You are on page 1of 14

Onderwêreld

Karakterisering

Wie is wie
Greg Owen
Hoofkarakter/rondekarakter
● Fokalisator
● Protagonis
● ‘n Held wat tot ‘n val kom.
● Sy naam beteken “waaksaam”. (Griekse oorsprong)
● Rekenaarnaam: G-4ce
● Graad 12
● Hoofseun
● Rugbyspeler: vleuel
● Maak asof hy “bullet-proof” is
● Sy ouers verwag 9 onderskeidings
● Vriende: TJ en Plank, later Eckardt
● Tweede kind van sy ouers
● Sy broer John het selfmoord gepleeg. Hy praat nie daaroor nie.
● Het nooit gerou oor sy broer nie
● Hou van adrenalien
● Bang vir die dood
● Sy meisie: Nicole (Hy noem haar Niksie)
● Druip ‘n skooltoets
Greg Owen
Hoofkarakter/rondekarakter
● Slaag idiotetoets van Eckardt
● Rebelleer teen die skoolsisteem
● Word ‘n “loser”
● Vertel die media in ‘’n e-pos oor Eckardt se verdwyning
● Ontmasker Dok Pienaar en sy pa
● Hy weet wat reg en verkeerd is
● Toon simpatie vir Eckardt
● Is ‘n “white hat”
● Swak verhouding met sy pa: hulle kan nie goed kommunikeer nie.
● Goeie verhouding met sy ma. Hy is sensitief vir haal gevoelens.
● Sy karakter groei of ontwikkel: eers het hy sy skoolwerk getrou gedoen,
maar dan word hy ‘’n kuberkraker en sy skoolwerk word afgeskeep en sy
leierspligte.
Eckardt Wilken
ANTAGONIS
● ’n Leerder wat is sy matriekjaar by Lawson Kollege aansluit.
● Hy word as “donker” beskryf.
● Hy het ’n donker verlede: daar is min feite oor hom.
● Toe hy 11 jaar oud was, wou sy pa selfmoord pleeg. (Proloog)
● Hy ken vrees. (Proloog)
● Sy pa “verdwyn”. ( Is hy vermoor?)
● Hy is baie slim.
● Hy is ’n kuberkraker.
● Is eenkant, ‘n buitestander: “stil, op sy plek, half eenkant” (bl. 24).
● Kies om nie deel van die wêreld te wees nie.
● Is wanaangepas. Vertel leuens oor sy familie.
● Goeie sosiale manipuleerder.
● Praat min. Lees graag.
● Is geslote.
● Hy verdwyn en manipuleer Greg om die ongerymdhede van die verlede bloot te lê.
● Hy veroorsaak dat Greg sy eie pa as ’n misdadiger ontbloot.
John Owen
Spookkarakter/newekarakter/platkarakter
 John is ’n spookkarakter, want hy is dood, maar hy beïnvloed almal steeds.
 Hy was Greg se held.
 Eckardt herinner hom aan sy broer: sy oë , sy stem, die weerkaatsing in die
venster.
 Tydens die Aprilvakansie slaap Eckardt in John se kamer.
 Hy neem dus die plek van sy broer is.
 JOHN SE KARAKTER:
 Greg se broer.
 Adrenalienvraat.
 Hy het selfmoord gepleeg omdat hy nie meer die druk van sy pa kon hanteer nie.
 Hy drink pille en sterf op pad hospitaal toe.
ANDER NEWEKARAKTERS
Greg se ouers
1) Greg se pa:
a) Antagonis.
b) Verwaarloos sy familie.
c) Hy is ‚n media-magnaat.
d) Eienaar van Turret Media
e) ’n Harde man.
f) Moeilike man.
g) Werk baie ure weg van die huis af.
h) Afwesige eggenoot.
i) Verwaarloos sy gesin op emosionele vlak.
j) Deel van Project Nursery Rhyme (bl. 160-170).
k) Hy is die Baker.
2) Rina Owen, Greg se ma:
a) Eensaam.
b) Huishulp & TV haar enigste geselskap.
c) Het n behoefte om met iemand te praat.
d) Probeer vrede bewaar tussen Greg en sy pa.
e) Gee vir Greg ekstra sakgeld.
f) Sy is bang Greg sal nie staande bly onder sy pa se druk nie.
ANDER NEWEKARAKTERS
Skoolmaats
3) Mark Gibbons (Plank):
a) ’n Buitestander.
b) Goeie rugbyspeler. In eersterugbyspan.
c) Verslaaf aan dwelms. (Wil ontvlug?)
d) Slim.
e) Hy is ’n rebel.
f) Waarskynlik so maer soos ’n plank.
ANDER NEWEKARAKTERS
Greg se ouers & skoolmaats
4) Thomas-Jean (TJ):
a) Sy oupa was die stigter van Lawson Kollege.
b) Netjies.
c) Kom reëls streng na: dra sy skoolklere op Saterdae, soos wat
skoolreëls verwag van leerders wat nie aan sport deelneem nie.
d) Speel skaak.
e) Goeie strateeg.
f) Greg vertel hom alles en dat hy ‚n kuberkraker is.
g) Hy verraai vir Greg deur alles wat Greg hom vertel het, aan die
polisie deur te gee.
ANDER NEWEKARAKTERS
Greg se skoolmaats
5) Nicole:
a) Greg se meisie.
b) Lang blonde hare, blou oë, fyn neus, besonderse lippe.
c) Hy vertrou haar nie en glo sy verneuk hom.
d) Aartsmanipuleerder: flirt met almal.
e) Woon in Johannesburg.
6) Kwanele Twala:
a) Onderhoofseun.
b) Pligsgetrou.
c) Greg dink hy is vies omdat hy nie hoofseun is nie.
d) Greg raak maklik deur hom geïrriteerd in VRL-vergaderings.
e) Omdat hulle saam Trappers was, verseker hy Greg van sy ondersteuning.
f) Hy neem later meer van Greg se pligte oor.
ANDER NEWEKARAKTERS
Onderwysers
1) Doktor Alec Pienaar :
a) Antagonis.
b) Hy is ’n Doktor in wetenskap.
c) Hy is die skoolhoof, maar staan op aftree.
d) Sakeman.
e) Hy het Eckardt se pa laat “verdwyn”.
f) Regeer skool met ‚n ysterhand.
g) Hou nie daarvan as skoolkinders teëpraat nie.
h) Smeer Eckardt se verdwyning toe.
i) Verbied die seuns om inligting oor Eckardt te laat uitlek.
j) Gebruik sy kontakte (greg se pa) om die storie uit die koerante te hou.
k) Greg ontmasker hom later as ‚n bedrieër en misdadiger.
l) Deel van Project Nursery Rhyme (bl. 160-170).
m) Hy is die Butcher.
RANDKARAKTERS
Onderwysers
1) Joan Gibbs:
a) Dok se sekretaresse.
b) Naïef.
c) Greg manipuleer haar deur social engeneering om by Dok Pienaar se
rekenaardata in te kom.
2) Pete Andersen:
a) Die adjunkhoof.
b) Neem Dok Pienaar se pligte oor.
c) Hanteer polisie tydens ondersoek na Eckardt se verdwyning.
3) Bill Eden:
a) Slim wiskunde-onderwyser.
b) Meld Eckardt se verdwyning aan by die skoolhoof.
4) Jennie Lombard:
a) Afrikaansonderwyser.
b) Bynaam Jennie Langbaard. Sy het hare op haar ken.
RANDKARAKTERS
Onderwysers
5) Neil Manson:
a) Nuwe Besigheidstudies-onderwyser.
b) Bynaam Nil Man weens die Nelson Mandela-hemde wat hy dra.
6) Oom Ian:
a) Koshuisvader.
b) Steek loper vir die deur onder die trap weg.
7) Tom:
a) Nuwe terreinbestuurder.
b) Sluit skool oop vir Greg en Eckardt.
c) Hy en Eckardt is kop in een mus.
RANDKARAKTERS
Polisie
1) Inspekteur Nomvula Cele:
a) Speurder wat die ondersoek na Eckhardt se verdwyning lei.
b) Ystervrou.
c) Lyk heel gemoedelik, maar laat nie met haar sukkel nie.
2) Sersant Leon Botha
a) Speurder Cele se assistent.
RANDKARAKTERS
Clarissa en Candy:
 Nicole se vriendinne.
 Hul name klink vir Greg soos iets uit ‘n “porn movie”.
 Hulle giggel altyd en hang aan mekaar.

You might also like