You are on page 1of 2

AFK2602: SEMESTER 1 2024

WERKOPDRAG 06

INSTRUKSIES:

1. Alle antwoorde moet per hand geskryf word.


2. Alle boomdiagramme moet per hand geteken word.
3. Skryf asseblief netjies en taalkundig korrek. Onleesbare handskrif word gepenaliseer; spel-
en taalfoute word gepenaliseer.
4. Handig die werkopdrag as PDF-dokument in. Werkstukke in MS Word-formaat word nie
nagesien nie.

VRAAG 1

Luister na die klankgreep gemerk AFK2602_WO6_S1_2024. Transkribeer die klankgreep foneties.


Gebruik die fonetiese alfabet en konvensies. (10)

VRAAG 2

Teken ʼn boomdiagram waarin jy die volledige sillabestruktuur van die woord albasterspel aandui. (8)

VRAAG 3

3.1 Teken ʼn boomdiagram waarin die komposisiestruktuur van die volgende woorde uitgebeeld
word. (9)

besoedeling; uitgekuier; boogskietery

3.2 Deur middel van watter kombinasieproses is elkeen van die woorde hierbo gevorm? (3)

VRAAG 4

4.1 Teken ʼn boomdiagram van die onderstaande bywoordelike bysin. (8)

Cynthia is siek, want sy het groen appelkose geëet.

4.2 Wat is die funksie van ʼn bywoordelike bysin? (1)

4.3 Wat is die verskil tussen ʼn bywoordelike bysin en ʼn bywoordelike bepaling? (1)

VRAAG 5

5.1 Ontleed die onderstaande woorde na aanleiding van hul semanties onderskeibare kenmerke. (3)

kamer; saal; portaal; ouditorium; kantoor; stoep

5.2 Op grond van jou ontleding hier bo, watter van die woorde is sinonieme en watter is
teëstellings? (1)

5.3 Watter item in die lys woorde by 5.1 is prototipies? Waarom sê jy so? (1)

VRAAG 6

Lewer kommentaar oor die volgende gesprek. Ontleed die interaksie met betrekking tot beleefdheid
en Grice se beginsel van samewerking. (5)
Ben: “Ek is jammer dat ek laat is, professor. Maar hier is my werkopdrag.”

Professor: “Traag soos altyd, Ben. Gelukkig verwag ek nie veel nie.”

TOTAAL: [50]

You might also like