You are on page 1of 15

AFRIKAANS

EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL 1

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT GRAAD 12


NOVEMBER 2021 (A)
TOTAAL: 80
TYD: 2 UUR

HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 15 BLADSYE.


NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT

NOVEMBER 2021 (A)

AFRIKAANS EAT VRAESTEL 1

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:


AFDELING A: LEESBEGRIP (VRAAG 1) (30)
AFDELING B: OPSOMMING (VRAAG 2) (10)
AFDELING C: TAAL (VRAAG 3, 4 en 5) (40)

2. Lees ALLE instruksies deeglik deur.

3. Beantwoord AL die vrae.

4. Begin elke afdeling op ʼn NUWE bladsy.

5. Trek ʼn lyn na elke afdeling.

6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie


vraestel gebruik is.

7. Laat ʼn reël oop na ELKE antwoord.

8. Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9. Skryf netjies en leesbaar met ’n blou pen.

10. Beplan jou tyd só:


AFDELING A: 50 minute
AFDELING B: 30 minute
AFDELING C: 40 minute

© SACAI KOPIEREG ~ 2 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL
Lees die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

STUDENT VERKOOP HAAR EIE KLERE OM KOS VIR HAWELOSES TE KOOP

1 “Waar is al die mense? Hoekom is die strate so leeg? Wat is hierdie


’lockdown’ waarvan julle praat?”

2 Hierdie woorde, uit die mond van ’n hawelose man met wie die SAUK ’n
onderhoud gevoer het, het die omgeevuur, wat in Nikita van Schoor se hart
brand, nog meer aangevuur. 5

3 Die inperkingstydperk het Nikita, ’n mediese student in haar vierde jaar,


opnuut laat besef hoe verskriklik groot die gaping tussen ryk en arm in ons
land is en hoeveel van ons mense op straat en onder die broodlyn probeer
oorleef.

4 Nikita was oorweldig deur die behoefte om vir haweloses te wys dat daar 10
iemand is wat vir hulle omgee – dat almal nie van hulle vergeet het nie. Met
elke uitstappie na die kruidenierswinkel het Nikita ’n ekstra brood en ’n vleisie
gekoop en toebroodjies uitgedeel aan dié wat honger ly. Kort voor lank het
sy egter besluit dat sy, uit haar bevoorregte posisie, meer kan doen om te
help. 15

© SACAI KOPIEREG ~ 3 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

5 Só is die “Second Hands of Hope”-inisiatief deur Nikita begin. Sy het ’n


Instagram-profiel geskep waarop sy van haar klere verkoop en die geld
gebruik het om bestanddele te koop. Hiermee het sy warm maaltye vir
haweloses voorberei. Soos Nikita se klerevoorraad opgeraak het, het mense
na vore getree en klere, geld en bestanddele begin skenk. Die nuus oor Nikita 20
se projek en die ongelooflike werk wat sy doen, het soos ’n veldbrand
versprei. Gou het ’n Wes-Kaapse skool en ’n studentegemeenskap van die
Universiteit Stellenbosch ook betrokke geraak en kinders en studente
aangespoor om skenkings te maak en selfs hand by te sit met die
voorbereiding van die maaltye. 25

6 Nikita se organisasie bedien tans die Hanoverpark-, Landsdowne-, Athlone-


Kenilworth-, Rylands-, Wynberg- en Claremont-gebied in Kaapstad.

7 Die eerste kooksessie het 51 maaltye opgelewer. Vandag


glimlag Nikita trots wanneer sy sê dat gemiddeld 200 mense
elke Saterdag uit haar kombuis gevoed word en dat sy en 30
haar span al meer as 2 300 maaltye voorberei en verskaf
het, wat dien as ’n ligpunt vir mense wat waarskynlik al
begin glo het dat die wêreld hulle weggegooi en vergeet het.

8 Terselfdertyd het Nikita ook klere ingesamel om aan die Holy Cross-
kinderhuis se inwoners te skenk, wat onlangs al hul besittings in ’n brand 35
verloor het.

9 Teen hierdie tyd wonder jy seker al hoe op dees aarde Nikita hierdie
massiewe projek én haar studies balanseer. Haar antwoord? “Om ’n paar uur
per week af te staan en sodoende te verseker dat ’n paar magies minstens
een keer daardie week gevul word, is werklik nie te veel gevra van my nie. 40
Inteendeel, dit is baie lonende werk en motiveer my ook om harder te leer.”

10 Nikita het toestemming gekry om hierdie projek te laat tel as haar elektief-
module vir die jaar en is tans besig om ’n literatuuroorsig te doen oor
wêreldhongersnood en voedselsekerheid.

11 Dié hedendaagse Moeder Teresa beklemtoon dat die doel van “Second 45
Hands of Hope” is om honger, eensame mense met elke maaltyd (wat met
die grootste liefde gekook is) geliefd te laat voel.

12 Volgens Nikita kry sy hierdie liefde vir mense by haar ouma, wat haar van
kleinsaf geleer het hoe belangrik dit is om te gee. Sy vertel, met die grootste
liefde en bewondering, hoe haar ouma haar uitgedaag het om uit die 50
perspektief van ’n hawelose mens na die wêreld te kyk. “Dit is só maklik om
te oordeel, maar kan jy jouself indink hoe moeilik dit moet wees om jou laaste
bietjie trots te sluk en aan ’n vreemdeling se deur te klop om vir ’n bietjie
oorskiet te vra?”

© SACAI KOPIEREG ~ 4 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

13 Nikita sluit ons onderhoud af met die volgende woorde: “Tot jy self in daardie 55
posisie was, het jy nie die reg om te oordeel nie. Jy is dit aan jouself en ander
verskuldig om te help waar jy kan.”

14 Vir meer inligting, of indien jy graag ’n bydrae wil lewer, kontak gerus vir Nikita
op die “Second Hands of Hope” se Instagramblad.

[Uit: Student verkoop haar eie klere om kos vir haweloses te koop|Netwerk24]

LET WEL

• Beantwoord AL die vrae.


• Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

1.1 Waarom, dink jy, was die hawelose man onbewus van die “lockdown” reëls?
(Paragraaf 1) (1)

1.2 Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.2) neer.

Die hawelose man het Nikita se omgeevuur nog méér aangevuur, beteken sy
het …

A die man veroordeel.


B van die man vergeet.
C die man jammer gekry.
D gedink die man is dronk.
(1)
1.3 Nikita van Schoor is besig om te studeer.

1.3.1 Watter werk kan Nikita na haar studies doen?


(1)
1.3.2 In haar hoeveelste studiejaar is Nikita tans?
(1)
1.4 Noem EEN sosiale probleem wat mense in paragraaf 3 beleef.
(1)
1.5 Nikita wou graag help om mense wat honger ly te voed.

1.5.1 Noem TWEE soorte kos wat sy ekstra gekoop het wanneer sy die
kruidenierswinkel besoek het. (2)

1.5.2 Wat het Nikita met die ekstra kos, wat sy gekoop het, gedoen? (1)

© SACAI KOPIEREG ~ 5 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

1.6 Wie is die stigter van die “Second Hands of Hope” inisiatief? Gee die
persoon se naam en van. (1)

1.7 Waarom kan ’n mens sê dat Second Hands of Hope se Instagramblad


suksesvol was? Noem EEN rede. (1)

1.8 In paragraaf 5 het mense vir Nikita met klere, geld en bestanddele begin
help. Waarom is dit ironies?
(2)
1.9 Waaruit kan jy aflei dat mense vinnig gehoor het van die ongelooflike werk
wat Nikita doen? Haal ’n frase uit paragraaf 5 aan as antwoord. (1)

1.10 Lees weer paragraaf 5.

Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.


’n Studentegemeenskap het hand bygesit met die voorbereiding van die
maaltye, want hulle wou (hulle hande was/hulself hulpvaardig maak). (1)

1.11 Gee TWEE bewyse uit paragraaf 7 dat Nikita en haar span help om honger
te beveg. (2)

1.12 Hawelose mense kan soms voel dat mense hulle vergeet het.
Skryf VIER OPEENVOLGENDE WOORDE uit die teks neer wat vir ons sê
dat Nikita se organisasie vir hierdie mense hoop gee. (1)

1.13 Waarom het Nikita klere vir die Holy Cross-kinderhuis se inwoners
ingesamel? (1)

1.14 Nikita het nie genoeg tyd om aan die Second Hands of Hope Inisiatief
aandag te gee nie.
Motiveer waarom hierdie stelling ONWAAR is. (1)

1.15 Wat is, volgens Nikita, Second Hands of Hope se doel? (1)

1.16 Wie het vir Nikita van kleinsaf geleer om lief te wees vir mense? (1)

1.17 Nikita word in die teks as die hedendaagse “Moeder Teresa” beskryf.
Dink jy hierdie beskrywing is gepas? MOTIVEER jou antwoord. (1)

1.18 Waarom is daar foto’s by die artikel? (1)

1.19 Sal jy geld skenk vir die Second Hands of Hope inisiatief? (1)
MOTIVEER jou antwoord.

© SACAI KOPIEREG ~ 6 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

TEKS B: SPOTPRENT

Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

[UIT: Volksblad, 7 Maart 2020]

1.20 Kies die korrekte antwoord om die idioom mee te voltooi. Skryf net die letter
(A–D) langs die vraagnommer (1.20) neer.

Die kinders maak asof hulle baie siek is. Die seun is so siek soos ’n …

A kat.
B koei.
C muis.
D hond. (1)

1.21 Kyk na die illustrasie van die juffrou.


Hoe kan ons aan die juffrou se lyftaal aflei dat sy bekommerd is? (1)

1.22 Wat veroorsaak dat die seuns so baie nies? (1)

1.23 Waarvan maak die spotprentkunstenaar gebruik om vir die leser aan te dui (1)
dat die skoolhoof besig is om te praat?

1.24 Gee een praktiese wenk om jouself teen Covid-19 te beskerm. (1)

TOTAAL AFDELING A: 30

© SACAI KOPIEREG ~ 7 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2
Lees die onderstaande teks en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES
1 Som die SEWE feite oor wenke oor hoe om items wat jy aanlyn bestel het te
ontvang, in jou eie volsinne op.
2 Skryf die feite puntsgewys neer.
3 Nommer die feite van 1 tot 7.
4 Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie. Dui die korrekte aantal
woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C
SO ONTVANG JY ITEMS WAT JY AANLYN BESTEL HET

Woolworths beveel aan dat kliënte die volgende stappe volg om hulself te beveilig teen
Covid-19 wanneer hulle die items ontvang wat aanlyn bestel is.

Klere en kos wat aanlyn bestel is, word deur middel van koeriermaatskappye by kliënte
afgelewer. Dra ʼn masker wanneer jy jou produkte in ontvangs neem.

Goeie handhigiëne is belangrik. Was jou hande met seep en water voordat jy enige van die
produkte wat jy ontvang het, hanteer.

Terwyl jy ʼn masker dra wat jou neus en mond bedek, pak die items uit die aanlyn pakkies in
’n vooraf gesaniteerde area in jou huis.

Saniteer, ontsmet, was of laat droogskoonmaak al die items wat jy ontvang het, voordat jy dit
gebruik. Die saniteerder moet ten minste 70% alkohol bevat. Seepwater is ook voldoende.
Gebruik handdoekpapier om die items mee af te droog. Indien jy verkies om die items
te laat droogskoonmaak, kan Woolworths nie verantwoordelik gehou word vir skade aan
kledingstukke nie.

Sodra al die items uitgepak en gesaniteer is, is dit raadsaam om die verpakking weg te gooi.
Maak van jou buitenste asblik gebruik.

Was weer jou hande vir ten minste 10 sekondes. Jy kan na video’s op die
Wêreldgesondheidsorganisasie se webblad kyk om wenke te kry en sodoende jou hande
korrek te was.

Saniteer wéér die oppervlakte waar jy die pakkie oopgemaak het om te verseker dat die area
voldoende ontsmet is. Wees versigtig om nie van die saniteringsprodukte in te sluk nie.
Wees waaksaam om nie jou items met die saniteerder te beskadig nie.

(Verwerk en vertaal uit: COVID-19 Customer Sanitisation of products ordered online, 2020)

TOTAAL AFDELING B: 10

© SACAI KOPIEREG ~ 8 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

• Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.


• Voer die instruksie by elke vraag uit.

TEKS D: ADVERTENSIE

EKSTRA WISKUNDE

DEZZI IS JÓÚ AANLYN WISKUNDEHELD

S u k k e l met somme … se dae is getel danksy

DEZZI, jou wiskundeHELD!!!

♯Wiskundekenner tot jou beskikking.


SMS
“WISKUNDE” ♯Aanlyn toegang tot vraestelle,
na
33651(SMS’e
memorandums.
♯Gratis Wiskunde Winterskool vir graad 12’s.
[Eie teks]

© SACAI KOPIEREG ~ 9 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

3.1 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die letter
(A-D) langs die vraagnommer (3.1) neer.

“Sukkel met somme se dae is getel …” beteken binne die konteks van die
advertensie dat jy van nou af wiskunde … gaan kan doen.

A stadiger
B makliker
C moeiliker
D moeisamer (1)

3.2 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.


“DEZZI IS jóú aanlyn Wiskundeheld …”

Hierdie sin beklemtoon dat die adverteerder jou met wiskunde kan (hulp/help) (1)
.
3.3 Wie is die teikengroep van die advertensie? (1)

3.4 Noem EEN manier waarop die adverteerder die leser se aandag trek. (1)

3.5 Skryf die sin in die LYDENDE VORM.


Dezzi bied klasse aanlyn aan. (1)

3.6 Skryf die sin hieronder as ’n VRAAGSIN oor.


Graad 12-leerders sukkel met wiskunde. (1)

3.7 Verbeter die SPELFOUT in die sin.


Leerders sal minder stress as hulle ekstra lesse neem. (1)

3.8 Kies die korrekte VOORNAAMWOORD tussen hakies.


Daar is baie bronne (waaruit/uit wat) ’n leerder wiskunde kan oefen. (1)

3.9 Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.
Aanlyn lesse is ʼn (onkonvensioneel) onderrigmetode. (1)

3.10 Sal hierdie advertensie jou beïnvloed om tot aksie oor te gaan?
MOTIVEER jou antwoord. (1)
[10]

© SACAI KOPIEREG ~ 10 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

VRAAG 4: STROKIESPRENT
• Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.
• Voer die instruksie by elke vraag uit.

TEKS E

MEESTER DANIE CRONJE

RAAMPIE 1 RAAMPIE 2 RAAMPIE 3


[Uit: http://meester.yolasite.com/strokies.php]

4.1 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
vraagnommer (4.1) en die letter (A–D) neer.
Neelsie se vriend staan met sy vinger in sy mond. Dit impliseer dat hy … voel.
(RAAMPIE 1)

A verveeld
B verwaand
C opgewonde
D geamuseerd (1)

4.2 Neelsie kry elke keer ’n pyn as hy na die wiskundeklas gaan.


Gebruik die HOMONIEM van keer in ’n volsin sodat dit ’n ander betekenis
het. (1)

4.3 Skryf die sin oor in die korrekte WOORDORDE.


Neelsie (wil) (gebruik) (’n noodhulpkissie) (sy les) (tydens) (1)

4.4 Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies.
Noodhulpkissies is een van die (noodsaaklik) items by ’n skoolbyeenkoms. (1)

© SACAI KOPIEREG ~ 11 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

4.5 Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM.


Neelsie neem altyd ’n noodhulpkissie skool toe. (1)

4.6 Skryf die sin in RAAMPIE 2 in die INDIREKTE REDE.


Die vriend vra vir Neelsie: “Hoekom het jy ’n noodhulpkissie?” (1)

4.7 “Alle seuns is lui.”


Waarom is die mening stereotiperend? (1)

4.8 Kies die KORREKTE woord uit die woorde tussen hakies.
In RAAMPIE 2 en in RAAMPIE 3 lyk Neelsie (dieselfde/anders). (1)

4.9 Hoe kan ʼn mens in RAAMPIE 3 sien dat Neelsie nie lus het om wiskunde by
te woon nie? Gee TWEE aanduidings. (2)
[10]

© SACAI KOPIEREG ~ 12 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

• Die taalvrae wat volg, is op die tydskrifartikel (Teks F) en die prent (Teks G) hieronder
gebaseer.
• Die nommering in die artikel verwys na die vraagnommer wat beantwoord moet word.
• Voer die instruksies by elke vraag uit.
• Opsetlike taalfoute kom voor.

5.1 Lees die artikel en beantwoord die vrae.

TEKS F: ARTIKEL

Baie meisies word arm groot. Hulle wêreld


bied (5.1.1) baie geleenthede. Sebabatso
Ncephe, (5.1.2) 19, woon in Ivory Park, in
(5.1.3) Suid-Afrika.

Toe sy vermoed dat sy dalk aan die


Koronavirus mag (5.1.4) (lei/ly), het sy besluit
om na die plaaslike kliniek toe te stap. (5.1.5).
Sy wil haarself laat toets.

Sebabatso het daar ’n swanger vrou ontmoet wat vir ’n voorgeboorte ondersoek gekom
het. Saam het hulle vir ure in die 5.1.6 (bloedig) hitte gewag. Uiteindelik was dit die swanger
vrou se beurt. (5.1.7) Sy kon eerste in gaan, maar sy moes terug gaan huis toe.

Sonars word net (5.1.8) (in die oggend) geneem. (5.1.9) Sebabatso sê ek het baie jammer
vir die vrou gevoel. Wat as sy baie ver van die kliniek af bly? Sê nou net sy het nie genoeg
geld vir die taxi nie?”

Net daar is Sebabatso se idee vir haar (5.1.10) app gebore! “Afya Yangu” oftewel “My
gesondheid” in Swahili. Die app sal (5.1.11) hospitaal en pasiënte in staat stel om mekaar
direk te (5.1.12) kontak. Dit bied vir pasiënte kritiese (5.1.13) informasie oor hulle gesondheid
sonder dat hulle vir dae lank in lang rye moet wag.

(5.1.14) Ek wil vir meisies sê: “Julle moet groot droom!”


(Verwerk en vertaal uit: https://features.unicef.org/teen-girl-activist/#group-Sebabatso-in-South-Africa-
KIr8kECAex)

5.1.1 Gee die ANTONIEM van die woord tussen hakies.


Hulle wêreld bied (baie) geleenthede. (1)

5.1.2 Skryf die GETAL tussen hakies in woorde uit.


Sebabatso Ncephe is (19) jaar oud. (1)

5.1.3 Gee die korrekte AFKORTING van die woorde tussen hakies.
Sebabatso Ncephe woon in (Suid-Afrika). (1)

5.1.4 Kies die korrekte HOMOFOON tussen hakies.


Sy het vermoed dat sy dalk aan die Koronavirus mag (lei/ly). (1)

© SACAI KOPIEREG ~ 13 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

5.1.5 Skryf die onderstaande sin oor in die VERLEDE TYD.


Sy wil haarself laat toets. (1)

5.1.6 Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.
Hulle wag vir ure in die (bloedig) hitte. (1)

5.1.7 Skryf die gedeelte tussen hakies in die INFINITIEF.


Sy kon (eerste in gaan).
Begin só: Sy behoort … (1)

5.1.8 Gee EEN woord vir die woorde tussen hakies.


Sonars word net (in die oggend) geneem. (1)

5.1.9 Herskryf die onderstaande sin met die korrekte LEESTEKENS.


Sebabatso sê ek het baie jammer vir die vrou gevoel. (1)

5.1.10 Gee die KORREKTE AFRIKAANS vir die akroniem tussen hakies.
Sebabatso se (app) is gebore! (1)

5.1.11 Gee die MEERVOUD van die woord tussen hakies.


Die app help (hospitaal) en pasiënte. (1)

5.1.12 Verdeel die woord tussen hakies in LETTERGREPE.


Die hospitaal kan hulle pasiënte (kontak). (1)

5.1.13 Gee ’n SINONIEM vir die woord tussen hakies.


Dit bied vir pasiënte kritiese (informasie). (1)

5.1.14 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.


Ek wil vir meisies sê: “Julle moet groot droom!”
Begin só: Ek wil vir meisies sê dat… (1)

© SACAI KOPIEREG ~ 14 ~
NSS NOVEMBER: ARIKAANS EAT VR1 | 2021

5.2 Kyk na die prent en beantwoord die vrae.

TEKS G: PRENT

[UIT: Google images]

5.2.1 Vorm ’n SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.


Die vrou koop aanlyn met haar (slim + foon) of haar rekenaar. (1)

5.2.2 Gee die VERKLEINING van die woord tussen hakies.


Verskaffers lewer selfs klein (bestellings) by jou huis af. (1)

5.2.3 Voltooi die sin.


Die vrou se … is in haar linkerhand. (1)

5.2.4 Gee die KORREKTE vorm van die woord tussen hakies.
Dit is (goedkoop) om aanlyn te koop as om winkel toe te ry, want jy bespaar
brandstof. (1)

5.2.5 Gee die INTENSIEWE VORM van die woord tussen hakies.
Moenie (duur) items in ʼn winkel koop nie. (1)

5.2.6 Doen jy graag aanlyn inkopies? MOTIVEER jou antwoord. (1)


[20]
TOTAAL AFDELING C: 40
GROOTTOTAAL: 80

© SACAI KOPIEREG ~ 15 ~ EINDE VAN DOKUMENT

You might also like