You are on page 1of 14

Titel : Huiskat deur Elizabeth Eybers

• Afwesige lidwoord in die titel maak dit universeel –


nie ‘n spesiefieke kat nie.
• Gedig is dus nie plek of tydgebonde nie.
• Titel dui aan dat die kat tem / mak is.
• Dit is dalk iemand se troeteldier
Uiterlike bou
• Gedig bestaan uit twee • Die derde strofe bestaan
drie strofes. uit 6 versreëls en word
• Strofe 1 & 2 bestaan uit sestet genoem.
4 versreëls elk en word • Rymskema is effgge; dus
kwatryne genoem. omarmde rym en
• Saam vorm hulle die paarrym.
oktaaf – 8 versreëls. • Gedig bestaan uit 14
• Rymskema is abba, versreëls – dus ‘n
cddc; dus omarmde sonnet.
rym. • Italiaanse sonnet.
Woordverklarings :
• strek – om uit te rek

• strak – stywe

• behaaglik

• luiperdlies
• fluwelig

• oopgevlek – oopgestrek

• buik – maag / pens

• siel – gees

• anoniem - onbekend
• smal – dun

• skerwe – fragmente / stukkies

• agaat – edelsteen

• staar – om stip te kyk

• driehoekige – skerp gepunte

• gelaat – gesig / gevreet


• arglistig – slim en slinks

• vloeibaar – loperig

• lenig – slank

• versadig – bevredig

• veearts – dieredokter

• reggemaak - geopereer
• angs – vrees

• voortbring – na vore te bring

• smaak – ervaar

• eenselwig – alleen

• teerheid – sagheid

• stuit - stop
• behoedsaam – versigtig

• smalend – minagtend

• kronkel – slinger / meander

• greep – houvas
• Reël 1 – 4 : Hier verduidelik die spreker kortlik wat
die kat besig is om te doen. Sy strek haarself eers uit
op haar stywe bene. Daarna buig sy om haar kies te
lek. As sy daarmee klaar is, draai sy op haar rug en
lê op haar rug oopgestrek sodat sy in die son kan
bak.
• Reël 5 – 6 : Ons noem haar “kat” want sy is sonder
siel / en anoniem. (Die gesinslede het haar nog nie
‘n naam gegee nie en noem haar bloot net “kat”. Dit
doen hulle omdat sy nie ‘n siel het nie en dus is sy
anoniem.)

• Reël 6 – 7 : Smal skerwe van agaat / staar koud uit


die driehoekige gelaat. (Die pupille van haar oë lyk
soos stukkies swart agaat en sy staar sonder enige
emosie na haar huismense. Haar gesig lyk ook
driehoekig.)
• Reël 8 : Arglistig, vloeibaar soos ‘n blink reptiel
(Verdere beskrywing van die kat se houding
volg nou. Sy is slinks en slim –arglistig. En
haar liggaam is vloeibaar soos die van ‘n
slang – blink reptiel.)
• Reël 9 : van los en lenig wees versadig (Die kat is los
en slank en tevrede daarmee.)

• Reël 9 – 11 : sy / sal nooit – die veearts het haar


“reggemaak” – ekstase en angs van lewe voortbring
smaak. (Nou kom hier ‘n tipe wending in die gedig
na vore. Die kat, vol trots sal nooit die vreugde en
vrees van geboorte skenk, ervaar nie, want haar
eienaars het haar laat regmaak by die veearts. Die
spreker se simpatie vir die kat skemer hier deur.
• Reël 12 : sal, steeds eenselwig, alle teerheid stuit
(Hoewel die kat nou alleen is en nooit ouerliefde sal
kan gee nie, stop sy ook alle toenadering en
teerheid vanaf haar eienaars.

• Reël 13 – 14 : Ek hol my hand behoedsaam,


smalend sluit / sy haar oë, kronkel by my greep
verby. (Die spreker voel jammer vir die kat en reik
na haar uit deur haar rug te wil vryf. Sy is egter
versigtig as sy dit doen. Die kat se reaksie is egter
nie tegemoetkomend nie. Sy sluit haar oë
minagtend en ontwyk die eienaar se streling.
Verstegniese Aspekte
• Metafoor word aangetref in “luiperdlies”.
• Personifikasie kom voor in “dat die keel en bors en buik die
son kan suig”
• Polisindeton in reël 4 in “die keel en bors en buik”
• Alliterasie in “bors en buik” / “son kan suig”
• Vergelyking word gevind in “vloeibaar soos ‘n blink reptiel”
• Die paradoks is opgesluit in die woord “reggemaak”
• Parentese in reël 10 : word ingelei deur die aandagstreep
en eindig weer daarmee.
• Antitese kom voor in “ekstase en angs”.

You might also like