You are on page 1of 1

LO EINDEKSAMEN

MAANDAG 6 SEPTEMBER 2021

Hier is paar belangrike punte om te onthou vir Maandag

1. Die vraestel is 100 punte en 2½ uur lank.


2. Julle skryf van 9h00 – 11h30 (saam met die res van die land se matrieks)
3. REËLING VIR DIE DAG
Julle kom normale tyd skool toe, wanneer die klok vir die res van die skool lui vir voog, gaan julle af pawiljoen
toe en wag dan daar. Julle kom net voor 8uur stil op saal toe. 8uur gaan julle in, al die admin word dan gedoen.
Nadat julle klaar geskryf het gaan almal deur die matriekhek uit en huistoe.
4. Daar sal waarskynlik eksamenboekies vir julle wees (ons hoop daar is dan kan julle sien hoe hulle lyk en werk),
indien nie het ek boekies gemaak.
5. BRING JOU ID/BEWYS VAN AANSOEK SAAM
6. DAAR IS MEER AS GENOEG TYD:
a. vat jou tyd, lees mooi,
b. beplan wat jy wil skryf,
c. tyd om mooi te skryf sodat die nasiener (ek) dit maklik kan lees.

7. DIE VRAESTEL BESTAAN UIT:


Afdeling A: Verskillende tipe kortvrae 20 punte
Afdeling B: Kontekstuele vrae: bv. gevallestudies, scenarios, prente, diagramme
en vrae daaroor/daaruit.
Almal moet gedoen word 2 x 20 punte 40 punt e
Afdeling C: Langvrae - Jy kry DRIE vrae, kies TWEE 2 x 20 punte 40 punte

8. HOE OM DIE VRAE TE BEANTWOORD:


Afdeling A:
a. Lees die instruksies baie mooi, as jy bv net A/B/C moet neerskryf, skryf net dit neer. Moenie onnodige
woorde neerskryf nie
b. As jy sukkel met ‘n vraag, laat spasie oop en gaan aan, moenie dat dit jou onstel nie.

Afdeling B
c. Begin elke Vraag op nuwe bladsy
d. Laat lyne oop tussen jou verskillende vrae
e. Jy moet in vol sinne skryf, behalwe as jy individuele goed moet noem. Ek kan nie dit merk as dit nie
volsinne is nie!!!
f. Jy mag wel puntsgewys skryf in Afd B.

Afdeling C
g. Begin elke vraag op nuwe bladsy
h. Jou antwoord mag nie meer as 2 bladsye lank wees nie, maar dit kan wel minder. Onthou dis nou 20
punt vrae nie meer 15 punte (was altyd maksimum 1½ bladsy)
i. Die vraag MOET IN PARAGRAWE BEANTWOORD WORD!!!!!! Nie puntgewys nie.
j. Elke onderafdeling van die vraag kan met opskrif en paragraaf daaronder geskryf word.
k. As jy nie opskrifte wil gebruik nie moet daar duidelik verskillende paragrawe wees.
l. Moenie die antwoorde meng in verskillende paragrawe nie, beantwoord een vraag in een paragraaf
(hoop dit maak sin)

9. Die LO hersieningsboekie met die uitgebreide eksamen riglyne moet gebruik word. Gee baie duidelikheid oor
wat jy moet leer. As daar iets daarin is wat nie in jou aantekeninge of boek is nie (enkele goed) moenie stres nie.
10. Gebruik die 4 eksamenvraestelle met nasienriglyne om te sien hoe lyk die vraestelle, watter tipe vrae gevra
word en hoe die puntetoekenning gemaak word.

You might also like