You are on page 1of 34

Hoofstuk 1: wêreld gebeure van die

internasionale belang
Eenheid 1: wêreldgebeure

Wat is ‘n wêreld gebeurtenis?


Dit is gebeurtenis of voorval van internasionale belang want dit beïnvloed die hele wêreld.

Hoekom bied lande wêreldgebeurtenisse aan?


Wêreld gebeurtenisse lok toeriste.

Tipes wêreldgebeurtenisse:
Sportgebeurtenisse Politieke gebeurtenisse Onvoorsiene gebeurtenisse
 Sokker wêreldbeker  Terrorisme  Natuurlike rampe
 Olimpiese spele  Politieke onrus  Tornado
 Cape Argus  Burgeroorloë  Tsunami
 Comrades Maraton  Presidensiële  Orkane
(Pietermaritzburg- verkiesing  Vloede
Durban)  Aardbewings
 Tour dr France  Brande
 Wimbledon (Engeland)  Droogte
 Siektes
 Virusse

Ander wêreldgebeure:
Besigheidsmense, regeringsamptenare en presidente ontmoet by wêreldgebeurtenisse om besluite
te bespreek en te maak oor die verbetering van sake.

G8-beraad
Vanaf 2006 die Groot Agt nl. Frankryk, VSA, VK, Rusland, Duitsland, Italië en Kanada, leiers van die
lande ontmoet gereeld om sake m.b.t. makro ekonomiese bestuur, interne handel, terrorisme en
kwessies van ontwikkelende lande te bespreek.

COP 17 CMP 7
Conference of the Parties – vergader elke jaar oor die kioto-protokol wat handel oor
klimaatsverandering. Ooreenkoms met geindustrialiseerde lande en Europese gemeenskap om
kweekhuisgasse te verminder.

INDABA:
Handelskou oor 4 dae, grootste toerisme skou in Afrika (grootste toerisme skou in Afrika)

Rio-aardeberaad:
United Nations Conference on Environment and Development in 2012 Junie in Rio Brazil gehou,
fokus op ‘n groen ekonomie, verminder giftige materiale, alternatiewe energiebronne, openbare
vervoer en water tekort..

Cannes Lions International Festival of Creativity


Advertensieveldtog elke jaar in Cannes, Frankryk. Duisende advertensies van regoor die wêreld
word gewys - bestes ontvang Lions-toekennings.

1
Konsepte:
Wêreldgebeurtenis
Gebeurtenis waaraan verskillende lande deelneem of wat baie lande raak en wat wêreldwye
belangstelling lok.

Beraad:
‘n vergadering van staatshoofde en belangrike beamptes om belangrike kwessies te bespreek

Afgevaardiges:
Mense wat ‘n land verteenwoordig

Die uitwerking van wêreldgebeure


Die Positiewe uitwerking van wêreldgebeurtenisse op internasionale toerisme
1. Verbetering van infrastruktuur
2. Werkskepping vir plaaslike inwoners
3. Bewusmaking van buitelanders en plaaslike inwoners van plaaslike kultuur
4. Besteding aan die beskerming van toerisme attraksies
5. ‘n Gevoel van nasionale of plaaslike trots
6. Groot invloed van internasionale besoekers
7. Verhoogde deelname aan die gebeurtenisse wat aangebied word
8. Beter internasionale betrekkinge

Negatiewe uitwerking van wêreldgebeurtenisse op internasionale toerisme


1. Besoedeling
2. Toename in misdaad
3. Oormatige prysstygings
4. Disintegrasie van kultuur
5. Land maak skuld vir nuwe infrastruktuur

Die uitwerking van die aanbieding van ‘n wêreldgebeurtenis op plaaslike toerisme in die
gasheerland:
1. Die gasheerland se toerisme sal deur die plaaslike en internasionale toerisme ‘n hupstoot
kry.
2. Die gasheerland sal as ‘n toerisme bestemming wêreldwyd bevorder word en plaaslike
inwoners sal ook binne hulle eie land reis na die gebeure.
3. Plaaslike en internasionale toeriste sal terugkeer na die gebiede en positiewe “word of
mouth” word versprei.
4. Suksesvolle wêreldgebeurtenisse kan nasionale trots en nasie bou bevorder.
5. Bevorder plaaslike toerisme.
6. Die verbetering van natuurlike erfenisgebiede en die identifisering van blou-vlag strande
maak die land aantreklik vir plaaslike en internasionale toeriste , wat selfs buite-seisoen die
areas sal besoek wanneer hulle warmer bestemming soek.
7. Weens die omgewingsimpak van die invloei van duisende mense wat die gebeurtenis besoek
moet die gasheerland beleide opstel en beste praktyke toepas ten opsigte van besoedeling,
klimaatsverandering, openbare vervoer en afvalbestuur.
8. Dit sal ‘n positiewe langtermyn-effek op die land se omgewing hê en plaaslike toersime
aanmoedig.

2
Die uitwerking van die aanbied van ‘n wêreldgebeurtenis op die ekonomie van die
gasheerland:
 Verbetering van fasiliteite van paaie en infrastruktuur.
 Die ekonomiese hupstoot sal ‘n verhoging in die groeikoers van ‘n land se Bruto Binnelandse
Produk meebring. BBP – hoe hoër hoe beter is die land se ekonomie, dit is die totale waarde
van al die goedere wat in ‘n land geproduseer word in ‘n jaar.

Die aanbied van ‘n wêreldgebeurtenis bring groot voordele vir die gasheer lande naamlik
1. Generering van inkomste
2. Belegging in infrastruktuur
3. Werkskepping
4. Buitelandsevaluta-inkomste
5. Beleggings
6. Vermenigvuldigingseffek
7. Ontwikkeling van infrastruktuur dienste
8. Dra by tot die BBP
9. Verhoogde trots
10. Ontwikkeling van nuwe toeriste markte
11. Transformasie opheffing van gemeenskappe

Nadele van wêreldgebeurtenisse vir gasheerland


1. Hoë koste van nuwe infrastruktuur
2. Teleurstellende beleggings en buitelandsevaluta inkomste
3. Verhoogde koste van goedere en dienste
4. Teenkanting van die gemeenskap
5. Omgewingsimpak

BBP
Die totale waarde van goedere en dienste wat in ‘n jaar in ‘n land produseer word.

INFRASTRUKTUUR
Die basiese sisteme en struktuur wat ‘n land of organisasie nodig het om behoorlik te kan
funksioneer bv, paaie, water, geboue en banke.

INTERNASIONALE BETREKKINGE
Verhoudings tussen politici en sakeleiers van verskillende lande.

3
Module 2: Toerplanne en Roetebeplanning
Toerplan:
‘n basiese reisplan vir toeriste. Dit sluit al die voorgestelde datums, reise, reëlings vir akkommodasie
en besigtigingstoere in wat toeriste vir hulle toer nodig het.

Toeristeprofiel:
Dit is die wegspringplek van enige toerbeplanning, aangesien dit belangrike inligting oor die toeriste
se behoeftes, verwagtings en voorkeure bevat.

Inligting verskaf in ‘n toeristeprofiel:


 Groep/ individu
 Nasionaliteit
 Ouderdom
 Rede vir toer
 Taalvoorkeur
 Spesifieke behoeftes
 Spesifieke belangstelling

Verwagtings en voorkeure sluit die volgende in:


 Vervoer
 Oorplasings
 Akkommodasie
 Maaltye
 Vrye tyd
 Tyd vir besigtigingstoere

Begroting
 Dit beïnvloed die keuse van akkommodasie, vervoer en aktiwiteite
 Klein begroting: lae koste akkommodasie en goedkoper vervoer
 Meer geld: vyfster akkommodasie en verkies om te vlieg

Tyd:
 ‘n toer organiseerder moet die datums en die duur van die toer vasstel
 Hou verband met begroting
 Seisoen gebondenheid (sekere bestemmings is aantrekliker tydens ‘n sekere seisoen)

Roete beplanning
 Behels die besluit van hoe kliënte hulle bestemming sal bereik, wat hulle langs die pad sal
doen en hoe hulle sal terugkeer
 Toerorganiseerder moet die volgende in die gedagte hou
o Aktiwiteite
o Besienswaardighede
o Akkommodasie
o Vervoermiddels
 Roete beplanning is die laaste stap in die proses

4
Aanlyn-roete beplanners
 AAA.com
 Google earth
 TomTom-roetebeplanner

Keuse van vervoer om aan toeriste se behoeftes en voorkeure te voldoen


Dit hang af van die volgende faktore:
 Toeris se begrotings
 Toeris se voorkeure
 Toeganklikheid en ligging van die bestemming
 Beskikbaarheid van spesifieke soorte vervoer
 Getal mense wat vervoer moet word
 Tyd beskikbaar
 Veiligheid

Keuse van akkommodasie


Dit hang af van verskeie faktore:
 Toeris se begroting
 Toeris se voorkeure
 Spesiale vereistes
 Beskikbaarheid
 Grootte van die toergroep
 Duur van die verblyf

Keuse van toeriste besienswaardighede en aktiwiteite om by toeristeprofiele te pas:


’n organiseerder moet die volgende in ag neem:
 Soort toeris vir wie die toer beplan word
 Toeris se profiel
 Plekke wat hulle graag wil besoek of dinge wat hulle graag eil doen

Samestelling van ‘n dag-tot-dag toerplan


 Sluit ‘n gedetailleerde lys in van alle vervoer, akkommodasie en aktiwiteite wat elke dag
onderneem word, asook die datums waarop die aktiwiteite plaasvind
 Dit sluit in:
o Vervoer
o Akkommodasie
o Besienswaardighede en aktiwiteite
o Stilhouplekke vir maaltye
o Bykomende inligting

Faktore om te oorweeg wanneer ‘n toerplan opgestel word:


 Die toerplan moet in logiese volgorde wees
 Logiese beplanning
o Gebruik jongste informasie
o Gebruik internet
o Groepeer besienswaardighede en aktiwiteite in geografiese streke
o Neem reistyd in ag
o Genoeg vrye tyd
o Maak voorsiening vir vlugvoosheid

5
Bronne van inligting
 Internet
 Brosjures
 Reisboeke

Faktore wat ‘n toerplan beïnvloed


1. ‘n Goeie toerplan sal alles lys wat toeriste by die verskillende bestemmings wil sien of doen
2. Reistyd is baie belangrik
3. Toerplan moet fokus op die belangrikste aktiwiteite wat vir elke dag beplan word en moet
oor die verloop van die toer versprei word.
4. Toer organiseerder moet afskrifte hou van alle relevante dokumentasie oor die reis.

Toerbegroting
 Is ‘n gedetailleerde kosteberekeningsblad wat alle koste insluit wat vir ‘n toer aangegaan
word.
 Belangrike faktore
o Vervoer
o Akkommodasie
o Maaltye
o Toegangsgelde
o Fooitjies

Item Besonderhede Koste

6
Gesondheid:
Wêreldgesondheidsorganisasie
 Agentskap van die verenigde nasies wat spesifiek met wêreldwye openbare gesondheid
handel.
 In Geneve, Switserland gebaseer.
 Ses streekskantore wat amper elke land in die wêreld dek.
 Afrika se streek kantoor is in Brazzaville (DRC).
 Die WGO reik wêreldwye gesondheid waarskuwings uit oor enige ernstige uitbrake van
siektes.
 Bv. Toe die H1N1-griep in 2009 in die Verre Ooste uitgebreek het, het die WGO veldtogte
georganiseer om verspreiding te verminder en ‘n teenmiddel te vind
 Party lande (Meksiko) was in kwartyn

Gesondheidsertifikaat
 Inentingsertifikaat
 ‘N Boekie met plek om verskillende inentings aan te teken.
 Die WGO monitor die uitgee van die sertifikaat en magtig klinieke en gesondheidsowerhede
om dit uit te gee.
 Sommige lande vereis inentingsertifikate .

Reisklinieke
 Geregistreerde gesondheidsfasiliteite waar toeriste inentings en ‘n gesondheidsertifikaat kan
kry.
 Die klinieke moet deur die WGO gemagtig word anders is die inentings en sertifikate nie
geldig nie.

Verpligte en Aanbevole inentings


 Geelkoors inenting is verpligtend in Sentraal- en Wes Afrika en die noord van Suid-Amerika.
 Word aanbeveel dat jy jouself inent teen die volgende: tifoiedkoors, cholera, malaria,
hepatitis, covid-19.

Voorsorgmaatreëls wanneer reis na hoë risikobestemmings


Malaria gebiede
 Veroorsaak deur die steek van die vroulike anofelesmuskiet, wat in subtropiese en tropiese
streke voorkom.
 Simptome: ernstige kopsere, koors, moeg, bewerig
 Geen inenting teen malaria, so voorsorg is baie belangrik.

Voor dat jy ‘n malaria gebied binne gaan:


 Neem spesiale voorkomende medikasie wat die bloed teen die parasiete beskerm.
 Soms moet die medikasie na die tyd ook geneem word.
Terwyl jy in ‘n malariagebied is:
 Vermy dat ‘n muskiet jou steek. Dra langbroeke en hemde met moue
 Smeer insek-weerder aan
 Muskietnette
 Muskiete is aktief tussen sonsondergang en sonsopkoms

7
Bilharzia gebiede:

 ‘n Parasietwurm wat in Slakspesies woon


 Die slakke woon in stadige vloeiende varswater
 Simptome: koors, koues, spierpyne (ontwikkel eers ‘n paar weke na infeksie)
 Geen inenting maar maklik om te behandel
 Vermy kontak met stadige vloeiende varswater
 Sout- of seewater is veilig want die slak kan nie daarin lewe nie

Cholera-gebied
 Veroorsaak deur ‘n bakterieë wat in die water leed
 Diarree en erge dors woed veroorsaak
 Maklik om te behandel as die vroeg opgetel word
 Daar is ‘n inenting maar word nie aanbeveel nie

Voorsorgmaatreëls:
 Moenie kraanwater drink nie, net gebottelde water
 Moenie in vuil water swem nie
 Suiwer jou eie water (kook of filtreer dit vir 1 min en voeg twee druppels jik of ‘n halwe
jodiumpil vir elke liter water by.
 Moenie kos of drankies van straat verkopers koop en inneem nie
 Moenie rou kos eer nie veral ongeskilde vrugte en groente, melk of rou vleis en skulpvis

Vereiste inentings vir hoë riskogebiede


Geelkoors
 Word ook deur muskiete versprei
 Simptome: maagpyn, koors, moegheid, gewrigspyn, jou vel en die wit van jou oë word geel
 Inentings word veral verwag na landelike tropiese gebiede
 Party lande vereis van hul burgers om inentings te kry voor hul na die land terugkeer

Afrika lande wat geelkoors inentings vereis


 Angola burkina faso
 Kameroen
 Ivoorkus
 Guinea-bissau
 Niger
 Benin
 Burundi

8
 Frans-guiana
 DRC
 Ghana
 Linerie
 Mali
 Gaboen
 Rwanda
 Sao tome en principe
 Sierra Leone
 Togo
 Sentraal-Afrikaanse gebied

Hepatitis
 Virus verwante lewersiekte
 Hepatitis A word deur geïnfekteerde kos of water versprei.
 Hepatitis B word deur kontak met liggaamsvloeistowwe versprei
(bloed ontlasting van mense met die siekte)
 Simptome: maagpyn, koors, moegheid, gewrigspyn, vel en wit van oë
word geel.
 Inentings is beskikbaar vir hepatitis A en B
 Voorkom dit deur nie seksuele aktiwiteite te hê met mense wat die
siekte het nie
 Kom in groot dele van Afrika en Suidoos-Asië voor.

Tuberkulose (TB)
 Longsiekte- deur lug versprei as mense hoes of nies.
 Inentings werk net vir kinders.
 Vermy landelike areas waar siektes meer is.
 Vermy mense wat hoes of nies.

MIV en Vigs:
 SA het ‘n baie hoe MIV- Vigs koers
 Vigs ontwikkel as jy MIV positief is
 Doen MIV op as jy in kontak kom met liggaamsvloeistowwe veral bloed
van geïnfekteerde mense gewoonlik deur naalde of seksuele
aktiwiteite.

Gesondheidsmaatreëls:
Gebottelde water:
 Drink slegs gebottelde water in lande met hoë gesondheidsrisiko’s, borsel ook jou tande
daarmee.
 Soms kan water met suiweringspille of jik gesuiwer word of kook dit.

Sonblok:
 Ultraviolet-strale hoofoorsaak vir kanker en beskadig oë.
 Suid-Afrika se UV strale is baie hoog.
 Toeriste moet UV-donkerbrille, hoede en sonblok dra met ‘n spf faktor van 40+.

9
Voorkomende medisyne:
 Eet goeie gesonde kos, drink multivitamiene
 Gereelde oefeninge
 Rus
 Toeriste kry soms reisgersdiaree – word veroorsaak deur vreemde kos, vermy vreemde kos
en drink anti-diareepille.
 Baie toeriste volg nie die voorsorgmaatreëls en spandeer baie tyd om besienswaardighede
te besoek, ander partytjie te veel en word dan ook siek.
 Ultraviolet-straling – energie van die son in die vorm van lig en hitte wat nie gesien kan word
nie, maar brand jou vel.

Veiligheid:
Redes hoekom die veiligheid van toeriste in SA belangrik is:
 Toeriste is ons gaste: ons moet hulle waarsku oor moontlike gevare wat hulle in die gesig
staar.
 Ons wil hê toeriste moet terug kom: indien toeriste veilig voel sal hulle ander van hulle
ervarings vertel wat sal meebring dat ander toeriste ons land sal besoek (goeie word of
mouth).

Algemene veiligheidsvoorsorgmaatreëls:
Veiligheid in die motor:
 Motor is in goeie werkende toestand – genoeg brandstof
 Weet waarheen jy gaan (GPS)
 Deure gesluit en vensters toe hou
 Moenie saamry-geleenthede aanbied nie
 Handsakke buite sig en inkopiesakke in kattebak

10
 Selfoon met noodnommer byderhand

Veiligheid in openbare areas in die straat:


 Moenie kameras, selfone en elektroniese toerusting vertoon nie
 Trek aan en tree op as ‘n plaaslike inwoner
 Moenie alleen loop nie
 Let op na die omgewing en enige iemand wat jou kan agtervolg
 Vermy donker afgesonderde plekke
 Moenie enige vreemdeling om hulp vra nie
 Hou beursie versteek
 Moet nooit stop as ‘n vreemdeling jou nader nie
 Moet nooit vreemdeling se hulp vra by OTM nie
Veiligheid in die hotelkamer
 Hou deure altyd gesluit
 Moet nie die deur oop maak vir iemand wat jy nie ken nie
 Hou alle waardevolle items in die kluis
 Moet nooit laat geld rond lê nie

Veiligheid by die lughawe:


 Moet nooit hulp aanvaar van ‘n vreemdeling nie
 Gaan na inligtingskiosk vir hulp
 Moet nooit bagasie onbewaak laat nie
 Moet geen vervoer aanvaar van vreemdeling nie
 Moenie waardevolle items openlik vertoon nie

Veiligheid na donker
 Indien moontlik, vermy dit om na donker uit te gaan
 Vermy onbeligte donker areas en nou strate
 Moenie stop vir iemand wat jou aandag probeer trek nie
 Neem liewer ‘n taxi indien jy na vermaak venue toe gaan
 Moenie na kroeg gaan, te veel drink en na jou verblyfplek terugstap nie

Reisdokumente:
Geldige paspoort:
 Identifiseer ’n toeris as ‘n burger van ‘n land
 Van toepassing as jy in ‘n land gebore is of later ‘n burger geword het
 Foto van toeris
 Feite soos; geslag, geboorteplek en ID nommer
 Lee bladsye vir in- en uitgang-stempels en visum
 Geldig vir 10 jaar vir grootmense
 Kan met paspoort na jou land se ambassade of konsulaat gaan vir hulp (moet paspoort wys)

Visums
 Dokument wat deur ‘n spesifieke land uitgeruik word aan ‘n toeris wat daardie land wil
besoek
 Hoofdoel- keer dat ongewenste werksoekers na ‘n land toe gaan (misdadigers, terroriste en
ongewenste werksoekers)
 Doen aansoek by ambassade in konsulaat van die land wat jy wil besoek
 Sommige visums is gratis – ander duur

11
 Sommige lande doen toeriste self aansoek
 Ander lande laat agente toe om vir jou aansoek te doen
 Sommige lande reik visums by grens uit
 Ander lande vereis visums nie maar wil paspoort sien.

Inentingsertifikaat
 Nodig om keer dat siektes na ‘n land versprei
 Geelkoors – die enigste sertifikaat wat toeriste nou moet hê vir ‘n paar lande
 Cholera – ander inentings word aanbeveel maar is nie verpligtend nie
 Gekry by WGO (reiskliniek) of Dokters

Vereistes vir toeriste wat tussen lande reis


 Geldige paspoort hoef nie paspoort te wys indien jy ‘n burger van een van die Europese Unie
lande is nie en ook nie as jy in die EU reis nie
 Moet wel paspoort by jou hê
 Visums word deur meeste lande vereis
 Reisagente moet seker maak dat hulle passasiers die nodige dokumente het vir
internasionale vlugte

Nasionale bestuurslisensie (IDP)


 Nie verpligtend nie
 Aanbeveel in nie-Engelssprekende lande
 In Engelssprekende lande soos VSA, Kanada, VK, Australië en NZ is ‘n SA bestuurslisensie reg
 Motorhuurmaatskappy vereis ‘n IDP van buitelandse toeriste
 ‘N IDP mag slegs uitgereik word in die land waar jy jou bestuurslisensie verkry het
 In SA word ‘n IDP net deur die AA uitgereik.

AA SE VEREISTES VIR IDP


 Permitgeld het btw ingesluit ,maar sluit nie posgeld in nie
 Twee ID foto’s in glans formaat
 Geldige SA ID en paspoort
 Gesertifiseerde kopieë moet n datum op hê en nie ouer as 2 maande wees nie
 Meer as 175 lande erken die IDP

VEREISTES VIR DIE VOLTOOING VAN N AANSOEKVORM


VEREISTES WANNEER VIR N SA PASPPOORT AANSOEK GEDOEN WORD
 Slegs vir mense wat in SA woon mag aansoek doen
 Uitgeruik deur binnelandse sake
 Moet wys dat jy n burger van die land is = ID of geboortesertifikaart indien jonger as 16
 Vinger afdrukke word geneem 2passpoort foto’s word benodig
 Aansoekvorm voltooid en geteken
 Maak seker jy het geld om te betaal daarvoor

12
DOKUMENTE WAT VEREIS WORD AS JY AANSOEK VIR N VISUM WIL DOEN
Buitelandse toeriste moet die volgende dokumente verskaf om n visum na SA te kry
 Pasppoort of reisdokument wat minstens 30 dae najou reis geldig is
 Binne in passpoort moet daar mintens een
ongebruikte bladsy wees vir ingang en uitgangstempels
 Visum aansoek moet voltooid wees
 Geelkoors inentings sertifikaat word benodig as dit vereis word
 Dokumentasie met die rede vir reis en die duur van die reis bv – vakansie vir 2 weke
 2 paspoort foto’s
 Retoer kaartjies

INDIEN JY KINDERS BY JOU HET OF HUL REIS OP HUL EIE ,MOET DIE
VOLGENDE DOKUMENTE VERSKAF WORD
 Bewyse van voogskap
 toestemming van toesighouer as die kind alleen is
 Underbridged sertifikaat

BEWYSE VAN FINANSIELE MIDDELE OM JOU LEWENSKOSTE IN SA TE BETAAL IN DIE


VORM VAN
o Bankstate
o Bewys van beurs
o Mediese hulpfonds
o Voltooide visum en paspoort
o Bewys van n beurs ( studeer )

KONSEPTE VERWANT AAN REISDOKUMENTE


Basiese feite oor internasionale reise
 Wanneer toeriste n land binne gaan of verlaat ,sal hul deur 2 beheerpunte gaan
 Eerste = passpoortbeheer ,waar immigrasie beamptes
hul visums en passpoorte deurgaan . En dit is om te kyk of al die dokumente is vir hul reis
 Tweede = doeane beheer ,waar hul die goedere en geld wat uit of in land
in kom ,deurgaan . Dit keer ook dat toeriste onwettige goedere in die land in
bring ,en dit kyk of hulle die spesiale belasting op ingevoerde goedere betaal het –
DOEANEREG genome
 Eerste beheerpunt se doel is om te verseker toeriste het die vereiste dokumente vir hul reis
en terugkeer
 In SA word passpoort beheer deur die Departement van Binnelandse sake bestuur
 Die tweede beheerpunt keer dat toeriste onwettige goedere inbring of uitneem en kyk of
hulle die spesiale belasting op ingevoerde goedere betaal het.
 Die belasting word doeanereg genome
 In SA word doeane beheer deur die DOEANE EN AKSYNS bestuur wat deel van SARS vorm

13
WAT IS DOEANEVRYE GOEDERE
 Duty free
 Jy betaal nie belasting daarop nie
 Dit is goedere wat toeriste in SA binnebring waarop
geen belasting hoef op betaal word nie bv. geskenkies en persoonlike artikels
 Duur goedere bv kameras of
laptops ens ,moet by Doeane gerigistreer word sodat doeane reg niedaarvoor hoef te betaal
indien dit verlore raak ( dushooef jy nie invoerbelasting te betaal op die goedere nie)

SUID-AFRIKANERS MAG DIE VOLGENDE GOEDERE IN DIE LAND


BINNEBRING SONDER DAT HULLE DOEANEREG DAAROP BETAAL-
- 200 sigarette
- 20 sigare
- 250g sigaret- of pyptabak
- 2 liter wyn
- 50 ml parfuum
- 250 ml naskeer middel
- Geskenke, aandenkings en alle ander goedere ter waarde van R3000

Uitsonderings
 persone jonger as 18 is nie geregtig op tabak en drank nie.
 Buitelandse toeris kan sport of ontspannings toerusting in land in bring
 Enigiets wat bogenoemde oorskry is belasbaar:
Goedere tot die waarde van R12 000 is onderworpe aan doeanereg van 20%
Bo R12 000 moet die volle doeanereg betaal word

ONWETTIGE GOEDERE
 Dwelms en narkotiese middels
 Plofstowwe en vuurwerke
 Sigarette met gewig meer as 2kg per 1000
 Gifstowwe
 Militêre wapens
 Vervalste goedere m.a.w. verbode goedere bv. “fake” brandname goed

DIE VOLGENDE GOEDERE MOET BEPERK WORD EN VERKLAAR WORD


 SA banknote meer as R10 000, goue munte, munt- en seelversamelings en
ongeprosesseerde goud
 Gewere
 Skaars plante en diere, dood of lewendig
 Plante en plantprodukte
 Alle diere, voëls, pluimvee en produkte daarvan
 Een maand se voorraad van medisyne – enigiets anders moet op voorskrif wees

14
Groen uitgang : niks om te verklaar nie
 Toeriste sal die Groen Kanaal kies as hulle:
 niks het om te verklaar nie
 net goedere het wat vir doeanevrye toegewings kwalifiseer
 nie goedere of geskenke namens ander mense by hulle het nie
 nie goedere het wat vir handelsdoeleindes ingebring is nie
 nie goedere by hulle het wat beperk of onwettig is nie

Rooi uitgang: jy het goedere wat verklaar moet word


 Jy het goedere wat verklaar moet word bv duur kamera en lap-top (bo die waarde van
R5000)
 Sal dalk doeanereg moet betaal ( belasting betaal)
 Sal dalk jou goedere moet oorhandig

REISTOEGEWINGS
Vir reis doeleindes mag:
 elke volwassene (ouer as 18) R750 000 per jaar uitneem
 elke kind (onder 18) R160 000 per jaar uitneem
 elke student R50 000 per jaar uitneem
 elke student, vergesel van ‘n eggenoot, R100 000 per jaar uitneem

DOANE REGULASIES WANNEER UIT SA OF IN SA INGEKOM WORD


Toegang tot en interpretasie van doeane-inligting
Inligtingsbronne oor SA se doeaneregulasies:
 groot plakkate by alle doeanebeheerpunte
 In-vlugtydskrifte
 Reisagente
 gespesialiseerde reispublikasies (GSA Sales Guide)
 Internet

Kyk na tabel bl 96 en na skematiese wiel bl 97

KAARTWERK EN TOERBEPLANNING
KONSEPTE WAT MET WERELD-TYDSONES VERBAND HOU

Tydsberekeninge:
 Kyk op watse tydlyne lê die gegewe lande
 Skryf die twee lande met hul tydsones neer.
 Werk die ure verskil uit.
 Skryf die weggelate tyd neer.

Tydsone:
Is ‘n streek van die Aarde waar al die lande dieselfde standaardtyd aanvaar het. Dit word gewoonlik
plaaslike tyd genoem

BREEDTEGRAAD EN LENGTEGRAAD
 Breedtegrade is horisontaal en daar is besluit dat die breedtegraad wat om die middel van
die aarde strek, by 0 grade sou wees – bekend as ewenaar

15
 Lengtegrade is vertikaal en dit is hulle wat ons tyd bepaal. Alle plekke langs dieselfde
lengtelyn wys op dieselfde tyd na die son

Greenwich-meridiaan:
Is die lyn op die aardbol wat die 0-grade – lentegraad verteenwoordig en waarvandaan
wêreldtydsones bepaal word

Universele tydkoordinaat:
‘n Ander naam vir Middelbare Greenwich-tyd (MGT)

Ewenaar:
‘n Denkbeeldige lyn om die aarde wat ewe ver van die Noord- en Suidpool is. Breedtelyn.

Standaardtyd:
Die tyd wat in elke land gebruik word, of dit die tyd van die tydsones is waarin hulle is, en of dit
aangepas word om geriefliker te wees. Die presiese tyd vir ‘n plek word die plaaslike tyd of sontyd
genoem

Plaaslike tyd:
Die plaaslike tyd in ‘n land is die tyd, soos die standaard- of dagligbesparingstyd, wat op enige
gegewe dag in daardie land of area van toepassing is.

Internasionale datumlyn:
‘n Denkbeeldige tydlyn wat ongeveer 180’ of 12 uur vanaf die Greenwich meridiaan lê.

GEKOORDINEERDE UNIVERSELE TYD


GUT oftewel Greenwich Mean Time word slegs gebruik wanneer ons baie akkurate tyd nodig het
soos vir GPS-navigasie, die internet en ruimtereise

HALFRONDES
Die ewenaar verdeel die Aarde in die noordelike halfrond en die suidelike halfrond. Die Greenwich-
meridiaan verdeel die Aarde in die oostelike halfrond en die westelike halfrond

SEISOENE EN DIE EWENAAR


Wanneer die noordelike halfrond nader aan die son is, is dit daar somer en in die suidelike halfrond,
wat verder van die son is, is dit winter

DIE 24 UUR-HORLOSIE
 2 soorte horlosies nl. die analoog- en die digitale horlosie
 00:00 is middernag en die begin van ‘n nuwe dag
 Die dubbelpunt word gebruik omdat dit vinniger is om te skryf

DAGLIGBESPARINGSTYD (DBT)
 Dagligbesparingstyd word net in die somermaande deur sommige lande gebruik
 Die horlosie word een uur vorentoe gestel om ‘n ekstra uur donkerte in die oggend te gee en
‘n ekstra uur daglig in die aande
 Begin in die lente en eindig in herfs

16
REDES HOEKOM DAGLIGBESPARING GEBRUIK WORD
 Mense wat buitemuurse aktiwiteite doen baat by ‘n ekstra uur daglig
 Afname in misdaad en minder verkeersongelukke
 Voordele vir toerismebedryf

UITWERKING VAN TYDSONES OP REIS EN REISBEPLANNING


• Reis binne dieselfde tydsone het geen uitwerking nie omdat tyd dieselfde is binne daardie
sone
• Wanneer noord of suid binne dieselfde tydsone gereis word het dit geen uitwerking nie.
Ons sal verandering van seisoen hê maar nie van tyd nie.
• Om van oos na wes te vlieg sal ‘n groot effek hê – vlieg oor baie tydsones – sal groot impak
op ons reisplanne hê.
• Ons moet weet of die land waarheen ons gaan DBT gebruik
• Net 1 uur verskil tussen ‘n land se Standaardtyd en DBT – kan uitwerking op ons planne hê.
• Mits ons nie die aanpassing maak nie, kan ons aansluitingsvlugte mis of het dalk niemand
wat ons kan kom haal op die lughawe nie.

Die doel
1.1 dag langer te maak
1.2 Verhoog produktiwiteit ( winkels hou langer oop )
1.3 Meer tyd vir ontspannings
1.4 Elektrisiteit word gespaar

In die vroeë herfs sal die horlosie dan weer terug 1uur gestel ( word terug na standaard tyd gedraai )

AFRIKA het slegs 4 lande wat dit gebruik


1. Marokko
2. Namibië
3. Egipte
4. Tunisië
Vlugvoosheid en vluguitputting
Vlugvoosheid:
 Vlugvoosheid kom voor wanneer ons oor baie tydsones reis. Die word ook veroorsaak deur
ontwrigting van ons daaglikse ritmes, of biologiese klok, wat ons slaap patrone raak.

Simptome van vlugvoosheid:


 Slaperig in die dag en wakker in die nag
 Moeg en sonder energie
 Dehidrasie
 Ontstelde maag
 Naarheid
 Probleme om te konsentreer
 Verlies van aptyt
 Slegte spysvertering
 Gevoel van irritasie
 Hoofpyne

Hoe om vlugvoosheid te voorkom/beperk:


 Drink baie vloeistowwe voor, gedurende en na jou vlug
 Slaap soveel moontlik op die vlug

17
 Wanneer jy by jou bestemming kom, probeer om by jou normale slaap- en wakkerwees-
patroon van daardie plek in te pas
 Besef dat jy van die simptome sal ervaar

Vluguitputting:
 Om oor ‘n lang afstand in ‘n vliegtuig te reis, kan vluguitputting meebring.
 Die lug in die vliegtuig is baie droog wat dehidrasie veroorsaak.
 Baie mense vind dit moeilik om op ‘n vliegtuig te slaap.

Om die uitwerking van uitputting te beperk, moet jy:


 Baie vloeistowwe voor, gedurende en na die vlug drink
 Soveel as moontlik voor, gedurende en na die vlug slaap.

18
Toeriste Besienswaardighede:
Wat is toeristebesienswaardighede?
 ‘n Toeriste besienswaardigheid is ‘n plek, gebied, gebou of ‘n gebeurtenis wat historiese of
kulturele belang het.
 Dit kan natuurlik of mensgemaak wees
 Byvoorbeeld:
o Natuurlik: Karoo Nasionale Park (Sylvester die leeu)
o Mensgemaak: vryheidsbeeld (statue of liberty)

Wat is ikone?
 ‘n Ikoon volgens toerisme konteks is ‘n besienswaardigheid of ‘n kenmerk wat wêreld
bekend is. Dit dra ‘n simboliese betekenis wat baie waarde dra vir daardie omgewing en
bestemming.
 Dit is afbeeldings wat dadelik herken word en word as simbool van ‘n stad of land gebruik
vanwaar dit geleë is.
 Dit word erken as internasionale toeriste ikone.
 Byvoorbeeld:
o Egipte se piramides
o Eiffel-toring in Parys

Moontlike eienskappe van ikone


 Unieke argitektoniese of konstruksie eienskappe
 Godsdienstige belang
 Indrukwekkende grootte
 Gevoel van misterie of towerkrag
 Buitengewone menslike prestasie
 Unieke, besonderse en skaars natuurlike kenmerke

Wat is die verskil tussen ‘n besienswaardigheid en ‘n ikoon?


Alhoewel ikone besienswaardighede is, is alle besienswaardighede nie ikone nie.
Ikone is besienswaardighede wat wêreld bekend is. Daar is simbole wat daaraan gekoppel is wat reg
oor die wêreld herken word.

Ekonomiese belang van ikone vir die gebied:


 Meer toeriste besoek die gebied en spandeer hulle geld daar.
 Meer buitelandse valuta
 Sakeondernemings word ryker en brei uit
 Meer werksgeleenthede
 Meer belasting aan staat
 Beter infrastruktuur en dienste.
 Hoër lewenstandaard.

19
Unesco wêrelderfenis lys:
 UNESCO: Verenigde Nasies en Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kultuur Organisasie
 Wêrelderfenis terrein: plekke met buitengewone universele waarde waaraan UNESCO
erkenning gee op ‘n internasionale vlak.
 Wêrelderfenis lys: ‘n Lys van kulturele asook fisiese plekke wat internasionale waarde dra en
a.g.v. hul kulturele, godsdienstige of natuurlike belangrike moet dit beskerm en bewaar
word
 UNESCO ondersteun en help lande wat terreine het wat op hul lys geplaas is. Hulle bied aan
om te help met die in stand houding daarvan.

Faktore wat tot die sukses van ‘n toeriste besienswaardigheid bydra


(bl166:
 Bemarking (tv reklame, t-hemde)
 Volhoubare en verantwoordelike bestuursplanne. (Dra tot ekonomie by, skep werk; dra tot
die mes en die gemeenskap by, geld wat genereer word gaan aan die gemeenskap om hul
vaardighede by te dra; dra by tot die omgewing, maak mense bewus van
omgewingsbeskerming)
 Positiewe ervaring vir besoekers. (Toeriste wil nie 3 ure in ‘n ry staan by die Eifel toring nie,
mense wil veilig voel en polisie sien, hulle wil toegang hê tot kos en drink goed)
 Veiligheid en misdaad voorkoming. (Mense moet veilig voel, mense moet bewus gemaak
word van bv van pick pocketing)
 Voorkoms en onderhou (gras moet gesny wees, dit moet gediens word, alle standaarde
moet voldoen word)
 Behoeftes van mense met gestremdhede. (Voorsiening moet gemaak word vir mense in
rolstoele. Daar moet briel wees, daar moet spesiale geriewe wees met gestremdhede)
 Gedrag van personeel en die bestuur. (Personeel moet altyd vriendelik, goed geklee, netjies
en kundig wees.)
 Universele toegang. (Almal moet toegang hê tot die ikoon, daar mag teen geen ras, geslag,
taal, kulture of groepe diskrimineer nie. Daar moet vir almal voorsien word.)

Eienskappe van ‘n suksesvolle toeriste besienswaardigheid bl175:


 Die werklike getal besoekers oortref die teiken getal besoekers.
 Herhaalde besoeke van toeriste. (Mense wat terug kom vir ‘n tweede of derde keer)
 Inkomste verdien oortref teiken bedrae. (Maak meer geld as wat gedink het)
 Positiewe uitwerking op die plaaslike gemeenskap en omgewing. (Dra by tot die leefstyl van
die gemeenskap om mens, bv Sun City se hek gelde word versprei in die omgewing vir
ontwikkeling bv in skole.)

Buitelandse valuta:

20
Koopkrag:
Die term wat gebruik word om die relatiewe waarde van verskillende geldeenhede te meet.

Wisselkoers:
Die prys waarteen een geldeenheid vir ‘n ander een verruil word.

Fluktuasie:
'n onreëlmatige stygende en val in getal of bedrag; 'n variasie.

Bruto Binnelandse Produk:


Verwys na die omvang van ‘n land se ekonomie. Dit is die geldwaarde van al die goedere en die ste
wat oor ‘n spesifieke tyd, gewoonlik ‘n jaar, geproduseer word.

Vermenigvuldigings effek:
Dit word geskep wanneer geld in die ekonomie deurbeweeg en in die proses verskillende
organisasies bevoordeel.

Valutakoersbladsy:
‘N lys van die vernaamste wisselkoerse waarteen ‘n valutahandelaar buitelandse geldeenhede
aankoop en verkoop

Bankverkoopkoers:
Die wisselkoers waarteen die valutahandelaar buitelandse note en reistjeks koop.

Bankaankoopkoers:
Die wisselkoers waarteen die valutahandelaar buitelandse note en reistjeks verkoop.

Reis en toerisme wissel koers hersiening

 Het rand (deel)


 Soek rand (maal)

As jy buitelandse valuta wil aankoop gebruik jy BVK


As jy buitelandse valuta wil verkoop gebruik jy BAK

Betaling metodes:

Vorm van betaling Voordele Nadele


Elektroniese fondsoorplasing Vinnig en gerieflik Bankheffing kan redelik hoog
Betroubaar en veilig wees

21
Telegrafiese oorplasing Goed vir noodgevalle Bankheffing kan redelik hoog
Veilig wees
Bankwissel Kan vervang word as dit Kan verskeie weke duur om
verloor of gesteel word verteken te word
Bankheffing en kommissie
moet betaal word
Internet betaling Vinnig en gerieflik Potensiële privaatheid- en
sekuriteitsprobleme
Het toegang tot die internet
nodig
Buitelandse banknote Word oral aanvaar Kan verloor of gesteel word
Gerieflik goed vir onmiddellike Kan nie terugbetaal word as
uitgawes soos taxigeld dit verloor of gesteel word nie
‘n Swak omrekeningskoers in
tuisland
Moet in elke land vir die
plaaslike geldeenheid geruil
word
Kredietkaarte Vir groot betalings soos Kan gesteel of verloor word
vliegtuigkaartjies, hotel Word nie altyd deur kleiner
rekeninge en motorverhuring. winkels of straat verkopers
Deur die meeste hotelle, aanvaar nie
winkels en restaurante Hoë rentekoers op uitstaande
aanvaar saldo’s
Geruil teen interbank-
wisselkoers
Reisigerstjeks Terugbetaalbaar as dit verloor Wisselkoers nie so gunstig as
of gesteel word vir krediet- of debiet kaarte nie
Geldige tot gebruik word Nie alle hotelle, restaurante en
Geen kommissie as by ‘n winkels aanvaar reistjeks nie
verteenwoordigers se kantoor Word as verouderd beskou
gewissel word nie
In die meeste groot
geldeenhede beskikbaar
Voorafgelaaide Veilig en gerieflik Nie oral aanvaar
buitelandsevaluta Gee enige plek in die wêreld PIN word vereis.
debietkaarte toegang tot die plaaslike
geldeenheid

Erfenisterreine in SA:
Erfenisterrein Provinsie Eienskap N/M/K

1. Wieg van die Gauteng Evolusie van die Kultureel

22
Mensdom mensdom

2. Vredefortkoepel Vrystaat Meteoriet aarde getref Natuurlik

3. Isimangaliso KwaZulu-Natal 5 Ekostelsels wat met Natuurlik


vleilandpark mekaar verbind. See-
en land ekostelsels
met talle landvorme

4. Maloti- KwaZulu-Natal San rotstekeninge Natuurlik en Kultureel


Drakensbergpark

5. Kaapse Wes-kaap Unieke plantegroei Natuurlik


Blommeryk [nêrens anders in die
wêreld]

6. Richtersveld Noord-Kaap Nama-gemeenskap Natuurlik en Kultureel


Kulturele en
Bergagtige woestyne
Botaniese
landskap Sukkulent-Karoo
Bioom

7. Mapungubwe Limpopo Goue renoster. Die Kultureel


Kulturele kultuur het handel
Landskap gedryf met Arabië en
Indiëvia Oos-Afrika se
hawens.

8. Robbeneiland Wes-kaap Nelson Mandela in Kultureel


tronk.

Vader van demokrasie

9. Khomani Noord-Kaap Beskerming van die Kultureel


Kulturele San-gemeenskap
Landskap

10. Barberton Mpumalanga Oudste klippe en rotse Natuurlik


Makhonjwa is hier ontdek. Staan
gebergtes ook bekend as
“Genesis of Life”

23
Wat is UNESCO?
Die organisasie wat wêrelderfenis status aan belangrike plekke regoor die wêreld toe ken en
die lande help waar hierdie terreine geleë is om dit in stand te hou. Dit is een van die familie
van instellings van die Verenigde Nasies wat samewerking en ontwikkeling tussen al die
lande van die wêreld wil bevorder.

Wat is die rol van UNESCO? Bl243


UNESCO wil veral dialoog skep tussen beskawings, kulture en mense gegrond op respek vir
gemeenskaplike, gedeelde waardes. UNESCO kan hierdie doelwitte bereik as gevolg van
hulle unieke bekwaamhede ten opsigte van opvoeding, die wetenskap, kultuur en
kommunikasie en inligting.
UNESCO het ‘n aantal doelwitte:
 Verkry gehalte opvoeding en lewenslange leer vir almal
 Mobiliseer wetenskaplike kennis en beleid vir volhoubare ontwikkeling
 Koester kulturele diversiteit, interkulturele dialoog en ‘n kultuur van vrede
 Bou deur inligting en kommunikasie inklusiewe kennis van samelewing op.

UNESCO se logo.
‘n Logo is ’n tekening of grafiese simbool wat ‘n maatskappy verteenwoordig. Die UNESCO
logo se simbool is ‘n Griekse tempel wat wetenskap, geleerdheid en kultuur voorstel.

Kriteria vir natuurlike terreine (4)


 Verteenwoordiging van belangrike stadiums van die aard se geskiedenis, soos die
rekord van lewe of belangrike voortgesette geografiese kenmerke.
 Verteenwoordiging van betekenisvolle ekologiese en biologiese prosesse op land of
ter see
 Buitengewone natuurverskynsels of gebiede van buitengewone natuurlike
skoonheid en estetiese belangrikheid.
 Belangrike en betekenisvolle natuurlike habitats vir die in situ-bewaring van
biologiese diversiteit, oftewel op die bepaalde oorspronklike plek, insluitend die wat
die tuiste is van ‘n bedreigde spesie.

Kriteria vir kulturele terreine (2)


 Moet een of meer van die kulturele eienskappe hê wat deur UNESCO geïdentifiseer
is.
 Sie egtheid van die terrein en die manier waarop dit beskerm en bestuur word is net
so belangrik.

Bespreek die waarde van wêrelderfenis terreine vir SA? (4)


 Bewustheid van bestemming
 Aantrekking vir massa- en nismarkte
 Bewaring en bestuur van terreine
 Toegang tot wêreldwye netwerke en ondersteuning ten opsigte van erfenis- en
volhoubare toerisme.

24
Markaandeel – statistieke oor inkomende buitelandse internasionale
toerisme:
Interpreteer statistieke oor buitelandse aankomste na SA:
 Die interpretasie van statistieke oor buitelandse aankomste kan ‘n idee gee van
internasionale toerisme na SA
 Die statistieke vir beide land- en lugreismarkte moet geinterpreteer word.
o Bronlande- lande waar ‘n land se meeste toeriste vandaan kom.
o Landmark- lande vanwaar meer as 60% van die aankomste per land is.
o Lugmark- lande vanwaar meer as 60% van die aankomste per lug is.
 Buitelandse markaandeel verwys na die bedrag geld wat uit internasionale toeriste-
aankomste verdien is.
 Hoe meer toeriste aankomste, hoe groter is die toeristebesteding en die markaandeel.

Interpreteer statistieke oor mees besoekte provinsies in SA:


 Die interpretasie van statistieke oor internasionale aankomste kan ‘n idee gee van die
provinsies in SA wat die meeste besoek word.
 Geografiese verspreiding: hoe iets oor ‘n sekere area versprei is.

Interpreteer statistieke oor die duur van verblyf in elke provinsie


 Die interpretasie van statistieke kan ‘n idee gee van hoe lank internasionale toeriste in die
provinsies in SA vertoef.
o Bednagte – een persoon, een nag; dus is totale bednagte hoeveel mense vir hoeveel
nagte gebly het
o Lengte van verblyf – hoeveel dae toeriste iewers deurbring

Interpretasie statistieke oor gemiddelde besteding per toeris


 Die interpretasie van statistieke oor gemiddelde besteding kan ‘n idee gee van waarop
internasionale toeriste hulle geld in SA spandeer.
o Gemiddelde besteding – hoeveel een toeris gemiddeld bestee.
o Buitelandse direkte besteding – die hoeveelheid wat deur buitelandse toeriste
bestee word.
o Inkomste – geld wat inkom.

Interpreteer statistieke oor aktiwiteite wat van SA onderneem word:


Die interpretasie van statistieke kan ‘n idee gee van wat internasionale toeriste in SA doen en
waarom hulle hierheen reis.

BRICS:
Wêreldgebeurtenis: ander wêreldgebeurtenis.
Konferensie wat 2018 in SA gehou word
B- Brazil
R- Rusland
I- Indië
C- China
S- Suid Afrika
Ontwikkelende lande wat saam kom om toerisme bedryf te bevorder.
Het nie ‘n paspoort nodig tussen SA en Rusland nie - om toerisme te bevorder.

25
Sokker wêreldbeker:
2018 in Rusland
Rusland kry ‘n groot ekonomiese inspuiting
Vermenigvuldigingseffek

BEMARKING VAN SA AS ‘N TOERISTEBESTEMMING


DIE BELANGRIKHEID OM SA INTERNASIONAAL TE BEMARK
 Toename in jaarlikse volume van buitelandse aankomste in SA.
 Toenemende internasionale bewustheid van SA as ‘n toerismebestemming.
 Sit bewustheid in ‘n toename in toeristevolumes om.

WIE BEMARK SA EN HOE?


 SA TOERISME (SAT) is die amptelike bemarkingsliggaam van SA.
 Die Nasionale Departement van Toerisme (NDT) finansier SA Toerisme om die bemarking te
doen.
 SAT se doel is om SA binnelands en internasionaal te bemark as ‘n voorkeur bestemming.
 Om voorkeur-teikenmarkte te identifiseer, doen SA Toerisme gereeld navorsing om vas te
stel op watter lande en watter marksegmente binne daardie lande gefokus moet word.
Teikenmarkte word soos volg gekategoriseer:

Kernmarkte: SA se belangrikste toeristemarkte en waar SAT baie hulpbronne bestee.


Ontluikende markte: Toeristemarkte wat nog ontgin moet word deur baie
bemarkingsveldtogte te loods, soos goedkoop vakansiepakkette.

WAAROM IS DIT BELANGRIK OM BINNELANDSE TOERISME AAN TE


MOEDIG?
 Werk vir Suid-Afrikaners te skep.
 Geld word die land binnegebring en hier spandeer, wat bydrae tot die BBP en SA se
ekonomie.

WAT DOEN DIE REGERING OM BINNELANDSE TOERISME AAN TE


MOEDIG?
 Die Departement van Omgewingsake en Toerisme, tesame met SA Toerisme, het by die
Toerisme-indaba wat in Mei 2004 in Durban gehou is, die Binnelandse
Toerismegroeistrategie bekendgestel.
 In Junie 2004 het die Departement van Omgewingsake en Toerisme op ‘n byeenkoms in
Langa, Kaapstad, ‘n belangrike veldtog geloods om binnelandse toerisme in SA te bevorder.
Hierdie
veldtog
word die
Sho’t
Left-
veldtog
genoem.

26
INSTANDHOUDING EN VERBETERING VAN DIE STANDAARD VAN
GERIEWE EN DIENSTE VIR TOERISTE
 TGCSA – Toerismegraderingsraad van Suid-Afrika

 SATSA- Southern African Tourism Services Association

SA TOERISME WERK SAAM MET DIE VOLGENDE ROLSPELERS IN DIE


TOERISMEBEDRYF
 TBCSA – Tourism Business Council of South Africa
Hulle verteenwoordig die regering en ander besluitnemers.

 FEDHASA – Federated Hospitality Association of Southern Africa

 ASATA – Association of Travel Agents

 SATSA – Southern Africa Tourism Services Association

27
‘n Paar van die belangrikste bemarkingsinstrumente wat SAT gebruik, sluit in: hulle webwerf en
sosiale media soos Facebook en Twitter, TV-advertensies, handelskoue, direkte betrokkenheid
by die media.

HANDELSKOUE
ITB BERLYN HANDELSKOU
 180 Lande woon die skou by om hul toerismeprodukte te
bemark.
 Jaarliks in Maart gehou in Berlyn.
 SAT word deur die regering gefinansier om SA te adverteer
as ‘n bestemming met verskillende marksegmente.

WORLD TRAVEL MARKET (WTM) LONDEN


 Jaarliks in November
 Die skou is ‘n sake-gebeurtenis en is vir die publiek gesluit.
 Dit bied almal ‘n mededingende voordeel.

INDABA REIS HANDELSKOU


 Elke jaar in Mei gehou
 Dit word gewoonlik in Durban by die internasionale konvensiesentrum gehou.
 Grootste in Afrika.

GETAWAY-SKOU
 Die Getaway tydskrif hou 2 keer per jaar ‘n skou.
 Elke jaar in Kaapstad en Johannesburg.
 Voorste reis- en buitelugskou.
 Provinsies adverteer ook hul attraksies.
 Binnelandse toerisme word bemark.

Bemarkings mengsel (5 P’s)


 Produk
 Prys
 Plek
 Promosie
 People

28
WAAR KOM DIE GELD VIR SA TOERISME SE BEMARKING VANDAAN?

1. TOMSA is die 1%-heffing wat van toerisme ondernemings ingesamel word deur die TBCSA.

2. SAT (SA Toerisme) ontvang hierdie toerismeheffing.

3. SAT gebruik hierdie fondse om Suid-Afrika binnelands en internasionaal te bemark.

4. Handelsmerkslagspreuk en logo

Waarom is plaaslike erfenisterreine belangrik?

Kulturele wêrelderfenisterreine moet aan van die volgende vereistes voldoen. Dit moet:
 ‘n spesiale prestasie in een van die kunste verteenwoordig.
 Vooruitgang in argiktektuur, monumente of stads- of streeksbeplanning beïnvloed het
 ‘n aandenking aan ‘n uitgestorwe beskawing wees.
 ‘n Voortreflike voorbeeld wees van ‘n boustyl uit ‘n belangrike tydperk in die geskiedenis.
 ‘n besonderse voorbeeld wees van ‘n tradisionele nedersetting.
 Geassosieer word met gebeure, idees of gelowe wat van universele belang is.
 ‘n Toonbeeld wees van outentieke ontwerp, materiale, vakmanskap of ligging

‘n Natuurlike werelderfenisterrein moet aan een van die volgende vereistes voldoen. Dit
moet:
 ‘n uitsonderlike voorbeeld wees van een van die belangrikste fases in die wereld se evolusie.
 ‘n Besonderse voorbeeld wees van geologiese en biologiese prosesse en die mens se
interaksie met sy natuurlike omgewing.
 Interessante formasies of eienskappe hê, byvoorbeeld ‘n belangrike ekosisteem of
uitsonderlike natuurskoon.
 Die belangrikste natuurlike habitat van ‘n bedreigde voel- of wildsoort wees.

29
Kommunikasie en klientesorg
Klienteterugvoer:
 Elke onderneming moet uitstekende diensstandaarde hê om seker te maak dit groei.
 Toerisme-onderneming is ontasbaar m.a.w dit is diensgebaseer.
 Swak klientediens sal meebring:
o Geen herhaalde besoeke nie
o slegte word-of-mouth
 Goeie klientediens:
o Herhaalde besoeke
o Goeie word-of-mouth
o Positiewe bemarking – onderneming sal groei

Wat is klienteterugvoer?
Die proses om inligting by toeriste in te samel en te meet of hulle tevrede of ontevrede is met die
produk of diens.

Wat is die doel van diie verkryging van klienteterugvoer?


 Bepaal die kwaliteit van die diens wat aangebied word.
 Identifiseer die gapings in die onderneming en dui op areas wat verbetering benodig of
werknemers wat opleiding benodig om kliente verhoudinge te verbeter.
 Dui op die werknemer, dienste en produkte wat kliente se verwagting oortref.
 Vinnige optrede sal positiewe mondelinge aanbevelings verseker wat tot meer kliente sal lei.

Metodes vir die verkryging van kliënte terugvoer:


 Skriftelike en aanlynopnames
 Vraelyste
 Terugvoerkaarte
 Opvolgoproepe
 Sms-boodskappe
 Webgebaseerde reaksie
 E-posse
 Sosiale media
 Voorstelbussies

Hoe om terugvoer te ontleed:


 Bestudeer en lê die terugvoerdata vas om die omvang van kliente tevredenheid te bepaal.
 Identifiseer die mees algemene klagtes.
 Besluit op ‘n plan van aksie.
 Begin die ingrypingsproses.

Die impak van die diens wat deur ‘n organisasie gelewer is op sy


sakewinsgewendheid:
Uitstekende diens het ‘n positiewe impak op die winsgewendheid van ‘n onderneming as gevolg van:
 Klientelojaliteit en herhaal besigheid wat tot meer verkope lei

30
 Positiewe mondelinge aanbevelings wat tot meer verkope lei
 ‘n beter openbare beeld
 Kleiner bemarkingsbegroting
 Minder klagtes van kliente
 ‘n mededingende voordeel

Professionele Beeld in die Toerismebedryf


Wat is die beeld van ‘n onderneming?
Die beeld van ‘n onderneming is die algemene idee of persepsie wat hulle van hulself aan mense
gee.

Die volgende elemente dra by tot ‘n onderneming se professionele beeld:

 Naam – maklik wees om te onthou, nie verwarrend wees nie en moet uniek wees.
 Logo – moet op die onderneming se webwerf, briefhoofde, koeverte en fakture verskyn.
 Slagspreuk – bemark en bevorder ‘n produk.
 Skryfbehoeftes – alle skryfbehoeftes moet die onderneming se logo en slagspreuk dra
 Webwerf – moet ‘n webwerf hê wat gereeld op datum gebring word, maklik is om te gebruik
en aantreklik is.
 Bemarkingsmateriaal en produkverpakking – advertensies, brosjures, plakkate en
produkverpakking moet aantreklik en professioneel gedoen word.
 Fisiese voorkoms van die onderneming – hoe die onderneming lyk en waar dit geleë is sal ‘n
uitwerking op die beeld daarvan hê. Dit moet toeganklik wees vir gestremde mense.
 Omgewingsbeleid – onderneming se aktiwiteite moet geen skadelike uitwerking op die
natuur en natuurlike hulpbronne hê nie.
 Klientediensbeleid – Goeie diens sal meebring dat kliënte lojaal is en goeie naam sal nog
besoekers lok.
Suid-Afrika het stappe gedoen om kliëntediens te verbeter. Die regering het die Batho Pele-
Beginsels in werking gestel, wat reëls aan ondernemings voorhou soos:
 Oorlegpleging
 Openheid
 Diensstandaarde
 Beleefdheid
 Hantering van klagtes
 Deursigtigheid
 Toegang inligting
 Om die beste waarde te bied

Hoe kan personeel tot ‘n professionele beeld bydra?

 Professionele voorkoms
 Uniforms spesifieke kleredrag
 Persoonlike higiëne
 Versorging
 Interaksie met kliënte
 Kommunikasie vaardighede

31
Indiensnemingsvoorwaardes
Die Wet op Basiese Indiensnemingsvoorwaardes

Die Wet op Basiese Indiensnemingvoorwaardes bevat die basiese indiensnemingsvoorwaardes vir


almal in Suid-Afrika wat langer as 24 uur per maand werk, senior bestuurders of reisende
verkoopspersoneel.

Die voorwaardes is wetlike vereistes waaraan die indiensnemingsooreenkoms moet voldoen.


Die wet sluit inligting in oor:
 Werksure
 Uniformtoelaag
 Reisvoordele
 Verlof
 Kernpligte
 Byvoordele
 Vergoeding en aftrekkings
 Diensbeeindiging
 Professionele verantwoordbaarheid en verantwoordelikheid
 Diensetiek

Die Dienskontrak

 Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes gee aan dat elke werknemer ‘n skriftelike kontrak
met die besonderhede van hul indiensneming moet ontvang.
 ‘n Dienskontrak is ‘n skriftelike regsdokument wat vereiste diensbepalings- en voorwaardes
tussen ‘n werknemer en ‘n werkgewer uiteensit.
 Daar is spesifieke vereistes wat in ‘n dienskontrak ingesluit moet word.

Die doel en waarde van ‘n gedragskode

 ‘n Gedragskode is ‘n stel reëls vir leiding oor gedrag en besluite in ‘n sakeonderneming.


 Dit sit uiteen hoe personeel moet optree en verskaf leiding aan personeel wanneer hulle
met etiese probleme gekonfronteer word.
 Dit skep ‘n atmosfeer van samewerking en samehorigheid.
 Dit bevorder integriteit in die werkplek.

Gedragskodes wat in die toerismebedryf gebruik word


 - The Tourist Guide Code of Conduct and Ethics
 - The Tourism Child Protection Code of Conduct

Die toerisme-kinderbeskermingsgedragskode

Dit is ‘n gedragskode om kinders te beskerm teen seksuele uitbuiting in reis en toerisme.


Hierdie gedragskode word erken deur die Verenigde Nasies-wêreld toerisme-organisasie (UNWTO)
en talle nasionale regerings.

32
Volhoubare en verantwoordelike toerisme
Die drie pilare van volhoubare toerisme
 Mens (gemeenskap)
 Wins (ekonomie)
 Planeet (omgewing)

Volhoubare toerisme
Volhoubare toerisme gaan oor toerisme aktiwiteite wat nog vir baie toekomstige generasies kan
plaasvind. Dit dra by tot die gemeenkap, ekonomie en die omgewing.
Al drie pilare moet daar wees en in balans wees vir die onderneming om volhoubaar te wees.

Moontlike negatiewe uitwerking van toerisme wat vermy moet word


 Besoedeling
 Die oor gebruik van hulpbronne
 Erosie van kulture
 Toename in misdaad aktiwiteite
 Verplasing van plaaslike aktiwiteite
 Ekonomiese afhanklikheid
 Toename in die prys van goedere en dienste
 Ooreising van infrastruktuur

Belangrik: die driedubelle slotreël kan negatiewe uitwerking voorkom en voordeel trek uit die
moontlike positiewe uitwerking op die mens, omgewing en ekonomie.

Die omgewing:
Goeie omgewingspraktyke sluit die volgende in:
 Hulpbronbestuur
 Afval bestuur
 Rommelbeheer
 Besoedelingbeheer
 Omgewingsvriendelike bouwerk
 Die bevordering van inheemse flora
 Die beheer van uitheemse indringerplante in gronde en tuine

Die ekonomie:
 Toerisme-ondernemings dra tot die groei van die plaaslike en nasionale ekonomie by.
 Toerisme-ondernemings moet ‘n verantwoordelike houding inneem teenoor die mense en
die omgewing wat hulle affekteer.
 Hulle kan dit doen deur eienaarskap met die gemeenskap te deel, plaaslike mense in diens
te neem en plaaslike goedere en dienste te koop.

Gemeenkap:
 Toerisme-ondernemings kan positiewe en negatiewe gevolge vir plaaslike gemeenskappe,
kultuur en erfenis inhou.
 Hulle kan negatiewe gevolge teenwerk deur korporatiewe maatskaplike belegging te
beoefen, byvoorbeeld deur finansiële en nie-finansiële ondersteuning aan gesondheids-,
sport, onderwys- en jeugprojekte te bied.

33
Verantwoordelike toerisme en toeriste:
Wat is ‘n gedragskode?
 ‘n stel reëls om gedrag en besluite te rig.
 Word gebruik om werknemers leiding te gee oor aanvaarbare gedrag.
 Verseker dat maatskappy algemene standaarde handhaaf.

Hoe kan ‘n toerisme bestemming omgewingsbewuste toeriste lok?


Toeriste is meer bewus van die omgewing en is opsoek na plekke wat verantwoordelike toerisme
verseker.

 Ondernemings kan ekotoerisme-sertifikate bekom deur erken te word deur


handelsorganisasies soos die Fair Trade in Tourism South Africa. Dit laat reisigers weet dat
ondernemings as omgewingsvriendelik erken word en omgewingsbewuste toeriste sal hulle
kies.
 Imvelo- Verantwoordelike toerisme-toekennings
Dit word elke jaar aan ondernemings toegeken wat wys dat hulle tot verantwoordelike
toerisme verbind is. Mense wat toekennings ontvang, moet toerisme-ondernemings wees
wat die plaaslike gemeenskap help, die omgewing bewaar en tot die plaaslike ekonomie
bydra.
 Gebruik verantwoordelike toerisme as deel van die bemarkingstrategie.
Dit kan gebeur deur te adverteer op webwerwe.
Toekennings en akkreditasie kan op brosjures en pamflette gedruk word.

FTTSA moedig verantwoordelike en volhoubare praktyke aan:


Wat is regverdige handel?
Regverdige handel is die handel in goedere waar die mense wat die goedere maak, regverdig
behandel word wat betref werksomstandighede en betaling.

Moedig die FTTSA verantwoordelike en volhoubare praktyke aan?


FTTSA is ‘n organisasie sonder winsbejag wat die ontwikkeling van volhoubare toerisme in SA
bevorder deur:
 Regverdige lone (minimum loon moet voldoen)
 Regverdige werksomstandighede
 Regverdige aankope (under the table deals)
 Regverdige operasies
 Gelyke aandeel in voordele
 Respek vir menseregte, kultuur en omgewing (jy gaan nie goed doen wat die omgewing
skade aan doen nie)

34

You might also like