You are on page 1of 23

AKTIWITEIT 1.

1
ʼn Aantal mense gebruik fonetiek in hul daaglikse werk: rekenaarlinguiste en –programmeerders,
spraakterapeute, neurowetenskaplikes, forensiese ondersoekers, onderwysers, taalinstrukteurs,
antropoloë...
AKTIWITEIT 1.2
Die uiting, [ʃu / vat ǝ xǝduntǝ//], bestaan uit 13 segmente, maar uit 9 fone. Die hutsmerk (#) dui aan
watter fone herhaal.
1. ʃ
2. u (#)
3. v
4. a
5. t (#)
6. ǝ (#)
7. x
8. ǝ (#)
9. d
10. u (#)
11. n
12. t (#)
13. ǝ (#)
AKTIWITEIT 1.3
Soos ons in die bespreking aandui, is die Afrikaanse alfabet met betrekking tot spraakklanke beperk.
Daar is baie meer spraakklanke in Afrikaans as die 27 letters / grafeme / karakters wat in die alfabet
voorkom. Daarom is dit belangrik dat ons ʼn ander alfabet gebruik om spraakklanke mee aan te dui,
soos die internasionale fonetiekalfabet.
AKTIWITEIT 1.4
Die volgende woorde word deur die transkripsies voorgestel:
1. [le:rme:stǝr] : <leermeester>
2. [frǝxtǝbak] : <vrugtebak>
3. [spɔxmotǝr] : <spogmotor>
4. [fǝxɑdǝrǝŋ] : <vergadering>
5. [sepi] : <sepie>

Die volgende woorde kan soos hier onder getranskribeer word:

1. Kombers : [kɔmbɛrs]
2. Sleutelgat : [sløtəlxat]
3. Tiekieboks : [tikibɔks]

Die klankgreep bevat die volgende data:

1. [bɔtər]
2. [bruikas]
3. [taməlɛci]

Open Rubric
AKTIWITEIT 1.5
Die terme pas by die volgende definisies:

Spraakklank word in die mond gevorm deur velêr


die sagte verhemelte aan die agterkant van die
tong te druk.
Spraakklank word in die keel gevorm deur die glottaal
lug af te sluit.
Spraakklank word in die mond gevorm deur labiodentaal
tande en lippe teen mekaar te druk.
Spraakklank word in die mond gevorm deur alveolêr
die tong agter die tande vas te druk.
Spraakklank word gedeeltelik in die neus nasaal
gevorm deur lug deur die neus te stoot.

AKTIWITEIT 1.6

Die volgende spraakklanke woord só beskryf:

1. [ŋ] : ʼn stemhebbende velêre nasaal.


2. [g] : ʼn stemhebbende velêre eksplosief.
3. [w] : ʼn stemhebbende bilabiale halfvokaal.
4. [j] : ʼn stemhebbende palatale halfvokaal.
5. [f] : ʼn stemlose labiodentale frikatief.

Gebruik die onderstaande tabel om konsonante mee te beskryf:

AKTIWITEIT 1.7
Die volgende vokale kan só beskryf word:
1. [ø] : ʼn middelhoë voorvokaal.
2. [æ] : ʼn middellae agtervokaal.
3. [y] : ʼn hoë voorvokaal.
Gebruik die onderstaande vokaalkaart om vokale mee te beskryf:

AKTIWITEIT 1.8
In die uittreksel van die sepie, Suidooster, is ʼn aantal foniese prosesse hoorbaar. Die algemeenste is
die volgende:
1. Assimilasie: almal [amal] i.p.v. [almal], onder haar [ɔnə ɦa] i.p.v. [ɔndər ɦa:r]
2. Ontronding: uit [əit] i.p.v. [œit], huis [ɦəis] i.p.v. [ɦœis]
3. Vokaalverhoging: ook [uk] i.p.v. [o:k], loop, [lup] i.p.v. [lo:p]
4. Vokaalreduksie: nè [nə] i.p.v. [nɛ]
AKTIWITEIT 1.9
Die klankgreep lewer die volgende data:
[satərdaə vɔrt ɔpsəixəsət fər ɦœisvɛrk / ɛlke:n krəiə ta:k / soəs afstɔf ɔf vasxutvas / felə ɦandə ma:k
əmərs ləxtə vɛrk//]

AKTIWITEIT 2.1
Is die volgende stellings waar of onwaar?
1. Segmentering behels die onderskeiding van diskrete spraakklankeenhede binne die
spraakklankstroom. Dit is waar; ons sny die spraakklankstroom in individuele eenhede op.
2. Die klem op een in eendag (/ˈendax/) is ʼn voorbeeld van suprasegmentele foneme. Dit is waar;
supra verwys na iets wat ons bo-aan voeg, dus ʼn kenmerk bo die segment. Wanneer ons klem
plaas, plaas ons die kenmerk bo-aan die segment.
3. Fonotaksis hou verband met die beperking op die plek en volgorde van spraakklanke in woorde.
Dit is waar; elke taal plaas spraakklanke in spesifieke plekke. Fonotaksis beperk daarom die
aantal plekke waar ʼn spraakklank kan voorkom. In Afrikaans plaas ons ʼn /s/ voor ʼn /k/ (/sk/) as ʼn
eerste konsonantpaar in ʼn woord, maar nie andersom nie (/ks/).
4. Ons plaas fonologiese transkripsies tussen blokhakies. Dit is onwaar; fonologiese transkripsies
word tussen skuinsbalke geplaas. Fonetiese transkripsies word tussen blokhakies geplaas.
5. In die fonetiek neem ons werklike spraakklanke waar, maar in die fonologie bestudeer ons daardie
spraakklanke op ʼn abstrakte vlak. Dit is waar; fonologie handel om ons idee van spraakklanke en
hoe die spraakklanke betekenis help skep.
AKTIWITEIT 2.2
Die onderskeid tussen fone en foneme is soos volg:
ʼn Foon is ʼn fisiese spraakklank wat ons binne die spraakklankstroom waarneem; dit is die kleinste
eenheid wat ons in die spraakklankstroom kan waarneem.
ʼn Foneem is ʼn abstrakte idee van ʼn spraakklank. Omdat foneme met betekenis verband hou en ook
betekenisverskille tot gevolg het, beskou ons ʼn foneem as die kleinste betekenisonderskeidende
spraakklank in die spraakklankstroom.
AKTIWITEIT 2.3
Is die /tʃ/ en die /ts/ in tjipies foneme? Die antwoord is “nee”. Die uitspraakverskil ([ʧǝpis] teenoor
[ʦǝpis]) bring nie ʼn betekenisverskil mee nie. Die woord beteken nog steeds dieselfde ongeag die /tʃ/ -
/ts/ verskil. Dit beteken ons het hier met allofone te doen – twee verskillende spraakklanke wat
dieselfde betekeniswaarde het.
AKTIWITEIT 2.4
Die woord jy word ten minste op die volgende drie maniere uitgespreek: [jəi], [dʒəi] en [dzəi]. Die
affrikate /dʒ/ en /dz/ het hier dieselfde betekeniswaarde as die foneem /j/. Dit wil sê al drie
spraakklanke tree as een foneem op en is daarom eerder allofone as drie verskillende foneme.
AKTIWITEIT 2.5
Die volgende patrone is in die onderstaande voorbeelde teenwoordig:
1. dors, skors, morsig, wors : /ɔrs/ vorm ʼn patroon; dit wil sê /ɔ/, /r/ en /s/ gereeld op mekaar volg.
2. dans, gans, balans, hanswors : /ans/ vorm ʼn aptroon; dit wil sê /a/, /n/ en /s/ gereeld op mekaar
volg.
3. breek, brul, bruidegom, verbruik : /br/ vorm ʼn patroon; dit wil sê /b/ en /r/ gereeld op mekaar
volg,
Ons kan ook uit die bostaande aflei dat ʼn vokaal deur twee konsonante binne ʼn sillabe opgevolg kan
word (maar nie meer as twee konsonante nie...). Verder sien ons dat /br/ geneig is om aan die begin
van ʼn sillabe te staan.
AKTIWITEIT 2.6
Die spreiding van die onderstaande woorde is soos volg:
1. eet : K0 VK1
2. ren : K1 VK1
3. snaaks : K2 VK2
4. gee : K1 VK0
5. skryf : K3 VK1
AKTIWITEIT 2.7
Die onderstaande woorde se sillabestruktuur lyk soos volg:
AKTIWITEIT 2.8
Die suprasegmente in die volgende voorbeelde kan só geïnterpreteer word:
1. [jǝi mɑ:k məi {fmuxf}//] : die woord moeg word aansienlik harder uitgespreek om daarop klem te
plaas.
2. [↗'vi//] : die stemtoon word verhoog sodat die woord wie as ʼn vraag gestel word; dit
kommunikeer die spreker se onsekerheid.
3. [æk ɦɛt jan bǝi di 'flik rɑ:kxǝlop/] : die woord fliek word beklemtoon; die spreker dui hierdeur aan
dat Jan op ʼn spesifieke plek teëgekom is.

In die klankgreep is daar eerder sprake van ʼn daling as ʼn styging. Dit dui vir ons aan dat die spreker ʼn
stelling maak / feite staaf.

AKTIWITEIT 2.9

Die Franse en Setswana sprekers het nie enige fonotaktiese reëls verbreek nie, want die /r/ en /ʀ/
asook die /a/ en /ə/ in boerewors tree as allofone op. As sodanig vind ons die betrokke spraakklanke in
hulle regmatige plekke binne die spraakklankpatroon van Afrikaans.

Een manier waarop ʼn taalinstrukteur die “uitspraakfoute” sou kon probeer herstel, is eenvoudig deur
die aanleerder die verskil tussen die twee klanke aan te dui. Dit sal makliker gaan wanneer die
instrukteur dieselfde of soortgelyke spraakklanke in die aanleerder se eie taal identifiseer.
Byvoorbeeld, /r/ kom nie juis in Frans voor nie. So, ons moet voorbeelde uit ander tale neem: red op
Engels, pero op Spaans, brot op Duits. Ons verduidelik die verskil tussen die /r/ en die /ʀ/ ook deur
vir die student aan te dui waar die tong vasdruk wanneer ons die spraakklank vorm (hallo fonetiek!).

AKTIWITEIT 3.1

Die onderstaande woorde behoort tot die volgende klasse:

1. Ons : geslote klas; dit is ʼn persoonlike voornaamwoord en het ʼn vaste betekenis sowel as ʼn
grammatikale funksie.
2. Ontbyt : oop klas; dit is ʼn selfstandige naamwoord en kan morfologies en semanties uitgebrei
word.
3. Twee : geslote klas; dit is ʼn telwoord en het ʼn vaste betekenis.

AKTIWITEIT 3.2

Johannes besoek elke Saterdag die museum vir skone kunste en koop een poskaart vir sy versameling.

Selfstandige naamwoorde:

Johannes : eienaam
Saterdag : eienaam
museum : soortnaam
kunste : soortnaam / versamelnaam
poskaart : soortnaam
versameling : versamelnaam

AKTIWITEIT 3.3

Hy besoek elke Saterdag die museum vir skone kunste en koop een poskaart vir sy versameling wat
groter en groter word.
Voornaamwoorde:

hy : persoonlike voornaamwoord, derdepersoon, manlik, enkelvoud


sy : besitlike voornaamwoord, derdepersoon, manlik, enkelvoud
wat : betreklike voornaamwoord

AKTIWITEIT 3.4

Johannes besoek die nuwe museum vir skone kunste graag op Saterdae en koop een ronde poskaart
vir sy kosbare versameling.
Byvoeglike naamwoorde:

nuwe
skone
ronde
kosbare

Elkeen word attributief gebruik.

AKTIWITEIT 3.5

Johannes besoek soms die museum vir skone kunste op Saterdae en koop een poskaart vir sy
versameling buite, oorkant die straat.

Bywoorde:

soms : bywoord van frekwensie


buite : bywoord van plek
oorkant : bywoord van rigting

AKTIWITEIT 3.6

Johannes probeer elke Saterdag die museum vir skone kunste besoek en vergaap hom aan die
beeldhouwerke.

Werkwoorde:

probeer : skakelwerkwoord
besoek : hoofwerkwoord
vergaap (hom) : hoofwerkwoord / wederkerende werkwoord

AKTIWITEIT 3.7

Hulle ry volgende week Secunda toe omdat Alice haar vir die nege-en-dertigste Mpumalanga-maraton
voorberei.

hulle : persoonlike voornaamwoord, derdepersoon, meervoud


ry : hoofwerkwoord
volgende : byvoeglike naamwoord, attributief
week : selfstandige naamwoord, soortnaam
Secunda : eienaam
toe : bywoord van rigting
omdat : voegwoord (van kousaliteit)
Alice : eienaam
haar : besitlike voornaamwoord, derdepersoon, vroulik, enkelvoud
vir : voorsetsel
die : bepaalde lidwoord
nege-en-dertigste : rangtelwoord
Mpumalanga-maraton : eienaam
voorberei : hoofwerkwoord, skeibaar

AKTIWITEIT 4.1
1. Besem : ongelede woord; ons kan die woord nie sinvol in kleiner dele opbreek nie.
2. Seekoei : ongelede woord; hoewel die woord in twee verdeel kan word, hou die twee aparte dele
nie met die grondbetekenis van seekoei verband nie – die woord verwys nie na ʼn koei in die see
nie.
3. Grondboontjie : gelede woord; dit is ʼn geflekteerde afleiding, wat beteken dat die woord
grondboon met die morfeem –tjie verbind. Grondboon self kan óf as geleed óf as ongeleed
beskou word. Soos met seekoei verwys grondboon na ʼn baie spesifieke eetbare saad en sou die
skeiding tussen grond en boon semantiese probleme kon veroorsaak. Maar, ons sou ook ʼn saak
kon uitmaak dat dit ʼn gelede woord is, want meeste bone groei bo die grond, wat beteken dat ʼn
grondboon ʼn beskrywing van ʼn tipe boon kan wees (nie dat grondbone bone is nie...).

AKTIWITEIT 4.2

Die volgende is vrye (ongebonde) morfeme:

1. Gesond : vrye morfeem; kan vrylik met ander morfeme verbind of selfstandig staan.
2. Hartseer : vrye morfeem; kan vrylik met ander morfeme verbind of selfstandig staan.
3. Wedloop : vrye morfeem; kan vrylik met ander morfeme verbind of selfstandig staan.
4. Dieretuin : vrye morfeem; kan vrylik met ander morfeme verbind of selfstandig staan.
5. Hotel : vrye morfeem; kan vrylik met ander morfeme verbind of selfstandig staan.

Hoewel beide hartseer en dieretuin in twee afsonderlike vrye stamme verdeel kan word, verwys
elkeen na ʼn baie bepaalde konsep.

AKTIWITEIT 4.3

Ons kan die gebonde morfeme soos volg klassifiseer:

1. Gedierte : ge-te is ʼn tangmorfeem, substantiveerder


2. Ontsyfer : ont- is ʼn afleidingsmorfeem-prefiks (substantiveerder)
3. Beroemdste : be- is ʼn afleidingsmorfeem-prefiks (substantiveerder), -d is ʼn fleksiemorfeem-
suffiks (deelwoord) en –ste is ʼn fleksiemorfeem-suffiks (vergelyking)
4. Verpleër : ver- is ʼn afleidingsmorfeem-prefiks (verbaliseerder), -er is ʼn afleidingsmorfeem-
suffiks (substantiveerder)
5. Mans : -s fleksiemorfeem-suffiks (meervoud)

AKTIWITEIT 4.4
Die woordsoort, afgeleide vorm en semantiese waarde van elke afleiding van die volgende woorde:
1. Eet – eetbaar : werkwoord – byvoeglike naamwoord – kan gedoen word (-baar)
2. Vroulik – vroulikheid : byvoeglike naamwoord – selfstandige naamwoord – eienskap (-heid)
3. Godsdiens – godsdienstig : selfstandige naamwoord – byvoeglike naamwoord – geneig tot (-ig)
4. Suip – besope : werkwoord – byvoeglike naamwoord – voorsien van (be-)
5. Wedywer – wedywering : werkwoord – selfstandige naamwoord – duur voort (-ing)

AKTIWITEIT 4.5

Ons kan ten minste die volgende samestellings met die onderstaande woorde maak:

1. Kat : kattekwaad; kathotel; gemmerkat; kathaar


2. Hospitaal : hospitaalbed; hospitaaldokter; hospitaalrekening; dierehospitaal
3. Eksamen : eksamenvraag; eksamenpunt; Afrikaans-eksamen; eksamendatum
4. Besem : besemstok; grasbesem; tuinbesem; besemkop
5. Drama : dramaklas; dramaopvoering; dramarepetisie
AKTIWITEIT 4.6
Die kern en bepaler van die onderstaande woorde is soos volg:
1. Broodblik : brood (bepaler), blik (kern)
2. Rugbywedstryd : rugby (bepaler), wedstryd (kern)
3. Atletiekstadion : atletiek (bepaler), stadion (kern)
4. Skoendoos : skoen (bepaler), doos (kern)
5. Melkhouer : melk (bepaler), houer (kern)
AKTIWITEIT 4.7
Ons klassifiseer die onderstaande woorde soos volg:

1. Braaibroodjie : samestellende afleiding : braai + brood + tjie


2. Kougom : samestelling : gou + gom
3. Geheueverlies : samestelling : geheue + verlies
4. Konsertsale : samestellende afleiding : konsert + saal + e
5. Presidentsrede : samestelling : president + (s) + rede

AKWITIWEIT 4.8

Ons gebruik die plusmetode soos volg:

1. Komiteelede : komitee (VS) + lid (VS) + e (PL)


2. Afslagprys : afslag (VS) + prys (VS); óf : af (P) + slaan (VS) + prys (VS)
3. Brouery : brou (VS) + er (S) + y (S)

AKTIWITEIT 4.9

Die hakiesmetode vir die onderstaande woorde:

1. Konsertsaal : [N [N konsert] [N saal]]


2. Verpleër : [N [V [V ver] [V pleeg]] [Af er]]
3. Truspieëltjie : [N [N [A tru] [N speël]] [Af tjie]]
4. Radioprogram : [N [N radio] [N program]]
5. Nuwejaarswense : [[N [N [A [A nuut] [Af e]] [N jaar]] [Part s]] [N [N [V wens]] [Af e]]]
AKTIWITEIT 4.10
Die onderstaande boondiagramme verteenwoordig hoofdigheid:

AKTIWITEIT 4.11
Die onderstaande boomdiagramme verteenwoordig gelaagdheid:
AKTIWITEIT 4.12
Die onderstaande boomdiagramme verteenwoordig komposisiestruktuur:
AKTIWITEIT 5.1
Die ongesonde man sukkel die bult met moeite op.

1. Wat is die onderwerp van die sin? Die ongesonde man.


2. Wat is die gesegde van die sin? Sukkel die bult met moeite op.
3. Wat is die adjunk van die sin? Die bult met moeite op.
4. Wat is die voorwerp van die sin? Watter soort voorwerp is dit? Die werkwoord sukkel word hier
onoorganklik gebruik; die aksie/gebeure dra nie op ʼn voorwerp oor nie. Dus is daar nie ʼn
voorwerp in die sin nie. Die bult vorm deel van die adjunk – dit gee vir ons agtergrondkennis
omtrent die gesukkel.

AKTIWITEIT 5.2

Die woordorde van die onderstaande sinne is soos volg:

1. Zahir stap Sondae langs die kaai. OW


2. Weens Christine se vrees vir spinnekoppe, slaap sy met die lig aan. WOV (hier staan die bysin
voor die hoofsin. Die bysin is ʼn frase en bevat geen werkwoord nie)
3. Almal is soms lui. OW

AKTIWITEIT 5.3

1. Trap
a. Trap! (bevel)
b. Hy trap sy fiets. (stelling)
c. Waar moet ek trap? (vraag)
d. Dankie tog; trappe! (uitroep)
2. Luister
a. Luister wanneer ek praat! (bevel)
b. Luister jy? (vraag)
c. Hy luister gewoonlik. (stelling)
d. Luister! Ek hoor ʼn leeu. (uitroep)
3. Gesond
a. Gesondheid! (uitroep)
b. Sarie lewe nie gesond nie. (stelling)
c. Is jou geldsake gesond? (vraag)
d. Wees gesonder! (bevel)

AKTIWITEIT 5.4

1. Cynthia oefen vir die Midmar-myl en swem daagliks drie kilometer.


 Veelvoudige sin.
 Twee hoofsinne; geen bysinne nie.
 Bepalings van tyd en aantal (daagliks, drie).
2. Julle lees altyd ’n storie voordat julle in die bed inkruip.
 Saamgestelde sin.
 Bywoordelike bysin (voegwoord voordat; beskryf die werkwoord lees).
 Bepaling van frekwensie (altyd).
3. Hoe weet ’n mens waarheen om te stap as daar geen duidelike padtekens is nie?
 Saamgestelde sin.
 Betreklike bysin (voegwoord waarheen; beskryf die onderwerp hoe) en bywoordelike bysin
(voegwoord as; beskryf die werkwoord om te stap).
 Bepaling van wyse (duidelike).

AKTIWITEIT 5.5

Die bepalings by die onderstaande sinne is soos volg:

1. Cynthia oefen vir die Midmar-myl en swem daagliks drie kilometer. Bepaling van tyd en wyse
(frekwensie en afstand / aantal).
2. Julle lees altyd ’n storie voordat julle in die bed inkruip. Bepaling van wyse (frekwensie).
3. Hoe weet ’n mens waarheen om te stap as daar geen duidelike padtekens is nie? Bepaling van
wyse (beskrywing).

AKTIWITEIT 5.6

Lydende en bedrywende vorme:

1. Pryse word in Januarie afgemerk.


 Lydend.
 Die bestuurder merk die pryse in Januarie af.
2. Jaco hardloop wenstreep toe.
 Bedrywend.
 Daar word wenstreep toe gehardloop.
3. Die besluit is deur die meerderheid ondersteun.
 Lydend.
 Die meerderheid het die besluit ondersteun.

AKTIWITEIT 5.7

Die sinswyse vir die onderstaande sinne is soos volg:

1. Ek was op pad, maar toe kry ek ʼn pap wiel. Konjunktief; druk (on)moontlikheid uit.
2. My kar se wiel is pap. Indikatief; gee feite weer.
3. Ek het die kar se spaarband langs die pap wiel geplaas. Indikatief; gee feite weer.

AKTIWITEIT 6.1

Die onderstaande sinne kan in die volgende eenvoudige konstituente opgedeel word:

1. Faheeza geniet karaoke vreeslik baie.


[Faheeza]
[geniet karaoke]
[vreeslik baie]
2. Die somervakansie is om die draai.
[die somervakansie]
[is]
[om die draai] / [is om die draai]

AKTIWITEIT 6.2

Ons kan die onderstaande sinne soos volg ontleed:

1. Die ratsste kat eet die lekkerste.


[die ratsste] – voorbepaling
[die lekkerste] – adjunk (verskaf ekstra inligting)
2. Daardie fietsryer spook die bult uit.
[daardie] – voorbepaling
[die bult uit] – komplement (verskaf noodsaaklike inligting)
3. Mohammad sluit elke Vrydag sy winkel tussen twaalf- en tweeuur.
[elke Vrydag] – adjunk (verskaf ekstra inligting)
[tussen twaalf- en tweeuur] – adjunk (verskaf ekstra inligting)

AKTIWITEIT 6.3

Hier identifiseer ons die konstituente van die onderstaande sinne en dui aan hoe ons ʼn konstituenttoets
toepas.

1. Alex wonder oor die lewe.


Waaroor wonder Alex? [die lewe]
Alex wonder daaroor [die lewe]
Alex wonder oor sy lewe (en Jana ___ ook) [wonder oor sy lewe]
2. Thabile soek haar handboek op haar lessenaar.
Wat soek Thabile? [haar handboek op haar lessenaar]
Thabile soek daarna [haar handboek op haar lessenaar]
Thabile soek haar handboek op haar lessenaar (en Kgomôtso ___ ook) [soek haar handboek op
haar lessenaar]
3. Ek is moeg vir die lawaai.
Waarvoor is ek moeg? [vir die lawaai]
Ek is moeg daarvoor [vir die lawaai]
Ek is moeg vir die lawaai (en jy ___ ook) [si moeg vir die lawaai]

Die eerste twee toetse help ons om die naamwoordelike konstituente te identifiseer, terwyl die laaste
toets ons help om die groter werkwoordelike konstituent te identifiseer.
AKTIWITEIT 6.4

Ons kan die volgende boomdiagramme teken:


AKTIWITEIT 6.5
Ons verdeel eers die drie sinne tussen ʼn NS en ʼn WS:

Nou teken ons die stukbeelde met meer besonderhede:


AKTIWITEIT 6.6
Die volgende is stukbeelde van naamwoordstukke:
AKTIWITEIT 6.7
Die volgende is stukbeelde van setselgroepe:

AKTIWITEIT 6.8
AKTIWITEIT 7.1
Die volgende kriteria het op die woorde in hoofletters betrekking:

Sin Kriteria Motivering

Onkonvensioneel
Konvensioneel

Dubbelsinnig

Nie-arbitrêr
Arbitrêr
Die prinses x Vaag x Daar is geen logiese verband tussen die vorm en
stap na die betekenis van die woord nie; die betekenis is
BAL. lukraak en daarom konvensioneel (die
gemeenskap besluit wat die woord beteken).
Bhavin is ʼn x Die woord lang dui ʼn vae begrip aan, want die
LANG man. presiesheid van die lengte word nie gedeel nie.
Die HUIS op x x Daar is geen logiese verband tussen die vorm en
die hoek is betekenis van die woord nie; die betekenis is
stuk-stuk lukraak en daarom konvensioneel (die
weggedra. gemeenskap besluit wat die woord beteken).
Wat is beter – x x Daar is geen logiese verband tussen die vorm en
“TYRE” of betekenis van die woord nie; die betekenis is
“BAND”? lukraak en daarom konvensioneel (die
gemeenskap besluit wat die woord beteken).
Kyk daai x x Dit is ʼn term binne die
KOOK op die branderplankrygemeenskap en dui op ʼn ouer
branders! persoon wat probeer spog. Hierdie betekenis
verskil in bepaalde opsigte van die konvensionele
betekenis, wat met temperatuur en vloeistof en
meestal kos te make het. Daar is geen logiese
verband tussen vorm en betekenis nie.
Eie voorbeelde kan die onderstaande insluit:
Volwassene x Soos lang is volwassene nie baie duidelik nie.
Hoe oud moet ʼn persoon wees voordat hy/sy as
volwasse geag word?
Bel (oproep x Die woord bel is klanknabootsing, wat dit verwys
maak) na die klokkie (die bel) in die foon wat lui /
vibreer.
Koffie x x Die woord koffie is konvensioneel bepaal en as
leenwoord na ander lande en tale oorgedra.
Boom x Wanneer die woord boom gebruik word om na
dagga te verwys, gebruik ons dit redelik
onkonvensioneel, want dit hou nie duidelik met
die groot bladwisselende plante in ons tuin
verband nie.
Jan dra dasse. x Die woord dra is dubbelsinnig. Ons neem aan dit
beteken dat Jan ʼn das om sy nek aansit. Maar as
Jan by ʼn klerewinkel werk, kan hy netsowel die
dasse van die pakkamer na die winkelrak dra.
AKTIWITEIT 7.2
Ons kan die volgende sinne maak om ’n soortgelyke betekenis aan kweek uit te druk; elkeen dui aan
dat iets van jongs af gekoester word om sterker te word:
verbou : Die boer verbou lemoene op haar plaas.
bevorder : Die dosent bevorder vrye denke en sterk idees.
laat groei : Ons laat die talent in ons klaskamer groei.
opvoed : ʼn Onderwyser moet ʼn leerruimte skep wat leerders akademies en moreel opvoed.
oplei : Die universiteit lei studente op wat selfstandig kan dink en navorsing doen.

AKTIWITEIT 7.3
Ons kan onder meer die volgende semanties onderskeibare kenmerke aandui:
1. Prediker [+MENS] [+GELOWIGE] [+KERK]
2. Deposito [+GELD] [+BETALING] [-INKOMSTE]
3. Bierglas [+BREEKWARE] [+VLOEISTOF] [-KOS]
AKTIWITEIT 7.4
Verwysing is iets wat die spreker doen; hy/sy verbind konteksgebonde betekenis met iets in die
werklikheid.
Denotasie is die konvensionele betekenis wat sprekers aan woorde (konsepte / objekte) toeken; dit is
die verhouding tussen vorm en betekenis. Denotasie is nie konteksgebonde nie.
Konnotasie is ʼn betekenis wat ʼn spreker meestal emosioneel of sosiaal met ʼn konsep / objek
assosieer.
Die denotasie van die woord vader dui ʼn manlike figuur van ʼn sekere ouderdom aan wat die
biologiese of aanneempa van een of meer kinders is. Wanneer ons na ʼn manlike voog in ʼn koshuis
verwys as die vader van die huis, bedoel ons nie dat hy die pa van elke kind in die koshuis is nie,
maar dat hy die rol van ʼn pa vertolk: beskermer, versorger, dissiplineerder, ens. ons het nie almal
dieselfde assosiasies met die woord vader nie; sommige mense het positiewe konnotasies en ander het
negatiewe konnotasies.
a. Jan en Sara kampeer in DIE BOS. Referensiële betekenis (verwys na die bosveld (of ʼn ander
bepaalde veld / woud)).
b. Jan en Sara kan saam met ons in die huis oorslaap, maar hulle verkies DIE BOS. Denotatiewe
betekenis (verwys na ʼn letterlike bos)
c. Jan en Sara ervaar DIE BOS as ʼn heilsame ruimte. Konnotatiewe betekenis.

AKTIWITEIT 7.5
Die woorde lawaaierig, rumoerig, raserig en oproerig is sinonieme, want hulle druk soortgelyke
betekenis uit, maar die betrokke konteks sal die graad waarvolgens hulle verskil, uitdruk. Hulle dui
ook verskillende mate van onrus aan; raserig is minder steurend as lawaaierig terwyl oproerig meer
as geraas impliseer.
Hulle is nie almal gepaste antonieme vir stil nie. ʼn Woord soos oproerig kan ook beteken dat mense
dans of ingange blokkeer (wat sonder geraas kan plaasvind). En wat maak ons met ʼn woord soos
fluister? Wanneer mense fluister, is hulle nie lawaaierig of raserig nie, maar hulle is uiteraard ook nie
stil nie.
AKTIWITEIT 7.6
Die woord vars kan op die volgende dui:
1. Nuut (ʼn vars filter)
2. Sopas gevang / geoes (ʼn vars vis)
3. Skoon (ʼn vars gesig)
Al drie hou met mekaar verband en dui op ʼn nuutheid.
AKTIWITEIT 7.7
Ons kan die items in die onderstaande kategorie moontlik soos volg rangskik:

Kategorie: Suid-Afrikaanse kleredrag


Japon; kortbroek; voorskoot; bloes, plakkies, t-hemp; oefenbroek; velskoene, sykouse, keps.
1. t-hemp;
2. kortbroek;
3. plakkies;
4. keps;
5. bloes;
6. velskoene;
7. oefenbroek;
8. japon;
9. voorskoot;
10. sykouse.
Ons rangskikking hier bo stam uit die feit dat meeste Suid-Afrikaners waarskynlik t-hemde,
kortbroeke en plakkies dra. Ons vermoed dit is die algemeenste kledingstukke, vir meeste rasse en
geslagte. Hoewel bloese en velskoen baie gewild is, is die groepe wat hierdie items dra en baie opsigte
beperk. Dit gesê, daar is waarskynlik meer mense met velskoene as oefenbroeke. Ons vermoed ook
meer mense gebruik saans japonne as voorskote.
Die rangskikking sal nie dieselfde vir alle mense wees nie. Vir sommige groepe is ʼn japon en plakkies
miskien baie algemener as ʼn keps en ʼn kortbroek. Die kanse dat t-hemp in meeste mense se
klassifikasie redelik bo sal staan, is sterk.
AKTIWITEIT 7.8
1. Meneer Hendricks is die hart van die skool. Metafoor; een domein word gebruik om ʼn ander mee
uit te druk; hart = lewe / kern / bron.
2. Ek gaan laat wees, want ek het sopas ʼn pap wiel gekry. Metonimie; die spreker het nie bande nie;
die spreker word ʼn verlenging van die motor.
3. Die poskantoor in Kuiltjie versit berge. Metafoor; berge = probleme / uitdagings.

AKTIWITEIT 8.1
Die onderstaande argumente is problematies:
1. Een man neem een uur om die bedding om te spit. Dus, twee mans neem twee uur om die bedding
om te spit. Die vooronderstelling is verkeerd; uit ervaring aanvaar ons dat twee mans vinniger as
een sal werk.
2. Jan gaan met ʼn pragtige meisie trou. Sarie is ʼn pragtige meisie. Jan gaan met Sarie trou. Die
vooronderstelling is verkeerd. Sarie verteenwoordig nie alle meisies nie.
3. Alle katte is soogdiere. Dus, alle soogdiere is katte. Die vooronderstelling is onwaar. Katte
verteenwoordig nie alle soogdiere nie.
AKTIWITEIT 8.2
Is die onderstaande stellings taalhandelinge?
1. “Eet vanaand by my?” Hierdie is ʼn vraag (uitnodiging) en is nie ʼn direkte taalhandeling nie. Dit
sou egter as indirekte taalhandeling kon deurgaan indien die spreker indirek kommunikeer dat
hy/sy eensaam is. Laasgenoemde moet binne die groter konteks afgelei word.
2. “Daardie leeu heelagter is gister hierheen verskuif.” Taalhandelinge kan nie in die
verledetydsvorm geformuleer word nie.
3. “Hiermee benoem ons die skip ‘Koning Tjaka’.’ Dit is ʼn direkte taalhandeling, want die spreker
gebruik taal om ʼn funksie uit te voer.
AKTIWITEIT 8.3
Die voorbeeldsinne kan soos volg ingedeel word:

Lokusie Illokusie Perlokusie


“Is jy dors?” Versoek: Kan ek vir jou iets “Nee wat, ek is okay, dankie”
gee om te drink? Die gespreksgenoot reageer
positief of negatief, of met ʼn
versoek (“ʼn bietjie water,
asb.”)
“Ek het my beursie verlê.” Versoek: Sal jy vir my betaal / Die gespreksgenoot bied aan
geld leen? om te betaal, of dui aan dat
hulle ook nie kan betaal nie.
“Jy het geen toekoms met Vermaning: Trek jou sokkies Die gespreksgenoot werk
punte soos 43% nie!” op / jy gaan druip. harder / ignoreer die
vermaning.

AKTIWITEIT 8.4
Ons kan die onderstaande uitings soos volg klassifiseer:

Uiting Direkte taalhandeling Indirekte taalhandeling


“ek gaan nie met rokers uit Assertief; stelling (verklaar Ekspressief; dui gevoel
nie.” feite) omtrent rokers / gesondheid
Kommissief; onderneming aan
(belofte aan self)
“Wie ry almal saam?” Direktief; versoek inligting Kommissief; bied aan om as
organiseerder / drywer op te
tree
“Jy sukkel om jou oë oop te Assertief; verklaar feite Direktief; beveel aan dat die
hou.” persoon gaan slaap.

AKTIWITEIT 8.5
Die gesprek tussen persone A en B hanteer die gespreksreëls soos volg:
Daar is nie doelbewuste vaagheid nie.
Spreker B kom nie al Grice se wette na nie; gevolglik is B onnodig geselserig. Spreker B verbreek die
reëls van kwantiteit, relevansie en wyse. Spreker B se antwoord bevat baie irrelevante inligting en die
manier waarop B die aanwysings gee, spring tussen ander stories rond. Dit is dus nie ʼn ordelike
antwoord nie.
Die antwoord bevat wel ʼn implikature: spreker B impliseer die eienaar van die vulstasie is skelm en
het self die brand gestig.
AKTIWITEIT 8.6
Die onderstaande uiting is nogal emosioneel en moeilik om binne dieselfde konteks beleefd te maak.
Die implikasie is dat wanneer ons die uiting aanpas, die konteks ook moet aanpas. Die aanpassing
behels sowel vaagheid, beleefdheidswoorde as die vervanging van een woord met ʼn ander.
“Suiplap! Jy’s nie in staat om vir ons te sorg nie.”
“Xander, hou asseblief op met drink. Wanneer jy drink, kan jy nie vir ons sorg nie.”
“Ek vra mooi, Xander; hou asseblief op om so baie te drink. Ons het jou nodig.”
“Jy is ietwat van ʼn swaar drinker. Wanneer jy drink, kan jy nie so mooi vir ons sorg nie.”
“Jy is alkoholis. Jou alkoholisme verhoed jou om goed vir ons te sorg.”
“Jy drink eenvoudig te veel. Dit verhoed dat jy mooi na ons kan omsien.”

AKTIWITEIT 8.7
Hierdie is ʼn eksperiment en hang van die KI-antwoord af.

You might also like