You are on page 1of 3

DIE SIRKULASIESTELSEL LES 8.

2 TIPES BLOEDVATE – WERKKAART

1. Gee in elke geval slegs die korrekte biologiese term vir die onderstaande stellings.

a) Die binneste voering van ‘n bloedvat.


b) Die tipe spier waaruit ‘n bloedvatwand bestaan.
c) Bloedvate wat bloed weg van die hart vervoer.
d) Bloedvate wat bloed na die hart vervoer.
e) Die kleinste, dunste bloedvate.
f) Strukture in are wat voorkom dat bloed terugwaarts vloei.
g) Die holte in ‘n bloedvat waardeur die bloed vloei. (7)

2. Bestudeer die onderstaande diagramme A, B en C wat drie verskillende tipes bloedvate voorstel. Die
bloedvate is nie noodwendig volgens skaal geteken nie. Beantwoord die vrae wat volg.

2.1. Identifiseer die weefsellaag genommer 3. (1)

2.2. Lewer kommentaar op die dikte van laag 3 tussen bloedvat A en B. (2)

2.3. Voorsien ‘n verduideliking vir die verskil wat jy uitgelig het in VRAAG 2.2. (3)

2.4. Identifiseer die tipe bloedvat wat deur C aangedui word en gee EEN sigbare rede vir
jou antwoord. (2)

2.5. Verskaf byskrifte vir die dele 1, 2 en 4. (3)

2.6. Watter bloedvat hierbo sal kleppe bevat? Gee slegs die LETTER. (1)

2.7. In watter rigting vervoer bloedvat tipe A bloed in die liggaam? (1)

www.wolkskool.co.za
1|Bladsy
3. Bestudeer die diagramme hieronder wat die struktuur van verskillende soorte bloedvate illustreer.
Grafiek A dui die gemiddelde bloeddruk in verskillende bloedvate in die liggaam aan, terwyl Grafiek
B die tempo van bloedvloei in die verskillende bloedvate illustreer. Bestudeer die grafieke en
beantwoord die vrae wat daarop volg.

3.1. Tabuleer DRIE strukturele verskille tussen arteries, venes en kapillêre. (4)

3.2. Lees onderskeidelik die sistoliese en diastoliese druk van die arteries
op GRAFIEK A af. (2)

3.3. Wat is die tempo van bloedvloei deur die kapillêres in GRAFIEK B? (1)

3.4. Verduidelik die voordeel van die bloedvloei tempo soos in VRAAG 3.3 (2)

www.wolkskool.co.za
2|Bladsy
4. Bestudeer die onderstaande diagram van bloedvloei deur die menslike liggaam en beantwoord die
vrae wat volg.

4.1. Deur van dele A en B gebruik te maak verduidelik die begrip van ‘n dubbele bloedsomloopstelsel. (6)

4.2. Benoem bloedvate 1 ,2 ,4 en 6. (4)

4.3. Benoem kleppe 5 en 7 en gee telkens die funksie van elke klep. (4)

4.4. Benoem hartkamer 3. (1)

4.5. Verduidelik hoe die wande van die ventrikel struktureel aangepas is om bloed te pomp. (2)

4.6. Wat word nommer 8 genoem en wat sal die effek wees indien daar ‘n gaatjie in 8 is? (3)

4.7. Wat word die bloedvat genoem wat die hartspier self van bloed voorsien? (1)

www.wolkskool.co.za
3|Bladsy

You might also like