You are on page 1of 17

DEMONSTREER INSIG IN DIE SPELLING VAN AFRIKAANS

BIBLIOGRAFIE:

 DIE AFRIKAANSE WOORDELYS EN SPELREËLS

INLEIDEND

Daar is nagenoeg 355 reёls in die nuwe AWS. Dit is ‘n onmoontlike taak vir ‘n onderwyser
om al hierdie reёls te onderrig. Dit is egter ook nie nodig om al hierdie reёls te onderrig nie.

Die onderstaande reёls moet egter op die leerders se vlak onderrig word.

3.1 DEMONSTREER INSIG IN DIE GRONDBEGINSELS VAN DIE AFRIKAANSE SPELLING:

A. Die spelling word bepaal deur die tradisie waarvolgens Standaardafrikaans gespel word.
Die Afrikaanse spelling sluit aan by dié van Nederlands: dit behou die letters ei naas y en f
naas v om tussen homofone te onderskei. Die spelling van homofone met hul betekenisse
moet aan leerders onderrig word:

 ei teenoor y
 lei teenoor ly
 peil teenoor pyl
 f teenoor v
 fier teenoor vier
 fonds teenoor vonds

B. Die spelling van Standaardafrikaans moet onderrig word: Die spelling van Afrikaans is
gebaseer op die klankstelsel van Standaardafrikaans.

C. Die reёl van gelykvormigheid (o.a. die –d en –t; -b en -p aan die einde van ‘n woord)
moet onderrig word:

o Alhoewel ons maand as [m:nt] uitspreek, skryf ons dit met ‘n -d- t.w.v die
gelykvormigheid van spelling in meervoude en afleidingsvorme soos: maande [ma:nd ]
en maadeliks [ma:ndlks].

o rob [rp] moet met ‘n –b geskryf word ter wille van die meervoud robbe [r b]
o groef [xruf] – groewe [xruv] kan nie met ‘n –w (*groew) geskryf word nie, want dis
deel van die Afrikaanse spellingtradisie dat geen woord in Afrikaans met ‘n slot-w
gespel kan word nie.

DIE GRONDBEGINSELS VAN DIE AFRIKAANSE SPELLING:

A. Die huidige spelling en skryfwyse van woorde word in ʼn hoë mate bepaal deur die
tradisie waarvolgens Standaardafrikaans gespel en geskryf word.

 By die erkenning van ʼn bepaalde vorm as Standaardafrikaans speel algemene


aanvaarding ʼn belangrike rol.

Die Afrikaanse spelling sluit aan by dié van Nederlands:

 Die spelling van homofone met hul betekenisse vanaf Nederlands is behou en
moet aan leerders onderrig word.
 ei teenoor y
 lei teenoor ly
 peil teenoor pyl
 reis teenoor rys
 wei teenoor wy
 veil teenoor vyl
 f teenoor v
 fier teenoor vier
 fonds teenoor vonds
 fel teenoor vel
 fors teenoor vors
 frank teenoor vrank
B. Die spelling van Afrikaans is gebaseer op die klankstelsel van Standaardafrikaans.
 In Namibië het ons die volgende dialekte: Kaapse Afrikaans
 Oosgrensafrikaans (Transvaalse Afrikaans) - die basis vir Standaardafrikaans
 Oranjerivierafrikaans
 Laasgenoemde tipe Afrikaans is ‘n meer gekreoliseerde vorm met min invloed
van Nederlands - ‘n meer eksplisiete Afrika-variëteit van Afrikaans.
 Standaardafrikaans het ontstaan aan die Oosgrens (Oosgrensafrikaans) van die
Kaap en in Transvaal – waar goud ontdek is (geld) en waar die politieke mag in
beheer was.
 Die ontdekking van goud en diamante gee aan Transvaalse Afrikaans ‘n
ekonomiese en politieke mag. Daarom word Transvaalafrikaans die
Standaardvariant.
 Die Afrikaanse spelling wil die algemene gebruiklike uitspraak as grondslag
aanvaar.
 Sekere vorms van uitspraak kom net in sekere streke onder
Afrikaanssprekendes voor:
 Bolanders: sie (see); tie (tee); iesel (esel); loep (loop; boem (boom)
 Baie oumense in die Oostelike Provinsie: helle (hulle); minse (mense);
provensie (provinsie); iet (uit); henner (hinder; struksvy (turksvy)74

C. Vormlik verwante woorde word, sover moontlik, gelykvormig gespel

 Die reёl van gelykvormigheid (o.a. die –d en –t; -b en -p aan die einde van ‘n
woord) moet onderrig word.
 Alhoewel ons maand as [m:nt] uitspreek, skryf ons dit met ‘n -d- t.w.v. die
gelykvormigheid van spelling in meervoude en afleidingsvorme soos: maande
[m:nd] en maandeliks [m:ndlks].
 rob [rp] moet met ‘n –b geskryf word ter wille van die meervoud robbe [r b] 
Ons spreek die volgende woorde as volg uit:
 skadewee – maar skryf skaduwee, omdat ons dit so uitspreek in skadu.
 senewee – maar skryf senuwee, omdat ons dit so uitspreek in senu.
 kwaad – kwater – kwaadste
 In die uitspraak hoor ons han-doek; gra-saad, maar ons skryf dit handdoek en
grassaad o.g.v. die dele hand + doek en gras + saad

Uitsonderings:

 groef [xruf] – groewe [xruv] kan nie met ‘n –w (*groew) geskryf word nie,
want dis deel van die Afrikaanse spellingtradisie dat geen woord in Afrikaans
met ‘n slot-w gespel kan word nie.
 dof – dowwe
 stof – stowwe
 Dis deel van die Afrikaanse spellingtradisie dat geen woord in Afrikaans met ʼn
slot-w gespel kan word nie.

3.2 DEMONSTREER INSIG IN DIE BELANGRIKSTE EN MEES FREKWENTE (GEBRUIKLIKE)


SPELREËLS IN AFRKAANS

1 AFBREEK VAN WOORDE

 Alle reёls kan met die klapmetode onderrig word, behalwe: o By woorde wat ‘n
dubbele konsonant in die woord het: bor-rel; bak-ke (die klankgreepverdeling
is: [b-rl]; [ba-k]).
 Waar n en g langs mekaar in ‘n woord voorkom, word daar altyd tussen n en g
verdeel, ongeag of n en g twee verskillende klanke is, of een klank is: on-ge-luk
[-x-lk]; en-gel [-l].
 By verkleinwoorde wat op ‘n –d of ‘n –t eindig: bad-jie [bai-ci]; lat-jie [lai-ci].

2 AFKAPPINGSTEKEN

 Woorde wat eindig op -i, -o, -u en die beklemtoonde -á, moet in die
meervouds- en verkleiningsvorme ‘n afkappingsteken geskryf word: impi’s –
impi’tjie; foto’s – foto’tjie; skadu’s – skadu’tjie; ma’s – ma’tjie.75
 Eiename wat eindig op ‘n –e en ‘n –s wat nie uitgespreek word nie, moet in die
meervouds- en verkleiningsvorme met ‘n afkappingsteken geskryf word:
Terblanche’e – Terblanche’ie; Du Plessis’s - Du Plessis’tjie.
 Soortname wat eindig op ‘n –e wat nie uitgespreek word nie, moet in die
meervouds- en verkleiningsvorme ‘n afkappingsteken of daarsonder geskryf
word: garage’e; garages; garage’ie.
 Die meervoude en verkleinings van letters van die alfabet: a’s; a’tjie.
 Waar klanke in ‘n woord nie uitgespreek word nie: hy’s hier; sy’t griep.
3 AFKORTINGS

 Slegs die algemene afkortings wat in die skoolhandboeke voorkom.

4 AKUUTTEKEN

 By die beklemtoning van woorde: kán; één; dié; móét; hiér, nóóit

 By lang klanke: Cronjé, Esmé, Fouché, Maré, Naudé, attaché

5 DEELTEKEN

 Om ‘n nuwe lettergreep aan te dui wanneer ons ‘n opeenhoping van vokale het:
o geёet
o beïnvloed
o geïnteresseer
6 DIFTONGE
 Die spelling van al die diftonge:
o eis, ys
o oud
o huis
o prooi
o aitsa
o baai
7 GETALLE, SYFERS EN SIMBOLE
 Slegs dit wat op die graad van toepassing is, bv. Graad 5-klas.

8 GRAVISTEKEN

 By die kort [] klank in die oop lettergreep: dè, hè, nè, appèl (aanteken).
 By kort klanke in vreemde woorde: crèche
9 HOOF- EN KLEINLETTERS
 Sinsbegin, eiename, ens. soos wat dit in die deurlopende skryfwerk voorkom.
 In aanhefvorme: Liewe oom Jan; Liewe Ouma en Oupa; Liewe ou Maat.
 In aanspreekvorme: Môre Oom. Sal Oom my help met my swaar tas? OF Sal Meneer
asseblief vir my die somme verduidelik?
10 KAPPIE
 Die lang -ê, -î, -ô en -û in oop lettergrepe: lê, wê-reld, wîe (meervoud van ‘wig’),
mô-re, brû-e (meervoud van ‘brug’.
 Woorde wat volgens die gelykvormigheidsbeginsel in die verboё vorm met ‘n
kappie geskryf moet word: skêr – skêre; sekondêr – sekondêre.
 Onthou: ver en vêr is reg.  Woorde soos: blêr en kwêr.

11 KONSONANTE

 Die verdubbeling van konsonantletters: Na ‘n kort, beklemtoonde vokaal


verdubbel die konsonantletter: gíggel; óggend; tússen; skóttel; verfríssend.
 Die verdubbeling van konsonantletters: As die stam van die woord uitgaan op
‘n beklemtoonde kort [a], [], [] of [] plus een konsonantletter, word dié
konsonantletter in afleidings verdubbel: kan – kanne; adres – adresse; blok –
blokke; stuk – stukke.
 Die verdubbeling van konsonantletters: As ‘n woord op ‘n –s eindig, en met ‘n
woord of woorddeel verbind wat op ‘n –s eindig, word die woord met ‘n dubbel
-ss- geskryf: dansskoene, fluksste, skaarsste.
 Voltooide deelwoorde op –te of –de: Woorde wat op –k of –p eindig, kry –te in
verboё vorme: bedekte gevoelens; verlepte blomme.
 Voltooide deelwoorde op –te of –de: Voltooide deelwoorde wat op -f, -g of -s
eindig, kry –te en –de in verboё vorme: opgevryfde koper OF opgevryfte koper;
ingelegde/ingelegte vrugte; verysde/veryste dam.

DIE RES VAN DIE REЁLS MOET MET SPELLYSTE GELEER WORD:

Die v, f en w:

o Die -f- kom aan die begin en einde van sillabes/lettergrepe voor: fout, dof.
o Die -v- kom slegs aan die begin van sillabes/lettergrepe voor: klavier, vel,
koevert, vlooi.
o Voor die suffiks (agtervoegsel) –in en -eer word die klank [f] deur –v-
weergegee: wolf – wolvin; aktief – aktiveer.
o As die -w- as ‘n *v+ uitgespreek word, word dit deur -w- of -v- voorgestel.
o As die –w- as ‘n *w+ uitgespreek word, word dit slegs deur –w- voorgestel.
Die klank [x]:

o o kom aan die begin of einde van sillabes/lettergrepe voor:


o  gaan, nag.

Die klank [g]:

o Word deur g of gh weergegee. Kom net aan die begin van lettergrepe voor:  berge,
vererger, gholf, ghitaar

Die klank [z]:

o Word deur s of z weergegee:

 Die klank [z] word in Afrikaans in leenwoorde deur z weergegee: Swazi, Zulu, Tanzaniër

 Die klank [z] word in sommige woorde ook deur s weergegee. In die volgende gevalle

word die s as [s] of [z] uitgespreek:

 boesem [busm] of [buzm]

 pouse [pus] of [puz] 

Die klanke [] en :

o [] word deur tj weergegee:

 tjek, tjank, tjalie

o [] word deur tsj weergegee:

 lietsjie, Tsjeggo-Slowakye

o [] word deur ch weergegee:

 cheeta, Chilly

o [] word deur dj weergegee:

 djin, radja, Fidji

12 KOPPELTEKENS
 Koppeltekens by opeenvolging van vokale: By samestellings, wanneer ons ‘n
opeenhoping van vokale het: na-aap; bo-op; toe-eien; bo-ent, drie-uur.
 Let wel: Woorde wat korrek gelees sal word, word vas geskryf: handearbeid;
hondeoor; syopening.
 Let wel: bo-aan OF boaan; negeuur/nege-uur; nauurs/na-uurs.
 Om verwarring te voorkom: ru-gare teenoor rugare; sand-aal teenoor sandaal;
pronk-ertjie teenoor pronkertjie
 Verbinding met ‘n syfer, simbool of getal: A-span; N$50-noot; 2010-oesjaar.
 Wanneer die koppelteken die betekenis van en, of, per, tot, tussen of van ..tot het:
soet-suur; 2009 - 2010.
 Herhalingsvorme: woer-woer; sing-sing; skat-skatryk; hond-hondmak.
 Verbindings met –hulle: my oom-hulle.
 Let wel: eks-, nie-, non- en oud- word nie met ‘n koppelteken geskryf nie, maar vas:
ekskêrel, nieamptelik, nonaktiwiteit; oudleerling. As dit met ‘n eienaam verbind, of
daar ‘n opeenhoping van vokale is, word dit met ‘n koppelteken geskryf: eks-Blou
Bul; nie-essensieel, non-Namibiёr.
 Samestellings met afkortings of lettername: U-draai; SANLAM-gebou.
 Woordgroepkoppelings: kruidjie-roer-my-nie (plant); piet-my-vrou (voёl); kop-aan-
kop-botsing; trefen-trap-ongeluk.
 Geografiese name: Nieu-Seeland; Suid-Amerika.
 Ampsbenamings en range: speurder-sersant; sersant-majoor.

13 MEERVOUDSVORME

 Alle meervoude wat in die skoolhandboeke voorkom.


 Meervoude met die afkappingsteken (soos hierbo).
 Meervoude met die deelteken: knie – knieё; fee – feё; vlieg – vlieё; boog – boё;
boeg – boeё.

14 SKRYFWYSE LOS EN VAS

 Leer hulle die volgende beginsel: een begrip – een woord / samestellings word vas
geskryf: bobotieresep; skroewedraaier; stroomaf; stroomop; bekaf; beenaf; bergop;
raadop.
 Wanneer daar ‘n verbindingsklank is, moet die woord vas geskryf word:
kinderkamer; vredesverdrag

Samestellings met eiename:

o Met of sonder ‘n koppelteken: Katuturahospitaal; Katutura Hospitaal; Katutura-Hospitaal;


Katutura-hospitaal. Saterdagoggend; Saterdag-oggend. Vrydagsessie; Vrydag-sessie.

o Net met ‘n koppelteken: Strauss-walse; vierdeur-Mazda; stoet-Jersey.

o Taalname word vas geskryf: Standaardafrikaans; Koerantafrikaans, Rehobothafrikaans,


Oranjerivierafrikaans.

o Taalname kan net met ‘n koppelteken geskryf word as die een woord met ‘n vokaal
einding en die volgende woord met ‘n vokaal begin: Griekwa-Afrikaans.

 Byvoeglike naamwoorde word gewoonlik los geskryf, behalwe as daar


betekenisverdigting is: geelslang; geelperske; langbroek; wildebees; grootmens.
 Hooftelwoorde met en word los of vas geskryf: een-en-twintig; een en twintig; 
 Verbindings met tien word vas geskryf: sestien, vyftien.
 Verbindings met honderd, duisend, miljoen, miljard word vas of los geskryf: twee
duisend vyf honderd; tweeduisend vyfhonderd; tweeduisendvyfhonderd.
 Rangtelwoorde wat met en verbind, word net VAS geskryf: die driehonderste dag;
die een-entwintigste keer. Breukname wat met en verbind, word net VAS geskryf:
driehonderste; een-entwintigste; twee-derdes; sewe-agstes.
 Indien ‘n rigtingwoord uit meer as een element bestaan, word dié elemente sonder
koppelteken vas geskryf: noornoordwes, ens.

15 VERKLEININGSVORME

Woorde wat op f, g, k, p, s eindig en wat voorafgegaan word deur ‘n lang uitgespreekte a, e,


o, kry die verkleiningsuitgang –ie: graaf – grafie; oog – ogie; kraak – krakie; hoop – hopie;
roos – rosie.

 Woorde wat op f, g, k, p, s eindig en wat voorafgegaan deur ‘n kort uitgespreekte


*a, , , , ] kry die verkleiningsuitgang –ie plus ‘n verdubbeling van die
medeklinker: blaf – blaffie; lig – liggie; hof – hokkie; pop – poppie; bus – bussie.
 Woorde wat op –d of –t eindig, kry ‘n –jie in die verkleiningsuitgang: handjie;
kantjie.
 -tjie as verkleiningsuitgang: o Woorde wat eindig op ‘n diftong of –ie: laai – laaitjie;
familie – familietjie. o Woorde wat eindig op l, n, r en voorafgegaan deur diftong,
lang vokaal of ‘n *]: paaltjie; seiltjie; kabeltjie.
 –etjie as verkleiningsuitgang:
o Woorde wat eindig op l, m, n, r en vooafgegaan deur ‘n kort, beklemtoonde [a, ,
, , ]: balletjie; krulletjie; pennetjie; drommetjie; sinnetjie.

o Woorde wat eindig op –ng in ‘n beklemtoonde lettergreep: slangetjie; ringetjie.


 -kie as verkleiningsuitgang:
o Woorde wat op –ng in ‘n niebeklemtoonde lettergreep eindig. Die -g- val weg:
doring – dorinkie; koning – koninkie.
 -pie as verkleiningsuitgang:
o Woorde wat op m eindig, voorafgegaan deur ‘n diftong of lang a, e, o, u of ‘n * ]:
duimpie, naampie, probleempie; roompie; kostuumpie; asempie.

16 VOKALE

 ‘n Lang vokaal in ‘n geslote lettergreep word dubbel geskryf: traan, been, toon,
minuut.
 ‘n Lang vokaal in ‘n oop lettergreep word enkel geskryf: tra-ne, be-ne, to-ne, minu-
te.
 Die lang [:+, *o:+ en *y:+ aan die einde van ‘n woord word enkel geskryf: ma, bo,
skadu.
 Byvoeglike naamwoorde wat op –u eindig, kry ‘n dubbel –uu- in die oortreffende
trap: slu – sluer – sluuste; sku – skuer – skuuste; ru – ruer (ruwer) – ruuste; kru –
kruer – kruuste.
 Die klank [e:] word in die oop eindlettergreep deur –ee weergegee: nee; gee; twee;
vee.

DIE RES VAN DIE REЁLS MOET MET SPELLYSTE GELEER WORD:

 Die klank [i] word deur i en ie, weergegee:


o In woorde van nie-klassieke herkoms: -ie-, bv. bietjie, geskiedenis, iets, iemand, fliek,
piekniek, mielie, ens.

o In woorde van Romaanse en Klassieke herkoms: in geslote lettergrepe en oop


eindlettergrepe word [i] deur –ie- weergegee, bv. brief, plesier, unie, ens.

o In woorde van Romaanse en Klassieke herkoms: in oop binnelettergrepe word [i] deur –
iweergegee: artikel, idioom, idioot, kampioen, liniaal, titel, vitamines.

 Die schwa-vokaal []:

o In beklemtoonde lettergrepe word [] deur –i- weergegee: gids, rib, akkedis, begrip,
wilger

o In voorvoegsels word [] deur –e- weergegee: be-, ge-, ver-, veront-, ens.

o Die slot-[] as valensiekomponent (van attributiewe b.nwe.) word deur –e weergegee:


gelukkige, salige, moeilike, veilige, ens.

o Voor –l, -m en -n word [] deur –i- weergegee: briljant, pawiljoen, denim, simbool, enjin,
prinsipe, ens.

o In ‘n geslote, onbeklemtoonde lettergreep voor –r word [] deur –e- weergegee: sersant,
slawerny, terwyl, vergeet, ens.

17 WISSELING EN SUBKATEGORIEË

 Werkwoorde wat eindig op be-, ge-, her-, er-, ont- en ver- kry nie ‘n ge- in die verlede tyd

nie.

 Werkwoorde wat twee lettergrepe het en eindig op –eer kan met of sonder ge- geskryf

word: het probeer – het geprobeer.

 Werkwoorde wat drie of meer lettergrepe het en eindig op –eer moet met ge- geskryf

word: het gefotografeer.

 Deeltjiewerkwoorde/skeibaar saamgestelde werkwoorde word

o vas geskryf na sal, kan, wil, moet: sal wegloop; moet agterbly.

o Vas geskryf in die verlede tyd: het weggeloop; het agtergebly.


o Los geskryf in die teenwoordige tyd: Ek loop weg. Hulle bly agter.

 Inkortings kan gebruik word: selfoon; sel; vogmiddel; kremetart.

HOE ONDERRIG EK SPELREЁLS IN DIE KLASKAMER?

Beginsels by spellingonderrig:

 Dié woorde wat leerlinge in hulle skriftelike werk mag nodig kry of woorde wat dikwels
probleme oplewer, word onderrig.

 'n Leesstuk, gedig, lied of lewende situasie moet altyd as wek-en-rig gebruik word.
Losstaande woorde wat nie konteksgebonde is nie, het geen sin vir die leerling nie.

 Woorde word in groepe behandel. Woorde wat iets in gemeen het, soos 'n klank of
struktuur, 'n historiese verbintenis of wat met 'n besondere onderwerp in verband staan,
word in groepe behandel om die betrokke spellingbeginsel makliker vas te lê.

 Moenie te veel woorde tegelyk behandel nie.

 Woordeboeke en woordelyste moet beskikbaar wees - veral by die senior standerds van
die laerskool - om spelling te kontroleer.

 Baie herhaling is nodig.

 Gereelde kort toetsies is noodsaaklik.

 Die foutiewe vorm van die woord word nooit voorgehou nie.

 Soveel sintuie moontlik moet ingespan word om die korrekte spelling te leer. Veral visuele

en ouditiewe middele, maar soms ook kinestetiese middele, moet aangewend word.

 Leeringe moet gereeld die behandelde woorde in hul spelboeke onder struktuuropskrifte

neerskryf en dié lyste gedurig aanvul.

 Woorde wat om kultuurhistoriese redes moeilik te verklaar is, soos die y- of ei-woorde,

word as struktuureenhede gegroepeer en sodoende in verband met mekaar geleer.

 Hulpmiddels soos muurkaarte, flitskaarte en spellyste met groot, duidelike, netjiese

letters, is waardevol vir die blywende vaslegging van woordbeelde en spellingbeginsels.


Spellesse in die Nasorgperiode:

Daar word sterk aanbeveel om die nasorgperiode ‘n periode te maak waarin die
onderwyser spelreëls, punktuasiereëls, ens. onderrig. Die volgende prosedure word
aanbeveel:

 Sien eers die opstel na met behulp van die nasiensimbole.

 Lees die opstel weer deur vir ‘n geheelsiening.

 Gebruik die merkskemas agter in u Afrikaanse sillabus en beoordeel die opstel ten opsigte
van INHOUD EN VORM. Besluit op ‘n gradering van 1 tot 5.

 Beoordeel dan die opstel ten opsigte van TAAL EN STYL. Besluit op ‘n gradering van 1 tot 5.
 Vind die raakpunt van die twee en gee die punt. NASORG Dit is belangrik om altyd ‘n

periode in te ruim vir nasorg.

 Nadat u die stel opstelle nagesien het, moet u die foute wat deur die leerders begaan is,

analiseer.

 Indien u sien dat ‘n sekere tipe fout - byvoorbeeld die verdubbeling van die medeklinker of

die lang vokaal in oop en geslote lettergrepe (raadpleeg u Afrikaanse Woordelys en


Spelreëls) - herhaaldelik in die meeste van die leerlinge se skryfwerk voorkom, kan u ‘n
spelles aanbied.

 Met elke nasorgperiode word slegs een spelreël gedek. Die volgende nasorgperiode word

‘n volgende spelreël gedek.

In die loop van die jaar kan alle spelreëls/punktuasiereëls gedek word. Leeringe korrigeer in
hul skryfwerk die foute wat op die reël van toepassing is. Basiese Lesstruktuur
Spellingonderrig moet sistematies onderrig word. Dit is belangrik dat reëls en
woordstrukture op induktiewe wyse aangebied word. Daarbenewens is daar ook toevallige
spellingonderrig wat plaasvind soos wat probleme opduik uit leerlinge se skriftelike werk.
Die basiese lesstruktuur is dieselfde as vir taalleeronderrig (sien vorige lesings). Elke
moontlike lestipe is basies op die volgende geskoei:

 Kies ‘n leesstuk waarin baie woorde voorkom wat die reël onderskryf.
 Waar woorde aanvanklik funksioneel uit werklike tekste (gedig, leesstukke, ens.) kom,
word hulle tydens die onderrig in 'n groep gerangskik.

 Daar is telkens 'n beginsel onderliggend aan die woorde.

 Analogie - d.w.s. die herkenning van ooreenkomste van woorde speel 'n baie belangrike

rol. Hier volg ‘n voorbeeldles:

1. Besluit op die lesonderwerp, bv. Leerders behoort in staat te wees om die lang vokaal in
oop en geslote lettergrepe korrek te gebruik.

2. Kies ‘n gepaste leesstuk en merk al die woorde in die leesstuk wat in die onderrig gebruik
kan word:

DIE MUISE EN DIE WESELS

Die muise en die wesels het jare gelede maande lank teen mekaar oorlog gevoer. Omdat die
wesels groter en sterker was as die muise het hulle elke geveg gewen. Die muise moes
dringend iets doen. “Ek het ‘n plan,” sê een muis op ‘n noodvergadering. “Ons verloor ons
gevegte omdat ons nie leiers het nie. Ek stel voor ons kies vier muise wat as ons generaals in
die oorlog kan optree.” Die ander muise stem saam, en hulle kies vier muise wat hulle as
generaals in die oorlog kan aanvoer. Dié vier muise kry yslike helms met rooi pluime op hulle
koppe. En swaar medaljes bengel aan linte om hulle nekke.

Sommer gou voel die vier generaals baie belangrik. Hulle hou vergadering op vergadering
om oorlogstaktiek te bespreek. En hulle praat hulleself skoon dapper en sterk! Toe hulle
genoeg gepraat het, lei hulle die muise in die geveg. Maar al die planne help niks, die wesels
klop hulle weer, en die muise moet vlug. Die meeste muise bereik hulle gate veilig. Die vier
generaals hardloop ook, maar hulle helms en medaljes is so swaar dat hulle die laastes by
die muisgate is. Toe hulle wil inglip, is die helms en medaljes te groot en swaar om vinnig
genoeg daarmee in die gate te kruip. En net daar speel die wesels toe klaar met die ydel
generaals!

3. Vrae word nou gevra om die kind induktief tot die ontdekking van die spelreël te lei:

a) Watter tipe verhaal is die bogenoemde verhaal?


b) Noem en bespreek drie eienskappe van hierdie verhaaltipe. Motiveer u eienskappe
duidelik uit die verhaal uit.

c) Wat is die les wat ons uit hierdie verhaal kan leer?

d) Vra ‘n vraag om ‘n woord met ‘n lang vokaal uit te lig en skryf die woorde op die bord, bv.
o Hoe lank het die muise en wesels teen mekaar oorlog gevoer? (Antwoord: maande)

o Wat het die muise gekies om hulle te laat wen? (Antwoord: generaals)

o Wat het die generaals ook gedoen om hulle gate veilig te bereik? (Antwoord: Hulle het
gehardloop.)

o Waarom kon die generaals nie veilig in hulle gate inkruip nie? (Antwoord: Hul helms was
te groot en te swaar)

e) Vra die volgende vrae:

o Watter klanke in hierdie woorde is vokale en watter konsonante?

o Watter vokale in hierdie woorde is lank? (Antwoord: die –oo-; -aa-)

o Staan die vokale in oop of geslote lettergrepe? (Antwoord: geslote lettergrepe)

o Word die vokale enkel of dubbel geskryf? (Antwoord: dubbel)

f) Aankondiging van die lesonderwerp: Die vokaal in geslote en oop lettergrepe.

g) GROEPWERK: Leerlinge word in groepe verdeel. Elke groep kry ‘n paragraaf om te


bestudeer.

h) Soeklees: Elke groep moet die woorde waarin ‘n lang vokaal wat in ‘n geslote lettergreep
staan, in hul paragraaf soek en neerskryf.

i) Elke groep moet terugrapporteer.

j) Vrae word gevra: o Soek ‘n woorde waarmee julle trappe van vergelyking kan vorm.
(Antwoord: groot – groter – grootste; swaar – sware – swaarder – swaarste).

o Soek ‘n woord waarvan ons die meervoud met een -a- skryf, maar die enkelvoud met twee
a’s skryf. (Antwoord: jaar – jare).
o Word die -aa- en die -oo- oral dieselfde geskryf?

(Antwoord: Nee, partykeer word dit met een –geskryf, en partykeer met ‘n dubbel –aa-)

o Is hierdie vokale lank of kort? (Antwoord: lank)

o Verdeel hierdie woorde in lettergrepe.

(Antwoord: gro-ter – groot-ste; swaar – swa-re – swaar-der – swaar-ste; jaar – ja-re).

o Watter vokale staan in oop lettergrepe en watter staan in geslote lettergrepe?

(Antwoord: gro- (oop); ter – groot- (geslote)ste; swaar (geslote) – swa- (oop); re – swaar-
(geslote); der – swaar- (geslote); ste; jaar – (geslote) ja- (oop); re).

o Wanneer skryf ons die lang vokaal met een vokaalletter en wanneer skryf ons die vokaal
met twee vokaalletters?

Laat die leerders self die reëls aflei: ‘n Lang vokaal in ‘n geslote lettergreep word dubbel
geskryf. ‘n Lang vokaal in ‘n oop lettergreep word enkel geskryf.

o Leerlinge moet die reël in hul boeke skryf.

o Elke leerling moet alle foute wat hy/sy in sy/haar opstel gemaak het i.v.m. die lang vokaal
in oop en geslote lettergrepe, korrigeer.

Die Onderrig van Moeilike Woorde

By die onderrig van moeilike woorde moet die leerlinge gehelp word om 'n woordbeeld te
vorm, asook om die woord deur assosiasie aan te leer. Betrek soveel sintuie as moontlik.

Die volgende stappe word deur G.J.J. Swart aanbeveel:

(a) VISUEEL:

 Toon 'n moeilike woord aan leerlinge d.m.v. 'n flitskaart.

 Leerlinge moet dit bestudeer.

(b) OUDITIEF:

Die flitskaart word naby die mond van die onderwyser gehou, terwyl die onderwyser die
woord sê.
 Die onderwyser herhaal.

 Die leerlinge herhaal.

 Hulle hoor en sien dus die woord.

(c) KINESTETIES:

 Leerlinge word versoek om weer na die woord te kyk, en dan hul oë te sluit en die
woord groot in DRUKSKRIF in die lug te skryf.

(d) TAKTIEL:

 Leerlinge word versoek om hul oë te open en met die wysvinger die woord op die

oppervlak van die bank te skryf.

(e) VISUELE BEELDING:

 Leerlinge word gevra om 'n skoon bladsy in hul geheue te visualiseer. Die onderwyser
hou die flitskaart op 'n wit karton en leerlinge kyk stip daarna. Dan sluit hul die oë en
probeer dit op hul eie geheueskerm visualiseer.

 Rustig vra die onderwyser nou vrae aan leerlinge wat steeds met toe oë sit: Watter

letter is eerste? Watter letter kom voor w? (ensovoorts)

 Moenie meer as 3 woorde op hierdie wyse per keer onderrig nie.

Hulpmiddels en Speletjies

Die belangrikheid van goeie hulpmiddels, 'n kleurryke en keurige klaskameropset en 'n
aangename spelatmosfeer kan die oorbeklemtoon word nie.

Spelling is die een vaardigheid waar herhaling en dril baie belangrik is. Niks is egter meer
vervelig as blote drilwerk en dikteetoetsies nie. Die taalklas moet pret en plesier wees!

You might also like