You are on page 1of 7

GEOGRAFIE

TOETS EEN

GRAAD 12

MAART 2024

PUNTE: 60

TYD: 1 UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Beantwoord AL die vrae.

2. Beantwoord die paragraafstylvrae soos volg:

Bespreek idees in detail.


Skryf in die vorm van 'n paragraaf.

3. ALLE diagramme is ingesluit in die VRAELYS.

4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie


vraestel gebruik word.

5. Waar moontlik, illustreer jou antwoorde met benoemde diagramme.

6. Skryf duidelik en leesbaar.

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


3

1.1 Verwys na die sinoptiese weerkaart. Kies die korrekte woord binne die hakies om
elke sin korrek te maak. Skryf slegs die woord langs die vraagnommer (1.1.1–
1.1.7) neer.

4
2

[Bron: Aangepas van Suid-Afrikaanse Weerdiens]

1.1.1 Die sinoptiese weerkaart verteenwoordig (somer/winter)


toestande.

1.1.2 Lyne wat alle plekke van gelyke atmosferiese druk verbind, staan
bekend as 'n (isobare/isoterme).

1.1.3 Die hoëdrukstelsel by 4 word geassosieer met


(stygende/dalende) lug.

1.1.4 Die area by 3 het 'n (geleidelike/steil) drukgradiënt.

1.1.5 Die drukstelsel by 1 verwys na 'n (termiese/kus) laagdruk.

1.1.6 Wanneer die hoë druk van buite na die laer druk strek, vorm dit 'n
(rug/trog).

1.1.7 Gebied 2 staan bekend as (trog/saal).

(7x1) (7)
(7)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


4

1. Voltooi die stellings in KOLOM A met die opsies in KOLOM B. Skryf slegs X of Y
langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) neer.

KOLOM A KOLOM B
1.2.1 … is 'n hele gebied wat deur 'n rivierstelsel X: Dreineerbekken
gedreineer word. Y: Opvanggebied
1.2.2 … is die hiërargie van strome in 'n X: Stroomorde
dreineerbekken. Y: Watertafel
1.2.3 … is 'n hoogliggende gebied wat twee strome X: Interfluve
binne dieselfde dreineerbekken skei. Y: Waterskeiding
1.2.4 … is die punt langs 'n rivier waar twee of meer X: Infiltrasie
strome bymekaar aansluit. Y: Samevloeiing
1.2.5 A … is 'n stroompie wat by die hoofrivier aansluit. X: Oppervlak afloop
Y: Sytak
1.2.6 … is 'n hoogliggende gebied waar 'n rivier X: Bron
ontspring. Y: Riviermond
1.2.7 … is 'n punt waar 'n rivier in die see vloei. X: Bron
Y: Riviermond
1.2.8… is 'n hoogliggende gebied wat rivierstelsels in X: Interfluve
verskillende dreineerbekkens skei. Y: Waterskeiding

(8x1) (8)
(8)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


5

1.3 Verwys na die artikel oor tropiese sikloon Alvaro .

[Aangepas vanaf www.downtoearth.org.in]

1.3.1 Is tropiese sikloon Alvaro 'n hoë- of laedrukstelsel? (1x1) (1)

1.3.2 Verwys na die artikel en beskryf hoe mense deur die tropiese
sikloon Alvaro geraak is. (2x1) (2)

1.3.3 Gee TWEE bewyse in die artikel dat die tropiese sikloon in die
Suidelike Halfrond is. (2x1) (2)

1.3.4 Bespreek waarom tropiese siklone 'n vernietigende uitwerking op


die omgewing het. (2x2) (4)

1.3.5 Volgens die artikel was die negatiewe impak van die tropiese
sikloon Alvaro verwoestend. Stel DRIE strategieë voor wat ingestel
kan word om hierdie impak te verminder. (3x2) (6)
(15)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


6

1.4 Verwys na die figuur wat hellingsaspek aantoon.

S N S N

Bron: slideplayer.com

1.4.1 Definieer die begrip hellingsaspek. (1x2) (2)

1.4.2 Watter diagram A of B stel hellings in die Suidelike Halfrond


voor? (1x1) (1)

1.4.3 Gee 'n rede wat uit die skets om jou antwoord op VRAAG 1.4.2 te
motiveer. (1x2) (2)

1.4.4 Hoe beïnvloed hellingsaspek die mikroklimaat van valleihange in


die suidelike halfrond met betrekking tot verdamping? (1x2) (2)

1.4.5 Verduidelik in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls die invloed
van hellingsaspek op menslike nedersettings en boerdery. (4x2) (8)
(15)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


7

1.5 Verwys na die diagramme wat dreineringspatrone toon.

B A

[Aangepas vanaf https://www.researchgate.net/figure/Drainage-patterns-in-different-structural-settings-A-dendritic-B-


parallel-C_fig1_267220937 ]

1.5.1 Identifiseer dreineringspatrone A en B. (2x1) (2)

1.5.2 Onderskei tussen die onderliggende rotsstruktuur van


dreineringspatrone A en B onderskeidelik. (2x2) (4)

1.5.3 Teken 'n eenvoudige, benoemde planaansigskets van 'n


dreineringspatroon wat sal ontwikkel in streke wat
stollingsgesteentes het. (2x1) (2)

1.5.4 Bepaal die stroomvolgorde by punt 1 in dreineringspatroon B. (1x2) (2)

1.5.5 Kies die KORREKTE woord tussen hakies om die stelling WAAR
te maak.
Hoe laer die stroomorde, hoe (hoër/laer) die dreineringsdigtheid. (1x1) (1)

1.5.6 Verwys na dreineringspatroon B en beskryf die verband tussen;

(a) Dreineringsdigtheid en hoë reënval. (1x2) (2)

(b) Dreineringsdigtheid en sagte gradiënt (1x2) (2)


(15)

TOTAAL 60

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

You might also like