You are on page 1of 6

Bykomende notas: DEEL 3

Beste studente
Hierdie is slegs van toepassing op studente wat Deel 3 gekies het.
Om julle te help om Werkopdrag 2 te voltooi, het ons besluit om uit te brei op die
belangrikste teoretiese begrippe vir julle in hierdie dokument saam te vat. Let
asseblief daarop dat hierdie dokument slegs as AANVULLENDE notas gebruik
kan word en NIE Deel 3 in die studiegids vervang NIE. Jy moet steeds
hoofsaaklik gebruik maak van die inligting in die studiegids, maar ons hoop dat
hierdie notas kortliks die teoretiese konsepte sal verhelder.
1) Konteks en konteksmerkers
Konteks kan beskou word as die spesifieke situasie waarin n leser n literre
teks lees. Hierdie situasie word benvloed deur die skrywer (watter ideologie,
stereotipes en idees hy/sy in die literre teks gebruik); die teks (watter soort
teks dit is, waarom dit juis hierdie soort of genre is, watter kodes daar is); en die
leser (jou literre agtergrond en sosiale identiteit).
Omdat jou werklikheid as Suid-Afrikaner verskil van di van byvoorbeeld n
Nederlander, is die konteks waarin jy n literre teks lees anders as die konteks
waarin n Nederlander dieselfde teks sou ontvang. Die gewilde Madam & Evestrokiesprent is byvoorbeeld by uitstek gemik op n Suid-Afrikaanse gehoor.

Om na te dink oor konteks kan jy die volgende vrae stel oor hierdie strokiesprent:
Watter ideologie en stereotipes gebruik die skrywers van hierdie
strokiesprent? Dink jy hierdie stereotipes en ideologie word bevestig, of word
dit eerder ondermyn?
Wat is die kenmerke van n strokiesprent? Is dit gewoonlik snaaks, hartseer of
ernstig? Ken jy die Madam & Eve-strokiesprente en die karakters daarin?
Watter kodes sou jy kon identifiseer (pp. 157)?
As jy nie die Madam & Eve-strokiesprent ken nie, dink jy dit maak n verskil
aan hoe jy die strokiesprent interpreteer? Dink jy dat n Nederlander n

strokiesprent soos die volgende ten volle sal verstaan? Waarom sal jy as SuidAfrikaner die strokiesprent waarskynlik beter verstaan as n Nederlander?
Hierdie strokiesprent werk met n aantal konteksmerkers: daar word
byvoorbeeld aanvaar dat die leser van hierdie strokiesprent 1) voordat hy/sy die
strokiesprent gelees het, reeds sal weet dat die strokiesprentgenre gewoonlik
snaaks is en dat hierdie spesifieke een gewoonlik n kwinkslag van Eve bevat; 2)
die ingewikkelde aard van rasverhoudings in SA sal verstaan en ken; 3) kennis
dra van die Suid-Afrikaanse konteks van huiswerkers en hulle werkgewers en
weet dat die skrywers hierdie stereotipes van die madam en die huiswerker
gebruik om sosiale kommentaar te lewer; 4) weet van die e-tolstelsel wat
onlangs in Gauteng ingevoer is.
As jy n literre teks lees, word dit benvloed deur verskeie aspekte, waaronder:
Ideologie en stereotipes wat in die teks deur die skrywer ondersteun of
bevraagteken word (sien pp. 161-163 in die studiegids).
Die literre konvensies van die teks (pp. 166-167; sien ook nota hieronder)
en die kodes in die teks wat bydra tot betekenisskepping (p. 157)
Jou opvattings as leser (pp. 159-160)
Wanneer jy die konteks van n literre teks probeer verstaan, gebruik jy al drie
bogenoemde aspekte die skrywer, die teks en die leser om die
konteksmerkers te identifiseer.
Waar kan ek meer inligting kry?
http://rwc.hunter.cuny.edu/reading-writing/on-line/lit-terms.html. Hier is n
interessante inskrywing oor literre konteks.
Sien ook Deel 1 (p. 39)
2) Literre konvensies
Ons het hierbo gepraat van die literre konvensies van die teks (sien ook pp.
166-167). Wat bedoel ons daarmee? Literre konvensies is die eienskappe
van n teks wat ons as lesers kan identifiseer (meestal) nog voordat ons
die teks klaar gelees het. Ons herken hierdie eienskappe van die teks
omdat ons al voorheen tekste gelees het wat met dieselfde eienskappe
werk, daarom het literre konvensies te make met ons voorafkennis. As
ons Ronelda S. Kamfer se gedig die huisvrou lees (p. 158), sien ons onmiddellik
dat die teks bestaan uit n aantal korter en langer rels. Dit is n literre
konvensie van gedigte. Met ander woorde: sonder om die teks te lees, weet ons
dat dit n gedig is, want ons het al voorheen gedigte gelees en weet dat gedigte
uit kort rels bestaan (eerder as prosa wat meestal uit paragrawe bestaan). Ons
weet dan ook dat dit nie n kortverhaal of n roman of enige ander prosastuk is
nie.
Redelik vroeg in die gedig sien ons ook die woorde eendag in. Dit herinner ons
aan tekste wat begin met Eendag was daar ... Dit herinner ons weer aan
stories, want dit is die manier waarop baie verhale (soos sprokies) begin. Ons

weet dus nou dat hierdie teks n gedig is, en dat dit n storie vertel, en ons kan
selfs dink dat die storie mooi gaan eindig soos gewoonlik met n sprokie die
geval is. Omdat dit dan nie gelukkig eindig nie, al klink dit bietjie soos n sprokie
in hierdie deel van die gedig, word die literre konvensie van die sprokie
deurbreek; terwyl die literre konvensie van die gedig gehandhaaf word.
Dit kan egter op n meer subtiele manier ook werk. As jy n roman lees waarin
daar n terugflits na die verlede is, kan dit vir jou vreemd wees as jy nog nooit n
roman gelees het waarin dit gebeur nie. As jy dit reeds tegekom het (wat
waarskynlik die geval is, want meeste romans bevat terugflitse) is dit vir jou nie
vreemd nie, want dit is n literre konvensie waarmee jy vertroud is. Dikwels
registreer jy as leser nie eens dat dit n konvensie is nie, want jy is so goed
vertroud daarmee.
Waar kan ek meer inligting kry?
http://highered.mcgrawhill.com/sites/0072405228/student_view0/fiction_glossary.html het n
inskrywing oor literre konvensies.
http://www.ask.com/question/examples-of-literary-conventions gee ook n
goeie omskrywing
http://academic.brooklyn.cuny.edu/english/melani/lit_term.html
3) Ideologie (pp. 161-163)
Die konsep ideologie word uitgebreid in die studiegids beskryf (pp. 161-163).
Dit is egter n komplekse begrip. Terry Eagleton begin byvoorbeeld sy belangrike
boek Ideology: An Introduction as volg: Nobody has yet come up with a single
adequate definition of ideology, and this book will be no exception. This is not
because workers in the field are remarkable for their low intelligence, but
because the term ideology has a whole range of useful meanings (1991:1). Op
hierdie stadium wil ons julle egter nie verwar met te veel van hierdie betekenisse
waarvan Eagleton praat nie. Gaan lees weer die afdeling in die studiegids en
maak vir jouself notas oor ideologie as begrip vir ons doeleindes.
Wat ons in hierdie gedeelte van die studiegids probeer oordra, is dat ideologie
n soort bril is waarmee jy na die wreld kyk. Daar is baie verskillende
ideologie, en dit sal jou dalk help om aan verskillende ideologie te dink as
verskillende kleure brille.
As jy byvoorbeeld as Afrikanernasionalis grootgeword het, dra jy s maar n pers
bril. Hierdie pers bril maak dat alles vir jou pers lyk selfs al is dit dalk nie
regtig pers nie. Ons s dan dat jou pers bril n verdoeselingsfunksie het
dit verdraai die werklikheid, want nou lyk dit pers selfs al is die werklikheid nie
pers getint nie. As jy nou weer as kind deelgeneem het aan die 1976-opstande
en teen apartheid gekant was, dra jy dalk n groen bril. Dit maak weer dat alles
vir jou groen lyk die gras is groen (wat dit in die werklikheid, objektief, ook is),
maar alles anders lyk ook vir jou groen terwyl die werklikheid eintlik uit n
magdom kleure bestaan.

As jy n pers bril dra, vind jy dalk meer aanklank by ander mense wat ook pers
brille dra, eerder as groen of oranje of geel of rooi brille. Dan dink jy dalk later
dat mense wat pers brille dra, jou mense, op n manier beter is of ten minste
die werklikheid beter verstaan as mense wat ander kleure brille dra. Jou pers bril
laat jou dan dink dat die werklikheid op n spesifieke manier moet werk dat
mense met pers brille beter weet wat reg en verkeerd is en hoe die samelewing
moet werk. Jou pers bril is dus nie net n kleur bril nie dit bepaal hoe jy na die
werklikheid kyk, en daarom is jou bril nie neutraal nie. Omdat jou bril vir jou
dikteer hoe die werklikheid lyk, is dit met ander woorde waardegelaai en
normerend (dit gaan nou nie meer net om die kleur bril nie, maar die manier
hoe jy die wreld sien en daardeur dink wat reg en verkeerd is op grond van jou
kleur bril).
Dit is egter nie n objektiewe feit nie; dit is nie die waarheid nie dit is net jou
bril wat jou so laat dink, net omdat dit jou dinge op dieselfde manier laat sien as
ander mense wat ook pers brille dra. Jou pers bril dien dan jou groep se
magsbelange dit laat jou dink dat pers die beste bril is om te dra, en dat
mense wat ander kleure brille dra dalk nie so mooi kan sien wat werklik die geval
is nie.
Onthou, jy kan ook meer as een bril op n slag dra jy kan byvoorbeeld
terselfdertyd n Nasionalistiese bril en n patriargale bril dra, want soms is die
kleure brille eintlik maar net verskillende skakerings van dieselfde kleur bril.
Dit beteken wel nie dat jy vir ewig en altyd dieselfde kleur bril moet dra nie. Al
het jy dalk grootgeword in n huis waar jou ouers albei pers brille gedra het en
hulle van jongs af vir jou ook n pers bril opgesit het, dink jy tog nie met jou bril
nie. Jy is nog steeds n unieke mens wat vir jouself kan dink. Sodra jy dan besef
dat jy eintlik nog heeltyd n bril dra wat die werklikheid anders laat lyk as wat dit
is, kan jy kies om dit te verander. Gewoonlik kan jy nie net die bril afhaal en die
werklikheid sien soos dit is nie (want n mens is so gekondisioneer dat jy altyd
een of ander vorm van ideologie sal onderskryf), maar jy kan kies om
verskillende kleure brille aan te pas om te sien watter een die werklikheid vir jou
die mooiste laat lyk.
Waar kan ek meer inligting kry?
Daar is min inleidende bronne oor ideologie wat betroubaar is, maar die
Wikipedia-inskrywing (http://en.wikipedia.org/wiki/Ideology) is n beginpunt.
4) Stereotipes (pp. 163-165)
Stereotipes word heel duidelik uiteengesit op pp. 163-165 van die studiegids.
Onthou: n stereotipe het 4 primre kenmerke:
Vereenvoudiging stereotipes werk met die idee dat mense wat slegs n
enkele eienskap deel, eintlik presies dieselfde is. Dit laat jou met ander
woorde nie toe op die diversiteit van die groep mense raak te sien nie. Een
stereotipe is dat alle blondines dom is net omdat iemand blond is,

beteken nie dat hulle dom is nie. Ons weet tog eintlik dat daar baie blondines
in die wreld is en dat hulle intelligensie wissel, net soos di van mense met
ander haarkleure. Daar is geen logiese verband tussen haarkleur en
intelligensie nie. Dis ook nie net hulle intelligensie nie; hulle belangstellings
en beroepe en en moedertale en skoengroottes en haarstyle en gesinsituasies
en allerlei ander aspekte van hulle menswees is ook nie deur die bank
dieselfde nie.
Veroordeling stereotipes laat jou toe om ander groepe mense te
veroordeel, juis omdat jy hulle nie in hulle volle menslikheid sien nie, maar
net een eienskap gebruik in jou oordeel (soos dat blondines dom is). In die
apartheidsjare het stereotipering van bruin en swart mense byvoorbeeld
bygedra tot die feit dat blankes dikwels gedink het hulle is beter as mense
van ander rasse nie omdat dit n feit is nie, maar omdat bruin en swart
mense nie as volwaardige mense beskou is nie en eerder slegs in terme van
velkleur beskou is. Sodra jy begin besef dat alle blondines nie dieselfde is nie,
is dit nie meer vir jou moontlik om te dink dat alle blondines dom is nie. Dit
beteken nie dat alle stereotipes negatiewe eienskappe van groepe mense
verkondig nie. Daar is stereotipes wat met positiewe eienskappe werk
byvoorbeeld dat Italianers goeie minnaars is of dat die Franse almal lekker
kos maak maar sulke stereotipes is meestal in die minderheid.
Oorlewering meeste stereotipes is nie afleidings wat jy op jou eie gemaak
het nie. Jy het byvoorbeeld nie in jou lewe n klomp blondines ontmoet en toe
tot die slotsom gekom dat hulle almal dom is nie. Eerder het jy uit al die
grappies daaroor, en ander mense se stereotipering van blondines, dit
oorgeneem sonder om krities daaroor te dink. Sodra jy daaroor begin nadink,
besef jy dat n stereotipe van n groep mense gebaseer op n enkele eienskap
eintlik absurd is.
Onversetlikheid hoewel ons besef dat stereotipes eintlik geen water hou
nie en eintlik absurd is, verander stereotipes nie maklik nie. Dit is omdat
stereotipes een van die maniere is waarop mense probeer sin maak van n
baie komplekse en diverse wreld. Om n groep te stereotipeer, maak dat jy
nie verder oor hulle hoef te dink nie, en dit help jou om jou wreld te orden.

Waar kan ek meer lees oor stereotipes?


C.N. van der Merwe se boek Breaking Barriers: Stereotypes and the Changing
of Values in Afrikaans Writing 1875 1990 is gedeeltelik aanlyn beskikbaar by
http://books.google.co.za/books?
id=VdZ662BYhLIC&printsec=frontcover&dq=stereotypes+van+der+merwe&
hl=en&sa=X&ei=JLb9UqH7KsnR7AasmoHIBg&ved=0CCwQ6AewAA#v=onepa
ge&q=stereotypes%20van%20der%20merwe&f=false
5) Genderidentiteit (p. 165)
Gewoonlik onderskei ons tussen geslag (in Engels: sex) en gender:
Geslag: die fisiese eienskappe waarmee jy gebore is (geslagsorgane,
voortplantingsorgane) en wat bepaal of jy n man of n vrou is.
Gender: die idees wat n bepaalde samelewing het oor hoe mans behoort op
te tree en hoe vroue behoort op te tree. Om hierdie kulturele uitlewing van

geslag te onderskei van jou fisiese geslag, praat ons van gender (manlikheid
of vroulikheid) eerder as geslag (man of vrou). Byvoorbeeld: in baie
samelewings word lang hare met vroulikheid geassosieer. Vroue wat lang
hare het en mooi rokkies en grimering dra, se gender (vroulikheid) stem dan
ooreen met hulle geslag (vrou). As n man in hierdie samelewing lang hare
het, word hy beskou as minder manlik as ander mans wat kort hare het. Dit
werk net soos stereotipes met sekere vooropgestelde idees ouers s
byvoorbeeld vir hulle seuntjies seuntjies dra nie hulle hare lank nie of
dogtertjies word ontmoedig om boom te klim want net seuntjies klim
boom.
Waar kan ek meer inligting kry?
Die Wikipedia-inskrywing is handig: http://en.wikipedia.org/wiki/Gender
6) Bloedrivier en die Voortrekkers
As jy nie vertroud is met Afrikanergeskiedenis (spesifiek Bloedrivier en die
Voortrekkers) nie, raadpleeg gerus een van die volgende bronne:
http://en.wikipedia.org/wiki/Battle_of_Blood_River
http://www.sahistory.org.za/dated-event/battle-blood-river
7) Afrikanernasionalisme
As jy nie vertroud is met die konsep van Afrikanernasionalisme nie, raapleeg
gerus die Wikipedia-inskrywing:
http://en.wikipedia.org/wiki/Afrikaner_nationalism

You might also like