hulle nuwe krokodil vel
handsakke en dan voel hulle niks vir die krokodille nie, solank hulle met die mooi krokodil leër
handsakke orals kan rondloop.
1
5.2.1
‘n Spesievers gaan oor ‘n spesifieke soort dierspesie waaroor ‘n persoon gedigte skryf.
In die gedig “Die Plaag” in reël 2 kan ons sien die digter/skrywer skryf oor die “Indiese spreeus”
wat ʼn problem is.

Die dier spesie word beskryf. Van sy uiterlike voorkoms, hoe hy optree, sy geluide wat hy maak
en alles van hom.
“Hulle skreeu soos skollies op mekaar”.
“Of twis sissend, of anders, klikkend soos masjiene, kap en sny hulle met hulle skerp bekke die
omringende stilte stukkend, en verder gebruik hulle lelike woorde.

Dit gaan meer oor die natuurlike goed van die soort dier spesie en nie die simboliese goed nie.
“Die Indiese spreeus met hulle neste van vullis”.
Die spreeus gebruik vullis om hul neste mee te maak.

Die digter/spreker het bietjie agtergrond en kennis van die natuur en wetenskap, en kan daarom
die spreeus se gedrag, klanke ens, vergelyk met poetiese goed. Alledaagse goed. “Hulle skreeu
2 soos skollies op mekaar”
“klikkend soos masjiene, kap en sny hulle”.

Die skrywer/spreker sê nie dat die gedig ‘n verslag is oor die spreeus nie, hy probeer in dig vorm
die spreeus beskryf deur te vertel hoe hy hulle sien. Daar is drie dele of stanzas in die gedig.

Die kenmerk die naam is “Die Plaag” wat negatief is. Die skrywer/digter is geiriteerd met die
Indiese spreeus. Hulle is ‘n bedreiging vir ander voelspesies en dan die ekologie van sekere lande.
Hulle is indringende diere wat indring op diere, voels en ander spesies.

LEEREENHEID 6
6.1.1
Modernisme is ‘n beweging wat plaasgevind het na die begin van die 19de eeu. Dit is ‘n filosofiese
beweging, wat begin het met die transformasie van kulturele beginsels wat gely het tot die
ontwikkeling van moderne industriele gemeenskappe asook die vinnige groei en ontwikkeling van
stede asook kuns, kultuur, skrywers en skryfstyl.

6.1.2
Een faktor was die eerste wêreld oorlog in Europa, en toe later in die sestigers se prosa verander het
en die vinnige groei en uitbreiding van stede en die moderne era.

6.1.3
Pablo Picasso
Samuel Beckett (1906 – 1989)

6
58419020 AFK2602 ASS.2 – Semester 1-2019 L.Mörsner
6.1.4
Friederich Nietzsche
Ezra Pound

6.1.5
C. Louis Leipoldt en André. P Brink

6.1.6
In die sestigers wou hulle (skrywers) skryf oor seksuele vlakte wat taboe onderwerpe was en ook
nie oor karakters wat goed aangepas en verantwoordelik is nie skryf.

6.2
Betrokke literatuur is werk wat realisties of in ‘n realistiese styl geskryf word. Dit is ‘n tipe
literatuur wat ongeregtighede aanspreek soos politieke, sosioale en ekonomiese ongelykthede.

“Sop vir die sieke” het ‘n paar voorbeelde hiervan:


- In die tyd wat die storie of verhaal afspeel is dit die apartheid era en die verhaal hou nie by die
reëls van apartheid nie, omdat Rensie en Sofietjie saam bly onder een dak en hulle is van
verskillende rasse wat nie mag meng nie.
- Sofietjie doen baie vir Rensie en sorg goed vir haar, dit toon ‘n tipe van menslikheid en omgee
wat sy wys teenoor haar, hulle vertroue op mekaar, al is hulle van verskillende sosio ekonomiese
agtergrond en ook verskillende rasse.
- Die opstand van Rensie teenoor die gemeenskap oor hulle siening teenoor haar en Sofietjie, oor
apartheid e en die mense en diemkerk wat nie wil hé hulle moet langs mekaar begrawe word nie.
- Die twee het amper so iets soos naasteliefde vir mekaar en die kerk stem nie saam met die idee
nie.
3
6.3
Hoofkarakter (Mia), haar lewe as ‘n skadu van haar ma, sy is nooit goed genoeg nie maar sy
probeer altyd weer. Wanneer en as sy wel orde kry, is dit hoe sy optree.

Mia is ook die hoofkarakter in “Sneuukoningin” en beskryf hierin haar jeug as pynlik. In “Ons
probeer weer” verwys sy na haar kinderdae. Sy is onder andere beskryf as ‘n lomp en slaplittige
kind. Sy neem haar ma kwalik dat sy as teware gebreinspoel is deur plakkers wat lui - “Ons
probeer weer” Hierdie slagspreuk het haar gemotiveer om nooit op te hou probeer nie. Sy het bv.
Ballet klasse geneem. Sy kon nie soos die ander dogtertjies beweeg nie. Sy kan dit nie reg gekry
nie, en dan is sy afgekraak met opmerkings soos “you dance like a spider”.
ʼn Mens kom agter dat Mia baie druk op haarself gesit het en ook dat sy ʼn replika van haar ma
geword het. Die implikasies hiervan word baie duidelik in “Sneeukoningin” waar sy haarself aan
Andries herken. Sy sien dat, hoe meer sy hom wegstoot, hoe harder probeer hy.
Mia se ma het geglo dat haar pa haar sou meesleur en wegvat soos ʼn dapper held in ʼn storie. Dit
het nie so gebeur nie. Toe Mia wel ʼn held kry, het haar selfbeeld hom nie toegelaat om weggevat en
meegesleur te word nie.
Na verskeie liefdesrampe en haar ouers se verhouding as voorbeeld sê sy dat Andries, wie vir haar
alles wil gee, haar soos ʼn kalf laat voel wat vetgemaak word om geslag te word.

Tydens haar laagste punt, waartydens sy selfmoord oorweeg het, het sy vir Andries ontmoet. Maar
haar lewe het in ‘n bose kringloop verander, waarin sy nie vir die goedgesinde Andries kon
waardeer nie.
Dit vorm dan ook die temas van die verhale. In “kom ons probeer weer” is Mia selde goed genoeg,
maar sy plaas haarself telkens terug in omstandighede waarin sy nie slaag nie. Wanneer sy dan wel

7
58419020 AFK2602 ASS.2 – Semester 1-2019 L.Mörsner
in “Sneuukoningin” liefde ontvang, tree sy op presies soos almal wat haar vir so lank weg gestoot
het.

Hierdie twee verhale werk saam om die hartseer en gesukkel uit te beeld van hoe moeilik dit is om
uit mens se omstandighede te kom en bo dit uit te styg.

8
58419020 AFK2602 ASS.2 – Semester 1-2019 L.Mörsner

Bronnelys

Brümmer,W. 2008.Die dag toe ek my hare losgemaak het. Kaapstad: Human &
Rousseau.
Cochrane, N. en Botes, N. 2016. AFK260: Genre en tema. Pretoria: Universiteit van
Suid-Afrika.
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Modernisme. Besoek op 1 Maart 2019.
https://af.m.wikipedia.org/wiki/Vermensliking. Besoek op 1 Maart 2019.
http://www.literaryterminology.com/index.php/33-p/167-personifikasie. Besoek op 1
Maart 2019.
https://www.woes.co.za/bydrae/artikel/vergelyking-metafoor-persoonifikasie-en-
sintuie-stof-en-tegniek-7. Besoek op 1 Maart 2019.
http://forum.afrikaansseforum.co.za/index.php?topic=1670.0. Besoek op 1 Maart
2019.
http://gedigtevirdommies.blogspot.com/2014/01/beeldspraak.html?m=1. Besoek op 1
Maart 2019.
hhtp://versindaba.co.za/tag/narratiewe-vers/
Louw, N.P. van Wyk. 2002. “Die beiteltjie”. In: Versamelde gedigte N.P. van Wyk Louw, 186.
Kaapstad: Tafelberg en Human & Rousseau.
Aucamp, Hennie. 1967. “Sop vir die sieke” In: Spitsuur, 62-65. Kaapstad: John Malherbe.
Rabie, Jan. 1963. “Drie kaalkoppe eet tesame” In: Een-en-twintig (eerste uitgawe), 17&18.
Kaapstad: Human & Rousseau.
Marais, Loftus. 2012. “Verkeerswaarneming” (27), “Fabulisha de la Queillerie maak reg vir die
dag” (17).
Kamfer, Ronelda S. 2011. “Shaun”. In: Grond/Santekraam, 32-34. Kaapstad:Kwela
De Lange, Johann. 1990. “Krokodil”. In: Marais, Johann Lodewyk (red). Groen: Gedigte oor die
omgewing, 21-2. HAUM-Literer.
De Lange, Johan. 2012 “Narwal”. In: Vaarwel, my effens bevlekte held, 12. Kaapstad: Human &
Rousseau
Louw,N.P. van Wyk. 2002. “Die strandjutwold” (136) en “Die narwal” (245). In: Versamelde
gedigte N.P. van Wyk Louw (tweede uitgawe). Kaapstad: Tafelberg en Human & Rousseau.
Marais, Johann Lodewyk. 2002. “Swartkraai”. In: Aves, 47. Pretoria: Protea Boekhuis.

9
58419020 AFK2602 ASS.2 – Semester 1-2019 L.Mörsner
PLAGIAATVERKLARING EN KONTROLELYS

Voltooi die volgende plagiaatverklaring, asook die kontrolelys wat daarop volg.

PLAGIAATVERKLARING

Naam: R.L Mörsner

Studentenommer: 58419020

Modulekode: AFK2601

Unieke nommer: 764422

Werkopdragnommer: 02

Ek verklaar dat hierdie werkopdrag my eie, oorspronklike werk is. Waar ek bronmateriaal gebruik
het, is dit volledig en volgens die departementele voorskrifte erken. Ek begryp wat plagiaat beteken
en is bewus van die departementele beleid daaromtrent.

Handtekening: R.L Mörsner

Datum: 9 April 2019

KONTROLELYS

Merk telkens die toepaslike blok met ‘n regmerk (√).

JA NEE
1 Ek het alle bronmateriaal wat ek gebruik het (studiegids, studiebrief, internet, √
ander bronne) erken.
I acknowledged all source material (study guide, tutorial letter, internet, other
sources) used in my assignment.
2 My werkopdrag bevat my eie bewoording ongeag of ek in ‘n groep saam met √
ander studente gewerk het of nie.
Irrespective of whether I participated in a study group or not, the wording of
the assignment is my own.
3 Ek het die bronne wat ek in my werkopdrag gebruik het, aangedui deur die √
teks in aanhalingstekens te plaas en/of deur verwysings volgens die
Harvardverwysingstegniek.
I indicated all sources used in my assignment by placing the quote in inverted
commas and/or by providing the reference according to the Harvard method.
4 Ek het ‘n bibliografie van alle bronne wat ek gebruik het aan die einde van my √
werkopdrag ingevoeg.
At the end of my assignment, there is a bibliography reflecting all the
consulted sources.

10
RESULTS
Total = 82 / 100 (82%)
COMMENTS
1 Maak seker van die korrekte benaming van elke kenmerk. Jy skryf dit nie heeltemal korrek nie en dit
kan jou punte kos in die eksamen. Maak ook seker van AL die eienskappe (daar is 7).
2 Digter gebruik vergelykings soos ...
3 Struktureer jou antwoord beter: Bv. 1ste par = karakter (5 punte) 2de par = temas (5 punte)

You might also like