You are on page 1of 5

1

Erna Opstel 5: Verraad

Onderwêreld: Opstel 5: Verraad en Verlies


‘n Belangrike tema in Onderwêreld is VERRAAD en die
gepaardgaande VERLIES, veral in die geval van die hoofkarakter,
Greg,wat sy hoofseunskap, vriendskappe en familiebande betref.
Bespreek hierdie stelling in ‘m opstel van ongeveer 400 – 450 woorde.
( tot sowat 500 woorde is ook korrek.)
In hierdie roman kom die temas van verraad en verlies
deurlopend voor en beïnvloed veral die hoofkarakter, Greg.
In die proloog is die eerste teken van verraad deur ‘n
familielid, wanneer die 11-jarige seun (Eckardt) op sy pa
afkom wat probeer selfmoord pleeg: “Is dit sy pa? wonder die
seun nou. Is hy nie dalk ‘n monster nie? En is dit nie ‘n droom
diέ nie…?” In die epiloog word die verraad teenoor die pa of
regter voorgestel wanneer Greg sy pa konfronteer omdat
hulle destyds die regter omgekoop en laat verdwyn het: “Die
regter… ook Pa se werk… Eckardt … is sy seun.”
As gevolg van bostaande ervaring het Eckardt vir homself
hierdie nuwe naam gekies en so sy identiteit verraai: “… jare
later sou hy vir homself ‘n nuwe naam kies. Een waarmee hy
die vrees kon uitdryf.” Hy verloor sy identiteit verder deur die
kubernaam “Ekk-0” te kies. Ook het Eckardt sy identiteit as
lid van ‘n gewone gesin verloor, want hy “skep” ‘n gesin met
‘n internetfoto, wat hy teen sy kamermuur opsit: “Jip, dis my
broer, Henno diέ, en my Sussie Janieta … my pa voer staal in
van Japan en Switserland … my ma is ‘n Pilates-instruktrise…”
2

Greg ervaar ook verraad binne sy gesinslewe: John verraai sy


bewonderende jonger broer, want hy pleeg selfmoord en
ontneem Greg van sy held. Sy ma, Rina Owen, verraai
onwetend haar seun, wat sy “betaal om aan die lewe te bly”
wanneer sy aan die “talent scout”, Eckardt, sy persoonlike
besonderhede verklap, wat dan gebruik word om hom in ‘n
lokval te lei. Greg verraai sy eie pa, want hy lê ‘n
polisieverklaring af wat sy aandeel in die virus-projek blootlê:
“Dit voel amper vir my of ek dit verdien omdat ek my pa, my
eie pa, op sό ‘n manier in die steek gelaat het.” Natuurlik het
die pa ook sy gesin geldelik en emosioneel verraai deur sy
bedrog, waarvan hulle onbewus was: “Ek wou nie hê jy moes
weet nie … Ons vrese is bewaarheid. Die maatskappy het
gesink - soos ‘n skip.”
Die manne van die “Project Nursery Rhyme” het verraad
teenoor die samelewing gepleeg, deurdat hulle ‘n dodelike
voӫlgriepvirus laat kweek en versprei het. Hulle verraai ook
die armste pasiӫnte deur ‘n duur, onbekostigbare
“teenmiddel” ter wille van geld te bemark.
Eckardt verraai sy “vriendskap” met die adrenalienverslaafde
en opstandige Greg, deur hom na die onderwêreld van
kuberkraking te lok en hom te gebruik om die misdadigers
bloot te lê: “Het jy al try hack?” TJ, wat sy lojaliteit teenoor sy
oupa en skool bo sy vriendskap stel, verraai Greg, want hy
verklap Greg se kuberkrakery aan Dok.
3

Die ergste verraad en verlies is Greg se verraad teenoor


homself, want hy verloor sy aansien as hoofseun, word ‘n
“loser” genoem en besef aan die einde: “Ek is toe nie so bullet
proof soos ek gedink het nie.”
Uiteindelik verraai die skrywer die leser, want die leser het
geglo dat Eckardt vertrou kan word as ‘n vriend van Greg,
maar hy het hom net misbruik en mislei: “ Jy het nie gedink
dat hackers ook gehack kan word nie … die grootste social
engineering attack …”
Ten slotte is dit duidelik dat verraad deur verskillende
karakters tot Greg se verlies aan selfvertroue gelei het, maar
uiteindelik vind hy sy menswaardigheid terug deur eerlik met
die polisie te wees.

BEPLANNINGSTRUKTUUR VIR MAKLIKER LEER


1. Paragraaf 1: PROLOOG, EPILOOG EN DIE REGTER:
* Proloog: Regter verraai sy gesin deur selfmoordpoging.
*Epiloog: Verraad van die drie mans teenoor die regter.
2. Paragraaf 2: ECKARDT SE EIE VERRAAD: * Verraai sy
identiteit met nuwe naam. *Skep ook kubernaam.
* Verloor identiteit as lid van ‘n regte gesin.
3. Paragraaf 3: VERRAAD IN GREG SE GESINSLEWE: *John
verraai sy broer met selfmoord. * Rina Owen verraai
Greg met inligting aan “talent scout”. *Greg verraai sy
pa met polisieverklaring. *Greg se pa verraai sy gesin
met bedrog en geldelike verlies. *
4

4. Paragraaf 4: PROJECT NURSERY RHYME: * Verspreiding


van voӫlgriepvirus in samelewing. *Teenmiddel
onbekostigbaar vir armes.
5. Paragraaf 5: VRIENDSKAPPE: * Eckardt lok Greg na
kuberkrakery. * TJ verklap Greg se kuberkrakery.
6. Paragraaf 6: GREG SE VERRAAD TEENOOR HOMSELF:
*Word ‘n “loser”.
7. Paragraaf 7: SKRYWER VERRAAI DIE LESER: * Misleiding
oor Eckardt.

 Regter
 Eckardt
 Greg se gesin
 Project Nursery Rhyme
 Vriendskappe
 Greg se verraad teenoor homself
 Verraad teenoor die leser
 15 x * = 15 stellings
 Elke stelling moet met ‘n aanhaling of bewys uit die teks
gemotiveer word.
 Sorg dat elke stelling by die opdrag aansluit, sodat jy nie slegs
die storie oorvertel nie.
 Geen subopskrifte, kolpunte of paragraafnommers moet in
die finale opstel gebruik word nie.
 Moenie die hele opstel in een lang paragraaf skryf nie.
 Onthou die kort inleiding en slot.
 Moenie ‘n gedeelte doodtrek as jou opstel effens te lank is
nie.
5

You might also like