You are on page 1of 10

TK

T
-T

Graad 10 Fisiese Wetenskap


ut
or

Vraestel 1 : Elektrostatika
se

Hersienings Vrae
nt
ru
m
Graad 10 Fisiese Wetenskap TKT - Tutorsentrum

VRAAG 1

Twee identiese metaalsfere, A en B, op ’n geïsoleerde oppervlakte, dra ladings van


+25 × 10-6 C en –18 × 10-6 C onderskeidelik. Die sfere word in kontak met mekaar gebring
en word dan toegelaat om vrylik te beweeg. Neem aan dat die oppervlakte wrywingloos is.

A B A B
TK

+25 × 10-6 C –18 × 10-6 C

11 Wat sal jy waarneem ten opsigte van die beweging van die sfere direk na kontak?
T
Verduidelik hierdie waarneming kortliks. (3)
1.2 Bereken die nuwe lading op elke sfeer nadat hulle met mekaar kontak gemaak
het. (2)
-T
1.3 Bereken die aantal elektrone wat tydens kontak oorgedra word. (4)
1.4 Word die elektrone vanaf sfeer A na sfeer B oorgedra, of vanaf sfeer B na sfeer A?
Gee ’n rede vir jou antwoord. (2)
ut
[11]

VRAAG 2
or

2.1 Die volgende is sommige stowwe gevind in die tribo-elektriese reeks. Die
se
stowwe boaan die lys is positief en die negatiewe stowwe is onderaan die lys.

Stof
Perspeks
nt

Menslike hare
Sy
ru
Hout (neutraal)
Rubber ballon
Kleefplastiek
m

Die rubberballon word met ’n sylap gevryf. Gebruik die bostaande stowwe
en voorspel die aard van die lading op die ballon en die lap. (2)

Die volgende diagram toon twee identiese metaalsfere wat op


geïsoleerde staanders is. Sfeer A het ’n lading van +10 nC en al wat
ons van sfeer B weet, is dat dit ’n negatiewe lading het.

Tutor : Theuns Kruger Page 1 of 9


Graad 10 Fisiese Wetenskap TKT - Tutorsentrum

2.2 Die volgende diagram toon twee identiese metaalsfere wat op geïsoleerde
staanders is. Sfeer A het ’n lading van +10 nC en al wat ons van sfeer B
weet, is dat dit ’n negatiewe lading het.
TK
2.2.1 Die twee sfere word nader aan mekaar gebring, hulle raak en word dan
weer van mekaar af weggevat. Indien 5 x 1010 elektrone van sfeer B na
sfeer A oorgedra is, wat is die lading op sfeer A nadat dit aan sfeer B
geraak het? (6)
T

2.2.2 Gebruik jou antwoord op vraag 2.2.1 en bereken die oorspronklike


lading op sfeer B. (3)
-T
[11]

VRAAG 3
ut

3.1 Die diagram toon ’n metode om skuurpapier te maak deur statiese elektrisiteit te
or
gebruik.

Tribo-elektriese reeks
Gom spuitgeweer Verloor (+)
se

elektrone Glas
Gomdruppels Perspex, lucite
Rol
papier
Leer
nt
Metaalplaat wat geaard is Sy
Sand Papier
Katoen
ru
Voerband Wol (geen lading
Positief-gelaaide metaalplaat nie)
0
m
Hout (klein
negatiewe lading)
Plastiekoortreksel
Poliëtileen (soos
gom)
Kry
Polipropileen
elektrone
Viniel (PVC)
by
Silikon
(–)

Tutor : Theuns Kruger Page 2 of 9


Graad 10 Fisiese Wetenskap TKT - Tutorsentrum

Gom word op ’n bewegende strook papier gesproei. Soos die gom die spuitgeweer verlaat,
breek die gom op in klein negatief-gelaaide druppels wat die papier bedek. Die taai papier
beweeg dan tussen deur twee metaalplate. Sand beweeg op ’n voerband wat ook deur die
metaalplate beweeg.

3.1.1 Verwys na die tribo-elektriese reeks en verduidelik waarom dit


goed werk om papier en gom te gebruik vir die voorbereiding en
maak van skuurpapier. (3)
3.1.2 Verduidelik waarom die sand op die taai gom van die papier
vaskleef ten spyte van die twee stowwe wat nie direk met mekaar
in kontak is nie. (3)
TK

3.2 ’n Negatief-gelaaide voorwerp het ’n lading van -5 nC en kom in aanraking met ’n


positief-gelaaide voorwerp van +2 nC. Hulle raak aan mekaar en beweeg
onmiddellik weg van mekaar.
T

3.2.1 Dui die rigting aan waarin die elektrone tussen die twee gelaaide
voorwerpe beweeg. (2)
-T
3.2.2 Bereken die lading op elk van die voorwerpe sodra hulle van
mekaar weg beweeg. (4)
[12]
ut

VRAAG 4
or

Twee gelaaide metaalsfere, QP en QR, elk met ’n lading van -13 nC en +3,4 nC
onderskeidelik, word op geïsoleerde staanders ’n afstand van mekaar geplaas.
se

QP = -13 nC QR = +3,4 nC

P R
nt
ru

4.1 Stel die wet van behoud van lading. (2)


m

4.2 Is daar ’n aantrekkende of afstotende elektrostatiese krag tussen die twee


sfere? Motiveer jou antwoord. (2)

4.3 Die twee sfere word in aanraking met mekaar gebring en weer geskei en
in hul oorspronklike posisies teruggeplaas.

4.3.1 Bereken die lading op elke sfeer ná die aanraking. (3)

Tutor : Theuns Kruger Page 3 of 9


Graad 10 Fisiese Wetenskap TKT - Tutorsentrum

4.3.1 Bereken die lading op elke sfeer ná die aanraking. (3)

4.3.2 Is die elektrone van P na R of van R na P oorgedra? (1)

4.3.3 Bereken die hoeveelheid elektrone op P ná die aanraking. (3)

4.4 Hoe sal die grootte van die elektrostatiese krag verander indien die
onderstaande veranderinge aangebring word? Skryf slegs VERHOOG,
VERLAAG of BLY DIESELFDE.
TK
4.4.1 Die ladings op beide sfere word verhoog. (1)

4.4.2 Die ladings word nader aan mekaar gebring. (1)


[13]
T

VRAAG 5
5.1 Twee parallelle metaalplate op geïsoleerde staanders is gelaai. ‘n Ligte
-T

neutrale metaal balletjie hang aan ‘n nie-geleidende toutjie tussen die plate
soos in die figuur hieronder aangetoon. Die balletjie word teen die
positiewe plaat gedruk en dan laat los.
ut
or
se
nt

Beskryf en verduidelik wat gebeur met die balletjie vandat dit teen die
plaat gedruk word en wat daarna gebeur . (6)
ru

5.2 X en Y is twee gelaaide sfere, identies in grootte en tipe, wat 10 cm van


mekaar op geïsoleerde staanders geplaas word. Die lading op X is -4 nC
m
en die lading op Y is +6 nC.

Tutor : Theuns Kruger Page 4 of 9


Graad 10 Fisiese Wetenskap TKT - Tutorsentrum

5.2.1 Stel die wet van behoud van lading in woorde. (2)
5.2.2 Bereken die aantal elektrone wat sfeer X in OORMAAT het. (3)
5.2.3 Indien die afstand tussen die sfere vergroot word, sal die
aantrekkingskrag tussen die sfere vergroot of verklein of
dieselfde bly? Skryf slegs een. (1)

Die sfere word in aanraking gebring en word dan weer geskei.

5.2.4 Bereken die netto lading op elke sfeer na aanraking. (3)


[15]
TK

VRAAG 6
Die diagram toon drie polistireenballetjies A, B en C. Bal A het ’n lading met ’n
grootte van +5 μC en bal C het ’n lading met ’n grootte van −5 μC. Bal B is presies in
T
die middel tussen ladings A en C.
-T

A B C
ut

6.1 Gee die beginsel van die behoud van lading. (2)
6.2 Indien beide bal A en bal C ’n aantrekkingskrag op bal B uitoefen, wat is die aard
van die lading op bal B? (2)
or

6.3 Is die elektrostatiese krag tussen balle A en C aantrekkend of afstotend? Motiveer


jou antwoord. (2)
6.4 Bereken die aantal elektrone wat tekort is vir bal A. (3)
se

6.5 Wat beteken die stelling: “Lading is gekwantiseer”? (2)


[11]
nt
VRAAG 7
Die diagram toon drie identiese polistireenballetjies, A, B en C, wat met grafiet bedek
is en wat op ’n geïsoleerde oppervlakte rus. Bal A het ’n lading met ’n grootte van +10 μC
ru

en bal C het ’n lading met ’n grootte van –20 μC. Bal B is presies in die
middel tussen ladings A en C geleë.
m

A B C

Tutor : Theuns Kruger Page 5 of 9


Graad 10 Fisiese Wetenskap TKT - Tutorsentrum
7.1 Gee die beginsel van die behoud van lading. (2)
7.2 Indien beide bal A en bal C ’n aantrekkingskrag op bal B uitoefen, wat is die aard
van die lading op bal B? (2)

Bal B word nou verwyder.

7.3 Is die elektrostatiese krag tussen balle A en C aantrekkend of afstotend?


Motiveer jou antwoord. (2)

Die balle A en C word toegelaat om onder geïsoleerde toestande aan mekaar te raak
en word weer teruggeplaas in hul oorspronklike posisies.
TK

7.4 Bereken die grootte van die lading wat elke bal nou dra. (2)
7.5 Wat beteken die stelling: “Lading is gekwantiseer”? (2)
[10]
T

VRAAG 8

8.1 Twee identiese, baie klein, gelaaide sfere, X en Y, op geïsoleerde staanders, word
-T

20 cm uitmekaar geplaas soos in die diagram getoon. X het ’n lading van


+8 x 10-9 C en Y het ’n lading van -4 x 10-9 C.
ut

X Y
or
se
8.1.1 Sfeer Y word nadergetrek en maak kontak met sfeer X. Sfeer Y
word dan teruggestoot na sy oorspronklike posisie. Bereken die
nuwe ladings op elke sfeer nadat hulle kontak gemaak het en
weer na hul oorspronklike posisies terugkeer. (4)
nt

8.1.2 Hoeveel elektrone is van Y na X oorgedra? (4)


ru
8.2 ’n Leerder vryf ’n ballon teen sy hare en die ballon word negatief gelaai. Die leerder
maak ’n kraan oop sodat ’n klein straaltjie water uitloop. Wanneer die ballon naby
die straal water gebring word sonder om daaraan te raak, buig die straal na die
m
ballon toe soos in die diagram getoon.

Tutor : Theuns Kruger Page 6 of 9


Graad 10 Fisiese Wetenskap TKT - Tutorsentrum

8.2 ’n Leerder vryf ’n ballon teen sy hare en die ballon word negatief gelaai. Die leerder
maak ’n kraan oop sodat ’n klein straaltjie water uitloop. Wanneer die ballon naby
die straal water gebring word sonder om daaraan te raak, buig die straal na die
ballon toe soos in die diagram getoon.
TK
T

8.2.1 Gee die wet van behoud van lading. (2)


-T

8.2.2 Verduidelik waarom die waterstraal na die ballon toe buig. (3)
ut
8.2.3 Wat sou gebeur het indien die ballon positief gelaai was
en nader aan die water gebring is? Verduidelik. (2)
[15]
or

VRAAG 9
(Begin op ‘n nuwe bladsy)
se

Twee identiese metaalsfere, A en B, op ‘n geïsoleerde oppervlakte bevat


ladings van -1,7 x 10-6 C en +4,5 x 10-6 C onderskeidelik. Die sfere word nader
nt
aanmekaar gebring sodat hulle kontak maak.

A B
ru

-1,7 x 10-6 C - + +4,5 x 10-6 C


m

9.1 Dit word waargeneem dat die sfere weg van mekaar af beweeg nadat
hulle kontak maak met mekaar. Verduidelik kortliks hierdie
waarneming. (3)
9.2 Watter een, sfeer A of B, kry elektrone by? (1)
9.3 Bereken die nuwe lading op elkeen van die sfere nadat hulle weg
beweeg van mekaar. (3)
9.4 Bereken die aantal elektrone oorgedra tussen die twee sfere. (4)
Tutor : Theuns Kruger Page 7 of 9 [11]
Graad 10 Fisiese Wetenskap TKT - Tutorsentrum

VRAAG 10

10.1 Die onderstaande diagram toon aan hoe skuurpapier gemaak word deur
van statiese elektrisiteit gebruik te maak.
Tribo-Elektriese
Reeks
+
Perspeks
Glas
Sy
TK
Papier
Katoen
0
Hout
T

Eboniet
Poli-etileen
(soos gom)
-T

Vaniel
Silikon
ut
-

Gom word oor die bewegende stroke papier gespuit. Soos wat die gom die spuit-
or
geweer verlaat word dit in klein negatief gelaaide druppels opgebreek. Die
gegomde papier beweeg dan tussen die twee metaalplate deur. Sand wat op die
rolband beweeg, beweeg ook dan tussen die metaalplate deur.
se

10.1.1 Verwys na die Tribo-Elektriese Reeks en verduidelik hoekom dit so


effektief is om papier en gom in die proses te gebruik. (2)
nt
10.1.2 Verduidelik hoekom die sand aan die gom vassit sonder direkte
kontak tussen die twee stowwe. (2)
ru
10.2 Twee identiese sfere (A en B) in ‘n geïsoleerde sisteem word hieronder aan
getoon. A het ‘n lading van -4,5 nC en B is neutraal.
m

A B

10.2.1 Skets die twee sfere oor in jou antwoordboek wanneer sfeer A
NABY sfeer B gebring word. Dui die ladings (+ & -) van elke sfeer
op die skets aan. (2)

Tutor : Theuns Kruger Page 8 of 9


Graad 10 Fisiese Wetenskap TKT - Tutorsentrum

Die sfere word nou toegelaat om aan mekaar te raak en word dan weer geskei en
op hul oorspronklike plekke teruggesit.
10.2.2 Bereken die lading op elke sfeer na aanraking. (3)
10.2.3 Is elektrone van sfeer A na B of B na A oor gedra?
Skryf SLEGS A na B OF B na A. (1)
10.2.4 Bereken die aantal elektrone wat oorgedra is. (4)
[14]

NB!!! - Onthou
TK
T
-T
ut
or
se
nt
ru
m

Tutor : Theuns Kruger Page 9 of 9

You might also like