You are on page 1of 38

1

NOORD-KAAP DEPARTEMENT VAN ONDERWYS

GRAAD 12

VAK: LEWENSWETENSKAPPE
WINTERSKOOL

LEERDERMATERIAAL

EVOLUSIE
REAKSIE OP DIE OMGEWING
MENSLIKE VOORTPLANTING
2

SESSIE 1

EVOLUSIE (54 PUNTE)

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Kies die
regte antwoo
rd en skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer (1.1 tot 1.5) in jou
ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.6 D.

1.1 Watter een van die volgende stellings is 'n korrekte beskrywing van ‘n
hipotese en 'n teorie?

A ‘n Aanvaarde teorie word ‘n hipotese


B ‘n Aanvaarde hipotese word ‘n teorie
C Hipoteses en teorieë is verskillende name vir dieselfde konsep
D Teorieë kan eksperimenteel getoets word, terwyl hipoteses nie kan
nie

1.2 Watter een van die volgende ondersteun die “Üit Afrika”-teorie?

A Homo habilis was die eerste hominin wat gereedskap gebruik het
B Die Afrika-ape deel baie eienskappe met mense
C Vergelyk mutasies op mitochondriale DNS
D Homo erectus fossiele wat in Europa voorkom

1.3 Watter EEN van die volgende is ‘n meganisme van reproduktiewe


isolasie?

A Uitsterwing
B Teel op verskillende tye van die jaar
C Mutasie
D Onafhanklike sortering

1.4 Wie het die wet van gebruik en ongebruik geformuleer?

A Lee Berger
B Rosalind Franklin
C Gregor Mendel
D Jean Baptiste de Lamarck

1.5 Watter EEN van die volgende kenmerke kom voor in BEIDE mense en
Afrika-ape?

A Kort bo-arms
B Kloue in plaas van naels
3

C Opponerende duime
D Klein brein (10)

VRAAG 2 (Vrae geneem uit verskillende bronne)

Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
die term langs die vraagnommer (2.1 tot 2.5) in jou ANTWOORDBOEK neer.

2.1 Die genus waaraan alle mense behoort


2.2 Die proses wat organismes met gewenste eienskappe in staat stel om te
oorleef en voort te plant, terwyl organismes met ongewenste eienskappe
sterf
2.3 'n Diagram wat evolusionêre verwantskappe tussen organismes voorstel
2.4 Die teorie wat handel oor die oorerwing van verworwe eienskappe
2.5 Die eerste hominied wat klipgereedskap gebruik het om vleis te sny (5)

VRAAG 3 (Vrae uit verskillende bronne geneem)

Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS
B, BEIDE A EN B of GEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B,
beide A en B, of geen langs die vraagnommer (3.1 tot 3.4) in die
ANTWOORDBOEK neer

KOLOM I KOLOM II

3.1 Mense kies kenmerke wanneer A Kunsmatige seleksie


organismes geteel word
B Natuurlike seleksie
3.2 'n Verskil tussen mense en A Platter gesig
Afrika-ape
B Breër bekken
3.3 'n Verduideliking van die rede A Watson
waarom sommige skilpaaie lang
nekke het en ander kort nekke, B Franklin
kom uit 'n teorie van …
3.4 Hipotese dat mense in Afrika A Uit Afrika
ontstaan het en daarvandaan na
die res van die wêreld beweeg B Natuurlike seleksie
het
(4 x 2) (8)
4

VRAAG 4 (GDO, SEPT. 2018, Vraestel 1)

Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

Pikkewyne is arktiese voëls met klein vlerke wat hulle nie vir vlieg gebruik nie. Hulle moet
egter tot 450 meter in die water duik om op vis te voed. Pikkewyne kan nie onder water
asemhaal nie en moet hul asems vir langer as 20 minute ophou terwyl hulle jag.
[Aangepas uit: National Geographic, May 20, 2013]

4.1 Verduidelik hoe die klein vlerke van die pikkewyn ‘n voordeel kan wees
wanneer voedsel verkry word. (2)
4.2 Gebruik Lamarck se teorie (wette) om die klein vlerke van moderne
pikkewyne te verklaar. (6)
(8)

VRAAG 5 (DBO, Jun. 2018, Vraestel 2)

Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg:

Pekelgarnale is klein geleedpotiges wat in soutwatermere voorkom. Tydens gunstige


toestande produseer vroulike garnale eiers wat uitbroei tot lewende kleintjies. Wanneer
toestande ongunstig is, produseer die garnale egter siste. Elke sist bevat die embrio bedek
met 'n harde, beskermende bedekking. In hierdie toestand hou die embrio op met groei en
word daar gesê dat dit sluimerend is. Die embrio kan jare lank in hierdie rustende toestand
bly en die sist sal slegs uitbroei by die optimale soutkonsentrasie.
Wetenskaplikes wou ondersoek instel na watter soutkonsentrasie die hoogste persentasie
uitgebroeide siste tot gevolg gehad het.
Hulle het die volgende gedoen:
• Soutoplossings van verskillende konsentrasies: 0%, 0,5%, 1%, 1,5% en 2%
voorberei
• 30 mℓ van elke oplossing in een van vyf bekers geplaas
• Monsters van pekelgarnaal-siste met 'n drupper geneem
• Die aantal siste in elke monster getel
• Dit aangeteken as die aanvanklike aantal siste
• Die monsters in elk van die vyf bekers geplaas
• Die bekers vir 48 uur by kamertemperatuur gelaat
• Die aantal siste wat in elke beker uitgebroei het, aangeteken
• Die persentasie siste wat uitgebroei het, bereken
5

Die resultate word in die onderstaande tabel getoon.


SOUT- AANTAL SISTE PERSENTASIE
AANTAL
KONSENTRASIE AAN BEGIN SISTE WAT
SISTE UITGEBROEI
(%) GEBRUIK UITGEBROEI HET
0 54 0 0
0.5 34 2 6
1 40 6 15
1.5 40 1 2.5
2 53 1 X
5.1 Noem TWEE beplanningstappe wat oorweeg moet word, voordat die
monsters versamel word. (2)
5.2 Noem die:
(a) Onafhanklike veranderlike (1)
(b) Afhanklike veranderlike (1)
5.3 Bereken die waarde van X in die tabel. Toon ALLE berekeninge. (3)
5.4 Noem DRIE faktore wat konstant gehou is om die geldigheid van
hierdie ondersoek te verseker. (3)
5.5 Watter soutkonsentrasie het die hoogste persentasie uitgebroeide siste
tot gevolg gehad? (1)
5.6 Gebruik die evolusieteorie deur middel van natuurlike seleksie om te
verduidelik hoe die vermoë om siste te produseer gelei het tot die
(6)
oorlewing van pekelgarnale. (17)

VRAAG 6 (KZN,SEPT. 2017, Vraestel 2)

Die filogenetiese boom hieronder verteenwoordig die moontlike evolusie van vlieglose voëls
en die lande waar hierdie voëls voorkom. Die omringde gebiede verteenwoordig die tydperk
wanneer elke groep voëls die vermoë om te vlieg verloor het.
6

Cassowary (Australië)

Emu (Australië)

Kiwi (Nieu-Seeland)

Tinamous (Suid-Afrika)

Moa (Nieu-Seeland)
Voorouer
wat kon
Rhea (Suid-Amerika)
vlieg
Volstruis (Suid-Afrika)

Miljoen jaar gelede

6.1 Watter voël is die naaste verwant aan die Cassowary? (1)

6.2 Verskaf 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 6.1. (2)

6.3 Hoe lank gelede het die eerste vlieglose voëls op die aarde verskyn? (2)

6.4 Beskryf die spesiasieproses wat gelei het tot die evolusie van die
verskillende spesies vlieglose voëls. (6)
(11)

VRAAG 7 (DBO, JUNIE. 2018, Vraestel 2)

In 'n studie om die bewegingswyse van sommige spesies vas te stel, het wetenskaplikes die
bekkenstruktuur van hul fossiele vergelyk. Hulle het vasgestel dat twee van hierdie spesies
die vermoë het om permanent regop te loop. Die diagramme (A, B en C) hieronder toon die
bekkenstruktuur van drie spesies, volgens skaal.

7.1 Watter term word gebruik om organismes te beskryf wat permanent


regop kan loop? (1)
7.2 Watter TWEE diagramme hierbo stel die bekken van die organismes (2)
7

voor in VRAAG 7.1?


7.3 Verduidelik jou antwoord op VRAAG 7.2. (2)
7.4 Noem EEN kenmerk van die ruggraat van die organisme wat deur C
voorgestel word. (1)
7.5 Tabuleer DRIE verskille tussen die skedels van mense en Afrika-ape. (7)
(13)

VRAAG 8 (GDO, SEPT. 2018, Vraestel 2)

Die filogenetiese boom hieronder toon 'n moontlike voorstelling van menslike evolusie vanaf
vroeë menslike voorouers.
Gemiddelde kraniale kapasiteit (kk)

Miljoen jaar gelede

Filogenetiese boom wat menslike evolusie toon

[Aangepas uit

8.1 Volgens hierdie filogenetiese boom, wanneer het menslike voorouers


die eerste keer verskyn? (1)
8.2 Watter spesie is die naaste familielid van Homo erectus? (1)
8.3 Watter spesie het dieselfde tyd as beide Australopithecus afarensis en
Homo habilis geleef? (1)
8.4 Bereken die persentasie toename in gemiddelde kraniale kapasiteit
vanaf Australopithecus africanus tot Homo sapiens. (3)
8.5 Stel 'n rede voor waarom Homo habilis, wat 'handige man' beteken, die
naam gekry het. (2)
(8)
8

Die sentrale senuweestelsel


Die sentrale senuweestelsel bestaan uit die brein en die rugmurg.
SEREBRUM
- grootste deel van brein
- verdeel in twee hemisphere
Funksies Corpus Callosum
- beheer wiillekeurige - verbind die twee
funksies(loop, praat, skryf) hemisphere aan mekaar
- ontvang en interpreter sensasie - laat kommunikasie tussen
vanaf sintuigorgane (gehoor, sig, twee helftes toe
tas, smaak en reuk)
- hoër denkprosesse (geheue,
intelligensie en redenasie)
Hipotalamus
- klein deel van die brein net
onder die pituitere klier
FUNKSIES
- beheer sentrum vir honger,
dors, slap, liggams-temperatuur
en emosies
Medulla oblongata
laer deel van die brein
FUNKSIES
- beheer asemhaling,
peristalsis, hartklop, sluk
- vervoer impulse vanaf die Serebellum
rugmurg na die brein - tweede grootste deel van
- beheer minder belangrike brein
reflekse, soos oogknip, hoes, - is agter en onder die
nies, vasolidasie en serebrum gelee
speekselvorming FUNKSIES:
- Koordineer skeletspiere
om balans tydens
beweging teweeg te
RUGMURG bring
FUNKSIES: - behou balans en postuur
- vervoer impulses vanaf die - behou spiertonus
reseptore na die brein en vanaf
die brein na die effektore
- bevat refleksentrums wat
outomaties funksioneer om die
liggaam te beskerm
9

BEIDE DIE BREIN EN


RUGMURG WORD GOED BESKERM DEUR:
- meninges (breinvliese)
- serebrospinale vloeistof
- kranium/skedel (brein);werwelkolomme (rugmurg)

AKTIWITEIT 1: (Geneem uit DBO Model 2014)

Die diagram hieronder verteenwoordig ‘n gedeelte van die sentrale senuweestelsel


van die mens.

Gedeelte van die sentrale senuweestelsel van ‘n mens

1. Skryf slegs DIE LETTER neer van die deel wat:

1.1. Die hartklop en asemhalingstempo reguleer (1)

………….
10

1.2. Beweging tydens loop beheer (1)

………….
1.3. Interpreteer wat jy sien (1)

………….
1.4. Hemisfere bevat wat by die corpus callosum verbind is (1)

………….
1.5. Balans en ewewig beheer (1)

………....
(5)

AKTIWITEIT 2

2.1.1. Identifiseer deel:


A __________________________ (1)

B __________________________ (1)

2.1.2. Skryf die LETTER en NAAM neer van die deel wat:

(a) Die sentrum vir die interpretasie van smaak het (2)
__________________________________

(b) Die hartkloptempo beheer (2)


11

__________________________________

(c) Vir motoriese koördinasie verantwoordelik is (2)


___________________________________

(10)

Neurone
Neurone is die strukturele eenhede van die senuweestelsel. Neurone is
gespesialiseerde selle wat die brein en rugmurg met al die ander dele van die
liggaam verbind

Neurone het die volgende bou (struktuur):


 dendriete – gelei impulse na die selliggaam
 ‘n selliggaam (met ‘n selkern) – beheer die metabolisme van die sel
 ‘n akson – gelei impulse weg van die selliggaam
 ‘n miëlienskede – isoleer die akson en versnel die geleiding van impulse; die
miëlienskede word omsluit deur ‘n membraan,
 die neurilemma, wat help om beskadigde neurone te herstel

Daar is drie soorte neurone:


sensoriese neurone, interneurone en
motoriese
neurone.

dendriete
dendriete

selliggaam
nukleus selliggaam
sitoplasma akson
akson sitoplasma
nukleus
mieliënskede
Interneuron/
verbindingsneuron
mieliënskede verbind die
sensoriese neuron
met die motoriese
neuron in die sentrale
12

Sensoriese neuron vervoer Motoriese neuron vervoer


Sinapse
impulse vanaf reseptore na die impulse vanaf die sentrale
sentrale senuweestelsel senuwestelsel na die
effektore (spiere en kliere) in
die liggaam

‘n Sinaps is ‘n funksionele verbinding tussen die akson van een neuron en die
dendriete van ‘n ander (daaropvolgende) neuron.

Belangrikheid van ‘n sinaps


• Dit verseker dat ‘n impuls slegs in een rigting beweeg
• Dit voorkom die aanhoudende stimulering van die neurone
• Dit verseker dat die impuls van die sensoriese neuron na die motoriese
neuron oorgedra word

Refleksaksie en refleksboog
• ‘n Refleksaksie is ‘n vinnige, outomatiese reaksie (respons) op ‘n prikkel
(stimulus). Voorbeelde: knie-ruk, nies
• ‘n Refleksboog is die pad (roete) waarlangs ‘n impuls beweeg om ‘n reaksie
op ‘n stimulus teweeg te bring tydens ‘n refleksaksie.

Belangrikheid van ‘n Refleksaksie


• ‘n Refleksaksie maak ‘n vinnige reaksie (respons) moontlik, sonder om
daaroor te dink, sodat skade aan die liggaam verhoed kan word.

Die refleksaksie van ‘n persoon wat aan ‘n warm pot raak:


1. Die stimulus word deur reseptore waargeneem
2. en omgeskakel in ‘n senuwee-impuls.
13

3. Die senuwee-impuls word langs ‘n sensoriese senuwee


4. deur die dorsale wortel na die rugmurg gelei.
5. Die impuls word van die sensoriese neuron na ‘n interneuron
6. in die rugmurg gelei.
7. Die impuls word van die interneuron na ‘n motoriese neuron in die rugmurg
gelei.
8. Die impuls verlaat die rugmurg deur die ventrale wortel
9. en word langs die akson van ‘n motoriese neuron gelei
10. na die effektororgane (spiere; dit laat die spiere in die arm saamtrek.)
11. Die hand word vinnig van die stimulus weggetrek.

AKTIWITEIT 3
3. Die onderstaande diagram stel die bou van ‘n neuron voor.

3.1 Noem die soort neuron wat in die bostaande diagram getoon word. (1)
…………………………………………………………………………….

3.2 Identifiseer die dele A tot E. (5)


A………………………………….. B…………………………………
C…………………………………. D…………………………………
E…………………………………..

3.3 Verskaf die funksies van die volgende dele:


a) C (1)
…………………………………………………………………………………..

b) D (1)
…………………………………………………………………………………….

3.4 Teken ‘n diagram, met byskrifte, om die bou te toon van ‘n neuron wat
impulse ontvang en dit na die sentrale senuweestelsel gelei. (4)
14

(12)

AKTIWITEIT 4
Die diagram hieronder stel 'n moontlike 'pad', gevolg deur 'n impuls, voor wanneer 'n
persoon aan 'n warm plaat raak.

4.1. Identifiseer die tipe neuron voorgestel deur:


(a) B ________________________________ (1)
(b) C _______________________________ (1)
(c) E _______________________________ (1)
4.2. Gee slegs die LETTER van die deel wat die volgende voorstel:
(a) Effektor ________________ (1)
(b) Reseptor ________________ (1)
4.3. Gee die LETTER en NAAM van die:
(a) Gebied waar die impuls chemies vervoer word (2)
15

______________________________________
(b) Deel wat 'n isoleringsfunksie het (2)
________________________________
4.4. Onderskei tussen ‘n refleks aksie en refleksboog (4)
…………………………………………………………………………....................
………………………………………………………………………………………..
………………………………………………………………………………………..

AKTIWITEIT 5: (Geneem uit DBO Feb/Maart 2016)

Die diagram hieronder toon ‘n refleksboog.

5.1 Gee SLEGS die LETTER van die deel wat die volgende verteenwoordig:
a) Effektor (1)

……
b) Interneuron/Verbindingsneuron (1)

……
c) Sensoriese neuron (1)

…...

5.2 Gee die LETTER en NAAM van die neuron in die diagram wat
heelwaarskynlik beskadig word indien ‘n persoon ‘n stimulus kan opvang,
maar nie daarop kan reageer nie. (2)

………………………………………………………………
16

5.3 Dui aan of die senuwee impuls vanaf D na E of van E na D beweeg. (1)

………………………………………………………………

5.4. Noem die belangrikheid van 'n refleksaksie by mense. (1)


___________________________________________________
(7)

SESSIE 3

MENSLIKE VOORTPLANTING

Voortplanting by die mens (Vraestel 1


– 41 punte)
INLEIDING
1. Hersiening van die skematiese oorsig van die menslike lewensiklus om die
rol van meiose, mitose en bevrugting te toon
17

MAN VROU

A B

PROSES C
-------------------------------------------------------------------------
-

D OVUM

PROSES E

SIGOOT (2n)

1.1 Benoem die strukture gemerk A, B en D. (3)


1.2 Identifiseer die proesse C en E. (2)
1.3 Maak ‘n netjiese tekening met byskrifte van die deel gemerk D. (5)

BOU VAN MANLIKE VOORTPLANTINGSTELSEL


2. Bou van die manlike voortplantingstelsel, deur van 'n diagram gebruik te
maak
Fokus ook op die
funksies en die
aanpassings van al die
verskillende structure
wanneer jy die
diagramme leer vir
eksamen doeleindes
18

Leer slegs die


byskrifte soos
in
eksamenriglyn
van alle
diagramme
voor eksamens

3. Funksies van die: Testis, epididimis, vas deferens, semenvesikel,


prostaatklier, Cowper se klier penis en die uretra
______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

BOU VAN VROULIKE VOORTPLANTINGSTELSEL


19

4. Bou van die vroulike voortplantingstelsel, deur van 'n diagram gebruik te
maak

5. Funksies van die ovarium, Fallopiusbuise, uterus uitgevoer met die


endometrium, serviks, vagina met sy eksterne opening en die vulva
______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

6. Bou van die ovarium, deur van 'n diagram gebruik te maak, wat die primêre
follikels, die Graafse follikel en die corpus luteum toon
20

Ovarium wat ontwikkeling van follikel aantoon

Buis van Fallopius

Ovum
Ovarium
Graafse Follikel

PUBERTEIT Wat is puberteit? Gee ‘n definisie


7. Belangrikste veranderinge wat voorkom by manlike eienskappe tydens
puberteit onder die invloed van testosteroon
______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________
Belangrikste veranderinge wat voorkom by vroulike eienskappe tydens
puberteit onder die invloed van estrogeen
______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________
21

8. Vorming van gamete (gametogenese) deur meiose:


• Manlike gamete deur ……………………….. gevorm
• Vroulike gamete deur ……………………….. gevorm

Spermatogenese:
• Onder die invloed van testosteroon
• ondergaan diploïede selle in die saadbuisies/seminale buisies/tubules in die
testes meiose
• om haploïede spermselle te vorm

9. Bou van 'n sperm, deur van 'n diagram gebruik te maak

10. Funksies van die dele van 'n spermsel (akrosoom, kop
met haploïede nukleus, middelstuk/nek met mitochondrion en 'n stert)
______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________
11. Oögenese:
 Diploïede selle in die ovarium ondergaan mitose
 Om talle follikels te vorm
 Onder die invloed van FSH
 vergroot een sel binne binne ‘n follikel en ondergaan meiose
 Van die 4 selle wat gevorm word, oorleef een om ‘n ovum te vorm
22

 Dit vind in ‘n maandlikse siklus plaas.


12. Bou van 'n ovum, deur van 'n diagram gebruik te maak

13. Funksies van die verskillende dele van die


ovum (jellielaag, haploïede nukleus, sitoplasma)
______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________

______________________________________________________________
14. Die menstruele siklus sluit die uterus- en ovariale siklus in
Gebeure in die ovariale siklus:
• Ontwikkeling van die Graafse follikel
• Ovulasie
• Vorming van die corpus luteum
Gebeure in die uterussiklus:
• Veranderinge wat in die dikte van die endometrium
plaasvind
• Menstruasie

Hormonale beheer van die menstruele siklus (ovariale en


uterussiklusse) met verwysing na die werking van FSH,
estrogeen, LH en progesteroon

15. Negatieweterugkoppelingsmeganisme waarby FSH en


23

progesteroon betrokke is om die produksie van ovums te beheer ontwikkeling


van sigoot tot blastosist.

16. Definisie van kopulasie en bevrugting

Proses van bevrugting


Ontwikkeling van sigoot embrio (morula en
blastula/blastosist) fetus en die rol van die plasenta

17. Definisie van inplanting

18. Die rol van estrogeen en progesteroon in die handhawing van


swangerskap
24

19 .Struktuur van die ontwikkellende fetus in die uterus, deur


van 'n diagram gebruik te maak

19.1 Benoem die dele gemerk A tot F.


A ____________________ B _________________
C ____________________ D _________________
E ____________________ F _______________________

19.2 Funksies van die volgende dele:


• Chorion en chorioniese villi
____________________________________________________
• Amnion, amnionholte en amnionvloeistof
____________________________________________________
____________________________________________________
____________________________________________________
• Naelstring (insluitend naelstringslagaar/-arterie en
naelstringaar/-vene)
____________________________________________________
_____________________________________________________
• Plasenta
_____________________________________________________
_____________________________________________________
25

AKTIWITEIT 1

TERMINOLOGIE (Voltooi die tabel hieronder deur die korrekte biologiese term te
verskaf)

Biologiese term Beskrywing/Verduiliking


‘n Ander naam vir die periode van swangerskap

Opgerolde turbulêre struktuur buite die testes wat spermselle stoor

Klier wat FSH en LH produseer

Vorming van gamete deur meiose

Die voering van die uterus wat ryklik voorsien is van bloedvate

'n Hormoon wat die rypwording van sperms stimuleer

Proses waar ‘n ovum (eiersel) vrygestel word deur die ovarium in


mense
Die bloedvat wat geoksigineerde bloed vervoer vanaf die plasenta na
die fetus

Hormoon wat swangerskap handhaaf

“n Hol bal selle waarin die bevrugte eiersel (ovum) ontwikkel

Die 28 dae siklus in vrouens wat die veranderinge in die ovarium en


uterus betref

Die struktuur in die amniotiese eier wat afvalstowwe berg

Die binneste voering van die uterus waar inplanting van die embrio
plaasvind
Deel van die vroulike voortplantingstelsel waar bevrugting
plaasvind
Die tipe ontwikkeling by vertebrate waar die kleintjies
goed ontwikkel is en self na hul geboorte kan beweeg

'n Tipe bevrugting waar die kern van 'n sperm met die kern van
'n ovum buite die liggaam van die vroulike individu versmelt

'n Soort eier waar die embrio in 'n vloeistofgevulde sak ontwikkel
wat deur 'n dop omring word
26

Die hormoon wat die ontwikkeling van die Corpus luteum stimuleer

[18]
AKTIWITEIT 2

1.1 Bestudeer die diagram van die manlike voortplanting stelsel en beantwoord
die vrae wat volg.

1.1.1 Gee die NAAM en FUNKSIE van elk van die volgende:

a) A - (2)
…………………………………………………………………………….
b) G - (2)
…………………………………………………………………………….

1.1.2 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:


a) Deel is van kopulasie (2)

……………………………………………………………………………….

b) Produseer testosteroon (2)

……………………..................................................................................

c) Berg spermselle tydelik (2)

………………………………………………………………………………..
d) Skei ‘n vloeistof af wat beweging van spermselle aktiveer (4)

………………………………………………………………………………..
27

e) Skei ‘n vloeistof af wat die spermselle van voedingstowwe voorsien en die


beweging van spermselle verbeter

………………………………………………………………………………… (2)
[16]
AKTIWITEIT 3
1.1 Die diagram hieronder verteenwoordig sekere dele van die manlike
voortplantingstelsel.

B
A

1.1.1 Benoem strukture A tot C. (3)

A……………………….. B……………………….. C……………………………

1.1.2 Deel A moet 2 - 3 OC laer wees as liggaamstemperatuur te alle tye.


Gee ‘n rede waarom sowel as die wat daarmee help (3)

………………………………………………………………………………………

1.1.3 Watter manlike geslagshormoon word geproduseer in deel A? (1)

………………………………………………..

1.1.4 Wat is die funksie van die hormoon genoem VRAAG 1.1.3? (1)

……………………………………………………………………………………..

1.1.5 Gee die naam van die selle in deel A wat verantwoordelik is vir die sekresie
van die geslagshormoon. (1)

………………………………………..

1.1.6 Wat is die funksie van die selle van Sertoli in deel A? (1)
28

…………………………………………………………………………………….
[10]

AKTIWITEIT 4

1.1 Die diagram verteenwoordig ‘n spermsel.

1.1.1 Gee die LETTER en NAAM van die deel wat:

a) Ensieme bevat wat die spermsel help om die ovum binne te dring . (2)

………………………………..
b) Help met beweging van spermselle. (2)

………………………………..

1.1.2 Wat noem ons deel D en waarom het dit ‘n groot aantal mitochondria? (2)

…………………………………………………………………………………..

1.1.3 Wat noem ons deel A en wat stel deel C voor? (2)

………………………………………………………………………………….
1.1.4 Maak ‘n netjiese tekening met byskrifte van ‘n ovum. (4)
[12]
29

AKTIWITEIT 5

1.1 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

1.1.1 Noem die spesifieke meiotiese proses wat vir die vorming van spermselle
verantwoordelik is. (1)

………………………………….

1.1.2 Verduidelik waarom 'n hoë temperatuur in die omgewing van die testis die
vorming van nuwe sperms kan voorkom. (2)

…………………………………………………………………………………….

…………………………………………………………………………………….

1.1.3 Gee 'n algemene gevolgtrekking wat uit die resultate van die eerste
ondersoek gemaak kan word. (2)

…………………………………………………………………………………….
30

1.1.4 Noem EEN manier waarop die betroubaarheid van hierdie studie verhoog kan
word. (1)

…………………………………………………………………………………….

1.2 Pas die terme in Kolom B met die beskrywings in Kolom A

Kolom A Kolom B
1.2.1 Die veering van die uterus wat ryklik voorsien is van Ovarium
bloedvate
…………………………….
1.2.2 Die deel van die vroulike voortplantingstelsel waar Uterus
bevrugting plaasvind
……………………………..
1.2.3 Hol peervormige orgaan Serviks

…………………………………..

1.2.4 Struktuur wat die die eierselle en geslagshormone Endometrium


produseer

……………………………………………………….

1.2.5 Ingang na die uterus wat oop strek tydyens geboorte van Vagina
die kind

…………………………………………………
1.2.6 Gedeelte (gang) tussen die uterus en buite die liggaam Fallopiusbuis

……………………………………
[12]
31

AKTIWITEIT 6

1. Die diagram hieronder verteenwoordig die menslike vroulike


voortplantingstelsel.

1.1 Identifiseer die dele A tot D. (4)

A……………………. B……………………………..

C……………………. D……………………………..

1.2 Noem EEN funksie van deel D (1)

………………………………………………………………………………………

1.3 Waar vind bevrugting plaas? Gee NAAM en die LETTER (2)

…………………………………………..

1.4 Waar vind kopulasie plaas? Gee NAAM en die LETTER (2)

……………………………………………
1.5 Waar vind meiose plaas? Gee NAAM en die LETTER (2)

……………………………………………

1.6 Watter hormoon word afgeskei deur deel B? (1)

………………………………………….
32

1.7 Beskryf die proses van oögenese. (3)

……………………………………………………………………………………..

……………………………………………………………………………………..

……………………………………………………………………………………

1.8 Bestudeer die sy-aansig van die vroulike voortplantingstelsel.

Pas die korrekte LETTER met die strukture:

1.8.1 Vagina………

1.8.2 Ovarium……….

1.8.3 Serviks……….

1.8.4 Uterus ……….

1.8.5 Fallopiusbuis………. (5)


[20]
33

AKTIWITEIT 7

1.1 'n Ondersoek is uitgevoer om die deursnee van 'n gesonde follikel in
'n menslike ovarium in die menstruasiesiklus te bepaal.

'n Steekproef bestaande uit 50 vroue tussen die ouderdom van 20 en 25, met
gereelde menstruasiesiklusse, is vir die ondersoek gebruik.

Die gemiddelde veranderinge in die follikeldeursnee van al 50 vroue gedurende


hulle menstruasiesiklusse is gemeet en aangeteken.

1.1.1 Noem TWEE stappe wat tydens die beplanning van hierdie ondersoek in ag
geneem is. (2)

--------------------------------------------------------------------------------------------------------

--------------------------------------------------------------------------------------------------------
1.1.2 Die volgende resultate is uit die ondersoek verkry.

Gebruik die resultate en verduidelik:

(a) Die veranderinge in die follikeldeursnee van dag 14 tot dag 25 (3)

----------------------------------------------------------------------------------------------

----------------------------------------------------------------------------------------------
34

----------------------------------------------------------------------------------------------
(b) Hoe die resultate waarskynlik sou verskil indien al 50 vroue
voorbehoedpille gebruik het wat 'n groot hoeveelheid progesteroon
bevat. (3)

----------------------------------------------------------------------------------------------

----------------------------------------------------------------------------------------------

AKTIWITEIT 8

1.1 'n Vrugbaarheidsmonitor meet die konsentrasie van estrogeen en


luteïniseringshormoon (LH) in 'n vrou se urien. 'n Vrugbaarheidsperiode
is die tyd wanneer die ovum gereed is om bevrug te word.

Die grafiek hieronder verskyn op die inligtingsblad wat saam met die
vrugbaarheidsmonitor verskaf word.

1.1.1 Noem die klier wat LH afskei. (1)

-------------------------------------------------
1.1.2 Verduidelik waarom die vrugbaarheidsmonitor die konsentrasie van
LH meet. (2)

----------------------------------------------------------------------------------------------
35

1.1.3 Watter bewys in die grafiek dui aan dat 'n gesonde follikel besig is
om tydens die eerste helfte van die siklus in die ovarium te
ontwikkel? (3)

----------------------------------------------------------------------------------------------

----------------------------------------------------------------------------------------------
1.1.4 Verduidelik waarom sommige vroue 'n vrugbaarheidsmonitor sal
gebruik. (2)
----------------------------------------------------------------------------------------------

---------------------------------------------------------------------------------------------
AKTIWITEIT 9

1.1 Die diagram hieronder stel 'n ontwikkelende fetus in 'n menslike
liggaam voor.

1.1.1 Identifiseer: (2)


(a) A
-------------------------------------------------

(b) C
------------------------------------------------
1.1.2 Noem TWEE funksies van die vloeistof in deel B (2)

----------------------------------------------------------------------------------------------

----------------------------------------------------------------------------------------------
1.1.3 Noem EEN stelsel in die baba se liggaam wat die funksie van
deel D oorneem sodra die baba gebore is. (3)

----------------------------------------------------------------------------------------------
36

----------------------------------------------------------------------------------------------
1.1 4 Verduidelik EEN negatiewe uitwerking op die fetus se ontwikkeling indien
deel D aansienlik verklein is. (2)

------------------------------------------------------------------------------------------------

------------------------------------------------------------------------------------------------

VOORTPLANTING IN VERTEBRATA (VRAESTEL 1 – 8 PUNTE)

AKTIWITEIT 1

1. Die diagramme hieronder verteenwoordig organismes met verskillende


voortplantingstrategieë.
37

Vroulike vis Manlike vis

1.1 Watter diagram(me) verteenwoordig die volgende?

a) Inwendige bevrugting met prekosieële ontwikkeling. …………. (3)


b) Uitwendige bevrugting ………… (1)
c) Ovovivipaar…………. (1)
d) Inwendige bevrugting met altrisieële ontwikkeling …………. (2)
38

e) Ovipary …………. (3)

1.2 Maak ‘n netjiese tekeng met byskrifte van ‘n amniotiese eier. (5)
[15]

You might also like