You are on page 1of 4

SINONIEME & ANTONIEME

1. Sinonieme = woorde met dieselfde betekenis

bv. mooi – pragtig


kwaad – woedend
perfek – volmaak

2. Antonieme = woorde met die teenoorgestelde betekenis

bv. mooi – lelik


kwaad – vriendelik
perfek – onvolmaak
HOMONIEME & HOMOFONE

Homonieme – woorde wat dieselfde klink en gespel word, maar ander


betekenisse het.

bv. Ek leer vir ‘n toets.


Die leer in my sykous is groot.
Ek klim ‘n leer.
‘n Leer soldate.
Hy dra ‘n leer baadjie.

Homofone – Woorde wat SLEGS dieselfde klink, spelling EN betekenis


verskil.

bv. Hy lei my op die regte pad.


Sy ly aan ‘n siekte.
Ek het ‘n groot nood.
Die man speel die mooiste noot op die klavier.
EUFEMISME

= Versagting van iets om dit nie so erg/kras te laat klink


nie.
= Word gebruik om te verhoed dat mense se gevoelens
onnodig seergemaak word of om te voorkom dat jy
aanstoot gee in sekere sosiale omstandighede.

Voorbeelde:

Iemand is dood = Iemand het sag heengegaan


Jy is vet = Jy het ‘n voller figuur/Jou geraamte lê diep
Jy gaan druip = Jy gaan meer tyd nodig hê
Die seun het gesteel = Die seun het lang vingers
VOORSETSELS

= Dui posisie of die verband tussen naawoordgroepe en


ander woorde in die sin aan.
= Word ook dikwels in idiomatiese taalgebruik, gebruik.

Bv.

• Dit gaan so tussen die boom en die bas.


• Met jou hoed in jou hand, kom jy deur die hele land.
• Hy is deur die blare.
• My naam is op die lys geskryf.
• Die leerders sit langs mekaar in die skoolsaal.

You might also like