You are on page 1of 6

AARDRYKSKUNDE VOORBEREIDINGSEKSAMEN

KWARTALE 3 EN 4

NAAM EN VAN:_______________________________________________

INSTRUKSIES
Beantwoord alle vrae op die vraestel.
Volg alle instruksies by elke individuele vraag gegee.
Skryf netjies en leesbaar.

BEDANKINGS
Opgestel deur Jean Joubert
VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE [10]
Maak ‘n regmerkie in die blokkie van die korrekte antwoord by elke vraag. Daar is slegs een
korrekte antwoord.

1.1. Wat word ‘n steil vertikale rotswand wat deur brandererosie langs ‘n kus gevorm word,
genoem?
kaap
baai
naaldrots
seekrans

1.2. Watter van die volgende is nie ‘n voorgeskrewe manier hoe huishoudings en besighede kan
bydra tot die vermindering van hul koolstofvoetspore nie?
skakel ligte af
staak werk
gebruik alternatiewe energie
gebruik LED’s

1.3. Watter van die volgende is ‘n hoofbydraer na die skeping van ‘n inversielaag?
koolstofdioksied
suurstof
koraalriwwe
oorbeweiding

1.4. Wat is die definisie van “marikultuur”?


‘n skool visse
visteëlstasie (dam/meer)
vang van ‘n onbeperkte hoeveelheid vis
‘n net van nylon waar seeskilpaaie deur ‘n luik kan swem

1.5. Wat is die definisie van aardverwarming?


seisoene verander
temperatuur neem toe
koolstofmonoksied word vrygestel
ysbere verloor hul habitatte
VRAAG 2: GEVALLESTUDIE [20]
Lees die onderstaande bron en beantwoord die vrae wat volg met kritiese verwysing daarna.
2.1. Wat dui ‘n mielie met rooierige-pers kleur blare aan?
[1]

2.2. Bastermielies en soetmielies is voorbeelde van GM-produkte. Vergelyk 3 voordele en 3


nadele van hierdie produk.

Voordele: Nadele:

[12]

2.3. Waarvoor staan die afkorting: “GM”?


[2]

2.4. Definieer die term: “organiese voedsel”.

[2]

2.5. Vergelyk kommersiële boerdery en bestaansboerdery.

2.5.1.1. Watter een van die boonste tween boerderymetodes dra die meeste by tot
voedselsekerheid?
[1]

2.5.1.2. Wat beteken die term: “voedselsekerheid”?

[2]
VRAAG 3: HULPBRONGEBRUIK [12]
3.1. Vergelyk (d.m.v. definisies) hernubare- en nie-hernubare hulpbronne.

[4]

3.2. Beantwoord die volgende vrae oor oorbevissing:

3.2.1. Wat is oorbevissing?

[1]

3.2.2. Hoe kontroleer SASSI volhoubare visvang? Noem 3 maniere.

[3]

3.3. Wat is 3 maniere van volhoubare weiding wat oorbeweiding gevolglik kan regstel? Gee
slegs die terme.
1. 2. 3. [3]

3.4. Waar of vals? (Omkring die korrekte vetgedrukte woord.) [1]


- ⅕ van Suid-Afrika se grond is kwesbaar vir erosie.

VRAAG 4: OPPERVLAKKRAGTE

4.1. Wat is die verskil tussen fisiese en chemiese verwering?

[4]
4.2. Beskryf die term: korreldisintegrasie.

[2]

4.3. Watter deel van ‘n rivierloop is “konkaaf”?

[1]

4.4. Noem een kenmerk van elke deel van ‘n rivierloop.

[1]

GROOTTOTAAL: 50 PUNTE

You might also like