You are on page 1of 4

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 11


KW 1 Week 1
ONDERWERP Klankleer
DOEL VAN LES Onderrig van klankleer
BRON Digitale bron
Vind hier onder die skakel na die boekie Afrikaans HT Graad 12
Hersiening K1_2020 waarin jy meer inligting oor klankleer kan kry:
https://wcedeportal.co.za/eresource/144716
INLEIDING Jy het alreeds in Graad 10 kennis gemaak met Klankleer en weet dua
dat ’n klank en ’n letter nie dieselfde is nie. Volgens die alfabet is daar
26 letters waarmee ons skryf, maar jy weet seker ons gebruik baie meer
klanke wanneer ons praat!

Hierdie les handel oor die verskillende soorte klanke en ook oor hoe
woorde in klankgrepe en lettergrepe verdeel kan word.

Klankleer word in Afdeling C van Vraestel 1 getoets.


INHOUD 1. Soorte klanke: Kan jy?
(KONSEPTE EN Die klanke in Afrikaans word in drie soorte • Die verskillende soort
VAARDIGHEDE) verdeel: klanke uitken?
• Woorde in lettergrepe
Vokale (klinkers): en klankgrepe
Ons kry vyf vokaalletters (a, e, i, o, u), maar verdeel?
twintig vokaalklanke. Die onderstaande
vetgedrukte klanke is almal vokale:

steun; seep; veg; riet;


rusie; moeg; grot; vaal;
hotel; sit; skool; drieë;
brûe; bad; blêr; môre;
soet; wîe; skuur; sug

Konsonante (medeklinkers):
Die onderstaande klanke is almal
konsonante:
b; d; gh; h; j; l; ch (China); f; g; k; p; s; m; n;
ng; r; w; v; s; sj; t; x; z
Die volgende klanke is spesiale soort konsonante. Ons noem dit
affrikate:

ts: tsetse, tsaar, tsamma (’n woestynplant), tsotsi


tj: tjalie; tjello
dj: kollege; djin (’n bonatuurlike wese)

Diftonge (tweeklanke):
’n Diftong word gevorm wanneer twee vokaalklanke saamgevoeg
word om een klank weer te gee. Onthou asseblief dat dit nie twee
vokaalletters is nie, maar wel twee vokaalklanke. Die onderstaande
vetgedrukte klanke is almal diftonge:

ai (baie); aai (kraai); ei / y (veil, skyn);


eeu (meeu); êi (bedjie, tameletjie);
oi (toiings, hondjie); ôi (nôi);
ooi (mooi); oei (groei); ou (woud);
ui (kluis)

2. Klankgrepe
Klankgrepe hou verband met hoe ’n mens
die klanke uitspreek.
As jy ’n woord in klankgrepe moet verdeel, verdeel jy dit volgens die
verskillende klankgroepe wat jy hoor wanneer jy die woord korrek
uitspreek.
Wenk: skryf net wat jy hoor, bv. a-se-blief en har-kie. (Jy hoor net een s-
klank in asseblief. Jy hoor ’n k-klank in hartjie, alhoewel die letters tj
geskryf word.)

3. Lettergrepe:
Wanneer jy ’n woord in lettergrepe moet verdeel, doen jy dit op grond
van hoe die woord gespel word. Kom ons verduidelik dit deur die
woord asseblief as voorbeeld te gebruik:
Die lettergrepe van die woord is as+se+blief is.

Wanneer ons in skryfwerk woorde aan die einde van ’n reël moet
verdeel, doen ons dit volgens die lettergrepe van die woord.
In Afrikaans is daar sekere reëls oor hoe woorde in lettergrepe verdeel
moet word:
• voor ’n medeklinkerletter wat tussen klinkers staan, bv. be-ker
• tussen twee medeklinkerletters wat tussen vokale staan, bv. ek-sa-
men
• tussen twee eenderse letters, bv. pa-raf-fien
• tussen n en g, bv. in-ge-ni-eur; an-gel
• tussen s en j as dit aparte klanke verteenwoordig, bv. as-jas (Indien
s en j as een klank uitgespreek word, word die twee letters nie
verdeel nie, bv. ma-sjien)

Maak seker dat jy hierdie reëls ken en kan toepas.


ASSESSERING Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek. Raadpleeg die
boekie Afrikaans HT Graad 12 Hersiening K1_2020 indien jy vashaak.

1. Benoem die onderstreepte klanke in die onderstaande sinne:


1. My hond se naam is Woef. (1)
1.1. Die ou vrou woon alleen. (1)
1.2. Is daar ’n wolf in die bos? (1)
2. Verdeel die onderstaande woorde woord in lettergrepe:
2.1. kalorieë (1)
2.2. satelliet (1)
2.3. vereniging (1)
3. Verdeel die onderstaande woorde in klankgrepe:
3.1. interessante (1)
3.2. partytjie (1)
3.3. assistent (1)
4. Benoem die onderstreepte klank in die sin: Sjoe! Jy’s gelukkig,
Doekvoet. (1)
MEMORANDUM 1.
1.1. Diftong (1)
1.2. Vokaal (1)
1.3. Konsonant (1)
2.
2.1. ka+lo+rie+e (Die klankgrepe van die woord is ka+lo+ri+e) (1)
2.2. sa+tel+liet (1)
2.3. ver+e+ni+ging (1)
3.
3.1. in+te+re+san+te (1)
3.2. par+ty+kie (1)
3.3. a+si+stent (1)
4. Vokaal/ klinker (1)
(Oppas: Daar is twee vokaalletters , maar slegs een vokaalklank.
Lees asseblief weer die verduideliking van hoe ’n diftong gevorm
word.)
KONSOLIDASIE Hier onder is ander maniere waarop vrae oor Klankleer in ’n eksamen
gestel kan word. Maak seker dat jy hierdie soort vrae verstaan en
korrek kan beantwoord:
• Identifiseer die onderstreepte klank in die woord …
• Verdeel die woord in lettergrepe/ klankgrepe of in lettergrepe
én in klankgrepe
WAARDES Toewyding

You might also like