You are on page 1of 57

GOLWE, KLANK EN LIG

VEELKEUSE VRAE

VRAAG 1

1.1 Die diagram hieronder stel twee klankgolwe A en B voor.

Watter EEN van die volgende kombinasies waar die frekwensie en hardheid van die
golwe A en B vergelyk word, is korrek?

(2)
1.2 Die spoed van klank is ...

A dieselfde in alle media.


B die vinnigste in gasse.
C die stadigste in vloeistowwe.
D die vinnigste in vaste stowwe. (2)

1.3 Wanneer 'n watergolf van diep na vlakker water beweeg, sal sy …

A frekwensie verminder.
B spoed konstant bly.
C golflengte afneem.
D spoed toeneem. (2)

1.4 Twee golwe, A en B, word deur vibrerende bronne teen dieselfde frekwensie
voortgebring. A en B het golflengtes van 1 m en 3 m onderskeidelik. Indien die
spoed van golf B gelyk aan v is, sal die spoed van golf A as volg wees:

1
A v
9
1
B v
3
C v

D 3v (2)

1
1 .5 I, II, III en IV verteenwoordig klankgolwe op die skerm van 'n ossilloskoop.

Watter EEN van die volgende stellings is korrek?

A I en II het dieselfde hardhead.


B III en IV het die kleiner toonhoogte as II.
C I, II en IV het 'n groter toonhoogte as III.
D I en IV het dieselfde hardheid . (2)

2
1.6 Die diagram hieronder verteenwoordig 'n gedeelte van 'n golf.

Die simbole A, B en C dui onderskeidelik die volgende aan:

A Amplitude; trog; golflengte


B Kruin, trog; golflengte
C Amplitude; golflengte; pulslengte
D Kruin; golflengte; trog (2)

1.7 Die diagram hieronder toon twee punte, X en Y, op 'n transversale golf.

Hoeveel golflengtes skei punte X en Y?

A ¾
B 1
C 1½
D 3 (2)

3
LANGER VRAE

VRAAG 2

2.1 Pulse vorm deel van ons daaglikse lewe. Dit vorm as voorbeeld wanneer
toeskouers opstaan en sit as deel van 'n Meksikaanse golf by sportgeleenthede of
ook tydens ontploffings wanneer lug saamgepers word. Twee pulse P en Q nader
mekaar in 'n tou teen dieselfde spoed soos aangedui in die skets. Puls P het 'n
amplitude van +4,0 cm by posisie X en puls Q het 'n amplitude van – 6,0 cm by
posisie Z. Posisie X en Z is ewe ver vanaf punt Y. Beide pulse het 'n lengte van 8,0
cm. Pulse P en Q ontmoet by punt Y.
Aanvaar dat geen energie verlore gaan nie.

2.1.1 Definieer 'n puls. (2)

2.1.2 Noem die verskynsel wat plaasvind as die twee pulse mekaar ontmoet by
punt Y. (2)

2.1.3 Teken 'n benoemde diagram wat aantoon wat gebeur as pulse P en Q
ontmoet by punt Y. Dui ook die pulslengte aan. (3)

2.1.4 Puls P beweeg van posisie X na posisie Z, 'n afstand van 6 cm, in 1,5 s.
Bereken die spoed van puls P. (4)

2.2 Dit neem 0,375 s om 'n golf op te wek soos in die diagram hieronder.

2.2.1 Bereken die golflengte van die golf hierbo. (2)

2.2.2 Bereken die frekwensie van bostaande golf. (3)


[16]
4
VRAAG 3

'n Versteuring in die lug veroorsaak pulse wat weg beweeg vanaf die oorsprong. Wanneer
so 'n puls jou oor bereik laat dit die oordrom vibreer wat 'n hoorbare klank oplewer. Beskou
die volgende DRIE diagramme wat verskillende klanke soos waargeneem deur 'n
ossiloskoop illusteer.

3.1 Watter EEN A, B of C het die grootste volume? Verduidelik jou antwoord. (2)

3.2 Die hoogste frekwensie wat die menslike oor kan waarneem is 20 kHz.

3.2.1 Klankgolwe is longitudinale golwe. Definieer die term longitudinale golf.


(2)
3.2.2 'n Sekere instrument produseer klankgolwe met 'n golflengte van 19 mm. As
die spoed van klank 342 m∙s-1 is, bereken of die menslike oor die klank sal
kan waarneem. (4)
[8]

VRAAG 4

Twee seuns vaar in 'n boot. Op die oomblik wat die boot 425 m vanaf 'n vertikale krans is,
skreeu die een seun. Die seuns hoor die eggo van die klankgolwe na 2,5 s.

4.1 Is 'n klankgolf 'n LONGITUDINALE of TRANSVERSALE golf? (1)

4.2 Beskryf kortliks hoe die eggo gevorm word? (1)

4.3 Bereken die spoed van die klankgolf. (4)

4.4 Hoe sal die spoed van die klankgolf in water vergelyk met die spoed bereken in
VRAAG 4.3? Skryf slegs GROTER AS, KLEINERS AS of GELYK AAN neer.
(1)
[7]
VRAAG 5

5.1 Die vibreerder in 'n watertenk wek golwe op met 'n frekwensie van 10Hz.

5.1.1 Definieer die term frekwensie. (1)

5.1.2 Watter tipe golwe word deur die vibreerder opgewek ? (1)

5.1.3 Skryf die naam neer van 'n ander tipe golfbeweging wat jy bestudeer het.
Verduidelik hoe dit verskil van die soort golf waarna verwys word in VRAAG
5.1.2. (2)

5
5.1.4 Bereken die golflengte van die golf as die afstand tussen 21 opeenvolgende
golfkruine 84 mm is. (2)

5.1.5 Bereken die spoed van voortplanting van die golf in m∙s-1. (3)

5.2 Die diagram hieronder illustreer die golfpatroon van 'n golf met 'n frekwensie van
30Hz.

5.2.1 Bereken die periode van die bogenoemde golf. (3)

5.2.2 Bereken die tyd wat dit die golf neem om van A na G te beweeg. (2)

5.2.3 Skryf die letter(s) neer wat die volgende verteenwoordig:

(a) Die golflengte van die golf (1)

(b) 'n Golfkruin (1)

(c) Twee opeenvolgende punte wat in fase is (1)

5.4 Bereken die amplitude van die golf. (2)

5.5 In watter rigting gaan punt F op hierdie tydstip beweeg? (1)


[20]

VRAAG 6

Watergolwe bots teen die hawemuur rondom 'n hawe. Ses golwe tref die muur in 4 s. Die
hoogte van 'n golf is 2,5 m soos aangetoon in die diagram hieronder. Q verteenwoordig 'n
voorwerp op die oppervlak van die water.

6.1 Definieer die term transversale golf. (2)

6
6.2 Skryf ENIGE TWEE letters (van A tot H) neer wat twee punte op die bostaande golf
voorstel wat:

6.2.1 In fase is (1)

6.2.1 Uit fase is (1)

6.3 In watter rigting is voorwerp Q op die punt om te beweeg? (1)

6.4 Definieer die term golflengte. (2)

6.5 Vir die bostaande golf, bereken die:

6.5.1 Golflengte (1)

6.5.2 Amplitude (1)

6.5.3 Periode (2)

6.5.4 Frekwensie (2)

6.5.5 Spoed (3)


[16]
VRAAG 7
Die diagram hieronder toon twee golwe, A en B, wat mekaar ontmoet.

7.1 Skryf die beginsel van superponering neer. (2)

7.2 Hoe vergelyk elk van die volgende eienskappe van golf A met dié van golf B?
Kies uit GROTER AS, KLEINER AS of GELYK AAN.

7.2.1 Golflengte (1)

7.2.2 Amplitude (1)

7.3 Teken die vorm van die resulterende golf as die twee golwe, A en B, ontmoet op
die tydstip geïllustreer in die bostaande diagram. Toon die resulterende amplitude
op jou skets aan. (3)

7.4 Watter golf-eienskap word in VRAAG 7.3 geïllustreer? (1)


[8]

7
VRAAG 8

Piet is die tromspeler in die plaaslike skoolorkes. Hy sien dat die slaanarea elke keer
vibreer wanneer hy die trom tref.

8.1 Watter soort golf word deur die slaan van 'n trom veroorsaak. (1)

8.2 Verduidelik hoe hierdie soort golf ontstaan. (2)

8.3 Wat sal die resultaat wees as Piet in 'n vakuum kan oefen. Gee 'n rede vir jou
antwoord. (2)

Piet en Jan besluit om 'n ondersoek te doen. Piet staan10 m van 'n muur af. Jan
staan heelwat verder van die muur af. Jan hoor twee klanke wanneer Piet die drom
een keer slaan. Die tweede klank neem 3 s om Jan te bereik.

8.4.1 Verduidelik waarom Jan twee klanke hoor. (2)

8.4.2 Bereken hoe ver Piet en Jan uitmekaar uit is as klank teen 340 m·s-1 in lug
beweeg. (5)
[12]
VRAAG 9

Leerders bestudeer die effek wat klankgolwe op mekaar het. Hulle verbind twee
luidsprekers, wat 'n hele paar meter van mekaar af is aan 'n seinopwekker en speel
dieselfde sein met 'n enkele frekwensie deur albei luidsprekers. Een van die leerders stap
van luidspreker 1 na luidspreker 2 terwyl daar baie noukeurig na die klank geluister word.
By punt A tussen die luidsprekers merk die leerder op dat die klank HARDER is as by
enige posisie aan weerskante van punt A.

9.1 Watter tipe golf is 'n KLANKGOLF? (1)

9.2 Oorweeg die volgende stelling: Die som van twee pulse wat dieselfde ruimte op
dieselfde oomblik beset.Na watter BEGINSEL word hier verwys? (1)

8
9.3 Op 'n ossilloskoop lyk pulse van luidspreker 1 en luidspreker 2 soos hieronder
geïllustreer.

9.3.1 Teken die golfpatroon wat op die ossilloskoop sal verskyn die oomblik
wanneer die twee pulse punt A gelyktydig bereik. Die skets hoef nie op skaal
geteken te word nie, maar die grootte van die amplitude van die puls by A
moet op die skets aangedui word. (2)

9.3.2 Identifiseer die verskynsel in VRAAG 9.3.1. (2)

9.4 Die leerders verander die frekwensie van die sein deur die frekwensie op die
seinopwekker te verstel. Die beeld op die ossilloskoop sal soos volg wees:

9.4.1 Is die toonhoogte van die sein LAER, HO R of DIESELFDE? (1)

9.4.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 9.4.1. (3)

9.5 Indien die frekwensie van die seinopwekker op 457 Hz gestel is en die spoed
van klank in lug 340 m.s-1 is, bereken die golflengte van die klank. (3)
[13]
VRAAG 10

10.1 Die diagram hieronder toon 'n seun in 'n kajak op die oseaan.

10.1.1 Beskryf die beweging van die seun in die kajak, terwyl hy NIE roei NIE.
(1)
10.1.2 As die amplitude van 'n golf 1,2 m is, hoe ver val die seun en die kajak
van die kruin van 'n golf tot by die buik van 'n golf? (1)

10.1.3 Definieer die frekwensie van 'n golf. (2)

9
10.1.4 Bereken die frekwensie van die seegolf. Rond jou antwoord af tot DRIE
desimale. (2)

10.1.5 Indien die golwe 60 m ver in 30 sekondes beweeg, bepaal die golflengte
van die golwe. Toon jou berekeninge. (2)

10.1.6 Bereken die spoed van die golwe. (3)

10.1.7 Na 'n ruk bevind die seun in die kajak homself tussen 'n vissersboot en 'n
krans. Die vissersboot stuur 'n klanksein uit deur sy mishoring EEN KEER te
blaas. Die seun hoor egter TWEE klankseine. Dit neem 7 s vir die klank om
van die vissersboot af te beweeg totdat die seun die sein 'n TWEEDE keer
hoor. Die spoed van klank in lug is 340 m.s-1. Die seun is 500 m van die
krans af.

Bereken hoe ver die vissersboot van die krans af is. (5)
[16]
VRAAG 11

11.1 Die volgende diagram verteenwoordig ’n golf in ’n veer.

11.1.1 Watter tipe golf (longitudinaal of transversaal) is dit? Gee ’n rede vir jou
antwoord. (3)

11.1.2 Die afstand vanaf een samepersing na die volgende is gelyk aan 10 cm.
Bereken die frekwensie van die golf, in Hz, as die spoed van die golf
gelyk aan 20 cm·s-1 is. (4)

11.2 Wetenskaplikes op ’n skip ter see moet die diepte van die see by ’n spesifieke punt
meet. Hulle stuur ’n klankgolf met ’n frekwensie van 18 000 Hz vanaf die skip na die
bodem van die see en ontvang die eggo na 2,4 s.

Bereken die diepte van die see as die golflengte van die klank in die water 0,085 m
is. (4)
[11]
10
ELEKTROMAGNETIESE GOLWE
VEELKEUSE VRAE

VRAAG 1

1.1 ‘n Goeie sonbril beskerm ons oë hoofsaaklik teen skadelike:

A mikrogolwe.
B ultravioletstrale.
C gammastrale.
D infrarooistrale. (2)

1.2 Watter een van die volgende toon die verskillende soorte elektromagnetiese straling
in volgorde van TOENEMENDE frekwensies aan?

A Infrarooistrale; sigbare lig; ultravioletstrale; X-strale


B Infrarooistrale; X-strale; sigbare lig; ultravioletstrale
C X-strale; ultravioletstrale; infrarooistrale; sigbare lig
D X-strale; ultravioletstrale; sigbare lig; infrarooistrale (2)

1.3 Beskou die volgende stellings met betrekking tot ultraviolet straling:

(i) Dit kan nie weerkaats word nie.


(ii) Dit het 'n langer golflengte as gammastrale.
(iii) Dit word vanaf die son uitgestraal en kan skadelik vir mense wees.

Watter EEN van die volgende kombinasies is KORREK?

A Slegs (i) en (ii)

B Slegs (ii) en (iii)

C Slegs (i) en (iii)

D (i), (ii) en (iii) (2)

11
LANGER VRAE

VRAAG 2

Bestudeer die tabel hieronder.

2.3

2.1 Watter tipe straling word in die tabel vertoon? (1)

2.2 Watter EEN van die stralings in die tabel word gebruik om mediese instrumente
te steriliseer? Motiveer jou antwoord. (2)

2.3 Bereken die golflengte van ultravioletlig. (4)


[7]

VRAAG 3

3.1 Verskillende soorte elektromagnetiese straling het verskillende frekwensies. Dit kan
beide hulle eienskappe en gebruike beïnvloed. Oorweeg die inligting in die
volgende tabel.

3.1.1 Skryf EEN gebruik van infrarooistraling neer. (1)

3.1.2 Rangskik bogenoemde drie soorte stralings in volgorde van TOENEMENDE


golflengte, m.a.w. die een met die kortste golflengte links en die een met die
langste golflengte regs. (2)

3.1.3 Bereken die energie van ’n foton van ultravioletlig. (4)

3.1.4 Watter tipe elektromagnetiese straling, wat nie in die tabel genoem is nie,
gebruik ons om kos mee te kook? (1)

12
3.2 Wanneer dokters die erns van ’n fraktuur moet vasstel, word ’n foto van die
gebreekte bene geneem. Die foto hieronder toon ’n fraktuur van iemand se
voorarm.

3.2.1 Watter tipe elektromagnetiese straling word gebruik om dié foto te neem?
(1)
3.2.2 Watter eienskap van die straling maak dit moontlik om dié foto te neem?
(2)
3.2.3 Waarom is oormatige blootstelling aan hierdie straling gevaarlik? (1)
[12]

VRAAG 4

Verskillende tipes elektromagnetiese straling het verskillende frekwensies. Dit kan hul
eienskappe beïnvloed, sowel as waarvoor elkeen in ons daaglikse lewens gebruik kan
word.

4.1 Kies die frekwensie uit KOLOM B wat by die tipe elektromagnetiese straling in
KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (4.1.1 – 4.1.3)
in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 4.1.4 D.

4.1.1
4.1.2
4.1.3

(3)
4.2 Skryf EEN gebruik van elk van die volgende tipes straling neer:

4.2.1 Infrarooi (1)

4.2.2 Mikrogolwe (1)

13
4.3 Wanneer dokters die erns van 'n fraktuur moet bepaal, word 'n foto van die
gebreekte been geneem. Die foto hieronder toon 'n fraktuur.

Skryf die volgende neer:

4.3.1 Naam van die tipe straling vir hierdie prosedure gebruik. (1)

4.3.2 Eienskap van hierdie tipe straling wat dit moontlik maak om die prosedure uit
te voer. (1)

4.3.3 Gevaar van te veel blootstelling aan hierdie tipe straling. (1)

4.4 'n Radioprogram word in die FM-bandwydte op 'n golflengte van 3 m uitgesaai.
Bereken die energie van 'n foton van die radiogolf. (4)
[12]

VRAAG 5

Die tabel hieronder toon 'n rangskikking van elektromagnetiese straling volgens hulle
frekwensies.

SOORT STRALING TIPIESE FREKWENSIE (Hz)


Radiogolwe 105–1010
Mikrogolwe 1010–1011
Infrarooi (IR) 1011–1014
Sigbare lig 1014–1015
Ultraviolet (UV) 1015–1016
X-strale 1016–1018
Gammastrale 1018–1021

5.1 Skryf TWEE eienskappe van elektromagnetiese golwe neer. (2)

5.2 Watter straling het die hoogste energie? (1)

5.3 'n Sekere straling het energie van 1,99 x 10-20 J.

Identifiseer die soort straling wat met hierdie energie geassosieer word. (4)

14
5.3 Verwys na diagram A tot C hieronder.

Vliegtuig- Televisie-
kommunikasie afstandbeheer

A
B

Watter soort straling word gebruik in:

5.4.1 A (1)

5.4.2 B (1)

5.4.3 C (1)
[10]
VRAAG 6

Beskou 'n laserwyser en selfoon, soos hieronder getoon.

6.1 Noem die soort elektromagnetiese straling wat vrygestel word deur die:

6.1.1 Laserwyser (1)

6.1.2 Selfoon (1)

6.2 'n Laserwyser gebruik rooiligfotone met 'n golflengte van 620 nm.

6.2.1 Definieer die term foton. (2)

6.2.2 Bereken die energie van 'n rooiligfoton. (6)

6.2.3 Verwys na die antwoord op VRAAG 6.2.2. Verduidelik waarom dit


baie gevaarlik is om met 'n laserwyser in 'n mens se oë te skyn. (2)
[12]

15
VRAAG 7

Die tipes elektromagnetiese straling is in die tabel hieronder volgens frekwensie


gerangskik.

7.1 Hoe word elektromagnetiese golwe opgewek? (1)

7.2 Watter soort elektromagnetiese straling het die hoogste energie? (1)

7.3 Verduidelik die antwoord op VRAAG 7.2. (2)

7.4 'n Sekere tipe elektromagnetiese straling het 'n golflengte van 600 x 10 -10 m.

7.4.1 Identifiseer die tipe elektromagnetiese straling deur 'n berekening te doen.
(4)
7.4.2 Noem EEN toepassing van die tipe straling wat VRAAG 7.4.1 geïdentifiseer
is. (1)
[9]
VRAAG 8

Die frekwensie en ooreenstemmende energie van elektromagnetiese golwe word in die


tabel hieronder gegee.

8.1 Beskryf hoe 'n elektromagnetiese golf voortplant. (2)

8.2 Wat is die verwantskap tussen frekwensie en energie van 'n elektromagnetiese golf,
soos in die tabel hierbo getoon? (2)

8.3 Bereken die:

8.3.1 Frekwensie van golf E (3)

8.3.2 Golflengte van golf D (3)

8.4 Watter golf, A of B, het die HOOGSTE deurdringingsvermoë? Gee 'n rede vir die
antwoord. (2)
[12]
16
MEGANIKA: MAGNETISME
VEELKEUSE VRAE

VRAAG 1

1.1 Watter een van die volgende materiale is ferromagneties?

A Goud
B Silwer
C Nikkel
D Aluminium (2)

1.2 Die rigting van die magnetiese veldlyne van 'n staafmagneet is na die …

A noordpool vanaf die suidpool.


B suidpool vanaf die noordpool.
C positiewe pool vanaf die negatiewe pool.
D een punt van die magneet vanaf die ander punt. (2)

1.3 Materiale wat sterk aangetrek word deur magnete en wat maklik gemagnetiseer
word, word ... genoem.

A magnetiese storms
B magnetosfere
C ferromagneties
D magnete (2)

1.4 Watter een van die volgende stellings aangaande magneetveldlyne is korrek?

A Magneetveldlyne is altyd parallel aan mekaar.


B Magneetveldlyne is minder dig waar die magneetveld swakker is.
C Magneetveldlyne is minder dig waar die magneetveld sterker is.
D Magneetveldlyne is lyne wat geteken word om die magneetveld binne-in 'n
staafmagneet te toon. (2)

1.5 Die strome geïoniseerde (gelaaide) deeltjies wat uitwaarts vanaf die son na die
aarde geblaas word, word … genoem.

A sonwinde
B die aurora borealis
C aurora australis
D geomagnetiese storms (2)

1.6 Watter een van die volgende metaalstawe sal NIE deur 'n magneet aangetrek word
nie?

A Yster
B Nikkel
C Kobalt
D Aluminium (2)

17
LANGER VRAE

VRAAG 2

2.1 Die volgende is ’n staafmagneet met sy noordpool aan die regterkant. Rondom die
magneet is ’n magneetveld.

2.1.1 Verduidelik wat ’n magneetveld is. (2)

2.1.2 Skryf vier eienskappe van magnetiese veldlyne neer. (4)

2.1.3 Skets die magneetveld van hierdie staafmagneet. (3)

2.2 Die staafmagneet in die vorige vraag is laat val en dit het in die middel gebreek om
twee stukke te vorm soos hieronder aangedui.

Identifiseer die polariteit van X en Y. (2)

2.3 Die diagram hieronder toon die magnetiese veldpatroon van twee identiese
staafmagnete met pole AB en CD.

2.3.1 Watter belangrike inligting omtrent die polariteit van B en C word uit die
diagram verkry? (1)

2.3.2 ’n Klein stukkie magnetiese materiaal word by X geplaas, presies in die


middel tussen B en C. Sal die materiaal beweeg? Skryf slegs JA, NEE of
KAN NIE Sê NIE neer. (1)

2.3.3 ’n Klein kompas word by punt Y geplaas. Die NOORDPOOL van die kompas
wys WEG vanaf D. Wys die veldlyne van staafmagneet CD van C na D of
van D na C? Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)

18
2.4 Aarde het ’n geografiese noordpool en ’n magnetiese noordpool soos aangedui in
die volgende diagram.

2.4.1 Verduidelik wat die geografiese noordpool is. (1)

2.4.2 Veronderstel jy het ’n denkbeeldige staafmagneet binne die aarde. Watter


een van die volgende vier prentjies, P, Q, R of T, stel die korrekte oriëntasie
van so staafmagneet voor?

(2)
[18]

VRAAG 3

3.1 Definieer 'n magneetveld. (2)

3.2 Gee drie eienskappe van magnetiese veldlyne. (3)

3.3 Twee staafmagnete se SUIDPOLE wys na mekaar.

Skets die magneetveld TUSSEN die twee suidpole. (2)


[7]
VRAAG 4

Sello het 'n staafmagneet gedra, soos die een hieronder getoon (voor), toe dit per ongeluk
geval en in twee ewe groot stukke gebreek het (na). Toe hy probeer het om die twee
stukke bymekaar te bring, het hulle mekaar WEGGESTOOT.

19
4.1 Definieer die term magnetiese veld. (2)

4.2 Identifiseer die pole wat X en Y gemerk is en verduidelik jou keuse vir die pool by X.
(4)
4.3 Teken die magnetiese veldpatroon vir die magneet VOORDAT dit geval het.
(3)
4.4 Teken die magnetiese veldpatroon TUSSEN die twee kleiner magnete
(tussen X en Y). (3)
[12]
VRAAG 5

5.1 Definieer 'n magnetiese veld. (2)

5.2 Gee drie EIENSKAPPE van magnetiese veldlyne. (3)

5.3 Teken die volgende staafmagneet oor in jou antwoordboek en skets sy magnetiese
veld.

(2)
[7]
VRAAG 6

'n Leerder doen 'n ondersoek na die gedrag van magnete.

6.1 Definieer die term ferromagnetiese materiaal in woorde. (2)

6.2 Skryf die name van twee ferromagnetiese materiale neer. (2)

6.3 'n Staafmagneet word op die tafel gesit met die noordpool wat na links wys.

6.3.1 Gee twee eienskappe van magnetiese veldlyne. (2)

6.3.2 Teken die magneet oor in jou antwoordboek en teken die magnetiese
veldlyne om die magneet. (2)

6.4 'n Tweede staafmagneet word op die tafel geplaas en beide is vry om te beweeg.

Verduidelik wat waargeneem sal word as die:

6.4.1 Noordpool van een magneet nadergebring word aan die noordpool van die
ander magneet. (1)

6.4.2 Suidpool van een magneet nadergebring word aan die noordpool van die
ander magneet. (1)
[10]

20
VRAAG 7

Leerders gebruik 'n staafmagneet om magnetisme te ondersoek. Hulle plaas 'n vel papier
oor die magneet, sprinkel ystervylsels op die papier en neem die gevolglike patroon waar.
Hulle plaas dan 'n kompasnaald in verskillende posisies rondom die staafmagneet.

N S

7.1 Gee 'n rede waarom die kompasnaald langs die aarde se magnetiese as wys.
(1)
7.2 Skets die magneetveldpatroon rondom die staafmagneet. (2)

7.3 Tydens die ondersoek val die staafmagneet en breek in ses stukke. Een van die
leerders stel voor dat elkeen van hulle nou afsonderlik dieselfde patroon rondom elk
van die ses stukke kan verkry.

Sal die magneetveldpatrone rondom elk van die ses stukke dieselfde wees as dié
rondom die oorspronklike staafmagneet? Skryf slegs JA of NEE neer. Gee 'n rede
vir die antwoord. (2)
[5]
VRAAG 8

Diagramme A, B, C en D hieronder stel vier metaalstawe, met eienskappe soos beskryf


langs elk, voor.
A Ysterstaaf & ook 'n magneet

B Ysterstaaf, maar nie 'n magneet


nie
C Sinkstaaf

D Mengsel van koper en nikkel

8.1 Skets die magneetveldlyne rondom staaf A. (2)

8.2 Beide stawe A en B is van yster gemaak. Verduidelik kortliks, deur na die
rangskikking van magnetise domeine te verwys, waarom A 'n magneet is, maar nie
B nie. (2)

8.3 Sal staaf A die volgende aantrek:

8.3.1 Staaf C. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)

8.3.2 Staaf D. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)


[8]

21
VRAAG 9

Die magneetveld rondom 'n staafmagneet word hieronder getoon.

9.1 Definieer magneetveld. (2)

9.2 Die magneet val en breek in twee stukke. Die stukke land op die vloer met
die pole in die posisies hieronder aangedui. Hoe sal die magneetveld tussen
die twee stukke lyk? Kies tussen A of B.

(1)

9.3 Motiveer jou antwoord op VRAAG 9.2 deur die volgende te doen:

• Skryf die letters X en Y onder mekaar neer. Skryf langs elke letter óf
NOORD óf SUID om die polariteit wat elke letter verteenwoordig, aan te dui.
• Gee 'n kort verduideliking in woorde. (2)

9.4 Wat beskerm die aarde teen sonwinde? (1)


[6]
VRAAG 10

Sello het 'n staafmagneet gedra, soos die een hieronder getoon (voor), toe dit per ongeluk
geval en in twee ewe groot stukke gebreek het (na). Toe hy probeer het om die twee
stukke bymekaar te bring, het hulle mekaar WEGGESTOOT.

10.1 Definieer die term magnetiese veld. (2)

10.2 Identifiseer die pole wat X en Y gemerk is en verduidelik jou keuse vir die pool by X.
(4)
10.3 Teken die magnetiese veldpatroon vir die magneet VOORDAT dit geval het. (3)

10.4 Teken die magnetiese veldpatroon TUSSEN die twee kleiner magnete
(tussen X en Y). (3)
[12]
22
ELEKTROSTATIKA
VEELKEUSE VRAE

VRAAG 1

1.1 Amy vryf 'n glasstaaf met 'n sylap. Die glasstaaf …

A kry elektrone by en word positief gelaai.

B kry protone by en word positief gelaai.

C verloor elektrone en word positief gelaai.

D verloor protone en word positief gelaai. (2)

1.2 ’n Staaf verkry ’n negatiewe lading nadat dit met wol gevryf is. Watter een van die
volgende verduidelik hierdie waarneming die beste?

A Positiewe ladings word vanaf die staaf na die wol oorgedra.

B Negatiewe ladings word vanaf die staaf na die wol oorgedra.

C Positiewe ladings word vanaf die wol na die staaf oorgedra.

D Negatiewe ladings word vanaf die wol na die staaf oorgedra. (2)

23
LANGER VRAE

VRAAG 2

Twee sfere, P en Q, op geïssoleerde staanders, dra ladings van - 12 x 10-6 C en


+ 4 x 10-6 C onderskeidelik soos hieronder getoon.

DIE SFERE WORD NOU TOEGELAAT OM AAN MEKAAR TE RAAK EN WORD DAN
WEER GESKEI.

2.1 Skryf die beginsel van behoud van lading neer. (2)

2.2 In watter rigting sal elektrone vloei wanneer sfere P en Q in kontak is? Skryf slegs
van P na Q of van Q na P neer. (1)

2.3 Bereken die nuwe lading op elke sfeer na skeiding. (3)

2.4 Bereken die netto wins of verlies aan lading deur sfeer P. (3)

2.5 Bereken die getal elektrone oorgedra van een sfeer na die ander tydens kontak.
(2)
[11]

VRAAG 3

Twee identiese metaalsfere, A en B, op 'n geïssoleerde oppervlak dra ladings van


- 2,8 x 10-9 C en + 4,5 x 10-9 C onderskeidelik. Die sfere word nou in kontak met mekaar
gebring.

Daar word waargeneem dat die sfere weg van mekaar af beweeg na kontak.

3.1 Verduidelik die bostaande waarneming. (2)

3.2 Bereken die NUWE lading op elke sfeer nadat hulle weg van mekaar beweeg het.
(2)
3.3 Bereken die verandering in lading op sfeer B. (3)
[7]

24
VRAAG 4

Twee identiese metaalsfere, P en Q, hang aan toutjies soos hieronder aangedui. Die
ladings op P en Q is onderskeidelik +4 C en –12 C. Hulle word ’n klein afstand van mekaar
gehou sonder om die ladings te verander.

Wanneer die sfere losgelaat word, beweeg hulle na mekaar toe en raak aan mekaar.

4.1 Skryf die beginsel vir die behoud van lading in woorde neer. (2)

4.2 Hoe vergelyk die aantal protone met die aantal elektrone in die geval van sfeer P?
Kies jou antwoord uit MINDER AS, DIESELFDE AS of MEER AS. (1)

4.3 Verduidelik waarom die sfere na mekaar toe beweeg? (1)

Die twee sfere skei nadat hulle aan mekaar geraak het soos hieronder aangedui.

4.4 In watter rigting het elektrone gevloei terwyl hulle in kontak was? Skryf slegs P NA
Q of Q NA P. Verduidelik jou keuse. (2)

4.5 Bereken die lading op elke sfeer NA die skeiding. (3)

4.6 Bereken die aantal elektrone op sfeer Q NA die skeiding. (3)

[12]

25
VRAAG 5
SFEER A is op ‘n geïsoleerde staander en het ‘n lading van –3 μC.
A -3 μC

5.1 Deur watter proses het SFEER A sy lading gekry? (1)


5.2 Verduidelik hoe die proses genoem in VRAAG 5.1 veroorsaak dat SFEER A gelaai
word. (3)
‘n Identiese SFEER B, met ‘n onbekende lading, word nou nader aan SFEER A gebring
en hulle trek mekaar aan.
A -3 μC B

5.3 Watter tipe lading het SFEER B? Verduidelik jou antwoord. (3)
SFEER A en SFEER B word nou toegelaat om aan mekaar te raak en elektrone word
uitgeruil, totdat die lading op BEIDE SFERE +1,5 μC is.
5.4 Definieer die wet van behoud van lading. (2)
5.5 Vanaf watter SFEER beweeg die elektrone? Skryf sleg A na B of B na A. (1)
5.6 Bereken die aanvanklike lading op SFEER B, voordat dit aan SFEER A geraak het.
(4)
5.7 Bereken hoeveel elektrone oorgedra is tydens aanraking. (4)
[18]
VRAAG 6
'n Neutrale plastiekliniaal laai wanneer dit met 'n wollap gevryf word. Nadat dit gevryf is,
het die liniaal 'n lading van -3,5 x 10-15 C.
6.1 Onderskei tussen 'n neutrale voorwerp en 'n gelaaide voorwerp. (2)
6.2 Het die liniaal elektrone BYGEKRY of VERLOOR? (1)
6.3 Bereken die getal elektrone wat tydens die vryfproses oorgedra is. (3)
6.4 Die gelaaide liniaal word nou nader aan stukkies
papier gebring. Die stukkies papier word na die
liniaal aangetrek, soos hieronder getoon.

6.4.1 Verduidelik waarom die stukkies papier na die liniaal aangetrek word.
(3)
6.4.2 Noem EEN toepassing van elektrostatika in ons daaglikse lewens. (1)
[10]
26
VRAAG 7
Twee identiese geïsoleerde sfere, X en Y, wat met dun draadjies vanaf 'n plafon hang,
word op 'n klein afstand uitmekaar gehou, soos in die diagram hieronder getoon.

Sfeer X dra 'n lading van + 4 x 10-18 C, terwyl sfeer Y 'n oormaat van 30 elektrone het.
7.1 Bereken die grootte van die lading op sfeer Y. (3)
Die sfere word nou vrygelaat en hulle beweeg na mekaar toe.
7.2 Gee 'n rede hoekom sfeer X en Y na mekaar toe beweeg. (2)
Die sfere word toegelaat om aan mekaar te raak. Nadat hulle geraak het, beweeg hulle
weg van mekaar af.
7.3 Skryf die beginsel van behoud van lading in woorde neer. (2)
7.4 Bereken die lading op elke sfeer nadat hulle geskei het. (4)
[11]
VRAAG 8
Die diagram hieronder toon twee klein identies gelaaide
sfere, P en Q, op geïsoleerde staanders. Die lading op sfeer
P is -3 × 10-6 C en die lading op sfeer Q is onbekend.
8.1 Bereken die aantal elektrone in oormaat op sfeer P. (3)
Die twee sfere word met mekaar in kontak gebring en dan in hulle oorspronklike posisies
teruggeplaas. Elke sfeer dra nou 'n lading van -1 × 10-6 C.
8.2 Bereken die oorspronklike lading op sfeer Q voordat die sfere met mekaar in kontak
gebring is. (3)
8.3 Is elektrone van P NA Q of van Q NA P gedurende kontak oorgedra? (1)
[7]
VRAAG 9
Twee klein metaalsfere, Y en Z, met ladings van +6
nC en -3 nC onderskeidelik, word 'n afstand r van
mekaar af geplaas soos hieronder aangetoon. Sfeer
Y en Z oefen 'n krag van 2 x 10-7 N op mekaar uit.

9.1 Skryf die beginsel van behoud van lading


neer. (2)
27
9.2 Skryf Coulomb se wet in woorde neer. (3)

9.3 Is die krag wat beide ladings ondervind AANTREKKEND of AFSTOTEND?(1)

9.4 Bereken die afstand r tussen die middelpunte van die twee sfere. (4)

9.5 Die sfere word nou toegelaat om aan mekaar te raak en word dan weer geskei.

9.5.1 In watter rigting (Y na Z of Z na Y) sal elektrone vloei wanneer sfere Y en Z


in kontak is? Gee 'n rede vir die antwoord. (3)

9.5.2 Bereken die nuwe lading op elke sfeer na SKEIDING. (3)

9.5.3 Bereken die netto lading verkry of verloor deur sfeer Y. (2)

9.5.4 Bereken die aantal elektrone wat in VRAAG 9.5.3 oorgedra is. (3)
[21]
VRAAG 10

'n NEUTRALE plastiekbal, N, hang aan 'n


geïsoleerde tou. 'n Identiese bal, P, is vas aan
'n soortgelyke tou en bal P het 'n lading van
+9 x 10-9 C.

10.1 Is daar enige gelaaide deeltjies op bal N? Antwoord óf JA óf NEE en verduidelik jou
antwoord. (2)

10.2 Bereken die aantal elektrone wat vanaf P verwyder is om dit die positiewe lading te
gee. (3)

10.3 Bal P word nader en nader aan N gebring totdat 'n sigbare uitwerking in die geval
van bal N waargeneem word. Wat gebeur met N? (1)

10.4 Bal P word toegelaat om aan bal N te RAAK en word dan WEGGENEEM van N af.

10.4.1 Beskryf die beweging van die gelaaide deeltjies wanneer P en N in kontak is.
Verwys na die tipe lading en die rigting waarin hulle beweeg. (2)

10.4.2 Bereken die lading op bal N nadat dit aan P geraak het en weer geskei is.
(3)

10.5 Bal P word andermaal nader en nader aan N gebring totdat 'n sigbare uitwerking by
bal N waargeneem word.

10.5.1 Wat gebeur hierdie keer met bal N? (1)

10.5.2 Verduidelik jou antwoord op vraag 10.5.1. (1)


[13]

28
ELEKTRIESE STROOMBANE
VEELKEUSE VRAE

VRAAG 1

1.1 Beskou die volgende stroombaan. Wanneer skakelaar S oop is, is die lesing op die
voltmeter V en die lesing op die ammeter is A. Die resistors R1 en R2 is identies.

Hoe sal die lesings op die voltmeter en ammeter verander wanneer skakelaar S
gesluit word?

(2)

1.2 Elektriese stroomsterkte word gedefinieer as die …

A vloei van lading.


B tempo van vloei van lading.
C arbeid verrig per lading.
D potensiaalverskil per lading. (2)

1.3 Die elektriese stroom in 'n draad …

A is slegs afhanklik van die weerstand van die draad.


B is slegs afhanklik van die potensiaalverskil oor die draad.
C is nie van die potensiaalverskil oor die draad afhanklik nie.
D is afhanklik van die potensiaalverskil oor en die weerstand van die draad.
(2)

29
1.4 Oorweeg die vier stroombane hieronder voorgestel. I II III IV In watter
stroombaan/stroombane meet die ammeter die hoofstroom?

A I, III en IV
B Slegs I
C III en IV
D I en III (2)

1.5 In die stroombaan hieronder is die weerstand van die battery en die
verbindingsdrade weglaatbaar.

Die emk van die battery is:

A 1V
B 2V
C 4V
D 6V (2)

1.6 Resistors wat in serie geskakel is, word … delers genoem.

A stroom
B lading
C tyd
D potensiaalverskil (2)

30
1.7 Oorweeg die stroombaan hieronder. Die gloeilampe is NIE noodwendig identies
NIE.

Die lesing op A2 sal gelyk wees aan …

A die lesing op A1.


B die helfte van die lesing op A1.
C die lesing op A3 minus die lesing op A1.
D die lesing op A1 minus die lesing op A3. (2)

1.8 Watter een van die volgende groothede en SI-eenhede is verwant aan mekaar?

(2)

1.9 Hoeveel lading vloei in 2,5 minute deur ’n resistor as die stroom 1,2 A is?

(2)

1.10 Weerstande in parallel geskakel word, word ... verdelers genoem.

A tyd
B lading
C stroom
D potensiaal (2)

31
1.11 Watter EEN van die volgende stroombane kan gebruik word om die EMK van die
battery te bepaal?

(2)

1.12 Watter een van die volgende stellings is WAAR?

A 'n Ammeter het hoë weerstand en word in serie verbind.


B 'n Ammeter het 'n lae weerstand en word in serie verbind.
C 'n Voltmeter het hoë weerstand en word in serie verbind.
D 'n Voltmeter het 'n lae weerstand en word parallel verbind. (2)

1.13 Beskou die stroombaan hieronder.

Wat beteken dit as ‘n stroom van 0,2 A deur 'n gloeilamp gaan?

A 0,2 C stroom word omgeskakel per volt.


B 0,2 J energie gaan deur die gloeilamp per sekonde.
C 0,2 C lading gaan deur die gloeilamp per sekonde.
D 0,2 V stroom gaan deur die gloeilamp per sekonde. (2)

1.14 Vir watter een van die volgende hoeveelhede word die KORREKTE
metingseenheid gegee?

(2)
32
1.15 Watter een van die volgende stroombane kan gebruik word om die totale stroom in
die stroombaan te meet?

(2)

1.16 'n Eenvormige koperdraad het 'n weerstand van 100 Ω. As die draad in tien
gelyke lengtes gesny word, is die weerstand, in Ω, van elke stuk ...

A 1.
B 10.
C 100.
D 1 000. (2)

1.17 Vir watter EEN van die hoeveelhede hieronder is die KORREKTE maateenheid
gegee?

HOEVEELHEID EENHEID
A Stroom A∙s-1
B Energie kW
C Potensiaalverskil V
D Weerstand V∙s (2)

33
LANGER VRAE

VRAAG 2

'n Elektriese stoof is gekoppel aan 'n bron met 'n potensiaalverskil van 200 V. 'n Stroom
van 8,5 A vloei deur die stoof se element.

2.1 Skryf die naam van die instrument neer wat gebruik word om potensiële verskil te
meet. (1)

2.2 Bereken die lading wat deur die bron gelewer word in 2,5 minute. (4)

2.3 Bereken die energie wat oorgedra word in die element van die stoof in 2,5 minute.
(4)
2.4 Definieer die emk van 'n battery. (2)

2.5 Jy word versoek om 'n elektriese stroombaan wat die volgende komponente bevat
op te stel:

• 'n Battery wat bestaan uit drie selle in serie, elk met 'n emk van 2,5 V.
• 'n Ammeter wat die hoofstroom meet.
• 'n Voltmeter wat die emk van die battery meet.
• Een gloeilamp wat in serie geskakel is met twee gloeilampe wat in parallel geskakel
is.
• Oop skakelaar.

Teken 'n diagram om die bostaande stroombaan voor te stel. (6)


[17]
VRAAG 3
In die stroombaan hieronder het die geleiers en die battery weglaatbare weerstand.

3.1 Noem die fisiese hoeveelheid wat deur 'n voltmeter gemeet word. (1)
3.2 Definieer die term weerstand. (2)
3.3 Bereken die:
3.3.1 Ekwivalente weerstand van die resistors wat in parallel geskakel is (3)
3.3.2 Totale weerstand van die stroombaan (2)
3.4 Wanneer die skakelaar gesluit word, meet die voltmeter wat oor die 2 Ω-resistor
geskakel is, 6 V. Bepaal die potensiaalverskil oor die parallelle kombinasie.(1)

34
3.5 'n Lading van 18 C vloei deur die battery in 6 s.
3.5.1 Definieer 'n coulomb lading. (2)
3.5.2 Gebruik die gegewens verskaf in VRAAG 3.5 en bereken die stroom in die
2 Ω-resistor. (3)
3.5.3 Gebruik verhoudings om die stroom in die 24 Ω-resistor te bepaal. (2)
[16]
VRAAG 4

Die skets hieronder toon 'n elektriese stroombaan met verskeie komponente. Die emk van
die battery is 9 V en die instrument benoem as A registreer 'n lesing van 1,5 A. Die waarde
van die weerstand van resistor Z is onbekend.

4.1 Teken 'n stroombaandiagram vir die bostaande stroombaan deur van KORREKTE
simbole gebruik te maak. (5)

4.2 Definieer die term elektriese stroom. (2)

4.3 Identifiseer die polariteit aangedui as X vir instrument A. Kies uit POSITIEF,
NEGATIEF of NEUTRAAL. (1)

4.4 Verduidelik jou keuse in VRAAG 4.3. (2)

Die TOTALE (effektiewe) weerstand van Z en die 12 Ω-resistor is 8 Ω.

4.5 Bereken die:

4.5.1 Weerstand van Z. (4)

4.5.2 Hoeveelheid lading wat tussen die terminale van die battery vloei in 1 minuut
(4)
4.5.3 Hoeveelheid arbeid verrig om die lading in VRAAG 4.5.2 oor te dra (3)

4.6 Verduidelik, deur na energie omskakeling te verwys, waarom die battery na 'n tyd
pap word. (1)
[22]

35
VRAAG 5

In die stroombaan hieronder voorgestel is die gloeilampe identies. Die weerstand van die
verbindingsdrade en die battery kan geïgnoreer word.

5.1 Teken ’n stroombaandiagram vir die stroombaan


deur die korrekte simbole te gebruik. (4)

5.2 Definieer die term potensiaalverskil. (2)

5.3 Die lesing op voltmeter V1 is 2 V. Bepaal die


volgende:

5.3.1 Lesing op voltmeter V2 in volt. (2)

5.3.2 Lesing op voltmeter V3 in volt. (2)

5.3.3 Lesing op voltmeter V4 in volt. (2)

5.3.4 EMK, in volt, van elke sel (2)

5.4 Wat is die stroom in gloeilamp B as die stroom in


gloeilamp A 2 A is? (2)

5.5 Bereken die totale weerstand van die stroombaan as elke gloeilamp ’n weerstand
van 2 Ω het. (5)
[21]
VRAAG 6

Die diagram hieronder toon ’n gelaaide donderwolk. Die basis van


die wolk het ’n negatiewe lading van 18 C en die boom het ’n
positiewe lading. Die potensiaalverskil tussen die basis van die
wolk en die grond is 1,2 x 109 V.

6.1 Bereken die maksimum hoeveelheid energie wat aan die


grond oorgedra kan word deur ’n weerligstraal. (3)

6.2 Bereken die stroom as die wolk in 2 s ontlaai. (3)


[6]
VRAAG 7

7.1 'n Lading van 2 C dra 2000 J elektriese potensiële energie oor in 2 minute tussen
twee punte in 'n stroombaan.

7.1.1 Definieer die potensiaalverskil oor die geleier. (2)

7.1.2 Bepaal die potensiaalverskil tussen die twee punte. (3)

7.1.3 Bepaal die stroomsterkte tussen die twee punte. (3)

36
7.2 Leerders stel 'n stroombaan soos hieronder op. Die emk van elke sel is 1,5 V. Elke
gloeilamp A, B en C het 'n weerstand van onderskeidelik 3 Ω, 4Ω en 5Ω.

7.2.1 Bereken die ekwivalente weerstand. (4)

Skakelaar S is nou gesluit. Bepaal die lesing op:

7.2.2 V1 (2)

7.2.3 V3 (4)

7.2.4 Bereken die energie oorgedra in 3 sekondes in gloeilamp C as die stroom in


die stroombaan 2 A is. (5)

7.2.5 Al die gloeilampe word nou parallel geskakel. Hoe sal die totale stroom in
stroombaan beïnvloed word? Skryf slegs VERHOOG, VERMINDER of BLY
DIESELFDE. Gee 'n rede vir jou antwoord. (2)
[25]
VRAAG 8

Thabang en Motseki ondersoek die verwantskap tussen die potensiaalverskil en


weerstand. Hulle het twee stroombane gebou met 3 identiese weerstande wat in serie en
parallel geskakel is. Vir elke eksperiment het hulle die voltmeterlesing oor elke weerstand
aangeteken.

37
8.1 Skryf die ondersoekende vraag vir hierdie ondersoek neer? (2)

8.2 Skryf die volgende neer:

8.2.1 gekontrolleerd veranderlike (1)

8.2.2 afhanklike veranderlike (1)

8.2.3 onafhanklike veranderlike (1)

8.3 Wat is die rigting van die konvensionele stroom? (1)

8.4 Die volgende resultate in tabel 1 en 2 hieronder is verkry. Voltooi die tabel deur
slegs korrekte antwoord van vrae 8.4.1 tot 8.4.3 neer te skryf

8.4.2

8.4.1

8.4.3

(3)
8.5 Skryf die volgende lesings neer:

8.5.1 V5 (1)

8.5.2 V10 (1)

8.6 Uit bogenoemde ondersoek kan Thando en John die volgende gevolgtrekking
maak. Voltooi die stelling deur slegs die ontbrekende woord (e) neer te skryf:

Weerstande wat in serie verbind word, word beskou as ... (1)


[12]

38
VRAAG 9

Beskou die diagram van 'n stroombaan wat een sel bevat wat aan twee gloeilampe in serie
verbind is, met 'n skakelaar wat gesluit is.

9.1 Definieer stroom in woorde. (2)

9.2 Teken die diagram oor in jou antwoordboek en voeg die volgende daarby:

• 'n Ammeter wat die stroom in die draad by A meet.


• 'n Voltmeter wat die potensiaalverskil oor punte A en B meet. (2)

Die grootte van die stroom by punt A is 0,6 A.

9.3 Wat is die grootte van die stroom by punt C? (1)

9.4 Bereken die hoeveelheid lading wat verby punt C vloei as die stroombaan vir 2
minute gesluit is. (3)

9.5 Die emk van die battery is 3 V. Die potensiaalverskil oor AB is 1,8 V. Wat is die
potensiaalverskil oor CD, en verduidelik waarom VAB verskil van VCD. (2)

9.6 Hoe vergelyk die helderheid van gloeilamp 1 met die helderheid van gloeilamp 2?
Verduidelik jou antwoord. (3)
[13]
VRAAG 10

Beskou die stroombaandiagram hieronder. Die gloeilampe is IDENTIES. Die weerstand


van die battery, ammeter en verbindingsdrade kan
geïgnoreer word.

10.1 Definieer die term potensiaalverskil in woorde. (2)

10.2 Bereken die lesing op die voltmeter as die


BATTERY 'n TOTAAL van 90 J-energie aan 20 C-
lading kan oordra. (3)

10.3 Wat is die emk van ELKE sel? (1)

10.4 'n Lading van 30 C beweeg verby 'n punt in die


hoofstroombaan in 40 s. Bereken die stroom by daardie punt. (3)

10.5 Bepaal die stroom in elk van die individuele gloeilampe. (2)
[11]

39
VRAAG 11

11.1 Twee IDENTIESE gloeilampe, A en B, sowel as 'n meettoestel Z, word aan 'n
battery gekoppel, soos in die stroombaan hieronder getoon.
Z ●
Die skakelaar is aanvanklik oop. S

A B
11.1.1 Watter fisiese hoeveelheid sal toestel Z meet as die skakelaar gesluit word?
(1)

11.1.2 Gee 'n rede waarom die helderheid van die gloeilampe dieselfde sal wees
wanneer die skakelaar gesluit word. (1)

'n Derde identiese gloeilamp word nou in serie met gloeilamp A en B in die
stroombaan geskakel.

11.1.3 Sal die helderheid van die gloeilamp TOENEEM, AFNEEM of DIESELFDE
BLY? (1)

11.2 In die stroombaan hieronder is potensiaalverskil V1 oor die battery en


potensiaalverskil V2 oor die 4 Ω-resistor onbekend.

S

V1

2Ω 4Ω


V2

4V

Wanneer die skakelaar S vir 'n kort rukkie gesluit word, is die potensiaalverskil oor
die parallelle kombinasie 4 V.

11.2.1 Definieer die term potensiaalverskil. (2)

Bereken die:

11.2.2 Effektiewe weerstand van die 2 Ω- en 6 Ω-resistor (3)

11.2.3 Lesing op voltmeter V1 (4)

11.2.4 Lesing op voltmeter V2 (2)


[14]

40
VEKTORE EN SKALARE
VEELKEUSE VRAE

VRAAG 1

1.1 Watter EEN van die volgende fisiese hoeveelhede is 'n vektor?

A Tyd.
B Spoed.
C Afstand.
D Verplasing. (2)

1.2 James is besig om kratte Coca-Cola van 'n vragmotor na die stoorkamer te
verwyder. Die stoorkamer is oos van die vragmotor geleë. Hy stap 50 m na die
eerste rak, en terug na die vragmotor, en dan 40 m na die volgende rak. Watter van
die volgende diagramme stel die resulterende verplasing van die werker relatief tot
die vragmotor voor? Die diagramme is nie volgens skaal geteken nie.

1.3 In die vergelyking , stel die deel van die


vergelyking die ... voor.

A verplasing
B versnelling
C snelheid
D tyd (2)

1.4 'n Motor ry vanaf dorp X vir 40 km op 'n reguit pad na dorp Y. Die bestuurder draai
om en ry onmiddellik terug na die dorp X. Die hele reis duur 2 uur. Wat is die
gemiddelde spoed, in km∙h-1, vir die hele reis?

(2)

41
1.5 Watter een van die volgende kombinasies bevat TWEE skalaar- en EEN
vektorhoeveelheid?

(2)

1.6 'n Seun stap 4 m in 'n oostelike rigting en dan 1 m in 'n westelike rigting. Wat is die
VERSKIL, in m, tussen die afstand wat hy geloop het en die grootte van sy
verplasing?

A 0
B 2
C 3
D 5 (2)

1.7 Watter EEN van die volgende kombinasies sluit TWEE skalaarhoeveelhede en EEN
vektorhoeveelheid in?

A Verplasing, versnelling, spoed


B Spoed, snelheid, afstand
C Krag, massa, versnelling
D Verplasing, versnelling, snelheid (2)

1.8 'n Motor vertrek uit dorp X en reis 40 km met 'n reguit pad na dorp Y. Die
bestuurder draai onmiddellik om en ry terug na dorp X. Die hele reis neem
2 uur.

Die grootte van die gemiddelde snelheid vir die hele reis, in kilometer per uur, sal ...
wees.

A 0
B 20
C 40
D 80 (2)

1.9 Watter EEN van die volgende fisiese hoeveelhede is 'n vektor?

A Afstand
B Verplasing
C Massa
D Tyd (2)

1.10 In die vergelyking vf = vi + aΔt is die SI-eenheid vir aΔt…..

A m
B m.s-2
C m.s-1
D s-1

42
1.11 Watter EEN van die volgende pare fisiese hoeveelhede bestaan uit een skalaar- en
een vektorhoeveelheid?

A Afstand en spoed
B Spoed en versnelling
C Verplasing en snelheid
D Snelheid en versnelling (2)

LANGER VRAE

VRAAG 2

Die Brasiliaanse sokkerspanlede was besig om op te warm vir hul wedstryd teen
Switserland tydens die Wêreldbeker-sokkertoernooi wat in Rusland gespeel is. Hieronder
is 'n diagram wat die afmetings van die sokkerveld wat deur drie spelers, Fred, Vieira en
Neymar gebruik is.

2.1 Definieer die term afstand. (1)

2.2 Fred het by posisie A begin en na posisie E en terug na A in 1 minuut gedraf.

2.2.1 Bepaal die totale afstand wat deur Fred afgelê is. (1)

2.2.2 Bepaal Fred se totale verplasing. (1)

2.2.3 Bereken Fred se gemiddelde spoed. (3)

2.3 Neymar begin opwarm by posisie C. Hy draf na posisie E en hardloop dan na


posisie A waar hy gaan sit het.

2.3.1 Bepaal Neymar se verplasing deur middel van 'n berekening. (3)

2.3.2 Bewys jou antwoord op vraag

2.3.1 deur middel van 'n skaaltekening. Gebruik 'n skaal van 10 mm = 20 m.
(4)
2.4 Vieira hardloop van C na D en terug na C, en dan van C na E in 1,5 minute.

2.4.1 Definieer die term gemiddelde snelheid. (2)

2.4.2 Bereken Vieira se snelheid. (4)

2.4.3 Beskryf Vieira se verplasing relatief tot die sittende Neymar. (2)
[21]
43
VRAAG 3

Mohale stap van sy huis af skool toe. Na 30 minute kom hy by 'n boom wat 3 km ver is en
besef dat sy wetenskapboek nog by die huis is. Hy stap binne 20 minute terug huis toe,
kry sy boek en hardloop dan die 4 km na die skool binne 15 minute.

3.1 Definieer die volgende terme:

3.1.1 Verplasing (2)

3.1.2 Gemiddelde spoed (2)

3.2 Is gemiddelde spoed 'n vektor- of skalaarhoeveelheid? Gee 'n rede vir jou
antwoord. (2)

3.3 Bereken Mohale se gemiddelde SPOED, in m∙s-1, vir die 65 minute wat hy op pad
skool toe is. (4)

3.4 Bereken Mohale se gemiddelde SNELHEID, in m∙s-1, vir die tydperk wat hy
TERUGGAAN NA SY HUIS om sy boek te gaan haal. (3)

3.5 Bereken Mohale se gemiddelde SNELHEID, in m∙s-1, vir die tydperk wat hy SKOOL
TOE HARDLOOP. (2)
[15]

VRAAG 4

'n Motorfiets lewer 'n aandrywingskrag van 500 N terwyl die fiets en ryer weswaarts op 'n
plat, reguit pad beweeg.

Wanneer die ryer rem, werk 'n wrywingskrag van 150 N op die wiele van die motorfiets in
en die motorfiets en ryer beweeg stadiger.

4.1 Definieer die term vektor. (2)

4.2 Bereken die resulterende krag wat op die motorfiets en ryer inwerk. (Beskou die
ryer en fiets as 'n enkele voorwerp). (3)

44
Die ryer reis 160 km weswaarts teen die wind in 'n tyd van 2 uur. Die ryer draai onmiddellik
om en ry terug na die beginpunt in 'n tyd van 1,67 uur, dié keer saam met die wind.

4.3 Skryf die totale verplasing vir die hele rit neer. (1)

4.4 Bereken die gemiddelde spoed van die motorfiets vir die hele rit in km∙h -1. (4)

Die wind waai teen 'n konstante spoed van 8 km∙h-1 OOSWAARTS.

4.5 Bereken die grootte van die werklike snelheid van die motorfiets in km∙h -1 (met
ander woorde, as daar geen wind is nie). (3)
[13]

VRAAG 5

'n Paneelwa ry teen 'n konstante spoed van 54 km∙h-1 in 'n 40 km∙h-1-sone.

'n Polisieman trek uit rus met sy motor weg presies toe die paneelwa by hom verby ry.

Die polisiemotor versnel teen 2 m∙s-2 totdat dit 'n maksimum snelheid van 20 m.s-1 bereik.
Die polisieman ry dan verder teen hierdie konstante snelheid.

5.1 Definieer die term versnelling. (2)

5.2 Herlei 54 km∙h-1 na meter per sekonde (m∙s-1). (3)

5.3 Bereken die tyd wat dit die polisiemotor neem om sy maksimum snelheid te bereik.
(4)
5.4 Bereken watter voertuig (die paneelwa of die polisiemotor) is voor op die tydstip wat
in VRAAG 5.3 bereken is. (5)

5.5 Bereken hoe ver die polisiemotor moet ry voordat dit die paneelwa inhaal. (5)

5.6 Skryf die totale tyd neer wat die polisiemotor neem om die paneelwa in te haal.
(1)
[20]
VRAAG 6

'n Ongeduldige sakeman loop op en af terwyl hy 'n besigheidsoproep op sy selfoon maak.

Hy begin by sy lessenaar en loop 5 m oos (van A na B) en loop dan 7 m wes (van B na C).
Hierdie proses neem hom 20 s.

45
6.1 Gebruik 'n vektorskaaldiagram en stel die twee verplasings van die man (van A na
B EN van B na C) voor. Benoem AL die vektore duidelik en skryf die verplasings
langs die vektore neer. Gebruik 'n skaal waar 1 m deur 1 cm verteenwoordig word.
(2)
6.2 Wat is die man se verandering in posisie by C relatief tot A? (2)

6.3 Bereken die totale afstand wat die man loop. (2)

6.4 Verduidelik waarom die waarde wat in VRAAG 6.2 bereken is, van die waarde wat
in VRAAG 6.3 bereken is, verskil. (2)

6.5 Definieer die term snelheid. (2)

6.6 Bereken die gemiddelde snelheid van die man. (4)


[14]
VRAAG 7

'n Broer en suster stap ná skool huis toe. Nadat hulle 500 m ooswaarts gestap het, besef
die broer dat hy 'n boek by die skool vergeet het en hy draai terug skool toe. Sy suster
stap nog 800 m na hulle huis toe. Sy kom by die huis aan 30 minute nadat sy by die skool
weg is.

7.1 Definieer die term gemiddelde spoed. (2)

7.2 Bereken die gemiddelde spoed van die meisie vanaf die skool tot by haar huis.
(4)
7.3 Gebruik 'n vektorskaaldiagram en stel die verplasing van die seun voor vanaf die
tyd dat hy besef het dat hy sy boek by die skool vergeet het totdat hy by die huis
aangekom het. Sluit ALLE nodige inligting by die diagram in.
Gebruik skaal 1 cm = 100 m vir die diagram. (3)

7.4 Indien die gemiddelde spoed van die seun dieselfde as dié van die meisie is,
bereken hoe lank dit die seun sal neem om by die huis te kom vanaf die tyd wat
hulle saam by die skool weg is. (4)
[13]

46
VRAAG 8

'n Motor versnel vanuit rus teen 15 m∙s-2 vir 2 s op 'n horisontale pad.

8.1 Definieer die term versnelling. (2)

8.2 Bereken die:

8.2.1 Afstand deur die motor afgelê (3)

8.2.2 Snelheid van die motor (3)

Terwyl 'n motorbestuurder teen 'n konstante snelheid van 108 km·h-1 beweeg, sien hy 'n
padteken wat motoriste waarsku om 'n veilige 2-sekonde-volgafstand te handhaaf. Op
daardie oomblik is die motor 80 m agter 'n vragmotor wat teen 'n konstante snelheid van
90 km·h-1 beweeg.

8.3 Verduidelik die betekenis van 'n veilige 2-sekonde-volgafstand. (2)

8.4 Bereken die veilige 2-sekonde-volgafstand agter die vragmotor. (6)

8.5 Bereken hoe lank dit die motoris sal neem om by 'n veilige 2-sekondevolgafstand
agter die vragmotor te kom. (5)
[21]

VRAAG 9

'n Vliegtuig land op 'n aanloopbaan teen 'n snelheid van 67 m·s-1, soos hieronder
geïllustreer. Na 30 sekondes is die snelheid van die vliegtuig 8 m·s-1. Die vliegtuig beweeg
dan voort teen 'n KONSTANTE SNELHEID vir 'n verdere 800 m voordat dit die
aanloopbaan verlaat. Die lengte van die aanloopbaan is 2 000 m.

9.1 Definieer die term vektor. (2)

9.2 Skakel 67 m∙s-1 na km∙h-1 om. (1)

47
9.3 Bereken die:

9.3.1 Versnelling van die vliegtuig gedurende die eerste 30 sekondes (4)

9.3.2 Afstand wat die vliegtuig gedurende die eerste 30 sekondes beweeg het
(4)
9.3.3 Tyd deur die vliegtuig geneem om die 800 m te beweeg (3)

9.3.4 Lengte van die aanloopbaan wat NIE GEBRUIK WORD NIE wanneer die
vliegtuig die aanloopbaan verlaat (2)

9.4 Vlieëniers moet weerstoestande, soos wind en reën, in ag neem wanneer hulle
landingspoed bereken.

9.4.1 Hoe moet 'n vlieënier die landingspoed aanpas indien die oppervlak van die
aanloopbaan nat is? Kies uit VERHOOG, VERLAAG of BLY DIESELFDE.
(1)
9.4.2 Verduidelik die antwoord op VRAAG 9.4.1 deur na die stopafstand in
verhouding tot die landingspoed te verwys. (2)
[19]

48
BEWEGING EN GRAFIEKE
VEELKEUSE VRAE

VRAAG 1

1.1 Watter EEN van die volgende grafieke stel 'n versnelling van 5 m.s-2 voor?

(2)

1.2 Watter een van die volgende snelheid-tydgrafieke is korrek vir 'n voorwerp wat teen
konstante snelheid beweeg?

(2)

1.3 Die helling van 'n raaklyn aan 'n posisie-teenoor-tyd-grafiek verteenwoordig die ...

A gemiddelde versnelling.
B gemiddelde snelheid.
C oombliklike snelheid.
D oombliklike versnelling. (2)

49
1.4 Beskou die versnelling-tyd-grafiek van 'n bewegende voorwerp hieronder. Watter

EEN van die grafieke hieronder verteenwoordig die snelheid-tydgrafiek van die
voorwerp?

(2)

1.5 'n Motor beweeg teen 'n konstante snelheid op 'n reguit pad. Dit verminder dan
uniform spoed. Watter EEN van die snelheid-tyd-grafieke hieronder stel die
beweging van die motor die beste voor?

(2)

1.6 Olie wat teen gelyke tydintervalle uit 'n vragmotor drup, laat die patroon hieronder
op die pad.

Indien die vragmotor ooswaarts beweeg, watter EEN van die kombinasies
hieronder beskryf die spoed van die vragmotor gedurende die intervalle M tot Q, Q
tot V en V tot Z die beste?

(2)

50
LANGER VRAE

VRAAG 2

2.1 ’n Vragmotor begin by 'n verkeerslig en versnel van uit rus teen 1 m·s-2 vir 2 minute
in 'n oostelike rigting.

2.1.1 Bepaal die snelheid van die vragmotor na 2 minute. (5)

2.1.2 Bereken die verplasing van die vragmotor na 2 minute. (5)

2.2 Die beweging van 'n voertuig wat noord ry, word deur die grafiek hieronder
voorgestel.

Gebruik die grafiek om die volgende vrae te beantwoord.

2.2.1 Beskryf die beweging wat deur afdeling AB op die grafiek voorgestel word.
(2)
2.2.2 Beskryf die beweging wat deur afdeling CD op die grafiek voorgestel word.
(2)
2.2.3 Bereken die versnelling gedurende die laaste 2 sekondes van die beweging
deur van 'n bewegingsvergelyking gebruik te maak. (5)

2.3 Suid-Afrikaanse bestuurders word beboet wanneer hul die spoed van 120 km·h-1
oorskry terwyl hulle op die nasionale paaie reis. Bepaal of die bestuurder van die
voertuig 'n boete vir spoed oorskryding sal ontvang deur sy spoed van 40 m·s-1 om
te skakel na km·h-1. (3)
[22]
VRAAG 3

Die snelheid teenoor tydgrafiek vir 'n renmotor word hieronder getoon vir die tydinterval t =
0 s tot by t = 27,5 s. By t = 0 s beweeg die renmotor OOSWAARTS.

51
3.1 Skryf die spoed van die motor by t = 10 s neer. (1)

3.2 Skryf die SNELHEID van die motor by t = 27,5 s neer. (2)

3.3 Beskryf die beweging van die motor vir die deel wat CD gemerk is. (3)

3.4 Bereken die versnelling van C na D. (4)

3.5 Bereken die SNELHEID van die motor by t = 26,3 s. (4)

3.6 Sonder enige berekening(e), vergelyk die grootte van die versnelling vir CD met dié
van DE. Skryf slegs GROTER AS, MINDER AS of GELYK AAN. (1)

3.7 Gee 'n rede vir jou antwoord op vraag 3.6. (1)

3.8 Bereken die grootte van die verplasing van die motor vanaf t = 0 s tot t = 27,5 s.
(6)
[22]
VRAAG 4

Die snelheid-teenoor-tyd-grafiek vir 'n renmotor wat ooswaarts beweeg, word hieronder
getoon.

4.1 Skryf die aanvanklike snelheid van die motor neer. (2)

4.2 Bereken die spoed van die motor by tyd t = 10 s. (2)

4.3 Beskryf die beweging van die motor vir die gedeelte wat CD gemerk is. (2)

4.4 Ondersteun die antwoord op VRAAG 4.3 hierbo deur die versnelling vir gedeelte
CD te bereken. (4)

4.5 Sonder enige berekeninge, vergelyk die grootte van die versnelling van die motor in
gedeelte DE met dié van gedeelte CD van die reis. Skryf slegs GROTER AS,
MINDER AS of GELYK AAN neer. Gee 'n rede vir die antwoord. (2)

4.6 Bepaal die totale verplasing vir die beweging van die motor. (7)
[19]

52
VRAAG 5

'n Taxi beweeg teen 'n snelheid van 25 m·s-1 wanneer 'n verkeerslig, 40 m voor hom, na
rooi oorslaan.

5.1 Definieer die term versnelling. (2)

Die bestuurder neem 1 s om te reageer (reaksietyd) voordat hy rem. Die taxi kom binne
2 s tot stilstand.

5.2 Is die snelheid en versnelling van die remmende taxi in DIESELFDE RIGTING soos
wat dit na die verkeerslig beweeg? (1)

5.3 Gee 'n rede vir die antwoord op VRAAG 5.2. (1)

5.4 Bereken die afstand wat die taxi tydens die reaksietyd beweeg. (4)

5.5 Sal die taxi by die verkeerslig stop? Toon ALLE berekeninge. (5)

5.6 Teken 'n posisie-teenoor-tyd-grafiek vir die beweging van die taxi. (4)
[17]
VRAAG 6

Die snelheid-tyd-grafiek hieronder verteenwoordig die beweging van 'n meisie wat in 'n
noordelike rigting op haar fiets ry.

6.1 Skryf die beginsnelheid van die meisie neer. (2)

6.2 Skryf die grootte van die meisie se snelheid by 300 s neer. (2)
53
6.3 Gebruik die inligting op die grafiek om die beweging van die meisie te beskryf:

6.3.1 Van B na C (2)

6.3.2 Van C na D (2)

6.4 SONDER OM BEWEGINGSVERGELYKINGS TE GEBRUIK, bereken elk van die


volgende:

6.4.1 Afstand deur die meisie van A na C afgelê (4)

6.4.2 Versnelling van die meisie van D na E (4)

6.5 Tydens watter stadiums van die rit is die verandering in snelheid die grootste?
(2)
6.6 Verduidelik die antwoord op VRAAG 6.5. (2)
[20]
VRAAG 7

Die ingenieurs by 'n motormaatskappy voer verskillende toetse op hulle motors uit. Tydens
een van die toetse meet hulle die verandering in posisie gedurende gelyke tydintervalle.
Die resultate verkry, is in die tabel hieronder aangeteken.

7.1 Gee die korrekte term vir verandering van posisie per eenheid tyd. (1)

7.2 Vir hierdie toets, skryf neer die:

7.2.1 Onafhanklike veranderlike (1)

7.2.2 Afhanklike veranderlike (1)

7.3 Gebruik die inligting in die tabel hierbo en teken 'n akkurate posisie-tydgrafiek.
(5)
7.4 Bereken die helling van die grafiek. (4)
7.5 Teken (NIE volgens skaal NIE) 'n ooreenstemmende snelheid-tyd-grafiek vir die
beweging van die motor. Benoem die asse. (2)

7.6 Lei vervolgens die grootte van die versnelling van die motor af. (2)

[16]

54
ENERGIE
VEELKEUSE VRAE

VRAAG 1

1.1 'n Voorwerp met massa m word vanaf 'n balkon laat val en tref die grond met
kinetiese energie E.

'n Voorwerp met massa 2m word VANAF DIESELFDE HOOGTE laat val en tref die
grond met kinetiese energie gelyk aan ...

A ¼E
B ½E
C E
D 2E (2)

1.2 'n Motorfiets wat teen 'n spoed v ry, het 'n kinetiese energie E. Indien die spoed van
die motorfiets tot 3v toeneem, sal die kinetiese energie ... wees.

A 3E
B ⅓E
C 6E
D 9E (2)

1.3 Die SI-eenheid vir gravitasie- potensiële energie is ...

A kg∙m∙s-1
B kg∙m∙s-2
C kg∙m2∙s-2
D kg∙m-1∙s-1 (2)

1.4 'n Voorwerp word vanaf die bokant van 'n wrywinglose skuinsvlak, AB, los gelaat,
soos hieronder getoon.

Watter EEN van die volgende stellings oor die totale meganiese energie van die
voorwerp is KORREK?

(2)

55
LANGER VRAE

VRAAG 2

'n Staalbal met 'n massa van 5 kg rol oor 'n wrywinglose oppervlak, soos hieronder getoon.
Wanneer die bal punt A bereik, het dit meganiese energie van 250 J. (Die skets is NIE
volgens skaal geteken NIE.)
D

C
•A •
7m
5m

B

2.1 Stel die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde. (2)

2.2 Gebruik jou kennis van die beginsel van behoud van meganiese energie om:

2.2.1 Die kinetiese energie van die staalbal by punt B neer te skryf (2)

2.2.2 Die spoed van die staalbal op die oomblik wanneer dit punt C bereik, te
bereken (5)

2.3 Bepaal of die meganiese energie wat deur die bal by punt A verkry word, genoeg
sal wees om die bal oor punt D te dra. Toon AL die berekeninge. (4)
[13]
VRAAG 3

'n Vrou is by 'n winkelsentrum 10 m bo die grond. Haar selfoon, met 'n massa van 0,01 kg,
val en tref die grond teen 'n snelheid van 14 m·s-1. Ignoreer die effekte van lugweerstand.

3.1 Herlei 14 m·s-1 na km·h-1. (2)

3.2 Definieer die term kinetiese energie. (2)

3.3 Bereken die gravitasie- potensiële energie van die selfoon op 'n hoogte van 5 m bo
die grond. (3)

3.4 Bereken die snelheid van die selfoon op 'n hoogte van 5 m bo die grond. (4)

3.5 Sal die waarde van die selfoon se meganiese energie net voordat dit die grond tref
GROTER AS, KLEINER AS of DIESELFDE AS die meganiese energie op 'n hoogte
van 5 m wees? Verduidelik die antwoord. (3)
[14]
56
VRAAG 4

'n Hysbak neem 'n man na 'n lugbrug wat 100 m bokant die grond is, soos hieronder
getoon. Hy doen 'n reksprong ('bungee jump') vanaf die lugbrug. Ignoreer die effekte van
lugweerstand.

4.1 Definieer die term kinetiese energie. (2)

4.2 Die man en sy toerusting het 'n massa van 72 kg. Bereken die man se gravitasie-
potensiële energie net voordat hy van die lugbrug af spring. (3)

4.3 Stel die wet van behoud van meganiese energie. (2)

4.4 Gebruik die wet in VRAAG 4.3 om die man se snelheid op 'n hoogte van 50 m
bokant die grond te bereken. (5)

4.5 Teken 'n grafiek van Ep teenoor Ek vir die beweging van die man vanaf die oomblik
wat hy spring totdat hy die grond bereik. (3)
[15]
VRAAG 5

'n Skaatsplankryer, wat aan die bopunt


van 'n helling 4,5 m bo die grond begin,
skaats by die helling af, soos in die
diagram hieronder getoon. Die massa
van die skaatsplankryer en sy plank is 65
kg. Ignoreer die effekte van wrywing.

5.1 Definieer die term gravitasie-


potensiële energie in woorde. (2)

5.2 Bereken die gravitasie- potensiële energie van die skaatsplankryer net voordat hy
by die helling af skaats. (3)

5.3 Skryf die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde neer. (2)

5.4 Gebruik die beginsel wat in VRAAG 5.3 genoem is om die grootte van die snelheid
van die skaatsplankryer te bereken wanneer hy die grond by punt X bereik.(4)

5.5 Sal die skaatsplankryer punt Y kan bereik as hy op sy skaatsplank sou bly? Skryf
JA of NEE en staaf die antwoord met 'n relevante berekening. (5)
[16]
57

You might also like