You are on page 1of 15

AFK2601/201/2/2021

Studiebrief / Tutorial 201/2/2021

Genre en tema

AFK2601
Semester 1 en 2

Departement Afrikaans &


Algemene Literatuurwetenskap

Hierdie studiebrief bevat terugvoering


oor Werkopdrag 01 en Werkopdrag 02 asook eksamenwenke vir
Oktober/November 2021

Open Rubric
OOR HIERDIE STUDIEBRIEF

Vanjaar is ’n supersemestermodel gevolg. Dit beteken dat alle studente (semester 1 en semester 2)
dieselfde werkopdrag 2 ingedien het in Julie. Julle almal moes die opdragvrae in studiebrief 001
beantwoord het. Vir werkopdrag 1 moes julle ook die vrae in studiebrief 001 gedoen het. Hier het die
vrae tussen semester 1 en 2 wel verskil. In hierdie studiebrief verskaf ek terugvoer oor opdrag 1 en
opdrag 2. Bestudeer hierdie terugvoer goed, sodat jy kan sien waar jy moet verbeter.

Jou eksamen vind op 25 November vanaf 14:00-18:00 plaas. Dit sal die vorm aanneem van ’n aanlyn
eksamen (oopboekeksamen) wat jy by die huis in vier ure moet voltooi (vanaf 14:00-18:00. In hierdie
studiebrief gee ek wenke oor die aanlyn eksamen en verskaf aan jou ’n eksamenbestek.

Ek wil jou aanmoedig om aktief deel te neem op myUnisa. Dikwels kan ons dringende aankondigings
slegs via myUnisa onder jou aandag bring. Studente wat deelneem aan die gespreksforums het ook die
voordeel dat hulle vinnig terugvoer op hul vrae kry. Hou dus asseblief die AFK2601-moduleblad en jou
myLife-e-pos, asook die blad van jou aangewese e-tutor dop vir belangrike verwikkelinge rondom die
module. Jou e-tutorblad sal as AFK2601-2021-S1-1E/2E/3E aangedui word.

Maak verder asseblief ruimskoots gebruik van jou aangewese e-tutor. Ek kan dit nie genoeg
beklemtoon dat jy die e-tutorstelsel moet benut nie. Dis veral belangrik vir studente wat nie
moedertaalsprekers van Afrikaans is nie, aangesien daar nie by AFK2601 die opsie bestaan om enige
vrae in Engels te mag beantwoord nie. Die e-tutors is baie behulpsaam en sal enige akademiese vrae
effektief en professioneel beantwoord.

Daarbenewens kan jy enige akademiese en administratiewe navrae aan my rig (sien


kontakbesonderhede hieronder). Stuur verkieslik navrae skriftelik (per e-pos) eerder as telefonies, en
wees asseblief so spesifiek en so kort en kragtig as moontlik.

Ek wens jou alle sterkte en voorspoed toe.

Vriendelike groete

Mnr N Cochrane

E-pos: cochrn1@unisa.ac.za

073 539 94 63

1. TERUGVOER OP WERKOPDRAG 1 EN 2 (VIR SEMESTER 1 EN 2 STUDENTE)

Alvorens ek spesifieke terugvoer gee oor die opdragte, wil ek graag ’n paar algemene opmerkings maak.
Ek kom agter dat julle nie julle vrae behoorlik lees nie. Dikwels beantwoord julle vrae onvolledig of kyk
nie mooi na die puntetoekenning nie.

Die nasieners het ook goeie kommentaar op julle opdragte gelewer. Slaan ag op hierdie kommentaar.
Verder is daar ook probleme met die essayvraag by leereenheid 6. Jy moet asb. onthou om elke liewe
keer ’n korrekte bronverwysing volgens die Harvard-metode (sien die dokument Abridged referencing
for students op myUnisa) te gee as jy na die voorgeskrewe boek of ’n ander bron verwys of hieruit
aanhaal. Jou essay moet ook ’n korrekte bronnelys hê. Ek het tydens die kuberklas oor werkopdrag 2
baie hieroor gepraat, maar baie studente doen dit óf glad nie óf heeltemal verkeerd.

Verder is dit ONAANVAARBAAR om stukke inligting uit die studiegids en ander bronne af te skryf. Jy
mag slegs die studiegids as ’n vertrekpunt gebruik, maar moet steeds jou eie bewoording gebruik. In die
eksamen gaan ek baie streng wees. Penalisasiepunte gaan toegeken word indien jou bronverwysings
verkeerd is en/of as jy afskryf uit bronne.
2
AFK2601/201

Verder betrek julle ook nie al die verhale uit Die dag toe ek my hare losgemaak het in die essayvraag
nie. Jy kan nie net na een of twee verhale verwys nie. Jy moet onthou dat Die dag toe ek my hare
losgemaak het ’n kortverhaalsiklus is wat uit ’n aantal verhale bestaan wat op bepaalde maniere met
mekaar skakel. Verder vertoon julle essays soms ’n swak struktuur. Jou essay moet oor ’n
inleidingsparagraaf, inhoudsparagrawe en ’n slotparagraaf beskik. Op myUnisa onder Additional
resources is ’n volledige dokument “Die skryf van literêre essays” waarin verduidelik word hoe jy ’n
essay moet skryf. Onthou ook asb. om jou woordtelling duidelik aan te dui.

Ek kom ook agter dat julle deelname op myUnisa, die kuberklasse en op julle e-tutors se werwe swak is.
Ek verstaan nie waarom dit so is nie, want hierdie is alles ondersteuningsdienste wat ons aan jou bied.
Maak gebruik hiervan. Ek kan duidelik sien dat studente wat hiervan gebruik maak se prestasie
aansienlik beter is as studente wat dit nie doen nie. As jy sukkel met die werk, is ons hier om te help,
maar ons kan jou nie help as jy nie ons ondersteuning gebruik nie.

Bly asb. baie ver weg van nieamptelike “ondersteuningsdienste” soos Telegram. Dikwels is die
inligting wat op hierdie forums heeltemal foutief. Verder moet jy leer om jou eie werk te doen (ook in die
eksamen). Ons moniteer forums soos Telegram op ’n gereelde basis. Enige onetiese optrede sal
onmiddellik aan die owerhede deurgegee word. GEEN inligting (studiegids, studiebriewe, tekste ens.)
mag op enige forum of op enige manier versprei word nie. Jou studiemateriaal is joune, niemand anders
s’n nie.

WERKOPDRAG 1 (SEMESTER 1) (uit 001-studiebrief)

1. 3
2. 1
3. 2
4. 3
5. 1
6. 2
7. 2
8. 1
9. 3
10. 3
11. 2
12. 2
13. 2
14. 1
15. 2
16. 1
17. 3
18. 3
19. 1
3
20. 1
21. 1
22. 3
23. 2
24. 1
25. 2
26. 3
27. 3
28. 2
29. 2
30. 1
WERKOPDRAG 1 (SEMESTER 2) (uit 001-studiebrief)

1. 2
2. 1
3. 1
4. 1
5. 3
6. 1
7. 2
8. 3
9. 2
10. 1
11. 3
12. 2
13. 1
14. 1
15. 1
16. 2
17. 1
18. 2
19. 2

4
AFK2601/201

20. 3
21. 3
22. 2
23. 2
24. 1
25. 1
26. 1
27. 3
28. 3
29. 2
30. 1

WERKOPDRAG 2 (SEMESTER 1 EN 2) (uit studiebrief 001)

VRAAG 1

1.1 Lees Loftus Marais se gedig “Relaas van ʼn tuindwerg” en beantwoord die volgende vrae:

1.1.1 Andersoortige perspektiewe of maniere van kyk is een van die uitstaande kenmerke van
Loftus Marais se digterskap. Hoe manifesteer hierdie kenmerk in “Relaas van ʼn tuindwerg”?
Motiveer jou antwoord deur voorbeelde uit die gedig te gebruik. (4)

Op bl. 84 van die studiegids word gestel: “Die woord “relaas” sê verder vir ons dat ons hier te doen het
met ’n verhaal of storie en meer spesifiek met ’n tuindwerg se verhaal. Dit is reeds vreemd, want
tuindwerge beskik gewoonlik nie oor die vermoë om te praat nie. In die gedig tree die tuindwerg egter as
’n ek-spreker op soos ons uit die herhaling van die woord “ek” kan aflei. [...] Dit is vreemd dat die
tuindwerg as spreker in die gedig optree, maar dit is ook ongewoon dat die tuindwerg as waarnemer
optree soos ons kan aflei uit die werkwoorde “kyk” (reël 1 en 20), “sien” (reël 2 en 16) en “lyk” (reël 22).
Die wêreld word dus vanuit die oë of perspektief van die tuindwerg waargeneem. Die gedig gaan dus nie
uitsluitlik om ’n beskrywing van die tuindwerg nie, maar ons het hier te doen met dit wat die tuindwerg
om hom waarneem. Hy sien onder meer die bedrywighede van die huisgesin raak (reël 3–4), hy sien die
onkruid in die tuin (reël 5) en die spinnekoppe wat in hom nesmaak (reël 8–9). Die tuindwerg neem slegs
die gewone of alledaagse waar. Niks wat hy waarneem is uniek of vreemd nie. Hy neem
vanselfsprekende dinge waar wat ’n mens sou verwag ’n tuindwerg moet waarneem soos die alledaagse
bedrywighede van ’n huisgesin. Met ander woorde, die manier van waarneming of die persoon wat
waarneem is vreemd, maar nie dit wat waargeneem word nie, want die tuindwerg sê in reël 13: “dis hoe
dit is”. Verder verklaar die tuindwerg ook in reël 7 en 14 dat hy “eerlik” is oor wat hy waarneem, met
ander woorde hy skets nie ’n vals prentjie van dit wat hy sien nie. Die tuindwerg rapporteer slegs dit wat
hy waarneem sonder om enigiets te interpreteer.”

1.1.2 Watter ander karakter (buiten die tuindwerg) voer ʼn kyk-aksie in die gedig uit? (1)

“die vrou”

5
1.1.3 Interpreteer versreël 20, met ander woorde verduidelik wat bedoel word met “so vol
geposeerde geluk is die kyk”. (3)

Op bl. 84-85 van die studiegids word gestel: “Die woord “geposeerde” is hier belangrik), omdat dit op
onnatuurlikheid en valsheid dui of anders gestel die vrou is nie werklik gelukkig nie, sy vertoon slegs ’n
valse beeld van geluk aan die wêreld”.

1.1.4 Hoe verskil die tuindwerg se perspektief van die perspektief van die vrou? (2)

Die vrou se perspektief verskil van die tuindwerg s’n want laasgenoemde sien dinge “eerlik” vir wat dit is.
Die vrou hou egter ʼn valse beeld van geluk vir die wêreld voor, sy “poseer”.

1.1.5 Watter ironie hou die slotreëls van die gedig in? (2)

Op bl. 85 van die studiegids word gestel: “Die verskil tussen die vrou en tuindwerg se perspektief
versterk die ironie wat in die laaste twee reëls opgesluit is: ‘ek’s seker dit laat mý uitdrukking/eintlik
menslik lyk’. Wat sê hierdie reëls eintlik vir ons? Die tuindwerg is ironies genoeg meer menslik, omdat hy
nie soos die vrou’n onnatuurlike en valse beeld aan die wêreld voorhou nie. Die tuindwerg sê self in reël
14: ‘ek is net kitsch versiering’.” En/Of: “Deur die andersoortige perspektief van die tuindwerg lewer die
gedig kritiek op die valse beelde wat mense daagliks aan die wêreld voorhou. Huisgesinne is nie altyd
werklik so gelukkig as wat dit lyk nie. As mens anders en dieper kyk, kom mens gou agter dat dinge nie
altyd so goed gaan nie.”

1.1.6 Bespreek hoe “Relaas van ʼn tuindwerg” moontlike kommentaar op gendernorme lewer. (4)

Die kommentaar op gendernorme wat in die gedig gelewer word, hou verband met die vrou se kyk wat
vol “geposeerde geluk” is. ʼn Moontlike rede vir die feit dat sy voel sy moet ʼn valse beeld van geluk
voorhou (asof sy poseer vir ʼn foto), kan verband hou met die druk waaronder die vrou verkeer om te
konformeer tot die sosiale norm dat die vrou en moeder van die huis gelukkig en tevrede moet wees met
haar bestaan as huisvrou. Daar kan afgelei word dat sy ʼn huisvrou is, omdat haar man en kinders die
huis verlaat, maar sy bly agter en kan slegs die buitewêreld deur haar venster dophou.

1.2 Bestudeer Loftus Marais se gedig “ʼn Pleidooi vir vinniger kuns”. Lees weer in die studiegids
oor wat gesê word oor Marais se literatuuropvattings. Verduidelik hoe “ʼn Pleidooi vir vinniger
kuns” van Marais se literatuuropvattings illustreer. (4)

Marais se literatuuropvatting: Marais stel dit duidelik dat hy ongemaklik voel met die ouer Afrikaanse
poësietradisie en gevestigde opvattinge oor die poësie (soos dat poësie gesien word as iets wat
versigtig en met sorg geskep word en woorde as gereedskap om ’n kunswerk te skep wat ’n kragtige
verandering tot gevolg kan hê). Voorbeeld: Die hele gedig getuig hiervan, sien byvoorbeeld versreël 1-8
en veral die laaste twee strofes.

Marais se literatuuropvatting: Marais verskil van die tradisionele opvatting dat digterskap beskou moet
word as verhewe, duister of privaat. Vir hom is poësie iets wat op ’n sigbare en ekspressiewe wyse
gekommunikeer word. Voorbeeld: “wees eerder ʼn jackson pollock of “jack the ripper” en strofe 6.

Vraag 1: Subtotaal: [20]

6
AFK2601/201

VRAAG 2

2.1 Lees Ronelda Kamfer se “Goeie meisies” en “Dame in progress” en beantwoord die volgende
vrae:

2.1.1 Bespreek die taalgebruik wat kenmerkend is van Kamfer se poësie aan die hand van “Goeie
meisies”. (6)

Die spreker gebruik nie suiwer Standaardafrikaans nie, maar ’n vermenging tussen Afrikaans en Engels
kom voor. In “goeie meisies” is voorbeelde van Engelse woorde onder meer “join” en “gangs”.Kamfer
gebruik ook ander niestandaardvorme soos Kaapse Afrikaans, omdat dit verband hou met die
geografiese gebied (die Kaapse Vlakte) waaroor sy dig. Goeie voorbeelde hiervan is “roekie” en
“oppie”.Verder is woorde soos “tjappies”, “tik” en “speen” spesifiek gekoppel aan sosiale groepe (veral
bendes) op die Kaapse Vlakte.

2.1.2 Bespreek enige twee sosiale probleme wat deur “Goeie meisies” uitgebeeld word. Maak
gebruik van voorbeelde uit die gedig om jou antwoord te illustreer. (4)

Sien bladsy 93 in studiegids

2.1.3 Bespreek die belangrikste ooreenkomste tussen “Dame en progress” en “Goeie meisies”.
(4)

Die belangrikste ooreenkoms is dat beide gedigte handel oor die voorwaardes (veral ten opsigte van
voorkoms en gedrag) waaraan vrouens/jong meisies moet voldoen. Die titel “goeie meisies” impliseer ’n
spesifieke standaard waaraan vrouens moet voldoen – hulle moet altyd “goed” wees. Gender as ’n
sosiale konstruksie kom hier ter sprake. Sosiale norme konstrueer hierdie verwagtinge van meisies/jong
“dames”. Ook die titel van “Dame in progress” verwys daarna dat bepaalde voorwaardes bestaan om
suksesvol ʼn dame te kan word. In beide gedigte bestaan daar egter ’n deurlopende spanning tussen
realiteit en verwagtinge. Die sprekers in beide gedigte doen alles wat ’n dame nie veronderstel is om te
doen nie en staan dus buite die norme wat gestel word.

2.1.4 Verduidelik waarom daar gesê kan word dat “Goeie meisies” in vrye versvorm geskryf is. (2)

Die gedig is ’n vrye vers, omdat dit nie oor ’n vaste strofebou of rymskema beskik nie. Verder is die
versreëls van wisselende lengtes, met ander woorde korter en langer versreëls volg op mekaar.

2.2 Verduidelik waarom Ronelda Kamfer se gedig “Lolla” as ʼn voorbeeld van narratiewe poësie
beskou kan word. (4)

Narratiewe poësie kan uitgeken word deur die feit dat dit iemand se lewensverhaal binne die kleiner
opset van ’n gedig vertel. Basiese verhaalelemente (veral gebeure en tyd) is aanwesig in die gedig. Die
mees opvallende element is die opeenvolging van gebeure wat oor ’n spesifieke tydperk plaasvind. Daar
word chronologies vertel van Lolla se lewe as kunstenaar en hawelose en hoe sy dan uiteindelik tot haar
einde kom.

Vraag 2: Subtotaal: [20]

7
VRAAG 3

3.1 Identifiseer enige drie kenmerke van die spesievers. Bespreek nou hoe hierdie drie kenmerke
deur N.P. van Wyk Louw se “Strandjutwolf” geïllustreer word en/of teëgegaan word. (10)

Enige drie kenmerke en bespreking van die kenmerk:

KENMERK 1: Eerstens handel die gedig oor een spesifieke spesie.

Bespreking: Die titel verwys na die “strandjutwolf”, die spesifieke spesie waaroor die gedig handel. Die
strandjutwolf word ook die bruin hiëna genoem.

KENMERK 2: Die fokus op die unieke fisieke en gedragseienskappe van die spesie.

Bespreking: Die strandjut is relatief groot met ’n kop-en-lyflengte van gemiddeld 110–125 cm,
skouerhoogte van 70–80 cm en ’n stertlengte van 25–35 cm. Sekere beskrywings uit die derde strofe
wys hierop: “die hele werf is vol van hom” (reël 9) en “os-groot skadu” (reël 11). Die belangrikste
ooreenkoms tussen die gedig en die werklike strandjut is die feit dat die strandjut naglewend en ’n
aggressiewe aasvreter is. In die eerste versreël sê die spreker dat die strandjut slegs “met die donker
maan” (in die nag) teenwoordig is. Verder is dit duidelik dat die strandjut besig is om rondom ʼn huis te
aas soos ons kan aflei uit: “dan is dit by die stoep”, “snuiwe aan die drumpel”, “roer rondom die huis”,
“ruik-ruik” en “krap by die kombuis”.

3KENMERK 3: Gaan om die natuurlike aard van die spesie.

Bespreking: Daar word na die natuurlike aard van die strandjutwolf verwys (vergelyk die bespreking by
Kenmerk 2 hierbo).

KENMERK 4: Verwondering of waardering word uitgespreek teenoor die spesie.

Bespreking: Hierdie kenmerk is nie van toepassing op die gedig nie. Die spreker in hierdie gedig koester
eintlik meer van ʼn vrees vir dit wat die strandjutwolf vir die spreker simboliseer.

KENMERK 5: Die digter beskik oor natuurwetenskaplike kennis, maar dit word met poëtiese
tegnieke vermeng.

Bespreking: Die strandjut word ’n simbool van iets anders. Die strandjut verteenwoordig ’n
onheilspellende mag. Dit is waarskynlik dat die strandjut ’n simbool van onder andere die Dood of die
Bose is. (Verwys ook na die bespreking by Kenmerk 6 hieronder).

KENMERK 6: Die spesievers is nie ’n kliniese natuurwetenskaplike verslag nie.

Bespreking: Daar is ook ’n aantal verskille tussen die spreker se uitbeelding van die strandjut in die
gedig en die werklike spesie. Die mees opvallende verskil word in die derde strofe aangetoon wanneer
die spreker sê “die hele werf is vol van hom” en verwys na die strandjut se “os-groot skadu”. Alhoewel
die strandjut relatief groot is, is dit onmoontlik dat die strandjut so groot soos ’n os kan wees. Ons het
dus hier te doen met ’n oordrewe beeld of hiperbool. Dit is ook onwaarskynlik dat die strandjut op die
huis se dak kan klim en by die skoorsteen kan inluister (reëls 15–16). Die spreker beskryf ook die oë van
die strandjut op ’n ongewone manier. In reël 24 beskryf die spreker dit as “vaal en blind” en in die slotreël
word verwys na “wit oë”. Die werklike strandjut se oë is nie “blind” of “wit” nie. Verder is dit vreemd dat
die spreker in die slotstrofe na die strandjut as “die Gryse” verwys, omdat ’n strandjut nie oorwegend
grys is nie, maar donkerbruin. Die hooflettergebruik is hier ook ongewoon. Dit sê vir ons dat dit nie hier
om ’n gewone strandjut gaan nie, maar om een of ander verhewe wese. Dit is opvallend dat die spreker
in die eerste strofe na die strandjut as “Dit” verwys. “Dit” is ’n onpersoonlike voornaamwoord wat
gewoonlik gebruik word om na lewelose objekte of abstrakte konsepte (soos haat of liefde) te verwys. Dit
is interessant dat die spreker wel in die tweede, derde, vierde, sesde en sewende strofe die persoonlike
voornaamwoorde “hy” en “sy” gebruik om na die strandjut te verwys, maar in die vyfde strofe weer die
onpersoonlike voornaamwoord “dit” gebruik. Al hierdie teksleidrade sê vir ons dat hierdie gedig nie net
gaan om die strandjut as ’n natuurlike en lewende spesie nie.

8
AFK2601/201

KENMERK 7: Die spesievers beskik oor uiterlike kenmerke. Titel=volksnaam,


subtitel=wetenskaplike naam.

Bespreking: Hierdie kenmerk is slegs gedeeltelik van toepassing op die gedig. Die titel “Strandjutwolf” is
wel die spesie se volksnaam, maar “bruin hiëna” is meer algemeen bekend as die naam van die dier.
Daar is geen subtitel of verwysing na die wetenskaplike naam nie.

3.2 Lees “Swartkraai” deur Johann Lodewyk Marais en beantwoord die volgende vrae:

3.2.1 Benoem een voorbeeld van beeldspraak wat in die gedig gebruik word. (1)

Personifikasie

3.2.2 Haal ʼn voorbeeld aan uit die gedig van die vorm van beeldspraak wat jy by 3.2.1
geïdentifiseer het. (1)

Daar is meer as een voorbeeld: Die swartkraai “plak” / is ʼn “kleinboer”, word “Meneer Kraai” genoem”,
uiter “donker vloeke”, ens.

3.2.3 Bespreek die betekenis van hierdie voorbeeld van beeldspraak binne die konteks van die
gedig. (3)

Hierdie antwoord hang af van die student se keuse van voorbeeld. Die voorbeelde van die personifikasie
in die gedig het egter in gemeen dat dit die kraai se unieke karakter help uitdruk, soos byvoorbeelde dat
die swartkraai bekend is vir sy intelligensie en arrogansie; dit is ’n voëlspesie wat baie hardkoppig is en
homself nie maklik laat verwilder nie. Die personifikasie help ook om die vasberadenheid van die kraai
uit te beeld.

***LET WEL: Daar bestaan volgens die studiegids (bl. 138) ʼn alternatiewe antwoord vir Vraag 3.2.1 –
3.2.3:

3.2.1 Metafoor.

3.2.2 “donker vloeke”

3.2.3 Onbeskaafde en onverfynde aard van die kraai en boosheid / onheil.

3.2.4 Noem enige drie fisieke en/of gedragseienskappe van die swartkraai wat jy uit die gedig kan
aflei. (3)

Enige drie eienskappe:

Die spreker beskryf die unieke gedragseienskappe en fisieke kenmerke van die swartkraai. Daar word
ook meer oor die swartkraai se habitat (blyplek) vertel. Swartkraaie hou van oop ruimtes (soos
grasvelde) soos duidelik blyk uit “oor die veld” en “verlate bulte”.Nog ’n eienskap is dat swartkraaie
hoofsaaklik op die grond soek na kos, soos ons kan aflei uit “pik in die gras aan ’n dooie ding” en “klou
verbete aan die grond”. Verder fokus reëls 8 en 9 op die nes wat die kraai “van stokke, draad en brokke”
bou. Dit strook met die feit dat hierdie neste gewoonlik baie deurmekaar is (dink aan die woord
“kraaines” wat verwys na ’n deurmekaar woonplek). Verder gebruik kraaie ’n wye verskeidenheid
materiaal om hul neste te bou en gebruik uitsluitlik bome om hul neste in te bou soos ons uit reël 10 kan
aflei. Die swartkraai is ook bekend vir sy intelligensie en arrogansie; dit is ’n voëlspesie wat baie
hardkoppig is en homself nie maklik laat verwilder nie. Hierdie kenmerk kan ons uit reël 12 tot 14 aflei:
“asof jy op verblyfreg aanspraak maak:/’n kleinboer wat geen nonsens meer duld nie/en alle weerstand
links en regs afbreek”. Verder word na die kraai as “Meneer Kraai” (let op die gebruik van hoofletters)
verwys wat die vasberadenheid van die kraai beklemtoon. Dit is veral hierdie eienskap waarop die
spreker in die gedig fokus. Die skerp krasgeluid wat kraaie maak, word in die slotreël beklemtoon: “met
sy donker vloeke en vlymskerp bek.”

9
3.2.5 Watter soort houding neem die spreker teenoor die swartkraai in (met ander woorde: hoe
voel die spreker oor die swartkraai). Verskaf ʼn rede vir jou antwoord. (2)

Die spreker neem ’n positiewe en waarderende houding in teenoor die swartkraai. Hy beskou die
swartkraai as ’n spesie met ’n unieke geaardheid waaroor hy hom verwonder.

Vraag 3: Subtotaal: [20]

VRAAG 4

4.1 Noem drie belangrike aspekte van die modernistiese inslag in die werk van die Sestigers. (3)

1. Nuwe temas

2. Nuwe wêreldbeskouings

3. Nuwe maniere van vertel

4.2 Noem een belangrike historiese gebeurtenis wat aanleiding gegee het tot die neerslag van
modernisme in die Afrikaanse letterkunde. (1)

• Die Sharpeville-slagting van 21 Maart 1960.

• (Indirek ook die Eerste Wêreldoorlog wat die historiese oorsprong was van Europese
modernisme – wat weer die oorsprong was van die modernisme in die Afrikaanse
letterkunde).

4.3 Bespreek die simboliek wat voorkom in Jan Rabie se kortverhaal “Drie kaalkoppe eet
tesame”. Maak gebruik van voorbeelde uit die verhaal om jou antwoord te staaf. (6)

Die simbolisme in hierdie kortverhaal word bespreek op bl. 156-160 van die studiegids. Die simbolisme
sentreer rondom dit wat gesimboliseer word deur (1) die drie kaalkoppe, (2) die kelner en (3) die
eierdoppe. Die kaalkoppe is nie karakters in die gewone sin van die woord nie. Hulle is eerder simbolies
van die mens in die algemeen, sonder enige individualiteit.

4.4 Skryf ʼn essay van ongeveer 1200 tot 1500 woorde waarin jy die hoofkarakter Mia se groei en
ontwikkeling deur die verloop van die kortverhaalsiklus Die dag toe ek my hare losgemaak het
bespreek. Let op die volgende wenke:

Die onderstaande nasienrubriek is gebruik om die essay te bepunt:

Kriterium: Gewig:

Inhoud Punt uit


50:
▪ Die student se argumentering is relevant tot die gegewe onderwerp (die student
antwoord wat gevra word).

▪ Die student beantwoord die vraag volledig.

▪ Die student bied genoegsame en relevante bewyse (voorbeelde) uit die teks aan
om sy/haar argumente te ondersteun.

▪ Die student formuleer argumente op ’n logiese, oortuigende en helder wyse.

▪ Die student wend literêr-analitiese vaardighede op ’n sinvolle wyse aan.

10
AFK2601/201

▪ Die student maak op ’n sinvolle wyse van relevante primêre en sekondêre bronne
gebruik.

Struktuur Punt uit


30:
▪ Die essay beskik oor ’n gepaste inleiding, inhoudsparagrawe (“liggaam”) en
gevolgtrekking (slot).

▪ Die essay beskik oor ʼn logiese paragraafstruktuur.

▪ Paragrawe vloei logies op mekaar.

▪ Verbinders en diskoersmerkers (byvoorbeeld “Eerstens”, “Vervolgens” ens.) word


gebruik om paragrawe met mekaar te skakel.

▪ Opskrifte en subopskrifte word korrek gebruik (indien van toepassing).

▪ Die struktuur ondersteun logiese argumentasie.

Taalgebruik Punt uit


10:
▪ Die spelling, styl en leestekengebruik in die essay is korrek.

▪ Die student handhaaf ’n gepaste akademiese register.

Verwysings Punt uit


10:
▪ Verwysings in die teks word korrek volgens die Harvard-metode aangedui.

▪ Die bibliografie is korrek en goed versorg.

▪ Direkte aanhalings en parafrases word korrek gebruik en is goed geïntegreer met


die res van die teks.

TOTAAL 100%

Verwerk na ʼn punt uit 30

(30)

Vraag 4: Subtotaal: [40]

TOTAAL: [100]

11
2. EKSAMEN (OKTOBER/NOVEMBER 2021) (VIR SEMESTER 1 EN 2 STUDENTE)

2.1) Die aard van die eksamen

Jou eksamen vind op 25 November 2021 van 14:00 tot 18:00 plaas. Jy het dus vier ure om ’n vraestel
van 100 punte te voltooi. Hierdie is ’n oopboekeksamen wat beteken dat jy al jou materiaal by jou gaan
hê. As jy klaar is, moet jy jou eksamenlêer op myExams oplaai.

2.2) Algemene wenke

Onder Additional resources op die myUnisa AFK2601-moduleblad is daar twee dokumente wat stap-vir-
stap vir jou die tegniese voorskrifte van die aanlyn eksamen uiteensit. Die name van die twee
dokumente is “Hoe om jou eksamenlêer op te laai” en “Riglyne vir aanlyn eksamen”. Sorg asb. dat
jy hierdie riglyne nakom, want anders kan dit beteken dat jou eksamenlêer dalk nie nagesien kan word
nie. Jy moet al die instruksies getrou volg. Bestudeer hierdie dokumente vóór die eksamen sodat jy
weet wat om te doen.

Hierdie aanlyn eksamen sal ʼn oopboekeksamen wees. Dit beteken dat jy jou studiegids, tekste op die
e-reserwes en jou voorgeskrewe boek (Die dag toe ek my hare losgemaak het) mag en moet
gebruik om jou eksamenvraestel te beantwoord. Dit beteken NIE dat jy by ander studente mag afskryf of
die eksamenvraestel as groepwerk mag doen nie.

Geen vorm van plagiaat – insluitende afskrywery by enige ander student, uit die studiegids of
studiebriewe (ook hierdie brief) sal geduld word nie. Jy behoort teen hierdie tyd te weet dat jy teks-
en bronverwysings MOET doen wanneer jy inligting uit die studiegids, e-reserwes of voorgeskrewe boek
aanhaal in jou essay-antwoorde. Raadpleeg al jou studiebriewe en die hulpbronne oor plagiaat en
bronverwysings op die AFK2601-moduleblad (onder Additional Resources).

Jy mag geen PDF-dokumente van enige studiemateriaal wat onder kopiereg is (die voorgeskrewe boek,
Die dag toe ek my hare losgemaak het, en die e-reserwes ingesluit!), aan ander studente beskikbaar stel
nie – dit is onwettig. Dit is jou verantwoordelikheid om self die voorgeskrewe boek te bekom – jy moes
dit al reeds gedoen het toe jy jou werkopdragte in 2021 gedoen het.

Daar is beslis voordele verbonde aan ʼn oopboek-eksamen:

• Dit is ʼn oopboekeksamen – jy het jou studiegids, studiebriewe, terugvoer op werkopdragte en al die


bronne in die e-reserwes tot jou beskikking.

• Jy hoef nie alles uit jou kop uit te leer nie – jy kan hierdie eksamen soos enige werkopdrag benader.

• Daar is genoeg tyd om deeglike werk te doen (nie net twee ure in ʼn lokaal waar jy moet skryf vir al
wat jy werd is nie, maar vier ure waarin jy jou studiemateriaal kan gebruik).

• Met oorgenoeg tyd én al jou studiemateriaal tot jou beskikking is oopboekeksamens gewoonlik
minder stresvol.

Daar geld derhalwe sekere vereistes by hierdie tipe eksamen:

• Jou eksaminatore verwag dat jy die toegang tot jou bronne en die ekstra tyd sal gebruik om kwaliteit
werk te lewer. Die standaard waarvolgens jou antwoorde beoordeel word, neem in ag dat jy tyd
gehad het om jou bronne te raadpleeg, aanhalings en bronverwysings korrek weer te gee, en jou
eie, unieke antwoorde op die vrae te skryf.

• Jou eksaminatore verwag gestruktureerde skryfwerk in jou literêre opstelle (die essay-vrae).
Onthou, ons ons verwag nie perfekte spelling en skryfwerk nie. Maar ons moet kan verstaan wat jy

12
AFK2601/201

skryf om punte te kan toeken vir ʼn antwoord. Gebruik die ekstra tyd wat jy in hierdie eksamen kry
om na die beste van jou vermoë te skryf.

• Omdat jy jou studiemateriaal gaan gebruik, moet jy teksverwysings doen. Raadpleeg die
verwysingsgids Abridged Referencing for Students wat onder Additional Resources op die myUnisa
moduleblad beskikbaar is.

• Plagiaat – wat insluit die oorskryf uit die studiegids sonder erkenning aan die skrywer of bron – is ʼn
selfs groter versoeking vir studente wat eksamen skryf met toegang tot al die studiemateriaal. ʼn
Oopboekeksamen is NIE ʼn afskryfgeleentheid nie. Moenie jou eksaminatore se intelligensie
onderskat nie. Ons kan enige vorm van plagiaat maklik opspoor en sal nie huiwer om dit te
rapporteer vir dissiplinêre stappe nie. Afskrywery uit die studiegids, studiebriewe of enige teks uit die
e-reserwes sonder die nodige en korrekte teksverwysings sal streng gepenaliseer word.

Wenke vir voorbereiding vir ʼn oopboek-eksamen

• Jy moet voor die tyd reëlings tref sodat jy jou volle en ongestoorde aandag vanaf 14:00-16:00 op
25 November 2021 aan jou eksamen kan gee. Jy moet verkieslik jou eksamen op ’n stil plek aflê,
sonder enige onderbrekings.

• Maak voor die tyd seker dat jy voldoende internettoegang het, om die eksamenvraestel af te laai
en op te laai.

• Net omdat jy al jou studiemateriaal kan raadpleeg terwyl jy die eksamen skryf, beteken nie dat jy
niks hoef voor te berei nie.

• Maak seker dat jy al die relevante tekste uit die e-reserwes reeds op jou rekenaar (of iCloud,
Google Drive, geheuestokkie ensovoorts) gestoor het voor die eksamen begin. Maak vooraf
uitdrukke van tekste as jy verkies om van papiere af te werk. Moenie jouself in ʼn situasie sit waar
jy jou eksamentyd mors om nog die tekste bymekaar te kry en te lees nie!

• Ken jou literêre tekste. Jy weet reeds watter gedig en kortverhaal saam met jou voorgeskrewe
boek in die eksamen gevra gaan word. Herlees hierdie tekste en maak jou eie notas daaroor voor
die eksamen begin.

• Werk deur jou gemerkte werkopdragte van 2021 en al die kommentaar daarin, sowel as die
terugvoer op werkopdragte in die opvolgstudiebriewe wat in 2021 beskikbaar gestel is.
Identifiseer die foute wat jy gemaak het, en werk uit hoe om daardie foute reg te stel.

• Begin so vroeg as moontlik met jou eksamenvoorbereiding sodat jy genoeg tyd het om hulp te kry
vir die werk waarmee jy sukkel. Moenie wag tot ʼn dag voor die eksamen om die dosent te nader
vir hulp nie!

• Let op dat die Discussion Forum vir hierdie module op myUnisa gesluit sal wees tydens die dag
waarop hierdie eksamen geskryf word. Jy kan nie tydens die eksamen vrae oor die werk aan die
dosent of enigiemand anders rig nie. Dit is jou verantwoordelikheid om enige vrae oor die werk
voor die eksamen aan die dosent of e-tutor te rig sodat ons jou kan help.

• Jy mag tydens die eksamen geen hulp van enigiemand vra om antwoorde te kry nie. Geen e-
posse, geen telefoonoproepe ens. nie. Tydens die vier ure wat jy het om die eksamenvraestel te
voltooi, is jou slegs op jou eie kennis aangewese.

13
2.3) Wat moet ek voorberei vir die eksamen?

Die eksamenvraestel bestaan uit vyf vrae. Elke vraag tel 20 punte. Daar is geen keusevrae nie. Alle vrae
moet in Afrikaans beantwoord word.

Hersien werkopdrag 1 en 2 in studiebrief 001, maar onthou asb. dat die eksamen nie ’n replika/herhaling
van opdragvrae behels nie. Dit is dus nie voldoende om slegs opdragvrae te hersien nie. Die opdragvrae
gee wel aan jou ’n goeie idee watter soort vrae jy in die eksamen kan verwag. Korter en paragraatipe-
vrae gaan gevra word. By leereenheid 6 kan jy ’n essayvraag verwag.

Vraag 1 fokus op leereenheid 1 en 2. Meervoudige keusevrae sal uit hierdie twee leereenhede gevra
word. Bestudeer dus leereenheid 1 en 2 goed. Hersien ook die werkopdrag 1 in studiebrief 001.

Vraag 2 fokus op leereenheid 3. Bestudeer leereenheid 3. Gee aandag aan die kenmerke van Loftus
Marais se digkuns. Jy moet onder andere in staat wees om kenmerke van sy digkuns in sy gedigte te
kan verduidelik. Verder moet jy die tersaaklike gedigte (sien onderstaande lys) van Marais baie goed
ken.

Vraag 3 fokus op leereenheid 4. Bestudeer leereenheid 4. Gee aandag die kenmerke van Ronelda
Kamfer se digkuns. Jy moet onder andere in staat wees om kenmerke van haar digkuns in haar gedigte
te kan verduidelik. Verder moet jy die tersaaklike gedigte (sien onderstaande lys) van Kamfer baie goed
ken.

Vraag 4 fokus op leereenheid 5. Bestudeer leereenheid 5. Gee onder meer aandag aan die kenmerke
van die spesievers. Jy moet onder andere in staat wees om kenmerke van die spesievers in spesifieke
spesieverse te kan verduidelik. Verder moet jy die tersaaklike gedigte (sien onderstaande lys) baie goed
ken.

Vraag 5 fokus op leereenheid 6 en veral op Die dag toe ek my hare losgemaak het as ’n
kortverhaalsiklus. Jy sal hier ’n essay van 1200-1500 woorde moet skryf. Jy moet sorg dat jou essay aan
die nodige vereistes voldoen soos uiteengesit in die dokument “Die skryf van literêre essays” onder
Additional resources op myUnisa. Dit is ook baie belangrik dat jy die korrekte bronverwysings gee elke
keer as jy na die voorgeskrewe boek of enige ander bron in jou essay verwys. Jou essay moet ook ’n
korrekte bronnelys hê. Jy moet jou bronverwysings en bronnelys doen soos verduidelik in Abridged
referencing for students onder Additional resources op myUnisa.

Vir die eksamen moet jy slegs die volgende tekste DEEGLIK voorberei. Dit is essenieel dat jy hierdie
tekste baie goed sal verstaan en in staat sal wees om enige vraag oor hierdie tekste te kan antwoord.

• “Relaas van die tuindwerg” (Loftus Marais)

• “Die digter as rockstar” (Loftus Marais)

• “Lolla” (Ronelda Kamfer)

• “goeie meisies” (Ronelda Kamfer)

• “Swartkraai” (Johann Lodewyk Marais)

• “Die strandjutwolf” (NP van Wyk Louw)

• Die dag toe ek my hare losgemaak het (Willemien Brümmer) (hierdie is jou voorgeskrewe boek
wat jy moet aankoop)

14
AFK2601/201

2.4) Kuberklasse oor die eksamen

Ek gaan VIER kuberklasse oor die eksamen aanbied. Die klasse word via die “Meetings”-funksie op
myUnisa aangebied. ’n Volledige opname van elke klas word gemaak wat jy later op jou eie kan kyk.
Meer besonderhede oor die kuberklasse sal nader aan die datums op myUnisa bekend gemaak word.

VIR SEMESTER 1 STUDENTE

Kuberklas 1 vind op 1 November 2021 vanaf 17:00-18:00 plaas. Dit sal handel oor algemene wenke en
tegniese voorskrifte vir die oopboekeksamen.

Kuberklas 2 vind op 2 November 2021 vanaf 17:00-18:00 plaas. Tydens hierdie klas sal ek die literêre
tekste wat belangrik is vir die eksamen, behandel.

VIR SEMESTER 2 STUDENTE

Kuberklas 1 vind op 3 November 2021 vanaf 17:00-18:00 plaas. Dit sal handel oor algemene wenke en
tegniese voorskrifte vir die oopboekeksamen.

Kuberklas 2 vind op 4 November 2021 vanaf 17:00-18:00 plaas. Tydens hierdie klas sal ek die literêre
tekste wat belangrik is vir die eksamen, behandel.

Sterkte met julle eksamenvoorbereiding.

Groete

Neil Cochrane (kursusleier: AFK2601)

15

You might also like