You are on page 1of 20

TEGNOLOGIE

Strukture
Hoërskool Gerrit Maritz
Distrik D15

2009

Graad 9
Leerder _______________________________

Onderwyser ___________________________

1
Graad 9 Tegnologie STRUKTURE

SOORTE STRUKTURE

Dopstrukture

‘n Dopstruktuur bied beskerming van buite af, bv. ‘n eierhouer wat eiers beskerm. ‘n Verpakking soos
die houer waarin ons graankos koop, beskerm ook die inhoud wat binne is. Dopstrukture het nie rame
nie. Die sterkte van die dopstruktuur is in die dop self wat dikwels maar taamlik dun is.
Voorbeelde van dopstrukture

Raamstrukture

‘n Raamstruktuur bestaan uit dele wat verbind word om ‘n raam te vorm, bv. ‘n hyskraan of ‘n
kragmas. Dikwels is die raam verberg en kan jy dit nie sien nie. Dink bv. aan die dakbalke wat die teëls
ondersteun waarmee ‘n dak bedek word. Strukture ondersteun hul eie gewig sowel as die las wat dit
moet dra.
Voorbeelde van raamstrukture

Soliede strukture

Soliede strukture word stewig gehou deur hulle eie gewig en verplaas die gewig wat hulle dra veilig in
die grond in.
Voorbeelde van soliede strukture

Mensgemaakte en natuurlike strukture

Dop en raamstrukture kan of mensgemaak of natuurlik wees.

Natuurlike strukture sluit in die mens, plante, berge en ander rotsformasies; ens.
Mensgemaakte strukture word deur die mens gemaak en aanmekaargesit. Alles wat ons gebruik
is een of ander tipe struktuur.

2
DIE FUNKSIE VAN ‘N STRUKTUUR

Strukture:

ondersteun dinge

‘n Struktuur moet sy eie gewig kan dra sowel as die las wat dit
moet dra. ‘n Las is ‘n voorwerp, ‘n mens of ‘n krag. ‘n Las kan
bewegend (dinamies) wees of dit kan ‘n stilstaande (statiese)
las wees.

omsluit ‘n ruimte en

Alle houers het hierdie funksie, sowel as meeste geboue.

Natuurlike voorwerpe sluit in skulpe, grotte, hol boomstompe
ens.

oorspan ‘n afstand

Die bekendste struktuur wat ‘n afstand oorspan is ‘n

brug. Brûe het ook ‘n ander funksie – om dinge te
ondersteun. Hulle dra hulle eie gewig en ook die
gewig van wat ookal oor hulle beweeg.

‘n Struktuur soos ‘n huis verrig al die funksies: dit ondersteun ‘n dak; dit dek groot area; dit bevat
eiendom en beskerm julle en julle meubels.

Struktuur komponente

Pilare is vertikale struktuurkomponente. Die funksie van pilare is om balke te

ondersteun, en so die gewig van die struktuur na al die pilare te versprei.

Balke is horisontale struktuurkomponente. Balke

versprei die gewig na die pilare. Die
effektiwiteit van ‘n balk hang af van die
materiaal waarvan dit gemaak is asook van die
vorm van die balk. Balke wat in groot strukture
gebruik word, kan verskillende vorms hê,
sommiges is solied, ander is hol of het spesiale
dwarsdeursnee-gedeeltes wat sterkte en
stewigheid bied.

‘n Vrydraende balk (kantelbalk) is ‘n struktuurkomponent wat soos ‘n

arm uitsteek vanaf die hoofstruktuur, en word net aan die een kant
ondersteun.

Vakwerk word dikwels gesien in brûe, waar ‘n hele struktuur uit

driehoeke bestaan.

3
‘n Stutmuur is ‘n struktuur wat teen ‘n muur gebou word om die muur te
ondersteun of te versterk.

‘n Boog is ‘n halfronde struktuur wat ‘n afstand oorspan en ‘n struktuur wat daarop rus ondersteun. In
boë wat van stene gemaak is, is die sluitsteen die deel wat in die middel van die boog voorkom, en
hierdie steen stut en hou die res van die boog bymekaar. Boë kan ook van ander materiale gemaak
word en dan kom daar nie ‘n sluitsteen voor nie. Boë is baie doeltreffend in brûe wat valleie oorbrug,
aangesien hulle dan gestut word deur die wande van die berge aan weerskante.

EIENSKAPPE VAN STRUKTURE

Voordat jy enige struktuur kan ontwerp, moet jy die volgende weet:

Wat is jou doel met die struktuur?
Wat is die maksimum dravermoë wat die struktuur moet hê?
Watter tipe struktuur dit is, by. raam of dop.
Die materiaal wat jy gaan gebruik om die struktuur te maak.
Die afmetings van die struktuurdele.

Strukture moet veilig wees vir mense om te gebruik. ‘n Goeie en veilige struktuur moet oor drie
eienskappe beskik:

Sterkte - Dit moet nie inmekaar tuimel of bars nie. Strukture breek as hulle nie sterk genoeg is om
kragte te weerstaan nie. Hierdie kragte kan staties wees bv. iemand wat op ‘n bed Iê, of dinamies, bv.
as iemand op die bed spring.

Stewigheid - Dit moenie buig, sy vorm verloor of kromtrek nie.

Stabiliteit - Dit moet beslis nie kan omval nie. Ons sê dat ‘n struktuur hoë stabiliteit het as, wanneer dit ‘n
gewig dra, dit terugkeer na of in dieselfde posisie bly. Die stabiliteit hang af van die verhouding tussen
die basis, die hoogte en die gewig van die struktuur.

Die gewig van ‘n voorwerp word bepaal deur swaartekrag wat reg na onder trek aan die massa van
die voorwerp. Die onsigbare posisie van die massa waardeur die swaartekrag trek, word die
middelpunt van swaartekrag genoem.
As die posisie van die middelpunt van swaartekrag laag is en na die middelpunt van die basis lê, is die
voorwerp stabiel. As dit meer na die een kant van die basis lê, is die voorwerp minder stabiel. As die
middelpunt van swaartekrag buite die basis area lê, is die voorwerp onstabiel en het dan verdere
ondersteuning nodig. ‘n Hoë voorwerp is byvoorbeel geneig om onstabiel te wees omdat die
middelpunt van swaartekrag baie hoog is.

4
‘n Paar reëls vir stabiliteit:

- ‘n Lae middelpunt van swaartekrag.

- ‘n Wye basis.
- Meer gewig by die basis as by die bopunt.

Kragte werk in op alle strukture. Ankertoue, verbindingsbalke en stutte is strukturele komponente wat
gebruik word om strukture stabiel te maak.

Strukture soos hoë torings en tente

kan stabiel gemaak word deur dit
in die grond te anker met
ankertoue. Ankertoue is toue,
kabels of kettings (buigbare
komponente) wat die struktuur
stewig in plek hou deur daaraan te
trek.

Stutte en verbindingsbalke

Die deel van ‘n struktuur waarop ‘n trekkrag uitgeoefen word, word ‘n verbindingsbalk genoem, en die
deel van ‘n struktuur waarop ‘n drukkrag
uitgeoefen word, word ‘n stut genoem.
‘n Verbindingsbalk (onbuigbaar) hou
ander dele van die struktuur by mekaar
deur aan hulle te trek. Baie raamstrukture
het komponente genoem stutte
(onbuigbaar). Stutte hou dele in posisie
deur teen hulle te druk. Stutte word
gemaak van materiale soos hout of staal
wat nie kan buig nie.

Versterkingstegnieke vir raamstrukture

Triangulasie en knoopplate

Wanneer daar ‘n krag Wanneer ‘n stut van hoek tot ‘n Alternatief vir triangulasie
uitgeoefen word op ‘n hoek ingelas word, hou dit die is om ‘n knoopplaat te
vierkantige struktuur, kan dit struktuur stewig. Dit word gebruik. ‘n Knoopplaat word
maklik skeef gedruk word. triangulasie genoem. Die stut gewoonlik van ‘n stewige
‘n Vierkant is nie ‘n stewige verdeel die struktuur in twee materiaal (soos staal of
vorm nie. driehoeke wat stewige vorms is. hout) gemaak. Dit stut en
bind dan die komponente
van ‘n struktuur saam.

5
Knoopplate word van onbuigbare materiale soos hout of metaal
gemaak en word gewoonlik op hoeke van raamstrukture
vasgemaak om die dele van die raamstruktuur bymekaar te hou.

Materiale waarvan strukture gemaak word

kan versterk word deur dit in ‘n ander

posisie te gebruik. As twee stroke
riffelkarton op mekaar geplak word,
sodat die riffels teen ‘n 90° hoek met mekaar is, versterk dit
die karton. Dieselfde gebeur wanneer hout gelamineer word
en die grein van die hout teen ‘n 90° hoek geplak word. ‘n
Balk is ook sterker wanneer dit regop gebruik word in plaas
van plat.

Versterking van dopstrukture

Dopstrukture kry hulle sterkte

en stewigheid van die
manier hoe hulle gevorm is.
Dopstrukture word
gewoonlik ontwerp om
gerond of geriffeld te wees,
die rondings en riffels versterk die oppervlakte van die dopstruktuur.
Damwalle, eiers en gloeilampe is almal dopstrukture wat danksy hulle
rondings, kragte weerstaan wat hulle andersins sou breek.
Dieselfde beginsel word toegepas op sinkplate en geriffelde karton.

Kragte

Trekkrag
Trekkrag trek ‘n deel van ‘n struktuur. Die dele van die struktuur waarop trekkrag
uitgeoefen word, word bindbalke genoem. ‘n Bindbalk is ‘n struktuurdeel wat ander
dele vashou deur aan hulle te trek. Soms gebruik ons toue, kabels of kettings om
strukture stewig in posisie te hou. Dan noem ons dit ankertoue. Ankertoue word
gebruik om die twee regoppale van ‘n tent in posisie hou.

Drukkrag
Baie raamstrukture het dele wat stutte genoem word. Stutte doen dieselfde werk as
ankers, maar stutte hou dele in posisie deur teen hulle te druk. Stutte word van
materiaal gemaak wat nie kan buig nie, soos hout of staal.

Buigkrag
Buigkrag is eintlik drukkrag (kompressie) aan die een kant en
trekkrag (spanning) aan die anderkant. Dit kan duidelik gesien
word by ‘n boekrak.

6
Draaikrag (wringkrag)
‘n Krag kan ‘n liggaam in die rondte
laat draai of ‘n struktuurdeel kan
verdraai of vervorm word.

Skeurkrag
Die krag wat ‘n skêr op papier
uitoefen “skeur” dit middeldeur.

MATERIALE WAT GEBRUIK WORD IN STRUKTURE

Die eienskappe van materiale bepaal die funksie wat hulle in strukture kan verrig

 Sterkte in spanning: kan groot spanning hanteer sonder om van vorm te verander of te breek
 Sterkte in samepersing: kan saamgepers word sonder om van vorm te verander of te breek
 Elastisiteit: keer terug na die vorm waarin dit vroeër was voor die krag toegepas was
 Plastisiteit: as die krag verwyder word, bly dit in die veranderde vorm
 Buigbaarheid: verander van vorm voordat dit breek
 Brosheid: verbrokkel dadelik wanneer dit breek
 Hardheid: die weerstand teen skrape of duike
 Sterkheid: die weerstand teen die impak van harde voorwerpe
 Styfheid: die weerstand teen samepersing, buiging, skeur en draaikragte
 Waterdig: of waterwerend
 Bestand teen korrosie: oksidasie (roes) of UV-strale van die son
 Hittebestand: sal nie brand nie of dien as insulator teen hitte

METAAL

Metale val in twee kategorieë. Hulle kan of egte metale wees of allooie. Egte metale bestaan uit ‘n
enkele element. Die mees algemeenste egte metale is aluminium, koper, yster, lood, sink, tin silwer en
goud.
‘n Allooi is ‘n mengsel van twee of meer egte metale. Egte metale het soms nie die nodige eienskappe
nie. Om die nodige eienskappe te verkry, word egte metale gemeng.
Egte aluminium is byvoorbeeld te sag en word gemeng met ander metale om ‘n staal te kry wat sterker
is as sagte staal en bestand is teen korrosie (roes) maar nog steeds lig is soos aluminium.

Soorte:
Ferro metale
Ferro metale is metale wat hoofsaaklik van yster gemaak is waarby klein hoeveelhede ander metale
bygevoeg is om die regte eienskappe te verkry. Alle ferro metale is magneties. Hierdie metale roes of
oksideer as hulle nie behandel word nie, aangesien hulle yster bevat.
Soorte:
Sagte staal, Gietstaal, Vlekvrye staal, Gietyster, Smee-yster

Nie-ferro metale
Nie-ferro metale is metale wat nie yster bevat nie. Hierdie metale is nie magneties nie en sal nie roes of
oksideer nie aangesien hulle nie yster bevat nie.
7
Soorte:
Silwer, Aluminium, Koper, Sink, Lood, Tin, Geelkoper, Brons, Titanium, Magnesium

Saamgestelde materiale
Soorte:
Beton, Veselglas, motorbande, strooi en modderstene

HOUT

Die terme hardehout en sagtehout verwys nie na die hout nie, maar na die blare van die bome: Sagte
hout kom van bome met naald-agtige blare soos dennebome. Hardehout kom van breëblaar bome
soos Mahonie en Meranti. Nie alle hardehout soorte is hard nie – Balsa hout is baie sag.
Soorte:
Soliede hout
 Harde hout
Balsa, Ebbehout, Mahonie, Kiaat, Bloekom
 Sagte hout
Seder, Denne

Vervaardigde hout

Laaghout, Gelamineerde hout, Spaanderbord, Hardebord, Sagtebord, Veselbord

PLASTIEK

Termoset plastiek

Kruisgebinde polimere word gewoonlik gevorm voor hulle

kruisgebind word. Sodra kruisbinding plaas gevind het,
gewoonlik by hoë temperature, kan die voorwerp nie meer
gevorm word nie. Aangesien dit hitte is wat die kruisbinding
aktiveer om die voorwerp se vorm permanent te maak,
word hierdie materiale termoset plastiek genoem.

Termoplastiek

Soos plastieke warm raak, raak dit makliker om hulle in vorms te

giet en te vervorm, en as hulle warm genoeg raak, hulle selfs te
smelt. Sulke materiale word termoplastieke genoem.
Voorbeelde van termoplastieke is: PET, PE-HD, PVC, PE-LD, PP, PS-
HD. Hierdie plastiek word gewoonlik vir verpakking gebruik. Die feit
dat hulle herverhit en hervorm kan word maak hulle ideaal vir
verpakking en ook herwinning.

Het jy al ooit gewonder oor die getalle met die pyle om hulle aan die onderkant van plastiek houers?
Dit is plastiek identifiseringskodes. Hulle dui aan van watter soort plastiek die houer gemaak is en is daar
om verbruikers te help met herwinning van plastiek.
Hoewel slegs party soorte plastiek houers (veral kode 1 en 2) hergebruik kan word, kan so te sê al die
soorte herwin word en sodoende in iets anders omskep word.

8
Herwinning van plastiek

Nommer en afkorting Eienskappe Gebruike

1 = PET  Helder, gladde oppervlakte  Koeldrank en water
 Water en lugdig bottels
“Polyethylene  Impak en splinter bestand  Sommige huishoudelike
Terephthalate”  Bestand teen meeste chemikalieë skoonmaak middels
 Kan gevul word met warm  Voedselhouers
vloeistowwe
2 = PE-HD  bestand  Motor olies, kratte, melk
 Bestand teen meeste chemikalieë bottels
“High Density  Hoë spanningsterkte  Sommige huishoudelike
Polyethylene”  Relatief onbuigsaame materiaal skoonmaak middels en
met nuttige temperatuur kosmetiese houers
moontlikhede
3 = PVC  Hoë impak weerstand  Deurskynende verpakkings
 Helder, deurskynend koshouers
“Polyvinyl Chloride”  Kan geprosesseer word  Gevormde plastiek
 Weerstand teen ghries, olie en verpakkings
chemikalieë
4 = PE-LD  Uitstekende weerstand teen sure  Vuilgoed sakke, bevrore
en groente olies groente sakkies
“Low Density  Sterk, buigbaar en relatief  Sekere spuitbottles,
Polyethylene” deurskynend kosmetiese buisies
 Eienskappe vir verpakking waar  Stof beskermers
hitte-seëling nodig is
5 = PP  Reageer nie met sure, alkali’s en  Bottel doppies,
meeste oplosmiddels nie  koppies en borde,
“Polypropylene”  pil houers, emmers,
buigbare joghurt bakkies
6 = PS  Uitstekende vogwerend vir  Weggooibare koppies,
produkte met beperkte raklewe groentebakkies
“Polystyrene”  Baie goeie deursigtigheid  CD en DVD kassies
 Lae digtheid en onbuigsaamheid  Klere hangers en
(2 soorte: polistreen  Lae termiese geleiding en speelgoed
en harde uitstekende insulasie
deurskynende  Stewig
plastiek soos vir CD  Breek en splinter maklik
kassies)
7 = Ander  Vakuum verpakte vleis en
Hierdie kode dui aan dat die item gemaak is van ‘n ander kaas
harpuis of dat dit gemaak is van meer as een harpuis in ‘n  Hoofsaaklik gelaagde en
gelaagde kombinasie. gespesialiseerde
verpakking

9
Die eienskappe van plastiek

1 PET 2 PE-HD 3 PVC 4 PE-LD 5 PP 6 PS-HD 7 PS-LD

Sny met Maklik en
Maklik en Maklik en Maklik en Maklik en Redelik Verkrum
skerp redelik
glad glad glad glad hard mel
mes glad
Slaan met Redelik Verkrum
Baie sterk Baie sterk Baie sterk Baie sterk swak
hamer sterk mel
Buig by
Redelik Moeilik
kamer Moeilik Moeilik
Buigbaar onbuig- buigbaar buigbaar, Breek
tempera- buigbaar buigbaar
baar breek
tuur
In water Sink Dryf Sink Dryf Dryf Sink Dryf
Krap met
vinger- Nee Ja Nee Ja Nee Nee Ja
nael
Nee, Ja, as
Word sag
word water
in warm Ja Ja Ja Ja Nee
harder en warm
water
krimp genoeg is
Slaan
aan die Moeilik Maklik Moeilik Maklik Maklik Maklik Maklik
brand
Vlam Blou met Blou met Geel met Oranje / Oranje /
Gelerig Geel
kleur geel punt geel punt blou basis geel geel
Min en Wit met Swart met Swart met
Rook Min Min Min
swart baie as as as
Hou aan
om te Nee Ja Nee Ja Ja Ja Ja
brand
Soos
Soos kerswas
Min of Soos Soos
Reuk hidrochlo maar nie Soet Soet
geen kerswas kerswas
riese suur soos 2 & 4
nie

Bekwaamheidstaak
Jy en jou klasmaats besluit om ‘n partytjie te hou om julle goeie Tegnologie uitslae te vier. Julle kry
genoeg geld bymekaar vir eet en drinkgoed en iemand om musiek te maak. Julle kry toestemming om
die partytjie in ‘n groot skuur op iemand se plot te hou. Julle het egter nie meer geld om tafels en stoele
te huur nie. Daar is egter ‘n ongelooflike hoeveelheid leë plastiek koeldrankbottels in die skuur wat wag
om na ‘n herwinningsterrein geneem te word.

Die fasiliteerder gaan julle in groepe van 6 deel en saam moet julle in julle groepe besluit hoe julle die
probleem kan oplos. Julle moet in julle groep een meubelstuk (tafel of stoel) maak vir julle partytjie.

Gegewe spesifikasies

Die meubelstuk moet die gewig van die swaarste leerder in die groep kan dra.
Die items moet veilig wees vir gebruik (nie skerp kante hê wat iemand kan sny nie)

10
PORTEFEULJE

ONDERSOEK

Hulpbronopdrag 1

Om die volgende strukture te bou is materiale met spesifieke eienskappe nodig.

Skryf die 6 belangrikste eienskappe by elk van die strukture.

Koppie

Leer
Warm
watersak
Emmer

Huis

Motorband

Hangbrug

Stoel
Tandepasta
buis
Lampskerm

Tuinslang

Skooltas

Skryf die 6 belangrikste eienskappe by elk van die volgende materiale.

Plastiek
Vlekvrye
staal
Hout

Rubber

Karton

Keramiek

Aluminium

Tekstiel

Beton

11
Hulpbronopdrag 2

Soek ten minste 2 plastiekhouers wat van die verskillende soorte plastiek gemaak is in julle huis en skryf
die naam van die produkte langs die regte herwinningsnommer neer.

Nommer en afkorting Produkte

1 = PET
“Polyethylene Terephthalate”
2 = PE-HD
“High Density Polyethylene”
3 = PVC
“Polyvinyl Chloride”
4 = PE-LD
“Low Density Polyethylene”
5 = PP
“Polypropylene”
6 = PS
“Polystyrene”

Gevallestudie

Doen navorsing oor die herwinning van plastiek. Bespreek kortliks die herwinningsproses en noem ‘n
paar produkte wat van herwinde plastiek vervaardig word. Vind uit waar die
plastiekherwinningsentrum naby Pretoria-Noord is.

__________________________________________________________________________________________________

Bibliografie: ______________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________

12
ONTWERP

Ontwerpopdrag
_________________________________________________________________________________________________

Spesifikasies

Idees

Teken vryhand 3-D voostellings van 3 moontlike idees vir jou produk & gee kortliks voor en nadele by elk

Voor en nadele
_________________________________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________________________________

13
Voor en nadele
_________________________________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________________________________
_________________________________________________________________________________________________

Voor en nadele
__________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________

14
Finale Oplossing

Gebruik een van die metodes waarvan jy geleer het en maak ‘n 3-D skets van jou produk.

15
Teken ‘n eerstehoekse ortografiese voorstelling van jou produk

Verdere inligting tov jou produk

__________________________________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________

16
MAAK

Gereedskap, benodigdhede, materiale

__________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________
____________________________________________________________________________________________________
________________________________________________________________________________________________
__________________________________________________________________________________________________

Vloeidiagram

17
EVALUERING

Vul jou groeplede se name in die tabel in en gee vir elk ‘n punt uit 10 vir samewerking

Naam en van Punt uit 10 Naam en van Punt uit 10

Sterk punte en swak punte van jou meubelstuk

Veranderinge en verbeteringe wat jy kan maak aan jou meubelstuk

18
Assessering die tegnologiese proses (Fasiliteerder voltooi)

Vlak 6 Vlak 4
Vlak 2
(Verdienstelik (Toereikend
(Elementer bemeester)

Assessering
Vlak 7 bemeester) bemeester)
(Uitstekend
Aspek
bemeester)
Vlak 5 Vlak 3 Vlak 1
(Goed bemeester) (Redelik bemeester) (Nie bemeester nie)

Ontwerp-
Formulering van
voorligting Formulering van probleem Formulering van probleem
Formulering van probleem probleem oplossing, nie
1 (Wat beplan om oplossing is duidelik en oplossing
oplossing is redelik duidelik voltooi en nie
te maak) verstaanbaar. is vaag
relevant nie
(Punte: 5)
Tabelle volledig voltooi.
Ondersoek Tabelle volledig voltooi. Tabelle volledig voltooi. Onvoltooide tabelle,
Inligting relevant. Net die
2 (Hulpbronop Inligting relevant. Moeite Inligting nie eintlik of totaal onrelevante
absoluut nodigste
drag 1 & 2) gedoen relevant. inligting.
gedoen.

Ondersoek Verskeie bronne is gebruik Enkele bronne is

Van die inligting wat
3 (Gevalle om toepaslike gebruik om toepaslike Inligting nie toepaslik
verkry is, is toepaslik
Studie) inligting te bekom inligting te bekom

Voorlegging
Lys van spesifikasies is Spesifikasies is ‘n Paar spesifikasies is
4 (Spesifikasies) Spesifikasies onvolledig
volledig en toepaslik volledig gegee
(Punte: 5)

Idees baie netjies geskets

Idees redelik netjies Idees geskets maar nie Idees onverstaanbaar
en byskrifte gegee, alle
geskets en byskrifte netjies nie, enkele geskets, voordele en
Aanvanklike voordele en nadele is
5 gegee, voordele en voordele en nadele is nadele onvolledig,
idee-generering volledig
nadele is genoem, gekose genoem, gekose idee nie swak motivering van
genoem, gekose
idee gemotiveer duidelik gemotiveer gekose idee
idee geldig gemotiveer

Beplanning Werktekening en
Werktekening en 3-D skets Dele van werktekening en Werktekening en 3-D skets
(Finale 3-D skets 3-D skets is voltooi en
6 is netjies en het 3-D skets ontbreek is nie voltooi nie
en werks byskrifte gegee
byskrifte
tekening)

Beplanning Lys van benodigdhede, Lys van benodigdhede en

Lys van benodigdhede en
(Lys van materiaal en gereedskap gereedskap is redelik Lys van benodigdhede en
gereedskap is baie
benodigd is volledig. Vloeidiagram is volledig.Vloeidiagram is gereedskap is onvolledig.
7 onvolledig. Vloeidiagram
hede en logies en logies en redelik Vloeidiagram is nie logies
is
gereedskap) verstaanbaar. verstaanbaar. of verstaanbaar nie.
onverstaanbaar
(vloeidiagram)

Voldoen aan alle Voldoen aan sekere Voldoen aan een Voldoen aan geen
eienskappe van ‘n eienskappe van ‘n eienskappe van ‘n eienskappe van ‘n
struktuur. Die eienskappe struktuur. Die eienskappe struktuur. Die eienskappe struktuur. Die eienskappe
Produk
8 van plastiek wat tot nut is van plastiek wat tot nut is van plastiek wat tot nut is van plastiek wat tot nut is
(Punte: 30)
vir die projek is ten volle vir die projek is gedeeltelik vir die projek is swak benut vir die projek is glad nie
benut en volledig benut en onvolledig en baie onvolledig benut en nie bespreek
bespreek. bespreek. bespreek. nie.

Evaluerings-
Toepaslike Geen evaluerings
Evalueringskriteria, kriteria onduidelik,
evalueringskriteria, kriteria nie, idees om
9 Evaluering redelike Idees om produk idees om produk
werkbare idees om produk te verbeter is
te verbeter te verbeter nie
produk te verbeter onvolledig
bale toepaslik nie

PUNT UIT 100

19
20

You might also like