You are on page 1of 2

LOFFIEFLITS

28 Junie 2021
Geagte Loffieouer

SKOOL SLUIT VIR DIE KWARTAAL EN ALGEMENE AFKONDIGINGS

1. SKOOL SLUIT VIR DIE KWARTAAL

Die president het Sondag, 27 Junie 2021 afgekondig dat skole vanaf Woensdag, 30
Junie sal sluit vir die vakansie. Hierdie afkondiging is deur die bestuur en die
beheerliggaam ondersteun.

Uitkomtye vir Woensdag, 30 Junie 2021 sal soos volg wees:


Gr.1-3 12:00
Gr.4-7 12:15
Gr.8-12 12:30

• Vir die volgende twee dae vra ons dat ouers die leerders dadelik kom afhaal
sodra die grade uitkom. (Daar sal Dinsdag wagklasse vir gr.3-7 wees.)
• Daar sal op Woensdag geen wagklas na 12:30 wees nie.
• Die personeel en bestuur sal Donderdag nog by die skool aanmeld tot 12:00
om administratiewe werk te voltooi.

2. TOETSREEKS VIR GR.4-12 EN AKADEMIE

Die graad 4-12 toetsreeks sal tot Woensdag, 30 Junie 2021 voortgaan soos normaal
en in die begin van kwartaal 3 voltooi word. Leerders wat hierdie week toetse mis as
gevolg van afwesighede, sal die toetse met die aanvang van die derde kwartaal
tydens die toetsreeks moet inhaal. Leerders moet hierdie vakansie gebruik om te
rus, gesond te word, gesond te bly en die laaste week weer te begin voorberei vir die
toetsreeks wat volg.

Alhoewel die skool vroeër sluit en omdat ons vir die afgelope vier maande teen
100% teenwoordigheid gefunksioneer het, sal daar nie akademiese werk vir leerders
gedurende die vakansie gegee word nie. In sekere grade en vakke het ons reeds
met kwartaal 3 se werk begin. Indien nodig sal ons die gr.11 en 12 leerders
aanmoedig om ekstra werk en moeite gedurende die vakansie te doen. Die
vakonderwysers sal later met die leerders in verbinding tree.

Nuwe toetsdatums sal later aan u gestuur word sodra ons weet wanneer die derde
kwartaal begin. (Die oorblywende toetse se toetsroosters sal dieselfde bly.)
3. KWARTAAL 3 KALENDER EN DATUM WANNEER SKOOL WEER OPEN

Alhoewel die minister van Onderwys vandag datums aangekondig het, wag ons vir
die inligting om in ʼn Staatskoerant gepubliseer te word. Die kwartaal 3 kalender sal
later gefinaliseer en aan ouers uitgestuur word, sodra datums deur die Departement
deurgegee word. Sodra datums deurgee is, sal ons dit met ouers op die grade se
Whatsapp-groepe en op die skool se D6 Communicator deel.

4. GELOFTE SKOOL SE POPIA-BELEID EN -DOKUMENTASIE

Sien die Loffieflits wat op 24 Junie aan ouers gestuur is.


Gelofte Skool se POPIA-beleid en alle aangehegte dokumente is beskikbaar op ons
skool se webwerf en D6 Communicator. Alle aangehegte dokumente moet voltooi en
nie later as Woensdag, 30 Junie, terug gestuur word skool toe nie. U moet onthou
om op die briewe aan te dui dat u dit wel gesien het.

ONTHOU: (Alle datums, tye en aktiwiteite is onderhewig aan COVID-19 regulasies


vanaf die Departement. Tye en datums mag as gevolg hiervan moontlik op kort
kennisgewing verander.)

5. LOFFIENUUS OP 30 JUNIE 2021

Daar sal op Woensdag, 30 Junie ʼn Loffienuus uitgaan met meer inligting in.

Vriendelike groete

_______________
MS MARTIN
SKOOLHOOF

You might also like