You are on page 1of 9

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 11


KWARTAAL 1 WEEK 6
ONDERWERP Roman: Droomdelwers
DOEL VAN LES Onderrig enkele literêre aspekte van die roman.
BRON Papierbron
Droomdelwers deur Esta Steyn
INLEIDING In hierdie les gaan ons kyk na die karakters in die roman, Droomdelwers. Ons
gaan veral fokus op hul handeling en die ruimte waarbinne die gebeure
afspeel.
KONSEPTE EN In hierdie les word karakterisering en KAN JY ...?
VAARDIGHEDE handeling asook die ruimte waarin − die karakters in die roman
die roman afspeel, bespreek identifiseer?
Jy gaan ook ‘n opstelvraag oor die − ‘n kort karakterskets oor elkeen
roman doen. skryf?
− die ruimte binne die roman
bespreek?
Wat is karakterisering?
Dit is wie die karakter in die roman is en wat hy/sy doen; die karakter-
eienskappe wat aan so ‘n persoon gegee kan word. Die tegnieke wat die
skrywer gebruik om karakters aan ons bekend te stel, is naamgewing, direkte
beskrywing, dialoog en die optrede van die karakter.
Soorte karakters:
• Die hoofkarakter is die een wat die meeste geestelik groei/
persoonlike onwikkeling in die verhaal ondergaan.
• Die newekarakters dra by tot die ontwikkeling van die hoofkarakter.
Hierdie karakters toon nie baie ontwikkeling nie.
• Randfigure dra nie veel tot die verhaal se ontwikkeling by nie.
Belangrik:
Wanneer jy die karakters in ‘n roman bestudeer, moet jy altyd kyk na die
eienskappe van die karakters, die verhoudings tussen die karakters, kyk of
daar konflik is tussen die karakters en wat die rede daarvoor is. Dit lei ons na
die volgende aspek: die handeling.

Wat is handeling?
Die uiterlike handeling verwys na alles wat jy kan sien gebeur en die
innerlike handeling is die emosies van die karakter. Handeling verwys dus na
die optrede van die karakter, wat die karakter in die roman doen en die
besluite wat hy/sy neem wat die verloop van die roman of sy of haar lewe
beïnvloed.
Wat is die ruimte in ‘n roman?

Dit is die plek waar die roman afspeel. Die ruimte in Droomdelwers kan in
die konkrete (fisiese) ruimte en die geestelike ruimte verdeel word.

Die konkrete ruimte:


Die plek waar die verhaal afspeel, is aan die Weskus van S.A. Dis ‘n afgeleë
gemeenskap wat hier woon. Die dorpie bestaan uit Soutmansdal en
Vlaktevlei. Die inkomste van die inwoners is die soutpanne, die steengroef
in Kleinkloof en visvang.
Die verhaal speel dus af in Soutmansdal, die dorp, die poskantoor en
winkels soos miss Sweetie se kafee, die van Tonders se huis.
Vlaktevlei is die nedersetting naby Soutmansdal. Ons lees ook van die kerk,
Der Schutz en die pastorie. Daar is ook ‘n skool.
Dan is daar die Soutmanshotel wat die ryk Redelinghuyse besit. Hulle wil ‘n
vakansieoord aanlê en die bruin gemeenskap van Vlaktevlei na ‘n ander
plek verskuif. Buite Soutmansdal lees ons van die Kaapse stasie en die
Silwergruis-gevangenis.

Die geestelike ruimte:


Dit sluit die korrupte mense in, ‘n plek waar misdaad hoogty vier, Leendra
se nagmerrielewe, haar eensaamheid en hartseer, haar onsekerheid en
gevoel van verwerping en haar vrese. Dit sluit ook haar drome na liefde in.

Wie is die karakters in Droomdelwers?


In die roman is daar baie karakters. Kyk mooi na die indeling hier onder wat
volgens die ruimte waarbinne hulle beweeg, gemaak is. Dis ‘n goeie idee
om hierdie min inligting oor elke karakter uit te brei soos jy die boek lees.

Phil van Tonder


Hendrik se swaer
en eienaar van
steengroef.
Sielie van Suinig.
Phil se vrou Lucia
Hellberg
van Tonder
Jongste dogter
Vier jaar met
van Hendrik en
tweede vrou
Berta. Sien hoe
getroud. 'n Sagte
haar ouers sterf.
vrou.
Speel pop.

Van Tonders en
Van Hellbergs
Leendra van van die Hellberg
Hellberg Soutmyn Lucia se ma,
Oudste dogter
Mara
van Hendrik en
Sy dra
Berta. Vry na
helderkleurige
sewe jaar in tronk.
klere. Ekstrovert.

Hendrik se vrou
Hendrik van
Berta van
Hellberg
Hellberg
Sterf in 'n
Sterf in 'n
gasontploffing.
gasontploffing.
Pa Bontie
Werk in die
soutmyn.

Ghaaitjie Willemse Ma Sweetie


/ Annie Heraud / Besit Soutmansdal
Trudie Muggels se kafee.
Onderwysers Skinder graag.

Die Bonthuyse,
Vlaktevlei- Seun Boeta
onderwysers, Doen sweiswerk.
Dottie van Rooy
hotelwerkers, Verlief op Sielie van
Gemeentelid
gemeentelede Hellberg.

Paulina Plaatjies
Skoonmaker by Vos Philander
Soutmans Hotel. Onderhoof van
Getuig teen Gilbert Vlaktevlei Primêr.
Redelinghuis. Opstoker.

Vaatjie
Kroegman by
Soutmans Hotel

Oupa Kêppies
Killian – die
verteller. Skryf die
verhaal. Gerald se
Oubaas Kaaiman pa.
Koster se broer Gerald Killian
verdwyn op die Pastoor. Verlief op
dag van die Rebekka. Getroud
ontploffing. Hy is met Jamaina.
vermoor.

Jamaina Killian
Rachel Kaaiman Skoolhoof van
is Johannes se Die Vlaktevleiers: Vlaktevlei Primêr.
vrou. Werk by die Die Killians en Bestee geld
soutmyn. Kaaimans roekeloos.

Johannes
Kaaiman (Koster) Denver Killian
Vriend van Seun van Gerald
Kêppies. Drink en Jamaina.
saam met hom. Douglas Killian Hengel graag.
Werk by Sweetie. Seun van Gerald Verdrink amper
en Jamaina.
Hengel graag.
Verdrink amper
Piet Meyer
Senior vennoot
van Meyer en
Malherbe
Prokureurs. Kurt Combrinck
Junior vennoot
Vince Carolissen
wat Hendrik se
Lei protesoptog.
boedel hanteer.

Anna Bothma
Sekretaresse.
Konstabel Booy
Laat weet Phil
Help Sersant
Leendra het sy
Theron.
dokumente.
DWARSMANS-
DALLERS

Botes
Los Jaap Gouws
Jaap Gouws
in die moeilikheid
Stadsklerk

Sersant Theron
Doktor Mouton Ondersoek die
Werk by die saak van die
hospitaal. geraamte.

Samuel van der


Sandt
Geoloog en
klipman.
Trou met Leendra.

Veronica Daniels Mario Martinelli


TV-onderhoud- Samuel se vennoot
voerder. van Italië.

Besoekers aan Rebekka Cupido


Soutmansdal en Johnny se vrou.
Dokter Debbie Vlaktevlei
Jansen Red die seuns van
Gretel se vriendin Pastoor Gerald uit
wat Selie probeer die see.
help. Word doodgeskiet.

Tommie Cupido
Johnny en
Johnny Cupido
Rebekka se seun.
Onverantwoordelik.
Neem kunslesse by
Vroueslaner.
Gretel.
KONSEPTE Kom ons kyk ’n bietjie dieper na die hoofkarakter, Leendra:

Haar lewe voorheen:


− Sy het by haar ouers gewoon.
− Sy was jonk en onskuldig
− Sy het in die mynkantoor en by die Soutmanshotel gewerk.
− Sy wil haar eie koffiewinkel begin.
− Sy het ‘n verhouding gehad met Ferdinand wat juwele verkoop het.
− Sy word geblameer toe die juwele wegraak.
− Sy word afgedank.
− Haar ouers sterf in ‘n gasontploffing.
− Sy konfronteer Gilbert oor sy leuens.
− Sy skiet Ferdinand.
− Sy word 10 jaar tronkstraf opgelê en na 7 jaar is sy uit.
− In hierdie tyd het oom Phil geen kontak met haar nie.
− Sy soek antwoorde en wil wraak neem.
− Sy het ‘n vinnige humeur.

Na die teleurstellings in die verlede het daar karaktergroei by Leendra


plaasgevind:

− Sy is 7 jaar ouer.
− Sy rook.
− Sy is kwaad oor die orrel wat oom Phil verkoop het.
− Sy is deur Gilbert, Mara en Minette gebrandmerk.
− Sy vind die waarheid uit.
− Sy is bereid om enige iets te doen om agter die waarheid te kom.
− Sy is lief vir Samuel en trou met hom.

ASSESSERING Kyk of jy die onderstaande vraag oor die karakters, handeling en ruimte in
Droomdelwers kan beantwoord.

Die konkrete en geestelike ruimtes waarin Leendra haar bevind, beïnvloed


haar verhouding met oom Phil, Gilbert en Samuel. Stem jy saam met
hierdie stelling? Motiveer jou antwoord deur ‘n opstel van 400-450 woorde
te skryf.

Hoe skryf jy ‘n opstel? Hou die onderstaande idees in gedagte:

• Daar is ‘n inleiding.
Dit is een of twee sinne om die leser na jou antwoord toe te lei.
• Daar is paragrawe waarin ’n reeks logiese argumente aangebied
word.
• Daar is ’n slot wat die opstel afsluit en jou argumente saamvat.
Wat moet jy bespreek? Kom ons herfraseer:

Ek moet bespreek:
Leendra en oom Phil se verhouding in Soutmansdal en haar emosies
(geestelike ruimte), Leendra en Gilbert se verhouding in die Hotel en haar
emosies (geestelike ruimte) en Leendra en Samuel se verhouding in
Kleinkloof en haar emosies. (geestelike ruimte). Dan moet ek ten slotte
aandui of ek saamstem of nie.

• Die 3 ruimtes waar Leendra en die 3 karakters hulle saam deur die
loop van die roman bevind:
✓ Konkrete ruimtes, waarom sy daar is (die keuse wat sy gemaak het
om daar te wees) en ‘n voorbeeld van die gebeure uit die teks:
Soutmansdal, Soutmansdalhotel, Kleinkloof
✓ Geestelike ruimte, (waarom sy so voel):
Vasgevangheid, ‘n gevoel van wraak
Hartseer en die wonde oor die dood van haar ouers,
die tronk, Sielie se toestand, verraad en valse getuienis
van die Redelinghuyse
Hul materialisme, bedrog lei tot agterdog
Vryheid en vergifnis

Die karakters om wie haar gevoelens sentreer, is oom Phil, Gilbert en


Samuel. Stem jy saam?

Die inhoud van jou opstel moet logies in paragrawe aangebied word.
Daarom is dit ‘n goeie idee om die vraag so te analiseer soos ons hierbo
gedoen het.

Die raamwerk van jou opstel sal min of meer soos hier onder lyk:

Maak ‘n stelling Want / omdat /aangesien Voorbeeld/Feit/ optrede uit


die teks
Soutmansdal, Leendra en oom Phil
Leendra was 7 jaar in die want sy het haar kêrel Sy gaan bly by oom Phil, sy
tronk Ferdinand dood geskiet. vrou Lucia en Sielie in
Soutmansdal.
Sy keer dus terug na want sy wil wraak neem, In die tronk het sy vasgevang
Soutmansdal agter die waarheid van gevoel. Sy voel hier vry.
haar ouers se dood kom.
Leendra wil ‘n koffiewinkel want sy het gehoop daar Oom Phil sê haar pa was
in Soutmansdal oopmaak is geld in haar pa se bankrot
boedel daarvoor.
Sy is hartseer oor haar want hy het nooit kontak Hy het ook haar orreltjie
ouers se dood. Sy ervaar met haar gehad in die tyd verkoop
woede teenoor oom Phil wat sy in die tronk was nie
Sy het verstote en alleen
gevoel.
Sy leen oom Phil se bakkie. omdat hy neerhalend van Hy sê Hendrik het die bakkie
Sy is hartseer en kwaad haar oorlede pa praat op so ’n manier bestuur tot
daar niks oorgebly het nie.
Maak ‘n stelling Want / omdat /aangesien Voorbeeld/Feit/ optrede
uit die teks
Phil is die een wat vir omdat sy en Ferdinand ‘n Volgens Phil was Gilbert
Samuel vertel die assuransie-eis wou instel en die laaste persoon wat
gassilinders wat ontplof sy Ferdinand doodgeskiet Leendra se pa, Hendrik,
het, het haar ouers se het. gesien het. Phil beweer
dood veroorsaak, dat Hendrik was depressief,
Leendra van diefstal van bankrot en het baie skuld
juwele deur die gehad. Hy het sy eie huis
Redelinghuyse aangekla is opgeblaas. Hy het ‘n
vinnige humeur gehad.
Leendra weet haar pa het Want Bontie bevestig Leendra hoor by Lucia dat
nie skuld gehad nie. Sy Leendra se wete. Phil met haar pa se
weet iets is nie reg nie, dit boedel gekonkel het . Hy
klink na bedrog. Phil het die soutmyn gekoop,
verkondig leuens. maar nie die volle bedrag
in die boedel inbetaal
nie.Haar pa was nie
bankrot toe hy dood is nie.
Sy konfronteer Phil met sy
bedrog. Hy pleeg
selfmoord.
Leendra, Gilbert in die Soutmansdalhotel
Leendra ontmoet weer vir maar sy maak dit duidelik Sy ma noem haar ‘n slet
Gilbert toe sy uit die dat sy nie in hom
gevangenis kom. Hy is belangstel nie.
steeds verlief op haar
Sy weier om in sy deftige want sy vereenselwig sy Leendra weet die
motor te klim. motor met bedrog en Redelinghuyse het vals
materialisme. gesweer in die hof en dat
die juwele in haar kamer
geplant was.
Gilbert pers Leendra af: Sy want sy ma het haar lewe Sy was in die tronk weens
moet saam met hom na opgemors. Sy wantrou hul vals getuienis.
patty se partytjie gaan of hom. Sy sien haarself as hul Ferdinand het gedink sy
sy moet die skade aan die slagoffer het hom met Gilbert
Porsche waarvoor Sielie verneuk weens Gilbert se
verantwoordelik is, betaal. stories. Sy wou hom
Sy wil nie destyds skiet oor die
leuens wat hy verkondig
het, toe skiet sy Ferdinand
dood
Leendra wil nie saamgaan maar Gilbert weet wie by Sy bevind haar tussen
nie haar pa was net voor die vyande. Niemand het
ontploffing. Hy sal haar net verwag dat sy die mense
sê as sy saamgaan. wat teen haar getuig het,
Omdat sy wil weet wie weer in die openbaar sal
verantwoordelik was vir omtmoet nie. Gilbert kom
haar ouers se dood, gaan na haar optrede tot sy
sy saam. sinne en erken aan
Samuel dat hy gelieg het
oor die verhouding en die
juwele.
Leendra en Samuel in Kleinkloof
Leendra ontmoet Samuel omdat sy dink hy ry soos’n
van der Sandt, ‘n geoloog padvark, want hy het haar
wat graniet soek, en sy is byna van die pad laat afry
woedend en bevoor- en haar motor met
oordeeld teenoor hom modder bespat
Maak ‘n stelling Want / omdat /aangesien Voorbeeld/Feit/ optrede uit
die teks
Leendra besoek Kleinkloof omdat Leendra besef die Samuel erken dat hy met
waar haar ouerhuis was en ongeluk waarin haar ouers haar pa onderhandel het
sien Samuel het daar gesterf het, was nie ‘n namens Mario om die
kamp opgeslaan. Sy ongeluk nie, maar moord, klipgroef by hom te koop.
beveel hom om op ‘n wantrou sy Samuel, want
ander plek te gaan kamp. hy was ook tydens die
Sy hoor haar pa het met ‘n ontploffing in Kleinkloof.
Italianer, Mario Martenelli
gepraat oor moontlike
graniet op Kleinkloof. Hy is
Samuel se vennoot
Samuel vra Leendra vir maar Patty is reeds daar. Samuel ry agter haar aan en
piekniek op Kleinvlei Leendra is jaloers, sy voel tel haar in die motor. Sy weier
verstote vervies haar en om vrede te maak
loop terug dorp toe.
Samuel hoor dat die want hy raak lief vir haar. Uiteindelik vergeef sy Phil en
mineraalregte in Kleinkloof Sy liefde maak haar vry. Gilbert vir die onreg wat hulle
nie aan die Redelinghuyse teenoor haar gepleeg het en
behoort nie. hy ontdek ‘n ervaar sy vryheid saam met
seldsame graniet en Samuel. Sy gaan kniel by die
vernoem dit na Leendra. plek waar Phil selfdood
gepleeg het. Sy sit blomme
waar die bloedkol was. Hy het
op die soutpan gesterf
waarvoor hy moord gepleeg
het. Sy voel nie meer alleen
nie, en trou met Samuel. Sy
voel asof sy behoort.

MEMORANDUM: MOONTLIKE ANTWOORD:

Leendra keer terug na Soutmansdal, die hotel en Kleinkloof. Die konkrete en geestelike ruimte
het ‘n wesentlike invloed op Leendra en haar verhouding met Phil, Gilbert en Samuel gehad.

Leendra was 7 jaar in die tronk, want sy het haar kêrel, Ferdinand dood geskiet. Sy keer terug
na Soutmansdal om wraak te neem. Sy gaan bly by oom Phil, Lucia en Sielie, haar suster.

Leendra wil ‘n koffiewinkel in Soutmansdal oopmaak, want sy het gehoop daar is geld in haar
pa se boedel daarvoor. Sy is hartseer oor haar ouers se dood. Sy ervaar woede teenoor oom
Phil, want hy het nooit kontak met haar gehad in die tyd wat sy in die tronk was nie. Sy het
verstote en alleen gevoel. Hy het ook haar orreltjie verkoop. Sy leen oom Phil se bakkie. Sy is
hartseer en kwaad omdat hy neerhalend van haar oorlede pa praat en sê Hendrik het die
bakkie op so manier bestuur tot daar niks oorgebly het nie. Phil is die een wat vir Samuel
vertel die gassilinders wat ontplof het, het haar ouers se dood veroorsaak, dat Leendra van
diefstal van juwele deur die Redelinghuyse aangekla is omdat sy en Ferdinand ‘n assuransie-
eis wou instel en sy Ferdinand doodgeskiet het. Volgens Phil was Gilbert die laaste persoon
wat Leendra se pa, Hendrik, gesien het. Phil beweer Hendrik was depressief, bankrot en het
baie skuld gehad. Hy het sy eie huis opgeblaas. Hy het ‘n vinnige humeur gehad. Leendra
weet haar pa het nie skuld gehad nie. Bontie bevestig Leendra se wete. Sy weet iets is nie reg
nie, dit klink na bedrog. Phil verkondig leuens. Leendra hoor by Lucia dat Phil met haar pa se
boedel gekonkel het . Hy het die soutmyn gekoop, maar nie die volle bedrag in die boedel
inbetaal nire. Haar pa was nie bankrot toe hy dood is nie. Sy konfronteer Phil met sy bedrog.
Hy pleeg selfmoord.
Leendra ontmoet weer vir Gilbert toe sy uit die gevangenis kom. Hy is steeds verlief op haar.
Sy maak dit duidelik dat sy nie in hom belangstel nie. Sy ma noem haar ook ‘n slet, sy vertrou
hom nie. Daarom wil sy niks met hom te doen hê nie en weier om in sy deftige motor te klim.
Sy vereenselwig sy motor met bedrog en materialisme. Leendra weet die Redelinghuyse het
vals gesweer in die hof en dat die juwele in haar kamer geplant was.

Gilbert pers Leendra af: Sy moet saam met hom na Patty se partytjie gaan of sy moet die
skade aan die Porsche waarvoor Sielie verantwoordelik is, betaal. Sy wil nie, want sy ma het
haar lewe opgemors. Sy wantrou hom. Sy sien haarself as hul slagoffer. Sy was in die tronk
weens hul vals getuienis. Ferdinand het gedink sy het hom met Gilbert verneuk weens Gilbert
se stories. Sy wou hom destyds skiet oor die leuens wat hy verkondig het, toe skiet sy
Ferdinand dood. Maar Gilbert weet wie by haar pa was net voor die ontploffing. Hy sal haar
net sê as sy saamgaan. Omdat sy wil weet wie verantwoordelik was vir haar ouers se dood,
gaan sy saam.

Sy bevind haar tussen vyande. Niemand het verwag dat sy die mense wat teen haar getuig
het, weer in die openbaar sal omtmoet nie. Gilbert kom na haar optrede tot sy sinne en erken
aan Samuel dat hy gelieg het oor die verhouding en die juwele.

Leendra ontmoet Samuel van der Sandt, ‘n geoloog wat graniet soek, en sy is woedend
omdat sy dink hy ry soos’n padvark. Sy is bevooroordeeld teenoor hom, want hy het haar
byna van die pad laat afry en haar motor met modder bespat. Leendra besoek Kleinkloof
waar haar ouerhuis was en sien Samuel het daar kamp opgeslaan. Sy beveel hom om op ‘n
ander plek te gaan kamp. Sy hoor haar pa het met ‘n Italianer, Mario Martenelli gepraat oor
moontlike graniet op Kleinkloof. Hy is Samuel se vennoot. Leendra besef die ongeluk waarin
haar ouers gesterf het, was nie ‘n ongeluk nie, maar moord. Sy wantrou Samuel, want hy was
ook tydens die ontploffing in Kleinkloof. Samuel erken dat hy met haar pa onderhandel het
namens Mario om die klipgroef by hom te koop. Samuel vra Leendra vir piekniek op Kleinvlei,
maar Patty is reeds daar. Leendra is jaloers, sy voel verstote, vervies haar en loop terug dorp
toe. Samuel ry agter haar aan en tel haar in die motor. Sy weier egter om vrede te maak.
Samuel hoor dat die mineraalregte in Kleinkloof nie aan die Redelinghuyse behoort nie, hy
ontdek ‘n seldsame graniet en vernoem dit na Leendra.

Uiteindelik vergeef sy Phil en Gilbert vir die onreg wat hulle teenoor haar gepleeg het en
ervaar sy vryheid saam met Samuel.

Uit hierdie verduideliking is dit duidelik dat ek saamstem met die stelling dat die omgewing
Leendra se verhoudings beïnvloed het. Leendra gaan kniel by die plek waar Phil selfdood
gepleeg het. Sy sit blomme waar die bloedkol was. Hy het by die soutpan gesterf waarvoor
hy moord gepleeg het. Sy het hom en vir Gilbert vergewe. Sy voel nie meer alleen nie, en trou
met Samuel. Sy voel asof sy behoort.

KONSOLIDASIE • Dit is belangrik om jou roman meer as een keer deur te lees.
• Vergewis jouself van al die gebeure en die karakters sodat jy enige
vraag maklik kan beantwoord. Sodoende verbeter jy sommer jou
leesvermoë!
• Jy kan teruggaan na die verduidelikings in hierdie les om
miskonsepte te verifieer of te korrigeer.
WAARDES Deeglike lees en toewyding

You might also like