You are on page 1of 4

AFK2602

Afrikaanse Grammatika

Leereenheid 4: Antwoorde

Aktiwiteit 4.1
1. Del ofr halqraai ena gmstr ne vurr libmord bla.* is brabbeltaal.

2. Eth pomasciron fo eth ests fo atad stgesgus ghesminot fenidfetr?* is bloot die
skommeling van die letters van die volgende sin: The comparison of the sets of data
suggests something different.

3. MPXBB AHKDM AZHCT QVAFP TGCKZ is die werklike gekodeerde teks van die
Duitse Enigma-masjien wat tydens die Tweede Wêreldoorlog gebruik is (wat Some
Potentially Useful Information beteken).

4. IchhabekeineAhnungwovonSiereden.* moet op sy korrekte Duits lui: Ich habe keine


Ahnung wovon Sie reden (Ek het geen benul waarvan jy [u] praat nie).

Aktiwiteit 4.2
4.1.1 (a) die: bepaalde lidwoord

(b) seun: selfstandige naamwoord; soortnaamwoord

(d) stap: onoorganklike hoofwerkwoord

(e) in: setsel

(f) ’n: onbepaalde lidwoord

(g) donker: adjektief

(i) woud: selfstandige naamwoord; soortnaamwoord

Aktiwiteit 4.3
(a) Hierdie is ’n grammatikale sin in Afrikaans.
(b) Hierdie sin is ongrammatikaal want byna is ’n graadwoord en ’n naamwoord soos
oggend kan nie met ’n graadwoord soos byna verbind nie.
(c) Die status van hierdie sin as grammatikale of ongrammtikale sin is nie duidelik nie
omdat die adjektief vars in die stuk twee vars glase lemoensap kan slaan op glas
of op lemoensap. Is daar iets soos vars glase? Sekerlik nie, tensy die woord vars
metafories gebruik word. Verander mens egter die woordorde van hierdie stuk na
twee glase vars lemoensap, dan is die sin grammtikaal.

Aktiwiteit 4.4
4.4.1 Die woorde in kolom A is almal selfstandige naamwoorde. Hulle benoem entiteite

Open Rubric
en hulle kan enkelvoud of meervoud aandui. Die woorde in kolom B is almal
adjektiewe. Hulle benoem eienskappe van entiteite en hulle kan gradering van die
betrokke eienskap aandui. Die woorde in kolom C is werkwoorde. Hulle verwys na
handelinge en hulle kan met hulpwerkwoorde verbind om tyd of modaliteit uit te
druk.

4.4.2 Twee van die woorde in kolom A is setsels; oop is ’n adjektief en hoort dus nie in
hierdie kategorie nie. Twee van die woorde in kolom B is graadwoorde; hier is ’n
bywoord en hoort dus nie by die res nie. Die en ’n is lidwoorde maar altyd is ’n
bywoord; dus hoort dit nie in die groep nie.

Aktiwiteit 4.5
Liefde, motor, woede, honde, bome, huise, vleis en pyn kan almal ’n lidwoord neem en is
dus naamwoorde.

Aktiwiteit 4.6
4.6.1 (a) voëltjie

(b) kind

(c) meisiekind

(d) swaer

(e) man; vrou

4.6.2 (a) melk

(b) asem; lug

(c) skare

(d) dapperheid

(e) stof

Aktiwiteit 4.7
(a) jy: persoonlike voornaamwoord (tweede persoon enkelvoud)
(b) iemand: onbepaalde voornaamwoord
(c) my: besitlike voornaamwoord
(d) hulle: persoonlike voornaamwoord: derde persoon meervoud;
mekaar: wederkerende voornaamwoord
(e) my: besitlike voornaamwoord

Aktiwiteit 4.8
(a) ek: persoonlike voornaamwoord (eerste persoon enkelvoud)
Bettina: eienaam
(b) sy: persoonlike voornaamwoord (derde persoon enkelvoud, vroulik)
Herman: eienaam
astrantheid: selfstandige naamwoord; soortnaam
voorval: selfstandige naamwoord; soortnaam
(c) hy: persoonlike voornaamwoord (derde persoon enkelvoud, manlik)
skare: selfstandige naamwoord; massanaam
perd: selfstandige naamwoord; soortnaam (enkelvoud)
sy: besitlike voornaamwoord
wedren: selfstandige naamwoord; soortnaam
(d) dapperheid: massanaamwoord
(e) hulle: persoonlike voornaamwoord (derde persoon meervoud)
hulle: besitlike voornaamwoord; meervoud
pa: selfstandige naamwoord; soortnaam (enkelvoud)
bok: selfstandige naamwoord; soortnaam (enkelvoud)

As jy nie al die antwoorde korrek gehad het nie, moet jy die voorafgaande gedeeltes weer
bestudeer.

Aktiwiteit 4.9
4.9.1 Waar ’n hoofwerkwoord meer as een maal in die teks voorkom, word dit net een
maal in die antwoorde opgeneem. By sommige van die werkwoorde word ook die
stukke verskaf waarmee hulle verbind om aan te dui waarom die betrokke
werkwoord tot ’n bepaalde hoofwerkwoordkategorie behoort.

(a) lag: onoorganklike hoofwerkwoord

huil: onoorganklike hoofwerkwoord

(b) begryp (Herman se astrantheid): oorganklike hoofwerkwoord

(c) wag (vir die skare om te bedaar): onoorganklike hoofwerkwoord/


voorsetselwerkwoord

bedaar: onoorganklike hoofwerkwoord

begin (sy wedren): oorganklike hoofwerkwoord

(d) is (nie voldoende nie): koppelwerkwoord

(e) kyk (hoe hulle pa die bok volg): oorganklike hoofwerkwoord

volg: oorganklike hoofwerkwoord

Ook hier sal jy merk dat sommige werkwoorde deur hulle gebruik saam met ander stukke
in ’n sin in meerdere van die hoofwerkwoordkategorie ingedeel kan word.

4.9.2 (a) Iemand sal die blomme plant. (aktiefsin) x Die blomme sal deur iemand geplant
word. (passiefsin)
(b) Die rommel in die rivier is reeds verwyder. (passiefsin) x Iemand het reeds die
rommel in die rivier verwyder. (aktiefsin)

(c) Die kinders sal die werk doen. (aktiefsin) x Die werk sal deur die kinders gedoen
word. (passiefsin)

(d) 'n Briefie is deur die kêrel aan sy meisie geskryf. (passiefsin) x Die kêrel het 'n
briefie aan sy meisie geskryf. (aktiefsin)

(e) Hy pomp die bal op. (aktiefsin) x Die bal word deur hom opgepomp. (passiefsin)

Aktiwiteit 4.10
(a) het: hulpwerkwoord van tyd

begin (lag): skakelwerkwoord

(b) kon (begryp): modale hulpwerkwoord

(c) sal (slaan): modale hulpwerkwoord

(d) kom: skakelwerkwoord (direk)

Aktiwiteit 4.11
4.11.1 (a) mooi: adjektief, stellende trap

in: voorsetsel

(b) nie: ontkenningswoord

(c) saans: bywoord van tyd

om: voorsetsel

(c) want: voegwoord

baie: graadwoord

(d) vir: voorsetsel

4.11.2 (a) Sy het nie die motor gewas nie.

(b) Niemand het die pragtige protea afgepluk nie.

(c) Ek het nie my sleutels êrens laat lê nie / Ek het my sleutels nêrens laat lê nie.

You might also like