You are on page 1of 7

Copyright The Brainiac 2022

TYDBESTUURSVAARDIGHED
E
GRAAD 9
KOM ONS KYK NA DIE VOLGENDE VIDEO:

Copyright The Brainiac 2022


Bespreek die video:

Almal sal iewers in hul lewe take uitstel (procrastinate).


1. Wanneer is jy meer geneig om take uit te stel? Gee ‘n paar voorbeelde.
2. Waarom stel ons verpligtinge en take uit?
In die video verduidelik die karakter dat uitstel nie altyd 'n effek van swak tydsbestuur
is nie, maar ook as gevolg van ons emosies.
3. Dink aan’n tyd waar jy iets uit gestel het en beskryf watter gevoelens / emosies het jy
ervaar.
4. Wat is volgens jou goeie riglyne om hierdie emosies te hanteer? As jy byvoorbeeld nie vir
‘n toets wil leer nie, omdat jy angstig is oor die inhoud en glo dat dit moeilik is, wat kan jy
doen om hierdie angstige gevoel te hanteer?
Copyright The Brainiac 2022
Ons stel baie keer uit, omdat ons
werkruimte / werkomgewing
ongeorganiseerd is. As ons
omgewing georganiseerd en netjies
is, sal ons beter voel en ons sal
gereed voel om produktief te wees.

Om 'n ruimte te organiseer, moet jy


bepaal watter rol dit speel in jou
daaglikse lewe. Dit beteken dat jy
moet kyk waarom jy jou tyd daar
spandeer. Die funksie van jou
lessenaarruimte moet byvoorbeeld
wees om skoolwerk te doen, dus
moet dit georganiseerd en netjies
wees.

Copyright The Brainiac 2022


Wenke om jou ruimte meer funksioneel te
maak:
• Skuif die meubels volgens die manier waarop jy in 'n
ruimte beweeg. As jy byvoorbeeld van jou bed na jou
lessenaar loop, moet jy seker maak dat 'n boekrak nie in
jou pad staan nie.
• Sit items wat jy gereeld gebruik op plekke wat maklik
bereikbaar is.
• Groepeer dinge volgens hul doel. Sit byvoorbeeld al jou
sporttoerusting en klere in 'n sekere deel van jou kas
sodat jy in die toekoms sal weet waar jy daarna moet
soek.
• Hou 'n plek gereserveer vir items wat nie in 'n kategorie
pas nie. Op hierdie manier sal jy nie vreemde items laat
rondlê nie.

Copyright The Brainiac 2022


Organiseer jou lessenaar/werkruimte :

Dink aan jou eie lessenaar /


werkplek tuis waar jy huiswerk
doen en vir toetse leer.

Watter items is noodsaaklik vir


'n georganiseerde werkruimte?
Noem ten minste 5.

Copyright The Brainiac 2022


Maak tyd vir jouself om
Moenie uitstel nie
te ontspan

Riglyne om jou
werk op die
beste moontlike
manier te doen Prioritiseer
Vermy uitbranding

Fokus

Copyright The Brainiac 2022

You might also like