You are on page 1of 4

GELOFTE SKOOL

INGENIEURS GRAFIKA EN ONTWERP

GRAAD 11

PRAKTIESE ASSESSERINGS OPDRAG - 2020

Ontwerp ʼn luukse tweeslaapkamer vakansiehuis met ʼn vloeroppervlakte van tussen


100m² en 120m². Die huis is ʼn enkelvlak woning. Alle sketse en uitleg moet aan
SABS 10143 standaarde voldoen.

Tyd toekenning

Die onderrrig tyd vir die voltooing van die PAT is 10 tot 14 ure. ʼn Addisionele 2 ure
nie-onderig tyd mag toegelaat word vir voltooing in die klas buite skoolure, onder
toesig.

Om te verseker dat die PAT voltooi word binne gespesifiseerde tyd is dit nodig om
met ʼn bestuursplan te werk wat deur die onderwyser verskaf word, in lyn met die
provinsiale bestuursplan. Daar is teikendatums vir die verskillende fases.

BELANGRIK

Alle voorleggingsvereistes vir die PAT moet voltooi word by die skool onder
leiding en toesig van die IGO onderwyser. Die PAT word gesien as die derde vraestel
wat 25% van die finale jaarpunt uitmaak.

Die opdrag bestaan uit drie dele:

a) Ontwerpsopdrag en Navorsing
b) Vryhandtekeninge
c) Werkstekeninge

Die opdrag word soos volg geëvalueer:

a) Ontwerpsopdrag

Die volgende word vereis:

- Navorsing
- Ontwerp proses
- Skaal 1:50
- Terreinplan – Erfgrootte – 800m²
- Plan
- Bestuursplan
b) Vryhandtekeninge

2 x ontwerpstekenige
Plan
Perspektief
Skaal 1:50
Evalueringsproses (Skaal van 1 tot5)
Finale keuse NB motivering

c) Werkstekeninge

Die volgende word vereis:

- Terreinplan
- Huisplan
- Deursnitaansig wat deur en venster insluit
- Dak vir afronding,
- Elevasies – ten minste twee
- Tweepunt perspektief
- Skaal – 1:50
- Alle vaste implemente
- Meublement
- Noordrigting
- 3 Sekuriteit stelsels
- 3 Energie besparende elemente
- Alle instruksies
- Moet op A3 papier geteken word
- Rame
- Naamblokke
- Lynwerk
- Algemene netheid en uitleg van sketse

d) Voorleggingsvereistes

Skep ʼn PAT leȇr wat die volgende bevat: (Ek sal dit verskaf as ons terug is)

- Voltooide buiteblad
- ʼn Indeks
- 2020 Summatiewe asseseringsblad
- Voltooide verklaring van egtheid

Bied die volgende Fase 1 en Fase 2 voorleggings vereistes aan na die verklaring van
egtheid:

- Alle ontwerpsopdrag vereistes


- Bewys van alle relevante bron materiaal gebruik vir navorsing
- Die drie vryhandsketse van drie moontlike ontwerp oplossings
- Al die bewyse van die keuse van die beste oplossing
- Al die verlangde ortografiese/werkstekeninge en die prent tekening
- Duidelike bewys van selfevaluering van die hele proses en haal van
keerdatums.

Let wel:
Sluit die volgende in op elke bladsy van die voorleggingsvereiste:

- Duidelike nommering in ag geneem die nommers van die


voorleggingsvereistes
- Jou naam
- Datum van voltooing en inhandiging

Verklaring van egtheid

Voor die finale inhandiging van die PAT vir formele assesering moet die
verklaring van egtheid voltooi word wat op die laaste bladsy van die PAT
opdrag gevind word.

e) Algemeen

Vra as jy inligting of raad nodig het.


Gebruik jou logika en voorafkennis
Ekonomiese benutting van spasie is belangrik
Ontwerp moet realisties wees
Wees kreatief – elke oplossing moet uniek wees
Doen sover as wat jy kan, ten minste tot by Finale keuse.

f) Punttoekennig

a) Ontwerpproses - 40
b) Werkstekeninge – korrektheid - 35
c) Tekenmetodes –Vryhand, Instrument - 25
TOTAAL - 100

Let wel: Al drie komponente moet mekaar vergesel. Indien een komponent ontbreek
is die ander ongeldig.

TER AFSLUITING

Met voltooing van die Praktiese Asseserings Taak moet die leerder bewys kan lewer
van ʼn beter begrip van die industrie, hul kennis te verbreed, vaardighede,waardes en
redenasie vermoёens te verbeter en om egte wȇreld uitdagings beter te kan verstaan.
Die PAT ontwikkel verder die leerder se lewensvaardighede en verskaf geleenthede
vir leerders om in hul eie onderrig te ontwikkel.

KEERDATUM : 21 September 2020 Voorlopig

Let Wel : Geen laat inhandiging sal aanvaar word nie! Daar is ʼn penelisasie vir laat
inhandiging.
BESTUURSPLAN

Deurlopende navorsing

– FASE 1
Ontwerp proses
Ontwerp tekeninge
Evaluering
Finale keuse

- FASE 2
Alle instrument voorleggings tekeninge

Datums sal bepaal word sodra daar sekerheid bestaan oor die hervatting van die
skooljaar.

Let Wel:

- Goeie navorsing is baie belangrik


- Werk met die merkstaat byderhand sodat jy niks mis nie
- Oppervlak schedules is NB.
- Gebruik jou spasie doeltreffend
- Bepaal wat is luuks
- Moet nie oorboord gaan nie
- Vra as jy raad nodig het
- Wees asseblief kreatief

You might also like