You are on page 1of 11

AFK2602

MEMORANDUM : AFRIKAANSE GRAMMATIKA

2019 SEMESTER 2: WERKOPDRAG 2

VRAAG 1: FONETIEK EN FONOLOGIE

FONETIEK: die studente moet die verskillende spraakklanke van Afrikaans foneties kan
identifiseer; hulle moet die foneme van Afrikaans deur middel van ’n fonologiese analise kan
identifiseer, en hulle moet ’n fonetiese transkripsie van ’n Afrikaanse mondelinge of geskrewe teks
kan maak.

1.1 Kies telkens die regte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord
neer, byvoorbeeld: 1.1.1 diftong. (10)

1.1.1 fonetiek
1.1.2 klanke
1.1.3 kantige hakies
1.1.4 spraakklankstroom
1.1.5 elemente wat op ‘n bepaalde plek kan optree
1.1.6 stemhebbend
1.1.7 [xəɦo:r]
1.1.8 sluitklank
1.1.9 assimilasie
1.1.10 vokaalverhoging

1.2 Verduidelik kortliks wat jy onder ontronding verstaan. Verduidelik aan die hand van ’n geskik-
te voorbeeld. (1)

Moontlike antwoord:
Wat is ontronding?
Ontrond (HAT:896) ww. [het ~] (fonol.) die lipperonding (van ‘n klinker) verminder;
delabialiseer. Geronde klanke (/ y Ø œ/) word dus ongerond uitgespreek.
(Ontronding verwys na uitsprake soos die volgende: [əi] vir [œy], [i] vir [y], [e] vir [Ø] en [ə] vir
[œ].) (1)
Tydens ontronding word die geronde uitspraak van “huis” [ɦœys] ongerond uitgespreek as
“hys” [ɦəis]; net so word “uur” [y:r] as “ier” [i:r], “seun” [sØn] as “seen” [sen] en “hulle” [ɦœlə]

Open Rubric
as “hile” [ɦələ] uitgespreek. (1)

Ons het jou eie verduideliking van die term of verskynsel gevra, en nie dié van ‘n
vorige memorandum nie. As jy antwoorde uit ‘n vorige werkopdrag hier ingetrek het,
mag jy dalk 0 ontvang het. Dit geld ook die res van werkopdrag 2.

1.3 In ons uitspreek van woorde onderskei ons menigmaal tussen die primêre vorm en ‘n
sekondêre vorm van ‘n betrokke woord in Afrikaans. Verduidelik kortliks in jou eie woorde
wat jy onder hierdie primêre vorm en die sekondêre vorm van ‘n woord verstaan. Lig jou
antwoord toe aan die hand van geskikte voorbeelde. (4)

Belangrik: Dit gaan hier oor die foniese proses. Jy moet die vraag beantwoord.

Proses: Die verskillende foniese prosesse verwys na die verandering wat woorde se
primêre vorme ondergaan om die sekondêre vorme te vorm, en die gevolglike foniese
verbande tussen hierdie onderskeie vorme. (2) Hierdie wysigings of veranderinge word
tuisgebring onder die naam ‘foniese prosesse’.

Voorbeeld: Die vertrekpunt vir die beskrywing van ‘n foniese proses is die woordeboekvorm
waarna ook as die primêre vorm verwys word. (1) ‘n Primêre vorm is byvoorbeeld “met die”
terwyl die gewysigde vorm daarvan byvoorbeeld “moerie” kan wees, en dan die sekondêre
vorm genoem word. (1)

1.4 Transkripsie: Boord van woorde. (10)

[ bo:rt fan vo:rdə

səi plant ɦa:r vo:rdə ən di xrɔnt


səi ləi dət nat mɛt tra:nə
səi ɦaŋ ɦa:r vo:rdə ən di vənt
xo:i ɦa:r vo:rdə na: di sɔn
stro:i ɦa:r vo:rdə o:r di se:
vi sal ɦo:r
vi sal ɦo:r
vi sal ɦo:r
in di bo:rt fan vo:rdə
səi skre:u ɦa:r vo:rdə fər di nax
di stɛrə ɦɛt o:rə
səi faŋ ɦa:r vo:rdə ən ɦa:r nɛt
sləip ɦa:r vo:rdə te:n di rɔts
səi bak ɦa:r vo:rdə ən di fy:r
ɛn di no:rdəvənt kɔm
ɛn ɦa:r vo:rdə va:i fɛr
ɦa:r vo:rdə vɔrt sa:t
di sa:t vɔrt ə stɛr
ɛn stɛrə fərskit
ən di bo:rt vɔrt ve:r vo:rdə xəbo:rə
səi plœk ɦa:r vo:rdə ən di bo:rt
səi plak ɦœl ən ɦa:r maiŋci
səi flɛx ɦa:r vo:rdə ən ə krans
puts ɦa:r vo:rdə mɛt flyve:l
dra: ɦa:r vo:rdə so:s ə kro:n ]
(Uit: Amanda Strydom se Kerse Teen Die Donker.)

ASSESSERINGSKRITERIA EN PUNTETOEKENNING

Uitstekend Baie goed Goed Gemiddeld Baie swak

10 - 9 8-7 6-5 4-3 2-1

LET WEL:
As jy net ‘n gedeelte van die teks getranskribeer het of byna geen fonetiese tekens gebruik
het nie (m.a.w die teks in gewone ortografie geskryf het, of in enige snaakse font), kry jy
GEEN punt vir hierdie vraag nie.
[25]
VRAAG 2 : MORFOLOGIE

MORFOLOGIE: die studente moet die morfologiese struktuur van woorde kan analiseer en kyk na
die manier waarop verskillende tipes morfeme van nut kan wees in die begrip van die betekenis
van woorde, spellingkwessies en die uitbreiding van die Afrikaanse woordeskat.

2.1 Dui aan of die volgende woorde ’n simpleks of ’n kompleks is. (5)

2.1.1 kompleks
2.1.2 simpleks
2.1.3 kompleks
2.1.4 kompleks
2.1.5 kompleks

2.2 Dui aan of die volgende woorde afleidings, samestellings, samestellende afleidings of
samestellende samestellings is. (5)

2.2.1 afleiding
2.2.2 afleiding
2.2.3 samestelling
2.2.4 samestellende afleiding
2.2.5 samestellende samestelling

2.3 Verduidelik in jou eie woorde wat jy onder die volgende terme verstaan. (5)

2.3.1 samestelling: twee of meer stamme wat sonder affikse aan mekaar verbind word
2.3.2 morfeem: ’n woorddeel met ’n konstante klankvorm en betekeniswaarde wat nie in
kleiner dele verdeel kan word nie.
2.3.3 ambifiks: morfeme wat gelyktydig verbind aan weerskante van ’n stam.
2.3.4 lettergreep: ’n hulpmiddel vir spelling en dra nie betekenis nie.
2.3.5 simpleks: eenvoudige woorde wat nie uit betekenisdraende morfeme opgebou is
nie.

2.4 Ontleed die volgende woorde deur gebruik te maak van die plus-metode.

2.4.1 worsie (2)


wors (½) (vrye stam) (½) + ie (½) (suffiks) (½)
2.4.2 eendbekdier (3)
eend (½) (vrye stam) (½) + bek (½) (vrye stam) (½) + dier (½) (vrye stam) (½)

2.5 Ontleed die volgende woord deur gebruik te maak van die boomdiagrammetode. (5)

2.5.1 tunablikkie
[[N] / [tunablikkie]] (1)

[[N] / [tunablik] (1)

[[N / [tuna]] (½) [[N] / [blik]] (½) [[DIM] / [...ie]] (½)


Vrye stam (½) Vrye stam (½) Suffiks (½)

ALTERNATIEF:

[[N]/[tunablikkie]] ½

[[N]/[tuna]] 1 [[N]/[blikkie]] 1

[[N]/[blik]] ½ [[DIM]/[...ie]] ½

Vrye stam ½ Vrye stam ½ Suffiks ½

LET WEL: Punte kan afgetrek word as die vlakke nie sin maak nie en as die bykomende
inligting (soos prefiks, suffiks, N, V, ens.) weggelaat word.
[25]
VRAAG 3 : SINTAKSIS

SINTAKSIS: die studente moet woorde in kombinasie as klouse, frases en eenvoudige en


komplekse sinne kan identifiseer, ontleed en beskryf.

3.1 Kies telkens die regte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord
neer, byvoorbeeld: 3.1.1 sintaksis. (10)

3.1.1 telwoord
3.1.2 werkwoord
3.1.3 setsel
3.1.4 naamwoorde
3.1.5 bevelsin
3.1.6 besitlike voornaamwoord
3.1.7 hulpwerkwoord van tyd
3.1.8 hoofwerkwoord
3.1.9 wederkerende voornaamwoorde
3.1.10 indirekte voorwerp

3.2 Benoem die volgende sin na sy sinstipe (sinsoort). (1)

3.2.1 vraagsin

3.3 Toon ten opsigte van die onderstaande stukke aan watter woord die kern van die stuk vorm en
as watter soort stuk jy dit sal benoem op grond van die kernnaamwoord. Dui die kernnaam-
woord en die naam van die stuk aan, byvoorbeeld: [Die onbeskofte man] 3.2.1 man = NS. (2)

3.3.1 op = SG
3.3.2 beste = AS

3.4 Omskryf die volgende sin in die ontkenningsvorm. (2)

3.4.1 Ek het dit nog nie (1) gedoen nie (1).

3.5 Benoem die onderstreepte sinstukke na hulle vorm/binnebou en funksie/buitebou. (2)

3.5.1 NS = onderwerp
3.5.2 AS = kopula-aanvulling
3.6 Wat is die werkwoordstukkern (WSK) van die volgende sinne? (2)

3.6.1 doen (HWW) (1) + die werk (NS) (1)

3.7 Vertoon die volgende saamgestelde sin ’n onderskikkende of neweskikkende konstruksie? (2)

3.7.1 want = onderskikkend


3.7.2 en = neweskikkend

3.8 Identifiseer die bysin en dui die vorm (NS, AS, ens.) en die funksie van die bysin (onderwerp-
sin, voorwerpsin, predikaatsin, ens.) in die volgende voorbeelde. Skryf die bysin, vorm en
funksie by elke vraagnommer neer, byvoorbeeld: 3.7.1 Dit lyk of hulle maar sukkel.: 3.8.1
Bysin: of hulle maar sukkel (Vorm: Volle bysin; Funksie: predikaatsin). (4)

LET WEL: Die bysin moet by die antwoord ingesluit word. Sonder die bysin verloor die jy die
helfte van die punt(e).

3.8.1 dat hulle môre sal opdaag (Volle bysin (1); Voorwerpsin (1))
3.8.2 om soggens te leer (om + te = Infinitiefsin (1); Nabepalingsin (1))
[25]
VRAAG 4 : SEMANTIEK

SEMANTIEK: die studente moet kan beskryf wat woorde in konteks beteken deur veral die
verskillende verhoudings tussen woorde in ag te neem, asook die verhoudings tussen woorde en
die wêreld daar buite.

4.1 Verduidelik kortliks wat die volgende terme beteken. (3)

4.1.1 Sinoniem: ’n woord met min of meer dieselfde betekenis. (1)


4.1.2 Konnotasie: die emotiewe waarde wat geheg word aan ’n woord. (1)
4.1.3 Prototipe: die beste voorbeeld van ’n kategorie. (1)

4.2 Watter twee aspekte van polisemie moet jy voortdurend in gedagte hou? (2)

Verskillende betekenisonderskeidings is moontlik (1) en betekenisse is steeds verwant (1).

4.3 Illustreer die verskil tussen die term denotasie en konnotasie deur die volgende tabel in te vul.
(5)
Woord Denotasie Konnotasie
hart ’n Orgaan wat bloed pomp Waar mens se emosies is
boom ’n Plant wat uit hout gemaak Iets wat geklim moet word
is
rooi Die kleur met die laagste Gevaar/liefde
frekwensie op die sigbare
spektrum
groen ’n Kleur Jaloesie/ Plantegroei
aantreklik Iets of iemand wat aanloklik Dit wat die student as
is aantreklik beskou

4.4 Is die volgende antoniempare komplementêr, gradeerbaar of omkeerbaar? (5)

4.4.1 komplementêr
4.4.2 omkeerbaar
4.4.3 gradeerbaar
4.4.4 komplementêr
4.4.5 gradeerbaar

4.5 Stel ’n boomdiagram op vir “motor” om sy hiponiemstruktuur aan te dui. Bepaal self of die
betrokke woord ’n superordinaat of ’n subordinaat is. (5)
“Motor” sal waarskynlik as vervoermiddel gesien word en moet as sodanig voorgestel word in die
boomdiagram. ’n Punt word toegeken vir elke vlak van die boomdiagram, die korrekte plasing van
“motor” en die regte uiteensetting van die diagram.
Moontlike voorbeeld:
vervoermiddels
superordinaat (t.o.v. onderstaande):

fiets motor trein


subordinaat (t.o.v. bogenoemde):
superordinaat (t.o.v. onderstaande):

Toyota Volkswagen Landrover


subordinaat (t.o.v. bogenoemde):

4.6 Rangskik die volgende lede van ’n groep van prototipe na periferie. Verduidelik dan waarom jy
dit so rangskik het. Let wel: jou verduideliking tel drie (3) punte. (5)

Moontlike/waarskynlike antwoord:
Prototipe:
Jack Russel
Poedel
Sint Bernard
Rotweiler
Periferie:
Dingo
Wolf

Verduideliking:
Die eerste vier voorbeelde op die lys is waaraan ’n mens gewoonlik dink wanneer jy die woord
“hond” hoor; dit is min of meer verteenwoordigend van die kategorie/klas “hond”, alhoewel nie
almal ’n Rotweiler sal aanhou nie. Die laaste twee voorbeelde is wilde diere en nie verteenwoordi-
gend van die kategorie/klas “hond” nie.
[25]
VRAAG 5 : SKRYFVAARDIGHEDE

Skryfvaardighede: die fokus van hierdie afdeling is op effektiewe skryfwerk. Die studente moet die
kennis van bogenoemde afdelings effektief in ’n geskrewe teks kan implementeer, veral in ’n
akademiese teks.

5.1 Pas kolom A by kolom B. Skryf selgs die gepaste antwoord neer, by. 1.D. (5)

5.1.1 A
5.1.2 E
5.1.3 B
5.1.4 C
5.1.5 D

5.2 Bestudeer die volgende stellings oor kommunikasie per formele brief en besluit of elke stelling
WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs die vraagnommer en WAAR of ONWAAR neer, bv. 5.2.3
Waar. (5)

5.2.1 Waar
5.2.2 Onwaar
5.2.3 Waar
5.2.4 Onwaar
5.2.5 Waar

5.3 Die e-pos.

Inhoud:
Jy is ’n AFK2602-student. Jy moes gister Opdrag 2 van hierdie module oor myUnisa indien maar
ongelukkig was die krag by jou huis af. Jou hele omgewing se krag was af. Jy kon dus nie jou
opdrag betyds indien nie want daar was geen manier waarop jy toegang tot myUnisa kon kry nie.

Skryf nou ’n e-pos aan die primêre dosent, mnr. Johan Bester (bestej@unisa.ac.za) waarin jy hom
van jou penarie vertel. Skenk aandag aan die volgende:

 Noem dat jy nie jou opdrag kon indien nie a.g.v. die feit dat die krag af was.
 Verduidelik waarom jy nie jou opdrag vroeër ingedien het nie – dan sou die krag wat af was
mos nie ’n probleem gewees het nie.
 Vra vir uitstel.
 Gee ’n rede waarom jy dink jy nog ’n kans verdien om jou opdrag in te dien.

Onthou om aandag te skenk aan die formaat van jou e-pos. Kyk na bladsye 130 tot 133 in die
studiegids om jou hiermee te help.

Dit is ook baie belangrik dat jy jou e-pos deurlees en al die taal-, spel- en tikfoute redigeer voor jy
jou opdrag indien.

ASSESSERINGSKRITERIA EN PUNTETOEKENNING

LET WEL: Lengtebeperking: 1½ bladsye.

Kriteria Punt
Uiterlike struktuurmerkers: Adres van sender, adres van ontvanger, 5
onderwerp, datum en tyd, handtekening met jou besonderhede aan die
einde.
Inhoud: Logies en oortuigend. Al die nodige inligting word. 5
Taalgebruik: Jou taalgebruik, sinsbou, spelling en punktuasie is keurig. 5
TOTAAL: 15

Let wel:
Let op die tipe foute wat jy by bogenoemde onderafdelings van hierdie vraag gemaak het. Probeer
om hierdie tipe foute in die toekoms te vermy. Jy mag ook punte verloor het as dit voorkom of jy
Google Translate gebruik het. Jou e-pos mag dalk soos Afrikaans lyk, maar dit is nie
grammatikaal-korrekte Afrikaans nie.
[25]
TOTAAL: [100]

You might also like