You are on page 1of 3

GESKIEDENIS VOORBEREIDINGSEKSAMEN

KWARTALE 3 EN 4

NAAM EN VAN:_______________________________________________

INSTRUKSIES
Beantwoord alle vrae op ‘n folio.
Volg alle instruksies by elke individuele vraag gegee.
Skryf netjies en leesbaar.

BEDANKINGS
Testpapers.com
Gautengse onderwysdepartement
WCED CAPS dokument
Opgestel deur Jean Joubert
VRAAG 1: WOORDESKAT

1.1. Defineer die volgende terme. [10]


1.1.1. hiërargie
1.1.2. boikot
1.1.3. verdrag
1.1.4. opsweep
1.1.5. hoogverraad

1.2. Verskaf ‘n term vir die volgende definisies. [5]


1.1.1. ‘n Misdaad wat met die dood strafbaar is.
1.1.2. ‘n Tyd wanner niemand in die strate toegelaat word nie.
1.1.3. Wanneer iemand wat oorlede is, vereer word.
1.1.4. ‘n Belangrike inleidende afdeling van ‘n regsdokument.
1.1.5. Afsonderlik hou.

VRAAG 2: GEVALLESTUDIE

Instruksies: Lees die uittreksel van ‘n artikel oor Lilian Ngoyi en beantwoord die vrae wat volg.
2.1. In watter jaar in Ngoyi verkies as die eerste vroulike lid van die ANC se nasionale
uitvoerende raad? [1]

2.2. In watter destydse provinsie moes Oranje-Vrystaatse vroue wat in stedelike townships
gewoon het, elke maand toegangspermitte koop? [2]

2.3. Verduidelk een ooreenkoms tussen die Vroue-opmars en die Soweto-opstand. [3]

2.4. Waarvoor staan die Afrikaanse afkorting; SAFV? [2]

VRAAG 3: DIE SHARPEVILLE-SLAGTING EN DIE SOWETO-OPSTAND

3.1. Bespreek oorsake van die Sharpeville-slagting in ‘n kort paragraaf. [5]

3.2. Beantwoord die volgende vrae oor die gebeure rondom “die Slagting”.
3.2.1. Wie was die leier van die PAC en die hooforganiseerder van die opmars? [2]
3.2.2. Hoe het die PAC die ANC se beplande opstand oortref? [3]
3.3.3. Bespreek die gebeure met verwysing na die dodetal en die polisie. [4]

3.4. In ‘n paragraaf, vergelyk die kort- en langtermyngevolge van die gebeurtenis. [8]

VRAAG 4: OPSTEL

4. In opstelformaat, bespreek die invloed van apartheid op mense se lewens met kritiese
verwysing na die Groepsgebiedewet van Sophiatown. [20]

GROOTTOTAAL = 65 PUNTE

You might also like