You are on page 1of 4

ASTER PRIVATE ACADEMY

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL


BEGRIPSTOETS

GRAAD: 4 DATUM: 24 Januarie 2023

EKSAMINATOR: Ms D Du Toit DUUR: 1 uur

MODERATOR: Mev. Henrey/Mev. Combrinck TOTAAL: 15

INSTRUKSIES

1. Skryf jou naam, van, graad en datum op jou antwoordblad.


2. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE vrae.
3. Lees AL die instruksies.
4. Nommer korrek volgens die vraestel.
5. Los ‘n lyn oop na elke antwoord.
6. Nommer in die middel van die bladsy.
7. Skryf netjies en leesbaar.
8. Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.
9. Trek lyne aan die regterkant.
10. Trek ‘n lyn na elke vraag.
11. Begin 'n nuwe afdeling op 'n nuwe bladsy.

1
VRAAG 1
Lees die teks en beantwoord die vrae
MY SKOOL
My naam is Susan en my van is Gerber. Ek is nou
in graad vier by Rivierdal Laerskool. Ek het baie
vriende by die skool. My juffrou is baie vriendelik,
maar ook streng. Sy maak seker ons skryf netjies
in ons boeke en dat ons potlode mooi skerp is. As
ons nie ons huiswerk doen nie, dan kry ons
detensie. My gunsteling vak is Wiskunde, want ek
hou daarvan om sommetjies en breuke te doen. By
my skool speel ek hokkie en netbal in die winter en
ek swem in die somer. Ek is baie gelukkig by my
skool. Ek is bly dat my ouers hierdie skool vir my
gekies het.

1.1 Sê of die volgende stellings waar (true) of onwaar (false) is.


Skryf die nommer en die antwoord neer, byvoorbeeld 2.2.1. Waar.
1.1.1 Susan se juffrou is streng. (1)
1.1.2 Susan is ongelukkig (unhappy) by hierdie skool. (1)

1.2 Skryf een woord uit die paragraaf om die volgende sinne te voltooi.
Skryf die nommer en die antwoord, byvoorbeeld 2.3.1. Hokkie
1.2.1 In die winter speel Susan hokkie en __________. (1)
1.2.2 Susan sal detensie kry as sy nie haar __________ doen nie. (1)
1.2.3 Susan hou daarvan om sommetjies en ___________ te doen. (1)

1.3 Kies die regte antwoord tussen hakies.


Skryf die nommer en die antwoord neer, byvoorbeeld 1.3.1. Min
1.3.1 Susan het (baie, min, geen) vriende. (1)
1.3.2 Susan moet seker maak haar potlood is (skerp, stomp, lank). (1)

1.4 Gee die teenoorgestelde (opposite) betekenis van die woord stomp uit die paragraaf. (1)
Skryf die nommer en die antwoord, byvoorbeeld 2.4. Stomp
[8]

2
VRAAG 2
Lees die dialoog (dialogue) en beantwoord die vrae
Sarah: Goeiemôre, Mira. Hoe
gaan dit?
Mira: Dit gaan baie goed
dankie, Sarah. Hoe
gaan dit met jou?
Sarah: Dit gaan nie goed nie.
Ek het ’n probleem.
Mira: Wat is die probleem?
Miskien kan ek jou help.
Sarah: Ek het nie .
inkleurpotlode vir Kuns nie.
Mira: Ag nee! Jy wil nie in die
moeilikheid kom nie.
Sarah: Ek weet! Wat gaan ek doen?
Mira: Toemaar, ek het ’n plan.
Sarah: Regtig, wat is jou plan?
Mira: Ek sal my broer vra of jy sy inkleurpotlode na pouse kan leen.
Sarah: Ja, dis ’n goeie plan. Baie dankie vir jou hulp.
Mira: Dis ’n plesier.

2.1 Kies die regte antwoord tussen hakies.


Skryf die nommer en die antwoord neer, byvoorbeeld 2.1.1. Gom
2.1.1 Sarah het haar (inkleurpotlode / viltpenne / gom) vergeet. (1)
2.1.2 Mira het ’n (probleem / plan / idee) hoe om Sarah te help. (1)

2.2 Sê of die volgende stellings waar of onwaar is.


Skryf die nommer en die antwoord neer, byvoorbeeld 2.2.1. Waar.
2.2.1 Sarah wil vir Mira help. (1)
2.2.2 Mira is kwaad (angry). (1)

2.3 Skryf een woord uit die dialoog (dialogue) om die volgende sinne te voltooi.
Skryf die nommer en die antwoord, byvoorbeeld 2.3.1. Inkleurpenne
2.3.1 Mira sal haar _______________ se inkleurpotlode leen. (1)
2.3.2 Aan die einde (end) voel Sarah _______________. (1)

2.4 Gee die teenoorgestelde (opposite) betekenis van die woord sleg uit die paragraaf. (1)
Skryf die nommer en die antwoord, byvoorbeeld 2.4. Sleg
[7]
TOTAAL [15]

3
4

You might also like