Professional Documents
Culture Documents
Eksamenlokaal
Agtergrond
Suzaan Laing het hierdie gedig geskryf toe sy in graad 8 was. Alle kinders kan met
die stres identifiseer wat ‘n mens ervaar wanneer jy eksamen skryf.
Titel
Tema
Stemming
Gespanne/Ernstig/Somber/Stil/Angs/Onsekerheid
Spreker
Alomteenwoordige spreker/Derdepersoonspreker.
• Die soort spreker is objektief.
o Die spreker is ‘n leerder wat eksamen skryf.
Sintuiglike waarneming
gehoor: klik hard (die onderwyser se hakskoene op die houtvloer kan gehoor
word.)
sig: skoon wit velle (skoon, wit papier wat gesien kan word)
Tipografie
5 Strofes/11 versreëls
• Strofe 1/5 = 3 reëls (tersine)
• Strofe 2/3 = twee reëls (koeplet)
• Strofe 4 = slegs een reël (alleenplasing = beklemtoning)
Vrye vers
Leestekengebruik
Die punt word effektief gebruik om die verskillende aspekte van eksamenskryf aan te
dui.
Progressie
• Die onderwyser wat op en af tussen die banke deur stap.
• Die leerders se angs en vrees wat hulle ervaar tydens die skryf van eksamens.
• Die tyd wat so stadig verbygaan.
• Die antwoordboeke word ingeneem.
Boodskap
Leerders moet nie net die dag voor ‘n eksamen begin leer nie.
• Volwassenes (grootmense/onderwysers) moet bewus wees van die vrees en
angs wat saam met eksamenskryf gaan.
Strofe 1
Daar is ‘n duidelike kontras tussen die onderwyseres wie se skoene ‘n mens kan hoor
terwyl sy op en af stap en die leerders wat tjoepstil by hulle banke sit.
• Kinders kan nie rondbeweeg soos die onderwyser nie = hulle word tot hulle
banke beperk.
Sintuiglike waarneming – die spreker gebruik haar sintuie om dinge om haar waar te
neem.
• Die onderwyser se skoene wat hard klik op die houtvloer en kinders wat tjoepstil
sit = gehoor.
• Die onderwyser se skoene, die banke en hoe die onderwyser op en af stap kan
gesien word = visuele sintuig (sig).
Strofe 2
“kraak” = (klanknabootsing/onomatopee) die stilte word hier verbreek deur die geluid
van papier wat gehoor kan word.
• ‘n Mens kan hoor wanneer die leerders die bladsye (blad) van hulle vraestel of
antwoordstel omblaai (blaai).
o In die stilte wat daar heers, kan ‘n mens die papier hoor ritsel (kraak)
soos die leerders die bladsye omblaai.
Die geluid wat in die stil vertrek gehoor kan word, is amper
onheilspellend.
5 die Septembereksamenlug.
Strofe 3
In hierdie strofe word daar op die hande van die leerders gefokus.
Metafoor.
Hande wat bewe dui op die leerders se senuweeagtigheid terwyl hulle eksamen skryf.
• Die papier (velle) waarop die leerder besig is om te skryf, is op hierdie stadium
nog skoon.
warboel = deurmekaar/ongeorganiseerd/chaoties.
Ink = die letters/woorde wat die leerders neerskryf in ink/met ‘n pen.
“inkwarboel” – kontras tussen skoon, wit papier en nou (inkwarboel) is daar op die
papier vol geskryf).
• Eers was die velle papier skoon voor die leerders die vraestel begin beantwoord
het, maar nou is dit vol geskryf.
• Letterlik verwys dit na die onnetjiese/slordige handskrif van die leerders soos
die doodkrap/uitkrap van woorde.
• Figuurlik kan dit verwys na die leerder se gedagtes wat in ‘n
warboel/deurmekaar is.
Strofe 4
Strofe 5
Hierdie strofe gaan oor die onderwyseres wat die antwoordboeke inneem.
Metafoor = dit begin met die woord “oes” en eindig met die woord “ryp” in versreël 11.
• Hier het ons dan nou ‘n metafoor vir die velle papiere wat ryk in kennis is en
nou geoes kan word soos ‘n boer sy gesaaides sal oes.
10 Blou op wit:
“blou” = die leerder het letterlik sy antwoorde met ‘n blou pen op die wit papier geskryf.
“swart op wit” is ‘n gesegde wat daarop dui dat dit wat jy neerskryf, korrek en waar is,
maar nou het ons hier te doen met “blou op wit”.
• Dit kan figuurlik gesien word dat die leerder se kennis onvoldoende was – dat
hy dalk nie sy werk so goed geken het nie.
“ryp” = figuurlik verwys die woord na al die kennis wat die kind opgedoen het.
• Die boer begin gewoonlik oes wanneer sy produk ryp is.
❖ Nou oes die onderwyser die kennis van die kind.
MAAR
Die gebruik van die woord “ryp” kan egter hier as ironies gesien word.
• Omdat die kind eers die vorige middag begin het om homself vir die eksamen
voor te berei, kan dit daarop dui dat hy nie so goed voorbereid was nie; dus het
“ryp” hier te doen met iets negatiefs – die ryp (frost) wat die boer se oes verniel.
• Die tyd wat so stadig verbygaan in strofe 4 is ook vir ons ‘n teken dat die leerder
nie so hard geleer het nie want gewoonlik gaan die tyd in die eksamen te vinnig
verby as jy jou werk deeglik ken.
Gistermiddag = die leerder het die vorige middag vir die eksamen geleer.
• ‘n teken dat die leerder nie deeglik vir sy eksamen voorbereid was nie.
o ‘n mens moet ‘n paar dae voor ‘n eksamen begin voorberei en nie net ‘n
dag voor die tyd nie – dit sal die leerder ook help om dan nie so
senuweeagtig te wees nie.
VRAE
1 Waar speel hierdie gedig af? / Benoem die ruimte waarin die gebeure in die
gedig afspeel. (1)
3 Waarom kan die titel as die kerngedagte van die gedig beskou word? (1)
4.2 Haal ‘n versreël uit die gedig aan wat die tema/stemming in hierdie gedig
ondersteun. (1)
6 Hoekom word die gedig as ‘n vrye vers gesien? Noem TWEE feite. (2)
7 Voltooi die paragraaf deur telkens EEN WOORD in te vul. Skryf net die
vraagnommer en antwoord neer.
In strofe 1 loop die (7.1) ... tussen die banke deur en kyk dat die leerders nie
bymekaar (7.2) ... nie. Haar skoene maak ‘n (7.3) ... geluid op die (7.4) ... terwyl
sy op en af stap. (4)
9 Kies die korrekte antwoord uit dié tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
en antwoord neer.
13 Hoe word die stilte wat in die eksamenlokaal heers, beskryf? Haal slegs EEN
WOORD aan. (1)
14 Bespreek die kontras wat in strofe 1 voorkom. / Wat is die kontras tussen die
onderwyser en die kinders in strofe 1? (2)
16 Gee ‘n voorbeeld van assonansie uit strofe 1 en dui dit aan. (1)
18 Waarom, dink jy, stap die onderwyser op en af tussen die banke? (1)
19 Haal EEN WOORD uit strofe 1 aan wat die atmosfeer in die eksamenlokaal
beskryf. (1)
21 Wat is die funksie van die gebruik van die intensiewe vorm van “tjoepstil”? (1)
22 Noem die een ding wat die stilte in die eksamenlokaal in strofe 1 versteur. (1)
23 Haal TWEE APARTE woorde uit strofe 1 aan wat in kontras met mekaar staan.
(2)
24 Watter stylfiguur kom in strofe 1 na vore wat die bewegings van die onderwyser
beklemtoon? (1)
29 In watter graad, dink jy, is hierdie leerders? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)
30 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer en letter neer, bv. 30E.
A vrolik
B gevaarlik
C opwindend
D onheilspellend (1)
33 Benoem die sintuig wat in strofe 2 voorkom. Motiveer jou antwoord. (2)
34 Watter uitwerking het “die blaai van ‘n blad” in die eksamenlokaal? (1)
35 Waaruit kan ons aflei dat die leerders in strofe 3, senuweeagtig is? (1)
36 Gee TWEE opeenvolgende woorde wat daarop dui dat die leerders
senuweeagtig is. (1)
38 Hoe beskryf die spreker die antwoorde wat die leerders neerskryf? Gee slegs
EEN WOORD uit strofe 3. (1)
41 Wat kan ons aflei oor die gemoedstoestand van hierdie leerders in strofe 3?
(1)
42 Hoe word versreël 8 beklemtoon? (1)
45 Hoekom, dink jy, het die leerders gevoel dat die tyd stadig verbygaan?
GeeTWEE feite. (2)
47 Noem TWEE tegnieke wat gebruik word om te beklemtoon dat die tyd stadig
verbygaan. (2)
48 Watter indruk word gewek van die tempo waarteen die tyd verbytik? (1)
49 Hoekom is dit funksioneel dat strofe 4 uit slegs een reël bestaan? / Hoekom is
die alleenplasing van strofe 4 so geslaagd? (1)
50 Waaruit kan ons aflei dat die leerders iets op papier geskryf het? Gee TWEE
voorbeelde uit die gedig. (2)
53 Benoem die beeldspraak in versreël 9 en verduidelik in jou eie woorde wat dit
beteken. (2)
58 Haal TWEE APARTE WOORDE uit strofe 5 aan wat daarop dui dat die
antwoordstelle van die leerders vol kennis is. (2)
60 Wanneer het hierdie leerders vir die eksamen begin voorberei? (1)
61 Skryf EEN WOORD uit strofe 3 neer wat dieselfde betekenis het as “blou op
wit”. (1)
62 Dink jy dit is voldoende om ‘n dag voor die eksamen te begin voorberei? Gee
‘n rede vir jou antwoord. (1)
63 Verduidelik die verskil in betekenis van tussen “blou op wit” en “swart op wit”.
(2)
ANTWOORDE
1 Eksamenlokaal (1)
3 Dit is die enigste plek waar die woord “eksamen” voorkom. (1)
4.1 Die angs en onsekerheid van leerders wanneer hulle eksamen skryf. (1)
4.2 “hande bewe met rukke oor skoon wit velle” (1)
5 angs/onsekerheid/gespanne/stil/ernstig (1)
7.1 onderwyseres/toesighouer
7.2 afskryf
7.3 klik/harde
7.4 houtvloer (4)
9 onomatopee (1)
11 (eie relevante antwoord) ‘n Mens soek stilte wanneer jy wil dink. (1)
12.2 Die banke simboliseer die leerders wat so doodstil sit en eksamen skryf. (1)
13 “tjoepstil” (1)
15.2 Dit beklemtoon die geluid wat die skoene op die houtvloer maak. (1)
17.2 Dit beklemtoon die beweging van die onderwyser soos sy op en af stap. (1)
18 Sy maak seker dat die leerders nie bymekaar afskryf/kul nie. / Sy maak seker
dat alles vlot verloop. (1)
19 “tjoepstil” (1)
21 Dit beklemtoon die absolute stilte wat daar heers wanneer die kinders eksamen
skryf. (1)
24 enjambement (1)
27 “kraak” (1)
28 In September (1)
31 metafoor (1)
32 Die stilte in die eksamenlokaal word verbreek deur die kraakgeluid van die
papier wat omgeblaai word. (1)
34 Dit is die enigste geluid wat gehoor kan word in die stil vertrek. (1)
38 “inkwarboel” (1)
39 Die skoon wit papier waarop die kinders skryf / Die papier waarop die kinders
skryf is nog skoon want hulle het nog nie op die papier begin skryf nie. (1)
41 senuweeagtig/gespanne (1)
42 Alleenplasing (1)
43 Personifikasie (1)
46 2 uur (1)
49 Dit beklemtoon die leerders se bewustheid van die tyd wat stadig verbygaan.
(1)
50 * Die woord “inkwarboel” en
* “blou op wit” (2)
53 * Metafoor.
* Die opneem van die vraestelle word met die insamel van ‘n oes vergelyk. (2)
54 blou (1)
55 Net soos die boer sy oes insamel wanneer dit ryp is, net so oes/neem die
onderwyser nou die antwoordstelle van die kinders in wat vol kennis is. Die
onderwyser sal nou kan sien of die leerders die werk verstaan/geken het. (2)
57 Die antwoorde wat die leerders met ‘n blou pen op die papier geskryf het. (1)
61 “inkwarboel” (1)
62 Nee. ‘n Mens plaas te veel druk op jouself/jy kan nie alles onthou nie/nie
genoeg tyd om deeglik voor te berei nie. (eie relevante antwoord) (1)
63 “blou op wit” kan figuurlik gesien word dat die leerder se kennis onvoldoende
was – dat hy dalk nie sy werk so goed geken het nie terwyl “swart op wit” ‘n
voldoende bewys is dat die inligting ‘n feit is. (2)