You are on page 1of 12

PA

OPSTEL VRAAG –
Die gedig bevat die spreker se diep heimwee en herinneringe aan haar oorlede pa.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 200–250 woorde.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
• Die spreker dink met heimwee aan haar Pa, want sy onthou hom soos hy werklik was: sag,
ʼn ware kunstenaar en romantikus./Bv. reël 1: hy was nie ʼn man van staal nie.
• Sy onthou hom as ʼn intense natuurliefhebber, want hy het die natuurelemente soos reën
en son geken./Bv. reël 2: waar die reën se blink some alkant oor die berge sleep hoor ek
hom lag...
• Sy herinner haar aan sy blydskap en ontsteltenis, want hy was bly oor die reën, maar nie
oor die son wat die plantegroei doodbrand./Bv. reël 2: waar die reën se blink some alkant
oor die berge sleep hoor ek hom lag... /reël 5: waar die knettervuur van son die heuwels
kaal skeer, hoor ek hom ween...
• Sy onthou haar pa as ʼn doodgewone man omdat hy ʼn sagte, sensitiewe, gevoelvolle mens
was./Bv. reël 9: pa was in murg en borsbeen ʼn doodgewone man.
• Omdat haar pa ʼn doodgewone man was, onthou sy ook dat hy nie die aanslae van die
lewe kon afweer nie./Bv. reël 21: ... en in die liefde geskaad
• Die herinneringe en heimwee is nog vars, want hy is by haar in haar emosionele
leefwêreld./Bv. reël 11: ... vertoef hy soms in my drome/dans rond in stiltes van my boord.
• Met heimwee dink sy aan die wingerdharte wat haar pa se liefde en tekens van omgee
uitgebeeld het./Bv. reël 14: ryg wingerdharte aanmekaar.
• Die spreker onthou sy inkpen wat leeg is wat dan die plek waar hy gesterf het, oproep nl.
die studeerkamer./Bv. reël 17:op die lessenaar drup sy inkpen leeg.
• Sy rig trooswoorde tot haarself, want sy wil die heimwee na haar pa besweer./Bv. reël 19:
doodgewone man; reël 20: ... van lag en van huil; reël 21: murgsag.
• Sy aanvaar die verlies wat die afsterwe van haar pa meebring omdat hy terug gegee is aan
die aarde wat hy so lief gehad het en die aarde het hom gretig ontvang./Bv. reël 22: en my
dood was soos dit ons aarde behaag.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.

KONTEKSUELE VRAE -
4.1 Wat is die funksie van die enkelstrofe aan die begin van die gedig? (1)
Die feit dat die pa nie die tipiese sterk man was nie/dat die pa sagmoedig was, word hierdeur met
ʼn kort en kragtige/eenvoudige/sterk stelling beklemtoon./Dit beklemtoon die feit dat haar pa
anders was (sagmoedig/gevoelvol) as wat die samelewing hom gesien het (hard/gehard). √

4.2 Gee die rede vir die afwesigheid van leestekens in versreël 4 en 7. (1)
Die aanhoudende lag-en-praat/ween-en-roep-aksie word uitgehef./Sy herroep
belewinge/herinneringe en die een volg die ander op./Die afwesigheid van leestekens is tipies van
die vrye vers. √

4.3 Benoem die retoriese middel wat treffend in versreël 8 aangewend word. (1)
Herhaling √
4.4 Watter woord in strofe 4 bevestig dat die pa nie meer lewe nie? Sê ook watter
karaktereienskap van die pa uit sy handeling in versreëls 14–16 blyk. (2)
“ontslape” √
Die pa was kreatief/liefdevol. √

4.5 Haal die versreël in strofe 5 aan wat die klimaks van dié strofe is. Hoekom, dink jy, sou
die pa moontlik so kon voel? Dink jy die slotstrofe bring vir die spreker ʼn mate van
vertroosting? Motiveer jou antwoord. (3)
“murgsag en in die liefde geskaad” √
Die pa se huwelik was moontlik op die rotse./Die gemeenskap het moontlik nie die pa vir sy ware
menswees waardeer/aanvaar nie./Die lewe het die pa emosionele letsels toegedien./Die pa het
verlies van mense na aan hom ervaar. √
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Ja
Die pa het in sy selfdoodbrief geskryf dat sy dood so moes gebeur./hy
rustigheid het rondom die dood./Haar pa is teruggegee aan die bodem
wat hy so innig liefgehad het./ʼn Kind van die aarde is terug na die aarde.

OF

Nee
Geen woorde kan vir ʼn kind vertroosting bring wanneer hul ouer
selfdood pleeg nie./Niks kan die verlies van ʼn ouer versag nie. √
Die kandidaat bied ʼn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

4.6 Watter stemming oorheers in hierdie gedig? Sê ook hoe die digter verstegnies daarin
slaag om hierdie stemming te bewerkstellig. (2)
Weemoedigheid/ʼn Hartseer stemming √
Die digter maak gebruik van lang woorde/lang vokale/die lang a-klank/assonansie √
[10]
GESTORWE PLANEET
KONTEKSUELE VRAE –
2.1 Verklaar die funksie van die aandagstreep in versreël 3 en die enjambement in versreël
5–6. (2)
Die aandagstreep beklemtoon die gevolge van die mens se dade/optrede in versreël 1–3 wat
hierna volg. √
Die enjambement ondersteun die opwaartse/voortdurende beweging van die uitgelate gifgasse. √

2.2 Verduidelik hoe die titel van die gedig progressief deur die loop van die gedig
ondersteun word, deur die probleem in elke strofe onderskeidelik te belig. (3)
Strofe 1 handel oor die uitwerking van lugbesoedeling op die aarde. √
Strofe 2 handel oor die uitwerking van kernkragongelukke op die natuur. √
Strofe 3 handel oor die vernietiging van die plant- en dierelewe deur die mens. √

2.3 Wat is die funksie van die hooflettergebruik in versreël 17? (1)
Die hoofletters beklemtoon die oordeelsdag/ewigheidsgedagte/hoe skrikwekkend/verreikend die
impak dus van die mens se nalatige optrede is. √ 1

2.4 Benoem en verduidelik die beeldspraak in versreël 22–25. (2)


Metafoor √
Die oliebesoedeling is duidelik op die brandertoppe sigbaar. √

2.5 Watter stemming is oorheersend in die gedig? (1)


ʼn Negatiewe stemming/Neerslagtigheid/Mistroostigheid/Somberheid / Kommer/Wanhoop √ 1

2.6 Wat is die tema van die gedig? (1)


Die mens vernietig die natuur/aarde. √ 1
[10]
OPSTELVRAAG –
Die mens is verantwoordelik vir die vernietiging van die aarde. Bespreek hierdie stelling in
ƌ opstel van 200–250 woorde na aanleiding van die aanklagte wat in hierdie gedig teen die
mens gemaak word. [10]
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
• Die aarde word bedreig deur besoedeling, want lug-geraas en waterbesoedeling word in
hierdie gedig van naderby bekyk.
• Lugbesoedeling deur die mens se verkeerde/nalatige optrede lei tot die gat in die
osoonlaag wat natuurrampe tot gevolg het.
• Die gasse wat in mensgemaakte aërosolkannetjies vrygelaat word, veroorsaak gate in die
osoonlaag.
• Stygende water en poolstreke wat smelt is die mens se handewerk deur lugbesoedeling.
• Die gate in die osoonlaag laat die pole smelt sodat die seevlakke styg en die mens later
geen beheer daaroor het nie.
• Die natuur word deur die mens vernietig omdat die groen reënwoude dan verdwyn. (en ʼn
wanbalans in die omgewing is die gevolg.)
• Die mens besoedel die riviere en die see wat dan tot vrektes van ons waterlewe lei.
• Diere begin soos karkasse lyk omdat hul ondervoed is deur die mens wat nie behoorlik na
die diereryk omsien nie.
• Die mens veroorsaak kernkragongelukke by Tjernobil en Three Mile Island wat verreikende
gevolge vir menslike bestaan inhou.
• Die uitstraling van radioaktiewe stowwe veroorsaak dat menselewens geëis word.
• Die mens ontwikkel op tegnologiese gebied, maar die eindeinde is dat die kernkragafval
langs skatkamers edelgesteentes geberg word.
• Die mens se optrede het tot gevolg dat oseane in riool verander.
• Die seelewe word vernietig, want branders word swart van oliebesoedeling deur die mens
se toedoen.
• Die mens se optrede getuig van onverantwoordelikheid ten opsigte van die seelewe, want
dooie visse spoel op strande uit.
• Die mens kyk nie na die voëls nie, want hul sing ʼn swanesang van ʼn verlore paradys.
• Die mens het nie met die nodige verantwoordelikheid versigtig met God se skepping
omgegaan nie omdat hul hul eie god geword het.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.
DROOMDELWERS
1. Die ruimtes in hierdie roman dra soms positief en soms negatief tot Leendra van
Hellberg se gemoedstoestand by.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde. [25]

Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.


• Leendra voel angstig in haar tronksel 1288 in die Silwerkruis Gevangenis omdat sy nie
weet wie haar ouers vermoor het nie.
• Sy ervaar verwerping in die tronk omdat oom Phil nie met haar kontak maak nie.
• Leendra ervaar verdriet/skuldgevoelens omdat sy besef dat sy nooit die geleentheid gaan
kry om haar ouers om verskoning te vra oor die hantering van haar verhouding met
Ferdinand nie.
• In Soutmansdal ervaar Leendra dat die gemeenskap nie vir haar ʼn tweede kans sal bied
nie, omdat almal haar verlede ken.
• Sy ervaar egter liefde en aanvaarding by die Bonthuys-familie in hul huis, want oom Bontie
en Sweetie is soos ʼn tweede pa en ma vir haar.
• In die hotel ervaar Leendra uiterlike konflik met Minette wanneer sy saam met Gilbert na
Patty se mondigwordingspartytjie gaan, want die twee vroue het ʼn verlede wat van baie
negatiwiteit getuig.
• Wanneer Leendra naby haar kamer kom waar sy destyds in die hotel gebly het, word sy
oorweldig deur ʼn diepe hartseer en woede vir die onregverdighede waaraan sy onderwerp
is.
• By haar ouerhuis (waar Phil nou woon) ervaar sy kritiek/negatiewe ervarings van Mara wat
haar steeds soos ʼn misdadiger laat voel.
• Lucia se liefde en deernis is vir Leendra hier positief, want sy luister na haar/gee haar raad
oor hoe sy sekere situasies moet hanteer.
• Leendra ervaar negatiewe interaksie met Phil wanneer hulle baklei oor haar ma se orreltjie
wat hy verkoop het.
• Dit is ook in hierdie huis waar Leendra eindelik die antwoorde op so baie vrae kry toe sy die
dokumente van haar pa se boedel in die studeerkamerkluis vind.
• Leendra en Sielie is amper seergemaak/dood hier toe Phil uitbars en hul dreig en
veroordeel vir baie sondes waaraan hy skuldig is.
• Leendra ervaar ʼn innerlike hartseer toe sy in hierdie huis vir Sielie in die gang in ʼn
bondeltjie sien sit, want sy besef dat Sielie emosioneel groot skade gely het.
• Die see/strand bied aan Leendra ontvlugting, want hier voel sy ʼn stukkie van die vryheid
waarna sy so smag.
• Pastoor Gerald se ontmoetings by die see is vir haar positief, want hy bemoedig haar/lewer
positiewe insette ten opsigte van haar situasie.
• Die Vlaktevleikerkie bied ook aan Leendra vrede en ontvlugting, want hier kan sy op die
orrel gaan speel.
• Gretel se Der Shutz is ook ʼn ontvlugtingsoord vir Leendra waar sy positiewe gesprekke
met Gretel beleef.
• Dit is ook in Gretel se studio dat Leendra verder soek na antwoorde op vrae toe Sielie met
Debbie Jansen gesels.
• Die Soutpanne bied aan Leendra ʼn mate van struktuur en orde toe sy daar in die kantoor
begin werk en voel dat sy ʼn bydrae kan lewer.
• Die mense/ voormalige werknemers van haar pa maak die Soutpanruimte vir haar positief,
want hul aanvaar haar en gesels gemaklik met haar.
• Sy ervaar egter by die soutpanne konflik met Patty wanneer Sielie Gilbert se motor
beskadig, wat weer ʼn wrok/woede by Leendra aktiveer.
• Op Dwarsmansdal ervaar Leendra woede/uiterlike konflik met Gilbert wanneer hy met
Sielie praat.
• Leendra is ook onrustig by die prokureursfirma op Dwarsmansdal, want sy is op soek na
antwoorde op haar vrae oor haar ouers se dood.
• Die Kleinkloof is Leendra se ‘plek van hartseer’, want hier is haar ouers dood en is haar
lewe onherroeplik verander.
• Toe graniet hier ontdek is, het dit tog ook ʼn optimisme/vreugde by Leendra geaktiveer wat
eindelik vreugde in haar lewe gebring het.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.

2. Leendra van Hellberg en Pastoor Gerald ervaar deur die loop van die roman konflik.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
• Leendra ervaar uiterlike konflik met Gilbert Redelinghuys omdat sy glo hy ʼn aandeel aan
haar skuldigbevinding gehad het en sy hom daarvoor wil terugkry.
• Leendra is steeds baie kwaad vir Gilbert en laat hom goed verstaan dat sy ʼn wrok teen
hom koester en niks met hom te doen wil hê nie/dat hy haar suster moet uitlos, want hy en
sy ma het haar lewe verwoes.
• Leendra se woede teenoor die Redelinghuyse het nog nie verdwyn nie, want sy sê vir
Gilbert dis hy en sy ma wat haar lewe opgeneuk het en sy wil hul daarvoor laat betaal.
• Leendra en Minette daag mekaar uit by Patty se verjaardagpartytjie omdat hul ook ʼn
geskiedenis van konflik het wat steeds nie opgelos is nie.
• Leendra baklei met haar oom oor haar ma se orrel wat aan ʼn handelaar van die Kaap
verkoop is en hy nie die sentimentele waarde daarvan respekteer het nie, want die orrel is
vir haar van onskatbare waarde – dit is ʼn herinnering aan haar ma.
• Leendra kan nie glo dat Samuel in die Kleinkloof kamp nie en trek sy tentpenne uit in
reaksie op haar woede, want sy wil nie hê iemand moet op daardie grond kom nie.
• Leendra vertrou nie vir Samuel nie omdat sy vermoed hy iets wegsteek en daarom is haar
houding jeens hom een van agterdog en antagonisme.
• Leendra praat ontsteld met Patty na die insident waar Sielie Gilbert se Porche beskadig
het, omdat Patty neerhalend van Sielie praat en sy dit nie sal duld nie.
• Leendra ervaar innerlike konflik oor Sielie se hartseer situasie en wonder of sy haar sal
onthou toe sy vrygelaat is, maar sy is hulpeloos omdat sy nie voel dat sy iets omtrent die
situasie kan doen/verander nie.
• Leendra is na haar vrylating uit die Silwerkruis-gevangenis nog wroegend en kwaad, want
sy weet steeds nie wie vir haar ouers se dood verantwoordelik is nie en dit vreet haar
op/laat haar uiters gefrustreerd voel/ontneem haar ʼn kans op vryheid.
• Leendra sê vroeg in die roman reeds dat sy nooit sal vry wees voordat sy weet wat sy moet
weet nie, want die geheime hou haar gevange in die hartseer verlede waaruit sy wil
ontsnap.
• Leendra ervaar innerlike konflik oor haar verhouding met Ferdinand voor haar ouers se
dood omdat sy besef die verhouding het ʼn negatiewe impak op haar verhouding met haar
ouers gehad en sy is spyt dat sy nooit vir haar ouers kon jammer sê nie.
• Leendra het baie vrae oor die verlede, want sy onthou byvoorbeeld van die Italianer wat die
dag van die ontploffing in die kloof was en dit bekommer haar dat sy nie weet wie hy is nie
en sy wil agter die kap van die byl kom.
• Leendra ervaar innerlike konflik oor haar pa se finansiële situasie en is onseker of hy
werklik bankrot was, want sy vermoed dit is nie die waarheid nie.
• Leendra bots met die groter krag van die dood, want sy is kwaad omdat haar ouers op so ʼn
vroeë ouderdom gesterf het en dink dis onregverdig dat hul van haar weggeneem is.
• Leendra is vasgevang in die seer van die verlede omdat sy glo die ontploffing waarin haar
ouers dood is, moord was, maar sy het nie al die antwoorde op hierdie moordraaisel nie.
• Leendra bevind haar steeds in ʼn warboel van raaisels en is agterdogtig toe sy uitvind
Samuel is die Italianer se vennoot en wil weet hoekom hy voor die ontploffing in die
Kleinkloof was, want sy vermoed hy weet iets omtrent haar ouers se dood.
• Leendra se karakterontwikkeling word gestrem deur haar innerlike konflik, want sy verklaar
dat ʼn mens net vry kan wees as jy kan vergewe en sy is nog nie gereed om dit te doen nie,
want sy het nie antwoorde op haar baie vrae nie.
• Leendra delf in haar verlede is juis omdat sy innerlike konflik ervaar en sy jaag
onbewustelik ʼn droom na vryheid van gemoed na.
• Leendra se innerlike konflik aktiveer eindelik die behoefte om te droom oor ʼn beter
toekoms vir almal, want sy wil in haarself, haar omstandighede en verlede delf op soek na
ʼn beter toekoms sodat sy kan vry wees.
• Pastoor Gerald ervaar innerlike konflik oor die beroep in die Kaap wat hy moet aanvaar,
want hy weet nie of dit die regte besluit vir hom en sy familie is nie.
• Pastoor Gerald ervaar later weer konflik toe hy besluit het om die beroep te aanvaar, want
hy besef dat Vlaktevlei nou ’n leier nodig het en daarom is dit nie die regte tyd om te gaan
nie.
• Pastoor Gerald ervaar ook innerlike konflik oor sy besluit om Kaap toe te gaan omdat hy
verlief is op Rebekka en haar nie in die proses wil verloor nie. Pastoor Gerald ervaar konflik
omdat hy verlief is op Rebekka terwyl hy ʼn getroude man – en ʼn man van God is.
• Pastoor Gerald se innerlike worstelinge/struwelinge lei tot uiterlike konflik met Jamaina
omdat sy wil Kaap toe gaan en besef dat hy gevoelens vir ʼn ander vrou het – en hy weet
hy dra skuld vir Jemaina se hartseer.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.

3. In Droomdelwers kom sekere elemente soos klip/graniet, glas en die popgesin


herhaaldelik na vore om die temas en titel te ondersteun. Bespreek hierdie stelling in
ƌ opstel van 350–400 woorde.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
• Klip dui in hierdie roman op standvastigheid en welvaart, want Western Mining is op soek
na graniet wat juis dít vir hul maatskappy sal inhou.
• Dit is belangrik dat klip/graniet ontgin word, juis vir die standvastigheid en welvaart van die
hele kontrei, want die meerderheid inwoners kry swaar.
• Samuel word bewus dat Sielie die sleutel tot die antwoord is waar hy die besondere graniet
kan kry, want sy het vir hom appelkooskleurige klippe gewys.
• Samuel sê vir Sielie dat sy hom ’n groot guns bewys het deur vir hom te wys waar die
klippe is, want hy kon verdere toetse doen om te bepaal of hier spesiale graniet is.
• Die delwersgedagte in die romantitel verwys na die delfproses om die nuwe klip/graniet te
vind sodat standvastigheid en welvaart vir die gemeenskap beskore is.
• Die nuwe graniet word Dream Dolorosa genoem omdat dit ooreenkomste met Leendra se
voorkoms en geaardheid toon. Dit sluit daarom aan by die droombeeld in die titel.
• Die letterlike delwery op soek na klip/graniet het gelei tot ’n konnotatiewe delfproses van
elke karakter binne hulself sodat hul later die droom van vryheid van hul verlede/hartseer
kon smaak.
• Die granietvonds het meegebring dat die wyer gemeenskap se droom bewaarheid is, want
die Vlakteveliers is nie aan die onmoontlike omstandighede uitgelewer nie en die
Redelinghuyse se vakansieoordprojek is op ’n vredevolle manier geloods.
• Die klip/graniet bring standvastigheid vir die karakters, want in hierdie delfproses ontmoet
Leendra en Samuel mekaar, vind liefde en trou.
• Die graniet/klip bring vir Gretel standvastigheid wanneer sy en Mario eindelik trou en saam
’n nuwe lewe begin.
• Die graniet/klip het aan die hele kontrei hoop en standvastigheid gebring, want die
Vlaktevleiers is nie ontwortel nie en nuwe werksgeleenthede is geskep.
• Glas dui in die roman op broosheid, versplintering en ontnugtering, want net soos glas
breekbaar is, is die karakters broos na emosionele ervarings.
• Toe die Vlaktevleiers/Suidhoekers tydens die veragdering bierbottels gooi en ruite breek, is
die Redelinghuyse ontnugter deur die ware gevoel wat onder die Vlaktevleiers heers oor
die beplande verskuiwings.
• Sielie het haar popgesin in ’n glaskassie uitgestal om te wys dat die verlede verby is, maar
dat dit tog altyd daar sal wees om te onthou.
• Die beeld van die popgesin agter glas herinner aan die broosheid van die situasie
waarbinne Sielie haar bevind, want sy is ook broos gelaat deur die moord op haar ouers.
• Die popgesin agter glas herinner ook aan die versplintering van die Van Heelberg-gesin
nadat hul ouers oorlede is en Leendra tronk toe moes gaan.
• Sielie se eie lewe is versplinter, want in die gasontploffing het sy emosionele skade
opgedoen en haar ontwikkeling het by die van ’n elfjarige kind stilgestaan.
• Dit bly ’n droom dat Sielie normaal sal begin praat en optree; daarom was dit nodig vir die
konnotatiewe delfproses – die antwoorde het Sielie eindelik vrygemaak van haar broosheid
en versplintering.
• Die popgesin dui in die roman op die ontvlugting van die werklikheid en soeke na
antwoorde, want Sielie herleef die werklikheid van haar verlede deur haar
verbeeldingsvlugte en ontvlug die hede deur hierdie fantasiegesin.
• Die leser kry slegs gedeeltes van die waarheid deur haar poppespel en dit verhoog dus die
spanning.
• Sielie se handeling met die lappoppe het eindelik tot die beantwoording van onopgeloste
vrae gelei omdat sy die verlede voor haar sien afspeel.
• Hierdie fantasiegesin help haar om eindelik vry te word/emosioneel gesond te word sodat
sy as jong meisie tot nuwe insigte kon ontwikkel.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.

4. Karakters in ʼn roman beïnvloed mekaar positief of negatief. So het die


Redelinghuyse en die Bonthuyse ook vir Leendra beïnvloed. Bespreek hierdie
stelling in ʼn opstel van 350–400 woorde. [25]
Rudi Redelinghuys het ʼn negatiewe invloed op Leendra:
• sy ervaar spanning en angs as sy onthou dat sy vir Ferdinand in die hotel doodgeskiet het.
• omdat dit haar aan haar slegte verlede herinner waar sy van diefstal beskuldig is.
• aangesien sy vriende gemaak het met die Vlaktevleiers wat hy nou wil ontwortel om ʼn vakansie-
oord te bou, is sy nou deel van hulle stryd.

Minette Redelinghuys het ʼn negatiewe uitwerking op Leendra:


• want sy beskuldig haar van diefstal en veroorsaak sodoende dat sy in die tronk beland waar sy
emosioneel baie swaar gekry het.
• want sy jok in die hof en vorm ʼn verenigde front saam met Gilbert om haar skuldigbevinding te
verseker. Dit neem haar weg van Sielie en laat haar “wees”.
• want sy veroorsaak haatgevoelens by Leendra omdat sy nie in die tronk na die waarheid oor
haar ouers se dood kan soek nie.
• want Minette staan in Leendra se pad om heel te word na haar ouers se dood.
• omdat Minette haar nie na haar vrylating in die hotel wil toelaat nie. Sodoende kry sy nie vrede
met dit wat daar gebeur het nie.
• Sy veroorsaak dat Leendra van haar suster geskei word en nie met haar kan kontak maak nie.
Dit laat Leendra bekommerd en alleen agter.

Gilbert Redelinghuys is ʼn negatiewe invloed op Leendra:


• want hy pers Leendra af om saam met hom partytjie toe te gaan sodat sy dan eers die waarheid
oor die diefstal by hom kan hoor. Dit bring Leendra in konflik met hom en met haarself.
• omdat hy wrywing tussen Sielie en Leendra veroorsaak, want Sielie wou die geld vir die roomys
aanvaar het wat Gilbert vir haar wou gee.
• omdat hy Sielie wegstamp toe sy aan die Porsche wou vat. Dit laat Leendra weer met die ou
wrewel.

Patti Redelinghuys het ook ʼn negatiewe invloed op Leendra:


• omdat sy agterdog by Leendra saai. Haar flankering met Samuel van der Sandt laat dit lyk of
daar ʼn verhouding tussen hulle is.

Oom Bontie Bonthuys het ʼn positiewe uitwerking op Leendra:


• omdat hy ʼn vaderfiguur vir Leendra is en praat haar moed in as sy wil tou opgooi omdat sy nie
antwoorde oor die verlede kry nie.
• want hy speel ʼn ondersteunende rol, omdat Leendra hom as iemand sien wat haar kan help om
die vrae oor die gasontploffing op te los.
• want hy is ʼn tussenganger tussen Leendra se verlede en toekoms. Hy gee vir haar die naam van
die prokureur wat met haar pa se boedel gewerk het.
• omdat hy haar vertroueling is, want sy gee vir oom Bontie die dokumente oor die boedel wat sy
uit Phil se kluis gekry het.
• want hy moedig Leendra aan om antwoorde op haar ouers se dood te kry. Alleen dan sal sy vry
wees.

Sweetie Bonthuys ïnspireer Leendra op ʼn positiewe manier:


• omdat sy vir Leendra in die tronk skryf en tree so op as die moederfiguur wat Leendra mis.
• sy hou Leendra teen haar bors, toe sy vir die eerste keer uit die tronk kom en haar weer sien.
Leendra voel tuis en geliefd.
Boeta Bonthuys lewer ʼn positiewe bydrae:
• omdat hy optree as Sielie se beskermer en dit gee vir Leendra gemoedsrus.
• want hy het vir Sielie die hele tyd van Leendra vertel terwyl sy in die tronk was om sodoende
haar ʼn werklikheid vir Sielie te hou.
MERCEDES RIT IN DIE AAND
KONTEKSUELE VRAE -
3.1 Op watter interteks is hierdie gedig geskoei? Wees spesifiek. (1)
(Elisabeth Eybers se gedig) ‘Busrit in die aand’ √ 1

3.2 Benoem die stylfiguur in versreël 1 en gee die rede vir die gebruik hiervan. (2)
Inversie √
Die voorplasing van ‘Sit’ beklemtoon die passiwiteit van die bestuur = ers./Die voorplasing van ‘Sit’
laat die leser op die handeling eerder as die bestuurders fokus./Die beklemtoning van ‘sit’
suggereer die weersin/disrespek van die spreker teenoor diegene wat floreer ten koste van ander.

3.3 Hoe word die driereëlige strofes in die gedig genoem. (1)
Tersines √

3.4 Herlees strofe 2 en 3.


Sê in watter opsig strofe 2 en 3 kontrasteer. Verduidelik waarom die ster beeld juis in
versreël 7 geslaagd is. Motiveer ook of die woorde in versreël 9 ʼn aanklag op die mensdom
is, al dan nie. (3)
Strofe 2 verduidelik hoe die verflenterde bedelaar blootgestel is aan die wind en weer en in strofe
3 is die motor en bestuurder goed beskerm teen die elemente./Op konnotatiewe vlak word
stukkende mense met heel mense gekontrasteer. √
Strofe 3 handel oor welvaart/weelde en die ster is die kenteken van ʼn Mercedes wat welvaart
suggereer. √
Ja
Die spreker meen dat die Mercedes vir die bestuurders bekostigbaar is uit die opbrengs van geld
deur die uitbuiting van minderbevoorregtes. / Wat ander ontsê word, betaal vir die rykmanslewe
van mense wat Mercedese kan bekostig./Dié wat niks anders as ʼn slawemaal kan bekostig nie,
se arbeid maak ander se rykdom moontlik. √

3.5 Gee die funksie van die halfrym/klankeffek in versreël 11. (1)
Die moegheid/afgestomptheid/afwesigheid van die executives’ word so beklemtoon. √

3.6 Wat is die tema en die boodskap van die gedig? (2)
Die nood/hartseer van armes word dikwels deur rykes/suksesvolle mense misken. √
Die kandidaat bied ʼn eie boodskap binne konteks van die tema vir EEN punt aan, bv. Ek het
opnuut geleer dat ek sosiale deernis aan my medemens/behoeftiges/minderbevoorregtes moet
betoon. √

[10]
OPSTEL VRAAG -
Die verskil in die sosio-ekonomiese status van die Suid-Afrikaanse bevolking word in
Mercedesrit in die aand aangespreek en die gebruik van beeldspraak, stylfigure en halfrym
ondersteun hierdie uitbeelding.
Bespreek hierdie stelling in ʼn opstel van 200–250 woorde.
Die kandidaat bied ʼn gepaste inleiding aan.
• Die gebruik van die m-alliterasie in versreël 1 “met monde moeg gesluit” beklemtoon die
onbetrokkenheid van die hooggeplaastes by die armoede in die straat.
• Die verwysing in versreël 2 na “enkel weerkaatsing” suggereer dat die sakemanne alleen reis
terwyl die werkersklas moet saambondel in treine, taxi’s of busse.
• Die verwysing na “yl” in versreël 2 suggereer dat die sakemanne min beteken vir die sukkelende
samelewing.
• Reeds in strofe 1 word daar gepraat van die hooggeplaaste amptenare wat ʼn beter sosio-
ekonomiese status aandui – versreël 3 “die executives van die stad”.
• Daar is a-assonansie in versreël 2 “weerkaatsing” en in versreël 3 “gaan” en dit beklemtoon die
afstand tussen die sakemanne en die bedelaars.
• In strofe 2 kry ons die beeld van armoede wat heers – versreël 4 “Skaduweekinders”
• ʼn Verdere aanduiding van armoede is in versreël 5 “stukkende bedelvaandels”
• Die spreker spreek kritiek uit op diegene wat in hul rykdom floreer terwyl die w- alliterasie in
versreël 5 “wapper wanhopig” die armoede verder uitlig.
• In versreël 6 “in die swart pad” word daar gesuggereer dat die mense dakloos is.
• Die wanhopige prentjie word verder onderstreep deur die gebruik van die k-alliterasie in versreël
6 “op soek na kos en kleed”.
• Daarteenoor word die verskil in sosio-ekonomiese status in strofe 3 beklemtoon deur die luukse
vaartuig te beskryf – versreël 7 “vaartuig blink”.
• Die “vaar” in “vaartuig” in versreël 7 suggereer spoed terwyl dit ook dui op sukses wat weer eens
die verskil in sosio-ekonomiese verskille beklemtoon.
• Nie net is die motor volgens versreël 8 met “sagte leer” beklee nie, wat die bestuurder teen die
elemente beskerm nie, maar hy is ook goed geklee.
• Die “sagte leer” dui op die gemak waarin die bestuurder sit teenoor die bedelaars wat blootgestel
is aan die wind en die weer.
• Versreël 9 suggereer dat die rykes baat uit die werk van die laagbesoldigde werkers.
• In versreël 10 is daar herhaling van die woord “yl” om die gebrek aan meegevoel te beklemtoon.
• In versreël 11 word die m-alliterasie “met monde moeg gesluit” herhaal om die ryker
mense/hooggeplaastes se onbetrokkenheid by die bedelaars / ellende te beklemtoon.
Die kandidaat bied ʼn gepaste slot aan.
KONTEKSUELE VRAE (b) –

4.1 Die titel skep ʼn bepaalde verwagting by die leser. Dink jy die gedig voldoen aan
hierdie verwagting? Motiveer jou antwoord. (2)
Nee, die leser verwag om van die vroeë herfs te lees, √ maar hier handel dit oor wat in die
gemoed van die spreker gebeur. √

4.2 Waarom word die emosie wat die digter in versreël 1 ervaar nodig geag? (1)
Dit is die bron van poësie. √

4.3 Waartoe dra die enjambement in versreël 2–4 by? (1)


Die enjambement dui op die deurlopende gedagteproses. √

4.4 Uiterlike bou.


3.4.1 Met watter tipe gedig het ons hier te doen? (1)
Sonnet √ 1
3.4.2 Dui die rympatroon van versreël 5–8 aan. (1)
abba √
3.4.3 Benoem die eindrym van versreël 5–8. (1)
Kruisrym √ 1

4.5 Waarin lê die ironie in versreël 9 opgesluit? (1)


Die kunstenaar beleef soveel smart, maar wil hê dit moet aanhou./ Die muses se werk word as
‘verwoesting’ uitgebeeld, maar tog vra sy dat dit nooit moet weggaan of verswak nie. √

4.6 Verduidelik die dubbelsinnigheid in die vetgedrukte woord in versreël 14. (2)
“Skyn” dui op om lig te bring √ sowel as om voor te gee. √ 2

You might also like